Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

27.8.26

Astigmatisme

Wanneer die ronding van die oog se lens of kornea ongelyk is praat ons van astigmatisme. Dit lei tot dowwe en verwronge beelde.

’n Bril met spesifiek gevormde lense kan die probleem hanteer.

26.8.26

Kruie vir kwale: Depressie

Nog 'n plant wat die Khoisan gebruik het om die gemoedstoestand te verbeter is die kanna (kougoed). Depressie lyers kan baat vir by die gebruik van die plant. Die tradisionele voorbereiding is om die vars blare fyn te maak en vir 'n paar dae te los om te fermenteer en uit te droog. Dan word baie klein hoeveelhede van die gedroogde plant gekou. die veselagtige oorskot kan ingesluk óf weggegooi word.

♦♦♦

Die Khoisan het die bitterghaap onder andere gebruik om die gemoedstoestand te verbeter. Breek die stingel oop en verwyder die binneste wit stof versigtig. Gebruik dit soos kougom.

♦♦♦

Maak vir jou tee van 5 g basielkruid saam met heuning en jy sal nuwe lus vir die lewe kry.

♦♦♦

Saffraan kan help om verligting te bied vir ligte depressie.

♦♦♦

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.

♦♦♦

Johanneskruid kan gebruik word vir die behandeling van depressie. Lees meer oor die gebruik van johanneskruid vir die behandeling van depressie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

25.8.26

Kruie vir kwale: Koors

Die takkies en blare van kooigoed kan gebruik word vir koors en menstruasiepyn. Maak ‘n tee daarvan en drink daagliks.

♦♦♦

Blare van die kankerbossie word tradisioneel gebruik om koors te behandel. Neem 2 tot 4 kankerbossieblare en week hulle 3 minute in ’n koppie kookwater.

♦♦♦

Witolien kan gebruik word om die immuunstelsel te ondersteun en kan help met simptome soos ligte koors.
Kook 'n paar vars, skoon blare om ’n tee te maak. Gooi die tee deur ‘’n siffie, koel af en drink.

♦♦♦

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare daardeur vir 10 minute te kook. Dit kan gebruik word vir die behandeling van koors. Kook dit saam met knoffel om dit op die voorkop te smeer as ’n koorswerende middel.

♦♦♦

Die blare van die bontaalwyn word rou gekou of fyngemaak om die jel of sap te onttrek. Hierdie jel kan oraal ingeneem word om koors te verminder. Die jel kan ook op die voorkop gesmeer word om hoofpyn wat deur koors veroorsaak word, te verlig.

♦♦♦

Die vars blare van die kransaalwyn word gekap of fyngemaak en dan in water gekook om 'n tee of aftreksel te maak.
Dit word gedrink om koors te verminder.

♦♦♦

Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. 'n Klein bietjie van die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink. (Khoisan/Nama) Duiwelsklou kan ‘n allergiese reaksie veroorsaak vir sommige mense. Diegene met diabetes, maagsere en dermprobleme moet dit nie gebruik nie. Indien jy bloeddruk- of hartmedikasie gebruik kan jy nie baie hoë dosisse hiervan neem nie. As jy dit te sterk aanmaak kan kanker, nierskade of artritis veroorsaak. Swanger vroue moet dit onder geen omstandighede gebruik nie.

♦♦♦

’n Aftreksel van die boomwortels van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van koors.
Week die wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

♦♦♦

Rastafariërs eet wildeknoffel saam met rissie wanneer hulle enige skete en pyne onder lede het. Hulle gebruik ook ’n aftreksel van die bolle en blare in hul badwater om koors te breek. Die aftreksel word gemaak deur een plant se bol en blare in koue water te week vir ’n dag lank. Die hele liggaam moet dan met die aftreksel gewas word.

♦♦♦

Tee van suurlemoengras help om koors te verlig.

♦♦♦

Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir koors.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met koors. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir koors.

♦♦♦

’n Tee gemaak van die blare van die koorsbossie help vir koors.

♦♦♦

Gee koue water om te drink en ’n bietjie komkommersap elke 2 minute.

♦♦♦

Neem ’n mespunt vol kremetart met ’n bietjie water vir koors.

♦♦♦

Die kanniedood (Catharanthus roseus) se blare word gebruik vir die behandeling van ligte koors. Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

23.8.26

Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

Die knol van die sterblom word tradisioneel gebruik om 'n wye verskeidenheid kwale te behandel. ‘n Ligte aftreksel kan gebruik word vir urienweginfeksie. Die tradisionele resep is om die vars knol word deeglik skoongemaak. Dit word dan in klein blokkies gesny of gerasper, wat help om die aktiewe bestanddele vry te stel tydens die kookproses.Die mees algemene tradisionele metode is om die knol vir 20 minute in water te kook. Verwyder die pot van die hitte en laat effens afkoel. Die vloeistof word dan deur 'n fyn sif of skoon doek gesyg om die vaste stowwe te verwyder, sodat slegs die skoon aftreksel oorbly. Tradisioneel word ongeveer een koppie (±250 ml) van die warm of lou aftreksel tot drie keer per dag gedrink, gewoonlik vir 'n periode van een week. In sommige tradisionele gemeenskappe word geglo dat die gebruik van 'n blikbeker die doeltreffendheid van die aftreksel verhoog.

♦♦♦

Rooipeper kan gebruik word vir minder ernstige blaasprobleme. ‘n Kwart ‘n teelepel in water twee of drie maal daagliks.

♦♦♦

Boegoe-essens het bekendheid verwerf vir die behandeling van minder ernstige blaasprobleme. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n glasie water drie maal daagliks.

♦♦♦

Sitroengras kan as 'n ligte diuretikum optree, wat urienproduksie verhoog. Dit kan help om gifstowwe uit die niere te spoel en die risiko van urienweginfeksies te verminder.

♦♦♦

Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir blaasaandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op ’n bietjie suiker.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met blaasinfeksie.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag. (Khoisan)

♦♦♦

Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.

♦♦♦

Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.

♦♦♦

Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.

♦♦♦

Drink ’n koppie kruisementtee as jy pyn op jou blaas het.

♦♦♦

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
(bydrae: Peter M von Maltitz)

♦♦♦

Meng 2 eetlepels kaneel en 1 teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.8.26

Kruie vir kwale: MIV

Die sterblom word al eeue lank as tradisionele medisyne gebruik en het al opslae gemaak, onder die verkeerde benaming “African Potato”, toe dit deur 'n voormalige Minister van Gesondheid aanbeveel is vir insluiting in die daaglikse dieet van MIV-pasiënte. Vandag word ‘n chemiese bestanddeel van die plant wel gebruik om die immuunstelsel van MIV-pasiënte op te bou.

Die tradisionele resep vir die aftreksel:
Die vars knol word deeglik skoongemaak. Dit word dan in klein blokkies gesny of gerasper, wat help om die aktiewe bestanddele vry te stel tydens die kookproses. Die mees algemene tradisionele metode is om die knol vir 20 minute in water te kook.
Verwyder die pot van die hitte en laat effens afkoel. Die vloeistof word dan deur 'n fyn sif of skoon doek gesyg om die vaste stowwe te verwyder, sodat slegs die skoon aftreksel oorbly.
Tradisioneel word ongeveer een koppie (±250 ml) van die warm of lou aftreksel tot drie keer per dag gedrink, gewoonlik vir 'n periode van een week. In sommige tradisionele gemeenskappe word geglo dat die gebruik van 'n blikbeker die doeltreffendheid van die aftreksel verhoog.

Belangrike waarskuwing
Dit is belangrik om daarop te let dat die plant in sekere kontekste ook as gifbol bekend staan. Hoewel dit 'n belangrike rol speel in tradisionele medisyne, kan onbeheerde gebruik risiko's inhou. Selfmedikasie sonder die raad van 'n gekwalifiseerde tradisionele gesondheidspraktisyn of professionele mediese persoon word afgeraai.

♦♦♦




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.8.26

Kruie vir kwale: Oogsorg

Die kankerbossie word reeds honderde jare in die Wes-Kaap gebruik vir die behandeling van oogprobleme. Een resep is om 'n handvol blare in water te kook vir 15 minute. Die vloeistof word dan dreineer en gelaat om af te koel. Die oë word dan uitgespoel met die aftreksel.

♦♦♦

Maak teesakkies met droë vinkel, wat jy dan op seer oë plaas.

♦♦♦

Maak tee met kweperblare en was jou oog daarmee.

♦♦♦

’n Druppel aalwynsap kan gebruik word vir oogpyn of inflammasie van die oog, bv. konjunktivis.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

18.8.26

Kruie vir kwale - Vel

‘n Vars blaar van die medisynebossie produseer 'n jellie-agtige sap wat wonderlik is vir ‘n veluitslag

♦♦♦

Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir velprobleme.

♦♦♦

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare daardeur vir 10 minute te kook. Dit kan gebruik word vir die behandeling van velprobleme.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Meng ’n halwe koppie van hierdie tee met ’n halwe koppie gewone roosmaryn tee. Meng dit dan met ’n liter kookwater en laat staan vir 20 minute. Gooi dit by jou badwater. Dit is nie net goed vir jou vel nie, maar ook vir jou hare.

♦♦♦

Vissermanne het vroeër jare bokboegoe gebruik om die visreuk van hul hande te verwyder. Jy kan die plant gebruik vir ’n verfrissende bad. Week ’n koppie vars blare en blomme in ’n liter kookwater. Gooi dit dan by jou badwater.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir velprobleme.

♦♦♦

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir velaandoenings. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op skurwe vel gesmeer word.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met veluitslag. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Vir enige velaandoenings kan jy heuning en kaneel gelyke dele meng and aan die geaffekteerde dele smeer elke aand voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Maak ’n gesigmasker met 2 teelepels heuning, 2 eetlepels olyfolie, 5 druppels vitamiene E olie en 1 teelepel mieliemeel. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Lê en ontspan vir 15 minute. Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water.

♦♦♦

Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir asma en ander longprobleme, diabetes, hoe bloeddruk, kanker en velprobleme.

♦♦♦

Die Sotho-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.
Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan littekenweefsel om die vel te help herstel.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17.8.26

Kruie vir kwale: Malaria

’n Aftreksel van die bas van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van malaria.
Week die bas 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 Jul 10.)

♦♦♦

'n Stukkie van die wortel van wildegemmer word gekou as teenfoeter vir malaria. (Swazi)

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

♦♦♦





(foto: Pragyan Bezbaruah)

14.8.26

Kruie vir kwale: Sweer

Tradisionele genesers gebruik gifbol om pyn en wonde te behandel. Die buitenste bedekking van die bol (die skubbe) word op swere en absesse aangewend.

Die plant is giftig vir beeste en skape en die Khoisan het die gif vir hul pyle gebruik. Dit word ook na verwys as seeroogblom omdat blootstelling aan die oop blomme in 'n beperkte ruimte tot seer oë en selfs tot hoofpyn kan lei. Die plant bevat kragtige psigoaktiewe verbindings wat hallusinasies en ernstige vergiftiging kan veroorsaak indien dit verkeerd gebruik word. Daarom is interne toediening vir pynverligting uiters gevaarlik en gee ons nie die besonderhede van die proses nie. Ons beveel aan dat ‘n tradisionele geneser geraadpleeg word.

♦♦♦

Wanneer jy in ’n doring trap en die punt breek in jou voet af kan jy ’n skyf aartappel op die plek vasmaak. Dit sal inflammasie en swering teenwerk en kan selfs die doring nader aan die oppervlak bring.

♦♦♦

Die blare van die varkblom kan gebruik word om sere en pitswere te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.

♦♦♦

Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute. Gebruik dit vir die behandeling van swere.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met swere. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Maak 3 knoffelhuisies fyn saam met ’n knippie sout. Sit op ’n lappie en sit op die sweer.

♦♦♦

Bak 1 middelmatige ui in die kole so heel. Haal die buitenste skille af en sit die binneste so warm moontlik op die sweer om dit oop te trek.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

13.8.26

Kruie vir kwale: Tandpyn

Kou die wortel van die tandpynwortel of hou 'n stukkie in jou mond vir tandpyn.

♦♦♦

Gebruik vars wildeals blare vir tandpyn, deur ’n gevoude blaar op die tand vas te byt.

♦♦♦

Hou ’n bedekte warmwatersak teen die aangetaste kant van die gesig.

♦♦♦

Maak ’n knoffelhuisie fyn. Sit dit in ’n pluisie watte, maak klam met warm water en sit op tand.

♦♦♦

Maak ’n pasta van een teelepel kaneel en vyf teelepels heuning en sit op die seer tand. Doen dit minstens drie keer per dag tot die tand ophou pyn.

♦♦♦

Draai ’n warm handdoek om die gesig vir tandpyn en smeer naeltjie-olie aan die tandvleis.

♦♦♦

Byt ´n naeltjie vas.

♦♦♦

Sit olyfolie op watte en byt vas.

♦♦♦

Vir tandpyn moet ‘n’ paar druppels op watte geplaas en in die slegte tand ingedruk word.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

12.8.26

Kruie vir kwale: Maagpyn

Maak ‘n aftreksel deur die wortels en stingels van die graweelwortel in water te kook. Die aftreksel kan in klein hoeveelhede gedrink word vir maagprobleme.

♦♦♦

Kook 'n aftreksel van die wortel van die bitterwortel. Drink ‘n bietjie 3 maal per dag vir maagpyn. (Khoisan)
(Die bitterwortel is 'n bedreigde plant. Moet hulle nie uit hul natuurlike omgewing verwyder nie. Koop dit van 'n kwekery.)

♦♦♦

Die sap van die blare van suurvye kan gebruik word vir die behandeling van maagpyn.

♦♦♦

Meng 5 druppels naeltjie-olie op 'n bietjie suiker saam met 'n paar druppels water. Dit is baie doeltreffend om maagpyn te verlig.

♦♦♦

Lewensessens word algemeen gebruik vir maagprobleme. Die aktiewe bestanddeel van lewensessens is bitteraalwyn.

♦♦♦

Kajapoetolie kan gebruik word vir maagpyn. Neem 1 – 3 druppels met suikerwater.

♦♦♦

Duiwelsdrek kan gebruik word vir maagpyn. Neem drie maal daagliks saam met melk of heuning genoeg hiervan om die punt van ‘n mes toe te maak.

♦♦♦

Balsem Vita, ’n preparaat van verskillende olies, word aanbeveel vir die verligting van maagpyn. Dit kan met veiligheid vir kinders en babas gegee word. Vir volwassenes 20 – 30 druppels 4 of 5 keer daagliks saam met warm water of tee. 10 druppels is genoeg vir kinders en 5 druppels in bietjie lou soet water vir babas.
Die olies wat gebruik word vir die preparaat is kassia, laventel, naeltjie, neutmuskaat en tiemie.

♦♦♦

Makkalmoes word tradisioneel deur die Zoeloe mense gebruik om maagkrampe te behandel. Die risome word normaalweg gekook en gebruik.

♦♦♦

Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir maagpyn. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 blare van die kankerbossie en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee kan jy drink vir maagprobleme.

♦♦♦

Vir maagprobleme. Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg. Die tee kan gedrink word vir maagprobleme.

♦♦♦

Die blare van die maagpynbossie word al jare in die Wes-Kaap gebruik as medikasie vir maagpyn. Trek 10 g blare in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Drink dit stadig.

♦♦♦

’n Sterk aftreksel gemaak van die bitterbos kan eerste ding in die oggend gedrink word as ’n vinnig werkende lakseermiddel. Let asseblief daarop dat dit oormatige sweet en slaaploosheid kan veroorsaak.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan verligting bied vir maagpyn.

♦♦♦

Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir maagkrampe.

♦♦♦

Boegoebrandewyn is tot in die twintigste eeu nog vir maagkwale benut en daar is vandag nog boegoe vir dit voorskryf. Een teelepel, twee maal per dag.
Hierdie medikasie word gemaak deur ’n paar jong takkies boegoe by een bottel brandewyn te voeg. Maak toe en laat staan vir ’n week, terwyl jy dit een keer per dag goed skud.

♦♦♦

Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.

♦♦♦

Kapokbos kan gebruik word vir die behandeling hiervan. Maak ’n tee van die blare.

♦♦♦

Meng 2 liter water met 2 eetlepels heuning, 1 eetlepel fyngekapte gemmer en 1 eetlepel gemaalde kaneel. Hou in die yskas en drink gereeld ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Die Hollandse setlaars het geglo dat die vrugte van die koekemakranka voordelig is vir jou maag. Hulle het die vrugte by brandewyn gevoeg en dit gebruik as medisyne.

Maak vir jou koekemakrankabrandewyn en drink dit as jou maag nie lekker voel nie.

(foto: Robert Jacob Gordon 1743-1795 The Man and his Travels at the Cape deur Patrick Cullinan)

♦♦♦

Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld maagsere.

♦♦♦

Vars basielkruid help om maagkrampe te verminder.

♦♦♦

Maak tee met vinkel. Dit help vir maagpyn.

♦♦♦

Stamp die blare van die wilde als bos fyn en sit op 'n lap met asyn en plaas die lap op die maag van 'n baba met maagpyn.

♦♦♦

Trek die blare van die wilde als bos soos tee en drink.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

11.8.26

Kruie vir kwale: Angs

Die blare van kanna (kougoed) kan gebruik word vir die behandeling van angs.
Die tradisionele voorbereiding is om die vars blarefyn te maak en vir 'n paar dae te los om te fermenteer en uit te droog. Dan word baie klein hoeveelhede van die gedroogde plant gekou. die veselagtige oorskot kan ingesluk word óf weggegooi word.
'n Minder algemene metode is om die gedroogde blare in warm water te week en daagliks as tee te drink.

♦♦♦

Verskeie studies het reeds bevind dat die gebruik van koljanderblare ’n kalmerende effek kan hê.

♦♦♦

Maak vir jou tee met roosmaryn indien jy baie angstig is.

♦♦♦

Maak tee met pietersielie.

♦♦♦

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.8.26

Kruie vir kwale: Hoofpyn

Die takkies en blare van kooigoed kan gebruik word vir hoofpyn. Maak ‘n tee daarvan en drink daagliks.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir hoofpyn.

♦♦♦

’n Tee van oregano verlig hoofpyn.

♦♦♦

Tee van marjolein verlig hoofpyn.

♦♦♦

Stamp gedroogde basielkruid blare fyn en maak vir jou snuif vir hoofpyn.

♦♦♦

Plaas ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en geur met heuning na smaak.
Drink dit vir hoofpyn.

♦♦♦

Gebruik vars wildeals blare vir hoofpyn deur ’n opgerolde blaar in ’n neusgat te hou.

♦♦♦

Trek kattekruid-blare soos soos ’n sterk tee.

♦♦♦

Trek roosmaryn soos ’n sterk tee wat jy versoet met heuning.

♦♦♦

Meng ’n pakkie Engelse sout met ’n pakkie kremetart en ’n eetlepel fyngemaalde aluin. Neem 3 maal per dag 1 mespunt vol op die tong.

♦♦♦

Maak ’n lappie nat met asyn en strooi fyn kaneel oor, plaas dit dan op die voorkop.

♦♦♦

Soms kan jy eenvoudig aan 'n bietjie vlugsout ruik om 'n hoofpyn te verlig.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

7.8.26

Sinusitis

Sinusitus is ontsteking van die neussinusse. Simptome sluit in pyn in die voorkop en wange en soms ´n groen, geel of bloederige afskeiding uit die neus. Seer keel, naarheid en slegte asem kan voorkom as gevolg van postnasale drup. Oorsake kan akuut of chronies wees. Akute sinusitis word dikwels veroorsaak deur bakteriese- of virusinfeksies in die neus, keel en boonste lugweë. Chroniese sinusitis kan veroorsaak word deur klein vergroeiings in die neus, beserings van die neusbene, tabakrook en blootstelling aan irriterende dampe en reuke. Dit is besonder moeilik om chroniese sinus suksesvol te behandel. Allergiese sinusitis kan veroorsaak word deur hooikoors of voedselallergieë, veral suiwelprodukte.

Stoom sal help om slym op te klaar en ´n bevogtiger kan asemhaling vergemaklik. Gebruik egter ontstuwers volgens aanwysings.

Soek mediese hulp indien jy aan chroniese sinusitis ly of indien daar swelling rondom die oë voorkom. Meer as een mediese spesialis moet liefs geraadpleeg word in die geval van chroniese sinusitis. Ander moontlike oplossings soos akupunktuur kan ondersoek word.

Druk met die punte van jou middelvingers op die kepies net onder jou neusgate elke halfuur vir 'n paar minute om sinuspyn te verlig. Gaan sien jou dokter indien dit nie help nie.

Boereraat:

Kos met preserveermiddels vererger sinus. Sny dit uit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

6.8.26

Kruie vir kwale: Hartsiektes

Maak ‘n tee van die blare van die ghwarrieson en drink dit daagliks vir minder ernstige hartprobleme. (Khoisan)

♦♦♦

Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir hartsiektes.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir hartkwale.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hartsiektes.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir hartsiektes.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5.8.26

Oogprobleme - waterig, uitpeul, donker kringe, rooi, geswolle, allergie, hepatitis, galblaaskwale, galstene, bloeddruk, diabetes, versiendheid, bysiendheid ens.

Oogprobleme kom dikwels voor as gevolg van ´n probleem elders in die liggaam.

Waterige oë is ´n simptoom van verkoue, uitpeuloë mag dui op skildklierprobleme en donker kringe of rooi, geswolle en/of waterige oë is dikwels die gevolg van allergieë. Die vergeling van die oë kan dui op hepatitis, galblaaskwale of galstene, terwyl periodiese dowwe visie op hoë bloeddruk of diabetes kan dui.

Algemene oogprobleme sluit in sigprobleme soos versiendheid en bysiendheid, oogstremming, katarakte, bindvliesontsteking, gloukoom wat uiteindelik tot blindheid kan lei, en karkatjies.

Lê agteroor met oë toe en plaas ´n koue kompres oor oë. Fokus gereeld op voorwerpe op verskillende afstande.

Enige rooiheid, dowwe visie of ander oogprobleme vereis dringend mediese aandag.

Boereraat:

Boraks (boorpoeier / boorsuurpoeier) as oogspoelmiddel. Voor jy boraks as oogspoelmiddel gebruik moet jy die volgende in ag neem:
- Jy kan dit nie gebruik indien daar ’n besering in of om die oog is nie.
- Moenie gebruik vir ’n ooginfeksie voor jy met jou dokter gepraat het nie.
- Jy moet seker wees jy is nie allergies vir boraks nie.
- Indien jy erge newe-effekte ervaar moet jy dadelik mediese hulp kry.

♦♦♦

Was seer oë met suikerwater.

♦♦♦

Gooi ’n knippie koeksoda by koue gekookte water, meng goed en vryf oor jou oë om swelling en jeuk te behandel.

♦♦♦

'n Goeie raad vir wanneer jou oë seer of rooi of geirriteerd is, is om heuning in gelyke dele met warm water te meng. Laat dit afkoel en was dan die oë daarin was of om direk in die oë te sit.

♦♦♦

Om donker kringe om jou oë te laat verdwyn sny ´n rou vy in twee en plaas ´n deel op elke oog.

♦♦♦

Plaas koue teesakkies op jou oë indien dit geswel is of indien jy donker kringe om jou oë het.

♦♦♦

Wortels, spinasie, broccoli, papaja, mango, perskes en appelkose is goeie bronne van Vitamin A - Beta carotene. Dit is goed vir normale groei, goeie sig(oë), gesonde vel en sterk tande.

♦♦♦

Sny dik snye uit die punt van ´n komkommer en plaas dit op jou moeë oë.

♦♦♦

As ´n oog uit die kop spring, was die oog mooi met lou water. Druk die oog dan versigtig weer terug en sit koue kompresse op.

♦♦♦

Lê met jou kop agteroor en plaas komkommerskyfies op jou oë. Lê en ontspan vir ten minste 15 minute.

♦♦♦

Volg dieselfde metode as bo, maar gebruik twee nat teesakkies.

♦♦♦

Eet minder sout. Dit kan by sommige individue bydra tot opgeswelde oë

♦♦♦

Sit ´n ekstra kussing onder jou kop om van daai poffertjies ontslae te raak.

♦♦♦

Om van daai opgeswelde oë in die oggend ontslae te raak moet jy die aartappels nader trek. Verkoel ´n aartappel in die yskas. Sny twee skywe af, sproei jou oë met water, lê plat en plaas die skywe op jou ooglede. Lê so vir 10 minute en vee dan jou oë af met ´n koue lappie. Komkommers kan ook gebruik word, maar sonder die water.

♦♦♦

Neem 2 eetlepels rou gerasperde aartappel en plaas op geswolle oë vir 15 minute

♦♦♦

Mense met bruin oë se kanse is 80% meer as die van ander om katerakte te kry. Sorg dat jy 'n sonbril dra en eet kosse soos spinasie, soetrissies en tamaties.

4.8.26

Kruie vir kwale: Tuberkulose

Kook 'n aftreksel van die wortel van die langbeenkatdoring. Drink dit daagliks vir tuberkulose. (Khoisan)
(Die langbeenkatdoring is 'n bedreigde plant. Moet hulle nie uit hul natuurlike omgewing verwyder nie. Koop dit van 'n kwekery.)

♦♦♦

Die bol van wildeknoffel word gebruik om pulmonêre tuberkulose te behandel. Dit is nie nuus nie aangesien die gebruik van die tipe plante vir pulmonêre behandeling regoor die wêreld voorkom (Mohagheghzadeh et al., 2006).
Pulmonêre TB affekteer die longe en keel, terwyl ekstrapulmonêre TB ander dele van die liggaam affekteer, soos die brein, bene of limfknope. Ekstrapulmonêre TB is gewoonlik nie aansteeklik nie.
In Suid-Afrika word die plant lank reeds gebruik vir longsiektes deur die Sothos, Zoeloes, Xhosas en San.
Die bolle word gekook en die stoom word deur die pasiënt ingeasem. Die bolle kan ook verpoeier word en dan as ’n snuif gebruik word.

Mohagheghzadeh A., Faridi P., Shams-Ardakani M., Ghasemi Y. Medicinal smokes. J. Ethnopharmacol. 2006;108(2):161–184.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir tuberkulose.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir die behandeling van tuberkulose.
'n Mengsel van die blaarsap van suurvye, heuning en olyfolie in water is 'n ou middel vir TB.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir tuberkulose.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

3.8.26

Kruie vir Kwale: Boererate vir asma

Gebruik die blare van stekeltee soos enige teeblare. Drink daagliks vir asma. (Khoisan)
(Stekeltee is 'n bedreigde plant. Moet hulle nie uit hul natuurlike omgewing verwyder nie. Koop dit van 'n kwekery.)

♦♦♦

Vars wortels (of risome) van wildegemmer kan gekou word om asma te behandel. (Zulu)

♦♦♦

Die blare van die pokbos word gevryf en gerook vir asma.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit vir asma.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Drink vir asma.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir asma.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Dreineer en drink die tee vir asma.

♦♦♦

Gooi kookwater oor ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en asem die stoom in vir asma.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir asma.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute. Gooi deur ’n sif en drink vir asma.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan asemhaling verbeter

♦♦♦

Gebruik 5g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir asma.

♦♦♦

Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir asma.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir asma.

♦♦♦

Sit kanfer in 'n pan, gooi soetolie daarop, maak dit goed warm en sit dit op die bors.

♦♦♦

Jy kan ook bokvet op ongebleikte linne smeer, skoorsteenroet daaroor strooi en dan op die bors sit.

♦♦♦

Kook ´n stuk saliebos in water totdat die vloeistof lyk soos sterk tee.
Neem een koppie daarvan en kook dit tot 'n stroop saam met 500 ml suiker.
Voeg 1 botteltjie borsdruppels en 125 ml suurlemoensap by en skud goed.
Drink 15 ml hiervan 3 maal per dag.

♦♦♦

Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir asma en ander longprobleme.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

29.7.26

Kruie vir kwale: Sifilis

'n Aftreksel gemaak van die wortel van die platdoring word tradisioneel mondelings geneem vir die behandeling van sifilis.

♦♦♦




28.7.26

Kruie vir kwale: Winderigheid

Meng 5 druppels naeltjie-olie op 'n bietjie suiker saam met 'n paar druppels water. Dit is baie doeltreffend om wind in die maag en ingewande te verlig.

♦♦♦

Kajapoetolie kan gebruik word vir winde. Neem 1 – 3 druppels met suikerwater.

♦♦♦

Duiwelsdrek word aanbeveel vir winderigheid. Neem drie maal daagliks saam met melk of heuning genoeg hiervan om die punt van ‘n knipmes toe te maak.

♦♦♦

Balsem Vita, ’n preparaat van verskillende olies, word aanbeveel vir die verligting van winderigheid. Dit kan met veiligheid vir kinders en babas gegee word. Vir volwassenes 20 – 30 druppels 4 of 5 keer daagliks saam met warm water of tee. 10 druppels is genoeg vir kinders en 5 druppels in bietjie lou soet water vir babas. Die olies wat gebruik word vir die preparaat is kassia, laventel, naeltjie, neutmuskaat en tiemie.

♦♦♦

Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir winderigheid. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

♦♦♦

Vir winderigheid, diarree, sooibrand en probleme met spysvertering. Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.

♦♦♦

Die blare van die maagpynbossie word gebruik as medikasie vir winderigheid. Trek 10 g blare in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Drink dit stadig.

♦♦♦

Kou ’n paar groenment-blare vir winderigheid.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute. Dreineer en drink die tee vir winderigheid.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir winderigheid.

♦♦♦

Neem ’n paar druppels anysolie op suiker wanneer nodig. (Khoisan)

♦♦♦

Trek kruienaeltjies in kookwater en drink daarvan.

♦♦♦

Neem ’n bietjie kaneel gemeng met heuning.

♦♦♦

Meng 2 liter water met 2 eetlepels heuning, 1 eetlepel fyngekapte gemmer en 1 eetlepel gemaalde kaneel. Hou in die yskas en drink gereeld ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Drink 'n warm tee van byebalsem (bergamot).

♦♦♦

Maak vir jou tee met vinkel om te help met winderigheid.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids