Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.
(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)
S (S) <lees swael> Chemiese simbool vir swael.
SA (SA) <lees sinoatriaal>
saad (seed) <lees semen>
saadbuis (seminiferous tube) <lees ductus deferens>
saadbuisie (seminiferous tubule) <lees seminifereuse buisie>
saadleier (vas deferens) <lees ductus deferens>
saadsakkie (vesicula seminalis) <lees vesicula seminalis>
saadvog (semen) <lees semen>
saalgewrig (saddle joint) ’n Gewrig met twee saalvormige oppervlaktes, een konveks en die ander konkaaf, loodreg op mekaar, bv. die karpometakarpale gewrig van die duim.
saamgesteld (complex, compound) Wat saamgestel, kompleks of ingewikkeld is.
saamgestelde epiteel (complex epithelium) <lees gestratifiseerde epiteel>
saamgestelde proteïen (conjugate protein) <lees konjugaatproteïen>
saamkleef (agglutinate) <lees agglutineer>
saamklewing (agglutination) <lees agglutinasie>
saamklont (agglutinate) <lees agglutineer>
saamklonting (agglutination) <lees agglutinasie>
saampakking (conglutination) <lees konglutinasie>
saccus lacrimalis (saccus lacrimalis, dacryocyst, lacrimal sac) (dakriosist, lakrimale sak, traansak) Boonste wye gedeelte van die traanbuis.
safena-aar (saphena, saphenous vein) (beenvlakaar, vlakaar) Enigeen van die twee groot, oppervlakkige are van die been.
safeneus (saphenous) (beenvlak-) M.b.t. die oppervlakkige bloedvate of senuwees van die been.
saliva (saliva, spit, spittle) (speeksel, spoeg, spuug) Kleurlose, slymerige, alkaliese vloeistof wat deur die speeksel- en slymkliere in die mond afgeskei word - bevat water, musien, organiese soute en die verteringsensiem ptialien.
scala media (scala media, ductus cochlearis, cochlear duct) (ductus cochlearis, kogleabuis, slakkehuiskanaal) Die middelste membraneuse gang wat blind eindig bo in die koglea en geleë is tussen die Reissner-membraan en die basale membraan waarop die eindorgaantjies van gehoor geleë is.
Schizomycetes (Schizomycetes) (skisomisete, delingswamme) Klas van mikroörganismes met plantaardige samestelling.
sedimentasie (sedimentation) (besinking) Afsakking van ’n vastestof in ’n vloeistof.
sekondêre afwyking (secondary deviance) Deviasie van die gesonde oog wanneer die skeeloog gefikseer is.
sekresie (secretion) (afskeiding) - Die handeling van ’n klier om sekere nuttige stowwe af te skei; vrystelling van waterige, slymerige, bloederige of etterige vog.
sekresie (secretion) (afskeiding, sekreet) - Die afskeidingsproduk van 'n orgaan; die stof wat afgeskei word.
sekreteer (secrete) (afskei) - Om af te skei, meer spesifiek, om iets uit die bloed of liggaamsvog af te skei deur klierwerking.
seks (sex) (geslag) Klassifikasie as manlik of vroulik op grond van anatomiese en chromosomale eienskappe.
seks (sex) Om die geslag te bepaal.
seksueel (sexual) <sien ook geslags-> (geslagtelik) Betreffende die natuurlike geslag.
seksuele omgang (sexual intercourse) <lees koïtus>
semantiese afasie (semantic aphasia) Onvermoë om die werklike betekenis en bedoeling van woorde en frases apart van hul direkte betekenis te herken, met verlies van die vermoë om die logiese gevolgtrekkings van gedagtes en dade te waardeer en te formuleer.
semen (semen, seed) <sien ook spermatosoë> (saad, saadvog) Die dik, witterige sekresie wat tydens ejakulasie deur die manlike voortplantingsorgane afgeskei word en onder andere spermatosoa bevat.
seminifereuse buisie (seminiferous tubule) (saadbuisie) Een van die fyn buisies wat in die testis voorkom.
sensasie (sensation) <lees ook estesie> (gewaarwording) Gevoel of indruk veroorsaak deur prikkeling van sensoriese senuwees.
sensitief (sensitive) <lees ook allergies> (gevoelig) Verhoogde gevoeligheid vir ’n spesifieke stimulus.
sensitief (sensitive, sensible) Kan prikkels waarneem.
sensoriese afasie (receptive aphasia) <lees hortikale sensoriese afasie>
sentimeter (centimeter, cm) (cm) ’n Lengte-eenheid wat gelyk is aan een honderdste van ’n meter.
sentrale afasie (central aphasia) Ernstige versteuring van spraak en lees.
sentrifugeer (centrifuge) Om vloeistowwe van verskillende digtheid d.m.v sentrifuge te skei.
senuwee (nerve) <sien nervus>
septies (septic) <sien ook antisepties/cf asepties> (besmet) Teenwoordigheid van mikro-organismes wat bederf (verotting) bevorder.
serebraal (cerebral) M.b.t. die serebrum.
serebrale abses (cerebral abscess) ’n Abses in die serebrum.
serviks (cervix) (baarmoedernek) Die gedeelte van die uterus wat in die vagina uitmond.
serviks (cervix, neck) (nek) Die liggaamsdeel wat die kop en romp verbind.
serviks (cervix, neck) (nek) Vernoude gedeelte aan die punt van ’n orgaan.
servisektomie (cervicectomy) Verwydering van die uteriene serviks.
sesium (caesium, Cs) (Cs) Metaalagtige element met ’n silwerwit kleur waarvan die radioaktiewe isotoop gebruik word vir bestraling.
sfaselus (sphacelous, slough) ’n Afskotsel met nekrose en verrotting van weefsel.
sferies (spherical) (bolvormig) Met die vorm van ’n bol; wat op ’n bol betrekking het.
shigellosis (dysentery) (buikloop, disenterie) Die ontsteking van die ingewande met bloederige ontlasting.
sigoma (zygoma, mala, zygomatic bone, cheekbone) (jukbeen, mala, sigomatiese been, sigoom, wangbeen) Een van die bene wat die prominente uitsteeksel van die wang en die onderste deel van die oogkas vorm.
sikliese adenosienmonofosfaat (cyclic adenosine monophosphate, cAMP, cyclic AMP) (cAMP, sikliese AMP) 'n Verbinding wat die respons van selle teenoor hormone bemiddel.
sikliese albuminurie ’n Klein hoeveelheid albumien uitgeskei op bepaalde tydperke van die dag.
silwer (silver, Ag) (Ag) ’n Sagte, wit edelmetaal.
sinartrose (synarthrosis, fibrous joint) (bindweefselgewrig, fibreuse gewrig, veselagtige gewrig) Onbeweeglike gewrig waar bene stewig aan mekaar geheg is deur getande nate met slegs ’n dun lagie veselagtige kraakbeen tussenin, bv. die bene van die kranium.
sinergis (synergist) <lees ook agonis / cf antagonis> - 'n Orgaan, liggaamsdeel of stof wat die aktiwiteit van 'n ander orgaan, liggaamsdeel of stof versterk.
sinergis (synergist) <lees ook agonis / cf antagonis> - 'n Middel of orgaan wat samewerking met 'n ander middel of orgaan teweegbring.
sink (zinc, Zn) (Zn) - Harde, blouwit metaal.
sinoatriaal (sinoatrial, SA) (SA) Met betrekking tot die sinus venosus en die regteratrium van die hart.
sinovia (synovia, synovial fluid) (gewrigsvloeistof, gewrigsvog, sinoviale vloeistof) Deurskynende, viskeuse vloeistof wat deur sinoviaalmembrane afgeskei word en dien as smeermiddel by gewrigte, bursae en tendons om wrywing te verminder.
sinovium (synovium, synovial membrane) (gewrigsholtevlies, sinoviaalmembraan, sinoviaalvlies, sinoviale membraan) Membraan wat die gewrigsruimte van ’n vrylik beweeglike gewrig of tendonskede uitvoer.
sintaktiese afasie (syntactic aphasia) Afasie gekenmerk deur die onvermoë om woorde behoorlik te rangskik, met gevolglike brabbeltaal.
sinus (sinus) 'n Liggaamsruimte of -holte wat gewoonlik gevul is met liggaamsvloeistof.
sinus (sinus) 'n Spesifieke golfvorm.
sinusitus (sinusitis) (sinusontsteking) Ontsteking van ’n sinus, veral een van die holtes in die kaak of voorkop.
sinusontsteking (sinusitis) <lees sinusitus>
sirkumfleks (circumflex, arcuate) (boogvormig) Bloedvate en senuwees wat boogvormig verloop.
sist (cyst) (ettersak) Enige sakvormige of blaasvormige struktuur wat vloeistof of halfvloeibare stof bevat.
sist (cyst) ’n Dik weerstandbiedende wand wat ’n struktuur omhul.
sistool (systole, myocardia) <cf diastool> (hartkontraksie, miokardie, sistolie) Sametrekking van enige deel van die hart.
sitosien (cytosine) <sien ook pirimidien; purien; timien; urasiel> - Een van die pirimidienbasisse wat deel uitmaak van RNA en DNA.
skandeerelektronmikroskoop (scanning electron microscope, SEM) (SEM, aftaselektronmikroskoop) - 'n Tipe elektronmikroskoop wat die oppervlak van weefsel vergroot en uitbeeld.
skapula (scapula) (bladbeen) Groot, plat, driehoekige been wat deel van die skouergordel uitmaak en agter oor die ribbes gly.
skarlakenkoors (scarlet fever) Is ’n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur sekere vorms van die streptokokkus-bakterie.
skeelhoofpyn (migraine) <lees migraine>
skelet (skeleton) (beenstelsel, beenderestelsel, geraamtestelsel) Geraamte, veral van die hele liggaam.
skeletspier (skeletal muscle, striated muscle) <sien ook gladdespier; kardiale spier; willekeurige spier> (dwarsgestreepte spier) ’n Groot, spoelvormige spier wat uit vesels bestaan wat onder die mikroskoop ligte en donker strepe vertoon.
skildklier (thyroid gland) <sien tiroïed>
skilfers (dandruff) ’n Algemene kopveltoestand wat voorkom wanneer dooie velselle afdop, sodat wit vlokkies vorm.
skimmel (mould) <sien ook fungus> Witterige, grys swamplantjie wat op lewendige of dooie organismes groei.
skisofrenie (schizophrenia) Gesplete persoonlikheid.
sklerodaktilie (sclerodactylia) Aandoening van die vingers en tone deur skleroderma. Dit kom veral by vroue voor.
skok (shock) <sien ook anafilaktiese skok; kollaps> Abnormale fisiologiese toestand a.g.v. ontoereikende bloedvloei, en dus suurstofvoorsiening, na die weefsels - ontstaan a.g.v. hewige bloeding, oordosering, persoonlike tragedie ens.
skok (shock) <sien ook anafilaktiese skok; kollaps> Kliniese beeld van die liggaam a.g.v. ’n wanverhouding tussen bloedvatkapasiteit en bloedvolume.
skouerontwrigting (shoulder dislocation) 'n Verskuiwing van die boonste gedeelte van die arm wat ontstaan as die skouer aan 'n hewige slag blootgestel word.
skraping (curage) <sien kurettering>
skurfsiekte (scab) Veroorsaak deur parasiete wat deur velkontak van een mens na 'n ander oorgedra word.
slaap (sleep) Rustoestand gekenmerk deur verminderde bewussyn, verminderde aktiwiteit van skeletspiere en verlaagde metabolisme.
slaap (temple) Plat, effens ingeduikte gedeelte aan die kant van die kop net agter die oë en bokant die ore.
slaaploosheid (insomnia) <sien ook slaaploosheid; slapeloosheid > Sukkel om te slaap.
slapeloosheid (insomnia) <sien ook slaaploosheid; insomnia > Sukkel om te slaap.
slukderm (gullet) <sien esofagus>
slymbeurs (gullet) <sien bursa>
snork (snore) Wanneer lug die sagte verhemelte laat vibreer.
somatotrofiese hormoon (somatotrophic hormone, STH, growth hormone, GH, somatotropin) (STH, groeihormoon, GH, somatotrofien, somatotropien) Hormoon wat deur die anterior hipofise afgeskei word en groei bevorder.
sonbrand (sunburn) Die beskadiging van die vel deur sonlig.
sonsteek (heatstroke) (hittesteek) Veroorsaak deur langdurige blootstelling aan hoë temperature of ’n koorssiekte.
sooibrand (heartburn) 'n Brandgevoel in die maag en/of bors.
soutsuur (hydrochloric acid, HCl) <lees ook chloried> (HCl) ’n Sterk suur wat verkry word deur die chemiese verbinding van waterstof met chloor.
spastiese kolon (spastic colon) <sien ook prikkelbare-dermsindroom> (PDS) Persone met 'n spastiese kolon se ingewande is buitengewoon sensitief.
spataar (variks) (varicose vein, varix) 'n Permanente, abnormale vergroting en gekronkelde toestand van 'n aar, veral aan die bene en voete.
speeksel (saliva) <sien saliva>
speekselklier (salivary gland) Wanneer jy eet vloei daar speeksel uit die speekselkliere en maak eet makliker, wanneer jy slaap omtrent niks. Die res van die tyd hou dit die mond vogtig en maak dit praat makliker. Dit bevat ook stowwe wat skadelike bakterieë in die mond vernietig.
spesifiek (specific) M.b.t. ’n spesie of die onderskeidende kenmerk van ’n spesie.
spesifieke aktiwiteit (specific activity) Term gebruik om die hoeveelheid disintegrasies per tydeenheid per gram radioaktiewe materiaal aan te dui.
spesifieke dinamiese aksie (specific dynamic action) Werking van voedsel, veral proteïene, waardeur die metabolisme gestimuleer word.
spier (muscle) <sien musculus>
spierrumatiek (fibrosis) Rumatiese toestand van die spierweefsel.
spierverrekking (sprain) 'n Spier kan verrek word as hy abnormaal gerek word.
spinale abses (spinal abscess) ’n Abses in ’n rugwerwel.
spirometer ’n Toestel waarmee gemeet word hoeveel lug iemand se longe bevat.
spondilitis (spondylitis) (werwelontsteking) Inflammasie van een of meer werwels.
sproei (thrush) 'n Soort monduitslag, veral by kinders.
spuitnaald (hypodermic needle) ’n Kort, dun, hol naald wat gebruik word om middels onder die vel in te spuit.
spysvertering (digestion) <lees digestie>
standaard-afwyking (standard deviance) In die statistiek die mate van variasie van ’n normale kurwe.
stapes (stapes, stirrup) <sien ook inkus; malleus; timpanum> (stiebeuel) - Die stiebeuelvormige gehoorbeentjie in die middeloor wat met sy voetstuk teen die ovale venster en sy kop teen die inkus geleë is.
steek-abses (stitch abscess) ’n Abses by die plek van ’n hegsteek.
steriel (sterile, barren) <cf fertiel> (onvrugbaar) Nie in staat om 'n nageslag voort te bring nie.
steriele abses (sterile abscess) ’n Abses wat geen mikroörganismes bevat nie.
sterilisasie (sterilisation) Tegniek waardeur mikro-organismes vernietig word deur gebruik te maak van hitte, water, chemikalieë of gasse.
sterilisasie (sterilisation) Proses waardeur 'n individu onvrugbaar gemaak word.
sternum (sternum, chest bone) (borsbeen) Lang, plat been aan die voorkant van die borskas - bestaan uit 'n vergroeide boonste manubrium, middelste liggaam (gladiolus) en onderste xifoïedbeen.
stikstof (nitrogen, N) (N) 'n Kleurlose, reuklose, smaaklose gas wat ongeveer 80% van die gas in die atmosfeer uitmaak.
stratum corneum (stratum corneum, horny layer) (horinglaag) Horingagtige buitenste laag van die epidermis bestaande uit dooie selle wat gekeratiniseer word en gedurig afskilfer.
stres (stress, tension) (spanning) Enige emosionele, fisiese, sosiale, ekonomiese of ander faktor wat neig om die liggaamshomeostase te versteur.
stres (stress, tension) (spanning) Die gevolg van die inwerking van 'n stressor.
stuipe (seizure, convulsion) <sien ook konvulsie> 'n Skielike toeval; plotselinge sametrekking van die spiere wat dikwels met bewusteloosheid gepaard gaan - kom veral voor by klein kinders.
subdiafragmatiese abses (subdiaphragmatic abscess) <sien subfreniese abses>
subdurale abses (subdural abscess) ’n Abses onder die dura mater.
subfreniese abses (subphrenic abscess) ’n Abses geleë onmiddellik onder die diafragma.
subkortikale motoriese afasie (subcortical motor aphasia) <lees motoriese afasie>
subkortikale sensoriese afasie (subcortical sensory aphasia) <lees sensoriese afasie>
subperiosteale abses (subperiosteal abscess) ’n Abses tussen die periosteum en been.
substantia propria (substantia propria, ground substance, matrix) (grondstof, grondsubstansie, matriks, matrys) Stof bestaande uit belangrike vloeistowwe of strukture wat tussen die selle in die weefsel voorkom en noodsaaklik is vir die lewe van die orgaan of organisme; die basiese stof waaruit ’n spesifieke orgaan of tipe weefsel ontwikkel.
succus entericus (succus entericus, intestinal juice) (dermsap) Helder, betreklik slymerige, alkaliese afskeiding van die dunderm wat verteringsensieme bevat.
succus pancreaticus (succus pancreaticus, pancreatic juice) (pankreassap) Helder, waterige, alkaliese vloeistof wat ensieme bevat en afgeskei word wanneer voedsel die duodenum binnekom.
suikersiekte (diabetes mellitus) <sien diabetes mellitus>
sukrase (sucrase, invertase) (invertase) Verteringsensiem wat sukrose opbreek in glukose en fruktose.
supinasie (supination) <cf pronasie 1ste inskrywing> Die draaiing van die voorarm sodat die handpalm na vore en opwaarts wys.
supinasie (supination) <cf pronasie 2de inskrywing> (agteroorkanteling) - Die posisie waar op die rug gelê word, gesigkant na bo.
sutura (sutura, suture) (naat) Onbeweeglike bindweefselgewrig, bv die vergroeiingslyn waar die skedelbene aan mekaar geheg is.
suur (acid) <cf alkali> Enige stof wat waterstofione (protone) afgee.
suur (acid) <cf alkali> 'n Vloeistof met 'n pH van minder as 7.
suur (acid) <cf alkalies> Een van die vier basiese smake, nl sout, suur, soet en bitter; eienskap van 'n vloeistof met 'n pH van minder as 7.
suurstof (oxygen, O) (O) Die kleurlose smaaklose reuklose gas wat lewe onderhou - een van die hoofbestanddele van organiese verbindings in die natuur.
swaminfeksie (fungal infections) Word veroorsaak deur mikroskopiese klein swamme.
swael (sulphur, sulfur, S) (S, swawel) 'n Niemetaalagtige, smaaklose, reuklose chemiese stof wat algemeen in vulkaniese areas aangetref word.
swanger (pregnant) 'n Baba verwag.
swangerskapsgeinduseerde hipertensie (pregnancy induced hypertension) <sien ook pre-eklampsie> 'n Toestand wat voorkom in swangerskap wat gepaard gaan met ´n verhoogde bloedruk, edeem en/of proteiene in die uriene.
sweer (sore) Etterende wond.
sweet (sweat) <sien perspirasie>
sweet (perspire) <sien perspireer>
swelling (swelling) <sien swelsel>
swelsel (swelling) (swelling) ’n Tydelike abnormale vergroting van ’n liggaamsdeel of orgaan, bv. a.g.v. ontsteking.
No comments :
Post a Comment