Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: U

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

U, (U) (U wave) <lees uraan> Chemiese simbool vir uraan.

U-golf, <lees ook elektrokardiogram> Positiewe uitwyking na die T-golf op ’n elektrokardiogram.

ulna (ulna) <lees ook radius 2de inskrywing> (ellepyp) Die grootste van die twee voorarmbene aan die pinkie se kant.

ulseratiewe kolitis (ulcerative colitis) <lees ook Crohn-siekte> ’n Ontsteking van die spysverteringsisteem.

unipolêre afleiding (uni-polar lead) Besondere soort bipolêre afleiding wat so ontwerp is dat een van die twee elektrodes wat die potensiaalverskille meet naastenby ’n nulwaarde het.

uraan, (uranium, U) (U) ’n Radioaktiewe metaal.

urasiel (uracil) <lees ook pirimidien; purien; sitosien; timien> Die organiese basis van RNA; ’n pirimidienbasis.

uretra (urethra) <lees ook ureter> Buis wat urine vanaf die blaas na buite vervoer.

uretritis (urethritis) Infeksie van die uretra.

urienweginfeksie, (urinary tract infection) Infeksie van die uretra, niere, ureters en blaas.

uterus, (uterus, womb) (baarmoeder) Die hol peervormige vroulike voortplantingsorgaan waarin die eier ingeplant word en die embrio ontwikkel.

No comments :

Post a Comment