Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: E

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan ’n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

EARS (SARS) (Ears, ears) Ernstige akute respatoriese sindroom.

Eberth-lyne (Eberth lines) Die duidelike transversale tussenskot of skyf wat gevorm word waar twee hartspierselle se punte bymekaarkom.

ebola (ebola) Ebola is ’n ernstige siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word.

ebolavirus (Ebola virus) 'n Virus afkomstig uit tropiese Afrika wat hewige koors en kwaai interne bloeding veroorsaak en gewoonlik noodlottig is.

edeem (oedema) Die swelling a.g.v. ophoping van vog in die weefsels.

edelgas (inert gas) Die gas wat heeltemal onreaktief is aangesien die buitenste energievlak met elektrone gevul is, bv helium.

EEG (EEG) <sien elektro-enkefalogram>

eelt (callosity) <sien kallus>

eenheid (unit) ’n Enkele duidelik onderskeibare voorwerp of deel daarvan.

eenheid (unit) Verwysingstandaard.

eenkernig (mononuclear) <sien monokulêr>

eenlagige epiteel (simple epithelium) <sien eenvoudige epiteel>

eensellig (unicellular) <cf meersellig> Organisme wat net uit een enkele sel bestaan.

eenslagtig (unisexual) Besit slegs organe en kenmerke van een geslag.

eenvormig (homogeneous) <sien homogeen>

eenvoudige epiteel (simple epithelium) (eenlagige epiteel) Bestaan uit een laag selle.

eenvoudige fraktuur (simple fracture) <cf gekompliseerde fraktuur> Fraktuur sonder dat omliggende weefsel beskadig is.

eerstehulp, (first aid) <sien noodhulp>

eetsel (phagocyte) <sien fagosiet>

eetversteuring (eating disorder) ’n Toestand waar iemand, as gevolg van ’n sielkundige probleem, heeltemal te veel of te min eet – byvoorbeeld anoreksie en bulimie.

effektor (effector) ’n Spier, klier of ander orgaan wat op senuweeprikkels reageer en dit omsit in ’n motoriese aksie.

efferent (efferent, deferent) <cf afferent> (wegvoerend) Wat wegvoer vanaf ’n spesifieke verwysingspunt.

efferente neuron (efferent neuron, motor neuron) <cf afferente neuron> (motoriese neuron, motorneuron) Vervoer impulse vanaf die brein en rugmurg na die effektor - spier of klier.

egestie egest <cf ingestie> Alles wat ’n lewende organisme van ontslae raak, bv feses, braaksel of uitskeidings.

eggolalie ’n Siekteverskynsel waarby klanke en woorde van ander sinloos herhaal word.

eier (egg) <sien ovum>

eieralbumien (egg albumin) Albumien in die wit van die eier.

eiergeel (yolk) <sien dooier>

eierkiem (ovigerm) Die sel wat tot ’n ovum ontwikkel of een voortbring.

eierlêend (oviparous) <sien ovipaar>

eierleier (oviduct) <sien Fallopius-buis>

eierlewendbarend (ovoviviparous) <sien ovovivipaar>

eierlitteken (corpus albicans) <sien corpus albicans>

eiersel (egg cell) <sien ovum>

eierstok (ovary) <sien ovarium>

eierstokkanker (ovarian cancer) Kanker wat in die ovaria ontstaan.

eiervormig (ovoid) <lees ovaal>

eierwit (albumin) <lees albumien>

eiland (island) <sien insula>

eilande van Langerhans (islands of Langerhans) <sien Langerhans-eilande>

eilandselle (island cells) Selle in die Langerhans-eilande.

einabeentjie (ouch bone) Die plekkie aan die agterkant van die elmboog wat baie gevoelig is.

eindharsings (telencephalon) <sien telenkefalon>

eindorgaan (end organ) (endorgaan) Murgskedelose eindvertakking van ’n senuweevesel in die vellaag net onder die epidermis, wat ’n lae drempelwaarde vir ’n bepaalde soort prikkel het.

eindplaat (end plate) Vertakking by ’n neuromuskulêre aansluiting waar ’n motoriese neuron by ’n skeletspiervesel aansluit.

eindproduk (end product) Die finale of afvalproduk van metaboliese of verteringsprosesse.

eindvoetjies (end feet, synaptic knobs) (endvoetjies, sinaptiese knoppies) Knopagtige verdikkings aan die einde van ongemiëlineerde senuweevesels wat teen die dendriete van ’n aangrensende senuweevesel lê.

eisel (egg cell) <sien ovum>

eiwit (albumin) <sien albumien>

ejakulaat (ejaculate) Die semen wat tydens ’n enkele ejakulasie uitgeskiet word.

ejakulasie (ejaculation) <sien ook emissie> Skielike uitskiet van spermbevattende seminale vloeistof vanuit die manlike uretra.

ejakulasiebuis (ejaculation tube) <sien ductus ejaculatorius>

ejakulatories (ejaculatory) Wat skielik uitskiet.

ejakulatoriese buis (ejaculatory tube) <sien ductus ejaculatorius>

ejakuleer (ejaculate) Om skielik uit te skiet.

ejeksie (ejection) <sien ook ekskresie 1ste inskrywing>Wat uitgewerp word.

ejeksie (ejection) <sien ook ekskresie 3de inskrywing> (uitwerping) Die proses waardeur stowwe uitgewerp word.

ejekta (ejecta) Materiaal wat uitgegooi word uit die liggaam.

EKG (ECG) <sien elektrokardiogram>

ekkriene klier (eccrine gland) <sien ook apokriene klier; endokriene klier; eksokriene klier> Kliere wat uit- of afskei, bv. sweetkliere.

ekseem (eczema) <sien ook roos> Akute of chroniese inflammasie van die vel wat gekenmerk word deur die ontwikkeling van letsels op die vel.

eksentries (excentric) Nie op die mediane lyn of in die middel nie.

eksergonies (exergonic) <cf endergonies> ’n Chemiese reaksie wat energie afgee of vrylaat, soos die oksidasie van glukose tydens respirasie.

ekshibisionisme (exhibitionism) Die drang om liggaamsdele, veral geslagsdele, te ontbloot.

eksitasie (excitation, stimulation) (prikkeling, stimulasie) Aanwending van ’n prikkel wat deur ’n toename in aktiwiteit gevolg word.

eksitatories (excitatory) Wat ’n prikkel veroorsaak.

eksitatoriese postsinaptiese potensiaal (excitatory postsynaptic potential, EPSP) (EPSP) Gedeeltelike depolarisasie van ’n postsinaptiese membraan.

eksiteerder (excitor) Enige senuwee wat, as dit geprikkel word, aktiwiteit teweegbring in die deel van die liggaam wat dit voorsien.

eksitatoriese golf (excitatory wave) ’n Golfagtige geleiding van ’n prikkel langs ’n senuwee of spier.

ekskreet (excreta) (uitwerpsels) Afvalmateriaal soos urien en feses.

ekskrement (excrement) <sien feses>

ekskresie (excretion) <sien ook ejeksie 1ste inskrywing> ’n Stof wat vrygestel word.

ekskresie (excretion) (uitskeiding) Die vrystelling van metaboliese afvalprodukte, bv. CO2, H2O en stikstofbevattende verbindings.

ekskresie (excretion) <sien ook ejeksie 2de inskrywing> (uitwerping) Die vrystelling uit die liggaam uit.

ekskreteer (excrete) (uitwerp) Die vrystelling van afvalmateriaal uit die liggaam.

ekskretories (excretory) M.b.t. ekskresie.

ekso-ensiem (exoenzyme) ’n Ekstrasellulêre ensiem. ’n Ensiem wat buite die sel waarvandaan dit afgeskei is, werk, bv. pepsien, tripsien.

eksogamie (exogamy) Bevrugting by protosoë deur die konjugasie van elemente wat nie afkomstig is van dieselfde sel nie.

eksogastries (exogastric) M.b.t. die buitenste lae van die maag.

eksogeen (exogenous, exogenic) <cf endogeen 1este inskrywing> Wat buitekant die sel of organisme ontstaan.

eksogeen (exogenous, exogenic) <cf endogeen 2de inskrywing> Te wyte aan uitwendige oorsake.

eksoftalmiese goiter (exophthalmic goitre) <sien Graves-siekte>

eksoftalmos (exophthalmos) <sien eksoftalmus>

eksoftalmus (exophthalmus, exophthalmos) (eksoftalmos) Abnormale uitpeuling van die oë.

eksokardiaal (exocardial) <cf endokardiaal>Buite die hart.

eksokriene klier (exocrine gland) <sien ook ekkriene klier/cf endokriene klier> ’n Klier wat sy sekreet deur buise vrystel, bv speeksel- en sweetkliere.

eksositose (exocytosis) ’n Meganisme waardeur stowwe vanuit die binnekant van die sel na die ekstrasellulêre ruimte beweeg.

eksoskelet (exoskeleton) <cf endoskelet> (uitwendige skelet) ’n Skelet wat buite om die liggaam voorkom - bv. by insekte.

eksosmose (exosmosis) <cf endosmose> Osmose na buite, wanneer water uit ’n sel deur ’n differensieel deurlatende membraan beweeg.

eksostose (exostosis) (beenuitgroeisel) ’n Abnormale, goedaardige uitgroeisel op die beenoppervlak.

eksotermies (exothermic) <cf endotermies> ’n Reaksie wat hitte vrystel.

eksperiment (experiment) (proef) Spesiale waarnemings of toetse wat gedoen word om iets te bevestig of te weerlê.

ekspirasie (expiration) Dood.

ekspirasie (expiration, exhalation) <sien ook respirasie 2de inskrywing/cf inspirasie> (uitaseming) Handeling om lug uit die longe te blaas.

ekspiratories (expiratory) M.b.t. ekspirasie of asemhaling.

ekspiratoriese reserwevolume (expiratory reserve) Die ekstra volume lug wat nog deur ’n maksimale ekspiratoriese poging ’n gewone ekspirasie uitgeasem kan word.

ekspireer (expire) Om uit te asem.

ekspireer (expire) Sterf.

eksplanteer Lewende weefsel uit sy natuurlike plek verwyder om in ’n kunsmatige medium te groei.

eksponensieel (exponential) Verandering in funksie volgens die mag van getalle, bv kwadraat, derde mag, eerder as numeries, twee maal, drie maal ens.

ekspressiwiteit (expressivity) Graad waarin ’n dominante faktor by heterosigote tot uiting kom.

ekstensie (extension) Die strekking of reguit maak van ’n gebuigde gewrig; rekking aan ’n gebreekte of verstuite ledemaat daarom tot die normale posisie te herstel.

ekstensor (extensor) <cf fleksor> (strekspier) Die spier wat ’n liggaamsdeel of ledemaat verleng of laat strek, bv. die triseps.

ekstern (external) <cf intern 1ste inskrywing> (buite, uitwendig) Wat buite geleë is of buite plaasvind; aan die buitekant.

ekstern (external) <cf intern 2e inskrywing> (buite) Weg van die middellyn.

eksterne respirasie (external respiration, breathing) <cf interne respirasie> (asemhaling, uitwendige respirasie) Gaswisseling tussen die organisme en die omgewing, maw tussen die longe en die bloed.

eksteroreseptor (exteroreceptor) <sien eksteroseptor>

eksteroseptor (exteroceptor, exteroreceptor) <lees ook meganoreseptor; proprioseptor/cf interoseptor> (eksteroreseptor) ’n Sinsorgaan wat omgewingsveranderinge waarneem; reseptore wat op prikkels wat van buite af op die liggaam inwerk, reageer, bv. tas, druk of klank.

ekstima (extima) Die buitenste laag van ’n bloedvatwand.

ekstorsie (extorsion) Uitwendige rotasie van ’n liggaamsdeel.

ekstra-uterien (buitebaarmoederlik) Buite die baarmoeder.

ekstra-uterien (extra-uterine) Buite die baarmoeder.

ekstradurale abses (epidural abscess, extradural abscess) ’n Abses geleë tussen die dura mater en been.

ekstraheer (extract) Een of meer stowwe d.m.v. ’n oplosmiddel uit ’n mengsel van stowwe isoleer.

ekstraheer (extract) Uittreksel maak.

ekstrak (extract) Die preparaat wat gemaak word deur die uittreksel te konsentreer.

ekstramedullêr (extramedullary) <cf intramedullêr> Buite die medulla.

ekstranukleêr (extranuclear) < cf intranukleêr > : Buite die kern van ’n sel.

ekstraperitoneaal (extraperitoneal) < cf intraperitoneaal > Wat geleë is of plaasvind buite die peritoneale holte.

ekstrapiramidaal (extrapyramidal) Buite die piramidale baanstelsel.

ekstrapiramidale stelsel (extrapyramidal system) Sentrale senuweebane wat in verband staan met spiertonus en impulse vanaf die serebrale korteks na die rugmurg vervoer.

ekstraplasentaal (extraplacental) <cf intraplasentaal> Buite die plasenta.

ekstrarenaal (extrarenal) <cf intrarenaal> Buite of onafhanklik van die niere.

ekstrasellulêr (extracellular) <lees ook intersellulêr / cf intrasellulêr> Wat buite die sel, maar nog in die organisme voorkom.

ekstrasellulêre vloeistof (extracellular fluid) <lees ook intersellulêre vloeistof/cf intrasellulêre vloeistof> Al die vloeistof wat buite die selle geleë is, nl. bloedplasma en weefselvloeistof.

ekstrasistool (extrasystole) Vervroegde hartkontraksie.

ekstravaskulêr (extravascular) <cf intravaskulêr> Buite ’n bloedvat.

ekstremiteit (extremity) ’n Arm of been.

ekstremiteit (extremity) Einddeel van enige orgaan.

ekstrinsiek (extrinsic, external) <cf intrinsiek 1ste inskrywing> (uitwendig) Wat buite ’n struktuur ontstaan of geleë is, maar tog ’n uitwerking op die betrokke struktuur het, bv. die spiere van die oogbol.

eksudaat (exudate) Ophoping van vog in ’n liggaamsholte of op die liggaamsoppervlak nadat dit tydens inflammasie deur die wande van vate uitgesyfer het.

eksudasie (exudation) Uitgaan van sereuse vloeistof en selle (hoofsaaklik leukosiete) deur die onbeskadigde wande van kapillêre vate en venules.

ektoblast (ectoblast) <lees ektoderm>

ektoderm (ectoderm, ectoblast, epiblast) <lees ook endoderm; mesoderm> (ektoblast, epiblast) Die buitenste laag selle in die embrio waaruit die senuweestelsel, spesiale sinsorgane en sekere endokriene organe ontwikkel.

ektodermaal (ectodermal) <cf endodermaal>Afkomstig van, of met betrekking tot die ektoderm.

ektomeer (ectomere) Enigeen van die blastomere wat deel het aan die vorming van die ektoderm.

ektoparasiet (ectoparasite) <cf endoparasiet> ’n Organisme wat aan die buitekant van ’n ander organisme lewe en voedsel vanaf die gasheer verkry, bv. ’n luis.

ektopie (ectopia) Abnormale ligging of verplasing van ’n orgaan.

ektopies (ectopic) <cf entopies> In ’n abnormale posisie.

ektopiese hartslag (ectopic heartbeat) Wanneer die impuls wat die hart laat saamtrek buite die SA-knoop, bv. in die AV-knoop, ontstaan.

ektopiese ritme (ectopic rhythm) Hartritme wat sy oorsprong het in ’n bron buite die sinoatriale knoop.

ektopiese swangerskap (ectopic pregnancy) ’n Swangerskap wat buite die uterus ontwikkel.

ektoplasma (ectoplasm, exoplasm) <cf endoplasma> (eksoplasma) Die helder, jellieagtige, buitenste gedeelte van die protoplasma; buitenste sitoplasmalaag.

ektosark (ectosarc) Ektoplasma of buitenste laag van ’n protosoön.

ektosoïese parasiet (ectozoic parasite) Ektoparasiet van diere.

ektotoksemie (ectotoxaemia) Toksemie wat deur ’n stof van buite die liggaam veroorsaak word.

ektropies (ectropic) Van buite na binne gedraai.

ekwator (equator) (ewenaar) Denkbeeldige sirkel op die oppervlakte van ’n sfeer wat so is dat die vlak van die sirkel deur die middelpunt van die sfeer gaan.

ekwator van ’n sel (equator of a cell) (ewenaar van ’n sel) Grense van die vlak waardeur seldeling geskied.

ekwatoriaal (equatorial) M.b.t. die ekwator of ewenaar.

ekwatoriale plaat (equatorial plate) Denkbeeldige middellyn waarop chromosome tydens metafase van seldeling gaan lê.

ekwatoriale verdeling (equatorial division) Mitose met lengteverdeling van die chromosome.

ekwatoriale vlak van die oog (equatorial plane of the eye) Vlak wat die voorste en agterste helftes van die oog van mekaar skei.

ekwilibrium (equilibrium) <lees balans 2de inskrywing>

ekwilibrium (balance, equilibrium) <lees ook gebalanseerd 2de inskrywing> (balans, ewewig) ’n Toestand waarin geen spontane verandering kan plaasvind nie.

ekwivalent (equivalent) (gelykwaardig) Gelyk in waarde aan ’n ander - moontlik sy plaasvervanger.

elastien (elastin) ’n Belangrike proteïen waaruit die geel elastiese vesels van bindweefsel bestaan.

elasties (elastic) Die vermoë van ’n stof om weer na sy oorspronklike vorm en grootte terug te keer nadat dit uitgerek is.

elasties (elastic) Maklik rekbaar; veerkragtig.

elastiese bindweefsel (elastic connective tissue, yellow elastic connective tissue) <lees ook areolêre bindweefsel; veselagtige bindweefsel> (geel elastiese bindweefsel) Bindweefsel met ’n oorheersende hoeveelheid geel elastiese vesels wat voorkom in dele waar stewigheid, maar tog ’n mate van buigsaamheid vereis word, bv. ligamente wat werwels aanmekaarhou.

elastiese kraakbeen (elastic cartilage) Kraakbeen waarin die selle deur elastiese vesels omring word.

elastisiteit (elasticity) <lees ook plastisiteit> (rekbaarheid, veerkragtigheid) Die vermoë om uit te rek en weer na die oorspronklike toestand terug te keer.

elefantiase (elephantiasis) Siekte gekenmerk deur geweldige opswelling van sekere liggaamsdele.

elektriese deurwarming (diathermy) <lees diatermie>

elektro-enkefalogram (electroencephalogram, EEG) (elektro-ensefalogram, EEG) Grafiese registrasie van elektriese strome wat tydens aktiwiteit in die breinkorteks ontwikkel.

elektro-ensefalogram (electroencephalogram, EEG) <lees elektro-enkefalogram>

elektrode (electrode) Metaalplaatjie of -draad wat dien as geleier vir ’n elektriese stroom in of uit liggame of vloeistowwe.

elektroënkefalogram (electroencephalogram, EEG) <lees elektro-enkefalogram>

elektroënsefalogram (electroencephalogram, EEG) <lees elektro-enkefalogram>

elektroforese (electrophoresis) Proses wat gebruik word om chemiese stowwe van mekaar te skei - werk op die beginsel van die beweging van elektries gelaaide partikels in oplossing.

elektrokardiograaf (electrocardiograph) Toestel wat elektriese veranderinge geassosieer met die aktiwiteit van die hart registreer.

elektrokardiogram (electrocardiogram, ECG) <sien ook kardiogram; P-golf; PR-segment; Q-golf; QRS-kompleks; R-golf; T-golf; U-golf> (EKG) Grafiese rekord van die veranderinge in elektriese potensiaal wat met die kontraksie van hartspiere gepaardgaan.

elektrokonvulsieterapie (EKT) Indusering van konvulsies en bewussynsverlies by veral pasiënte wat aan major depressie ly deur kort laespanningwisselstroompulse te stuur deur elektrodes geheg aan die sykante van die voorkop.

elektrokusie (electrocution) Dood deur elektriese skok.

elektroliet (electrolyte) Enige stof wat in ’n vloeistof <water> dissosieer in positiewe en negatiewe ione, waardeur die oplossing die vermoë verkry om ’n elektriese stroom te gelei.

elektrolietbalans (electrolyte balance) Toestand wat bestaan wanneer die hoeveelheid elektroliete wat die liggaam binnekom gelyk is aan die hoeveelheid wat dit verlaat.

elektrolise (electrolysis) Afbreking van chemiese stowwe, of sekere liggaamsweefsels, deur ’n elektriese stroom daardeur te stuur.

elektroliseer (electrolyze) Elektrolise laat plaasvind.

elektrolities (electrolytically) Met betrekking tot elektrolisie of ’n elektroliet.

elektromagneties (electromagnetic) M.b.t. yster wat tydelik deur ’n elektriese stroom tot ’n magneet gemaak word.

elektromiogram (EMG) (electromyogram, EMG) Grafiese weergawe van die aksiepotensiaal van ’n spier.

elektron (electron) <sien ook neutron; proton> ’n Klein, negatief gelaaide deeltjie wat om die kern van die atoom beweeg.

elektronegatief (electronegative) <cf elektropositief> Elektries negatief gelaai.

elektronegatief (electronegative) <cf elektropositief> Geneig om tydens elektrolise na die anode te beweeg.

elektronemikroskoop (electron microscope) <lees ook aftaselektronmikroskoop; transmissie-elektronmikroskoop; elektronmikroskoop> Tipe mikroskoop wat in plaas van lig, elektrone in ’n ontladingsbuis vir die beeldvorming gebruik en gevolglik deeltjies selfs tot op 0,1 nm kan waarneem.

elektronies (electronic) M.b.t. elektrone.

elektronmikroskoop (electron microscope) <lees ook aftaselektronmikroskoop; transmissie-elektronmikroskoop; elektronemikroskoop> Tipe mikroskoop wat in plaas van lig, elektrone in ’n ontladingsbuis vir die beeldvorming gebruik en gevolglik deeltjies selfs tot op 0,1 nm kan waarneem.

elektropositief (electropositive) <cf elektronegatief> Elektries positief gelaai.

elektropositief (electropositive) <cf elektronegatief> Geneig om tydens elektrolise na die katode te beweeg.

elektrostaties (electrostatic) M.b.t. statiese elektrisiteit.

elektroterapie (electrotherapy) Die toepassing van elektrisiteit in geneeskunde.

elektroterm (electrotherm) Toestel wat hitte ontwikkel vir die verligting van pyn deur die aanwending van elektrisiteit op die vel.

elektrovalente binding (electrovalent bond) <lees ioniese binding>

element (element) Suiwer materie wat nie deur chemiese metodes na eenvoudiger eenhede afgebreek kan word nie.

element (element) Toestel waarin hitte deur elektrisiteit ontwikkel.

elementêr (elementary) <lees fundamenteel 3de inskrywing>.

elevasie (elevation) Om op te lig.

elevasie (elevation) Verhewendheid.

elimineer (eliminate) (uitskakel) Om te verwyder, bv. afvalprodukte vanuit die liggaam; uitskei.

ellepyp (ulna) <lees ulna>

ellipsoïed (ellipsoid) Ovaalvormig.

elmboog (elbow) Buitenste kromming van die gewrig tussen die bo- en die voorarm.

elmboogbeentjie (skokbeentjie; einabeentjie; gonnabeentjie; gottabeentjie) Die knobbel aan die agterkant van die elmboog wat ’n baie sensitiewe senuwee bevat wat ’n skietpyn veroorsaak as daarteen gestamp word.

emalje (enamel) (tandglasuur) Wit, glasagtige, baie harde stof wat die dentien (tandbeen) van die tandkroon bedek en beskerm.

Embden-Meyerhof-pad (Embden-Meyerhof path) ’n Reeks ensimatiese reaksies in die anaërobiese glukolitiese pad waardeur glukose (veral in spierweefsel) in melksuur omgeskakel word - die reaksie stel energie in die vorm van ATP vry.

embolie (embolism) (propvorming) Die verstopping van ’n bloedvat/slagaar deur ’n embolus.

emboliese abses (embolic abscess) ’n Abses veroorsaak deur ’n geïnfekteerde embolus.

embolisme (embolism) <lees ook embolus> ’n Obstruksie in die bloedstroom wat veroorsaak word deur enige vreemde partikel, soos ’n bloedklont of gasborrel, wat in die bloed sirkuleer; afsluiting van ’n arterie, vena of limfvat deur ’n vreemde partikel.

embolus (embolus) ’n Klont/prop wat deur die bloedstroom meegevoer word en in ’n bloedvat vassteek.

embrio (embryo) <sien ook fetus> Die vroeë stadium van ontwikkeling van ’n lewende organisme – by die mens verwys dit na die eerste twee maande van ontwikkeling.

embriogenese (embryogenesis) Oorsprong en ontwikkeling van die embrio.

embriologie (embryology) Die deel van die biologie wat handel oor die ontwikkeling van die embrio.

embrioloog (embryologist) Deskundige op die gebied van embriologie.

embrionaal (embryonal, embryonic) (embrionies, embrionêr) M.b.t. die embrio.

embrionêr (embryonic) <lees embrionaal>

embrionies (embryonic) <lees embrionaal>

emesis (emesis) <lees vomering>

emetikum (emetic) <lees braakmiddel>

emfiseem (emphysema) ’n Chroniese toestand wat gekenmerk word deur ’n verlies van longelastisiteit, kollaps van die terminale brongioli en produksie van dik, taai mukus (slym).

EMG (EMG) <lees elektromiogram>

eminensie (eminence, eminentia) (verhewendheid) Deel van ’n orgaan wat uitsteek, veral gebruik t.o.v. bene.

emissie (emission) Uitstraling van lig- of hittegolwe.

emissie (emission) <lees ook ejakulasie> ’n Uitskeiding, veral ’n onwillekeurige uitskeiding van semen tydens slaap.

emmetropie (emmetropia) Die normale ligbrekingstoestand van die oog.

emmetropies (emmetropic) Die oog is normaal wat betref ligbrekingsvermoë en akkommodasie.

emosie, (emotion) (gemoedstoestand) Die affektiewe deel van die bewussyn.

emosioneel (emotional) Ontvanklik vir gemoedsaandoenings; wat emosie openbaar

empieem (empyema)Versameling van etter in ’n liggaamsholte, bv. in die borskasholte.

empiries (empiric, empirical) Gebaseer op werklike ondervinding, sonder enige wetenskaplike grondslag.

emulgeer (emulsify) <sien emulsifiseer>

emulgering (emulsification) <lees emulsifisering>

emulsie (emulsion) <lees ook dispersie 2de inskrywing> (skudmengsel) Verbinding van water met olieagtige stowwe; suspensie van ’n vloeistof wat in ’n ander vloeistof versprei is in die vorm van mikroskopies klein druppeltjies.

emulsifiseer (emulsify) (emulgeer) ’n Emulsie vorm.

emulsifisering (emulsification) (emulgering) Proses waardeur vette in klein vetdruppeltjies opgebreek word - gewoonlik deur galsoute.

enartrose (enarthrosis, ball-and-socket joint, socket joint) (bal-en-potjie-gewrig, koeëlgewrig) Gewrig wat beweging in alle rigtings toelaat, bv. die heupgewrig.

enchondraal (enchondral, endochondral) (endochondraal) Wat in kraakbeen geleë is of in kraakbeen ontstaan.

enchondrose (enchondrosis) Enige kraakbeenagtige uitgroeisel of tumor.

endelderm (rectum) <lees rektum>

endemie (epidemic) ’n Siekte wat in ’n bepaalde gebied voorkom.

endemies (endemic) Wat deel is van, of gebonde is aan, ’n streek.

endergonies (endergonic) <cf eksergonies> ’n Chemiese reaksie waar energie benodig of opgeneem word.

endermaties (endermatic, endermic) (endermies) Aanwending of uitwerking op die vel.

endermaties (endermatic, endermic) (endermies) Geleë binne-in die vel.

endermies (endermic) <lees endermaties>

endermologie (endermologie) ’n Masseermetode van Franse oorsprong waarin ’n toestel ritmies oor die lyf beweeg word om die velgehalte te verbeter en die figuur fermer te laat vertoon deur selluliet te verminder.

enderon (enderon) Diepere deel van die vel onder die epidermis.

endlob (end lobe) <lees oksipitale lob>

endobioties (endobiotic) Wat parasities in die weefsel van die gasheer lewe.

endochondraal (endochondral) <lees enchondraal>

endoderm (endoderm, entoderm) <lees ook ektoderm; mesoderm> (entoderm) Die binneste van die drie kiemlae wat verantwoordelik is om sekere embrioniese dele te vorm.

endodermaal (endodermal) <cf ektodermaal> Afkomstig van, of m.b.t. die endoderm.

endogeen (endogenously) Wat uit die liggaam self voortkom; met inwendige oorsake.

endogenie Groei van binne af.

endoglobulêr (endoglobular) Geleë in die bloedliggaampie.

endokardiaal (endocardial) <cf eksokardiaal> Geleë in die hart.

endokardium (endocardium) Die vlies wat die binnevoering van die hart uitmaak.

endokorpuskulêr (endocorpuscular) Ingesluit in ’n liggaampie.

endokraniaal (endocranial) Ingesluit in die skedel.

endokranium (endocranium) Binneste oppervlak van die skedel; dura mater van die brein.

endokrien (endocrine) Met inwendige afskeiding.

endokriene klier (endocrine gland, ductless gland) <lees ook ekkriene klier/cf eksokriene klier> (buislose klier) ’n Klier wat nie ’n buis het nie en sy sekreet (hormone) direk in die bloed of liggaamsvloeistof vrystel.

endokrinologie (endocrinology) Die afdeling van die fisiologie wat verband hou met die studie van die endokriene kliere en hulle afskeidings, die hormone.

endolimf (endolymph) <lees ook perilimf> Vloeistof in die membraanlabirint van die inwendige oor.

endolimfaties (endolymphatic) Wat betrekking het op beide die buise van die oorlabirint en limfvate.

endolise (endolysis) Opbreking van die sitoplasma van ’n sel.

endolisien (endolysin) Stof wat in selle aangetref word wat direk op bakterieë inwerk en dit doodmaak.

endometriaal (endometrial) M.b.t. die endometrium.

endometriose (endometriosis) ’n Toestand waartydens selle, soortgelyk aan die waarmee die baarmoeder uitgevoer is, hulle elders in die liggaam van die pasiënt vestig.

endometrium (endometrium) Klierryke slymvlieslaag wat die uterus aan die binnekant uitvoer.

endomisium (endomysium) <lees ook epimisium; perimisium> Dun bindweefsel wat individuele spiervesels omring en dit in bondels skei.

endoneuraal (endoneural) M.b.t. die binnekant van ’n senuwee.

endoneurium (endoneurium) <lees ook epineurium; perineurium> Dun bindweefsel wat individuele senuvesels omring en dit in bondels skei.

endoparasiet (endoparasite) <cf ektoparasiet> Parasiet wat binne-in sy gasheer lewe, bv. ’n lintwurm.

endoplasma (endoplasm, entoplasm) <cf ektoplasma> (entoplasma) Die sentrale gedeelte van die sitoplasma van ’n sel wat die meeste selorganelle bevat.

endoplasmiese retikulum (endoplasmic reticulum, ER) (ER) ’n Membraanagtige netwerk van fyn buisies en vesikels wat die sitoplasma van die sel deurkruis en verskillende dele van die sel met mekaar verbind.

endorgaan (end organ) <lees eindorgaan>

endosekretories (endosecretory) M.b.t. inwendige of hormonale afskeidings.

endosellulêr (endocellular) <lees intrasellulêr>

endosiet (endocyte, entocyte) (entosiet) Enige vreemde stof wat in ’n sel aangetref word.

endoskelet (endoskeleton) <cf eksoskelet> (binneskelet) Inwendige geraamte bestaande uit been en kraakbeen.

endoskoop (endoscope) ’n Toestel om inwendige holtes van die liggaam te ondersoek.

endoskopies (endoscopies) Met of wat betref ’n endoskoop.

endosmose (endosmosis) <cf eksosmose> Osmose van buite na binne, wanneer water in ’n sel inbeweeg deur ’n differensieel deurlatende membraan.

endosoïese parasiet (endozoic parasite) Organisme wat in die derm lumen lewe.

endosteaal (endosteal) M.b.t. die endosteum.

endosteum (endosteum) <cf periosteum> (murgholtevlies) Membraan wat die murgholte van bene uitvoer.

endoteel (endothelium) <lees ook epiteel> Enkele laag epiteelselle wat die binneste voering van die bloedvate, limfvate en hart uitmaak.

endotermies (endothermic) <cf eksotermies> Enige reaksie waarby hitte of energie uit die omringende medium geneem word.

endotermies (endothermic) <cf eksotermies> Vereis energie vir die chemiese reaksie.

endvoetjies (end-feet) <lees eindvoetjies>

enema (enema) Die inspuitiing van ’n vloeistof in die endelderm/dermkanaal, veral om ontlasting te bevorder. Dit kan ook verwys na die toestel waarmee dit uitgevoer word.

energie (energy) Die vermoë om werk te verrig.

energiekonservasie (energy conservation) Die opvatting dat energie nie geskep of vernietig kan word nie, maar slegs van een vorm na ’n ander verander.

energieomset (energy output) Die hoeveelheid energie wat beskikbaar is om werk te kan verrig.

energievlak (energy level) Vasgestelde baan of vlak met ’n bepaalde, kenmerkende energie-inhoud waarin ’n elektron rondom die atoomkern beweeg; verwys na die orbitale waarin elektrone rondom die atoomkern beweeg.

enervasie (enervation) (ontsenuïng) Verwydering van die senuweevoorsiening van ’n orgaan of streek.

Engelse sout (Epsom salts) <lees magnesiumsulfaat>

engtevrees (claustrophobia) (kloustrofobie) ’n Vrees vir klein ruimtes.

enkefalies (encephalic) Met betrekking tot die brein.

enkefalitis (encephalitis) (ensefalitis, harsingontsteking) Die ontsteking van die harsings as gevolg van ’n infeksie of as ’n komplikasie van ’n ander siekte.

enkefalon (encephalon, brain) (brein, harsings) Die gedeelte van die sentrale senuweestelsel wat in die kranium geleë is en uit serebrum, serebellum, pons en medulla bestaan.

enkel (ankle) Gewrig tussen die voet en die been.

enkelbeen (tarsal bone) (voetwortelbeen) Een van die sewe beentj-ies van die enkel.

enkefalograaf (encephalograph) Instrument vir die registrasie van breingolwe.

enkefalografie (encephalography) Röntgenondersoek van die brein nadat ’n hoeveelheid van die serebrospinale vloeistof met lug vervang is. enkefalogram (encephalogram) Röntgenonfoto gemaak tydens enkefalografie.

enkel (single) Een; nie twee nie.

enkelband (single bond) <lees ook dubbelband> ’n Band wat tussen twee atome gevorm word wanneer twee elektrone gedeel word in ’n kovalente binding.

enkelrefleks (ankle jerk) Reflekskontraksie van die gastroknemiusspier waardeur plantare fleksie verkry word wanneer op die Achilles-tendon getik word.

enkelsuiker (simple sugar) <lees monosakkaried>

enoftalmie ’n Abnormaal weggesonke oog.

enolase (enolase) Ensiem betrokke by o.a. die Embden-Meyerhof-pad.

ensefal- (encephal-) <lees enkefal->

ensefalitis <lees enkefalitis>

ensefalitus <lees ook enkefalitis, harsingontsteking> Breinontsteking wat normaalweg veroorsaak word deur ’n virusinfeksie.

ensiem (enzyme) ’n Organiese katalisator wat die tempo van ’n chemiese reaksie verander sonder om self te verander.

ensimaties (enzymatic) D.m.v. ’n ensiem.

ensisteer (encyst) Met ’n harde selfbeskermende omhulsel (kapsel, sist) omhul.

ent (inoculate) <lees vaksineer>

entad (entad) Van buite na binne; na ’n middelpunt.

enteraal (enteral) Deur, of d.m.v. die intestinale kanaal.

enterektomie Die chirurgiese verwydering van ’n deel van die ingewande.

enteries (enteric, intestinal) (ingewands-, intestinaal) M.b.t. die spysverteringskanaal of ingewande.

enteritis (enteritis) (dermontsteking) Ontsteking van die ingewande.

enterogastroon (enterogastrone) ’n Hormoon wat deur die slymvlies van die duodenum vrygestel word wanneer vet in die spysbry daar aankom - dit het inhibisie van maagsapsekresie en maagmotiliteit tot gevolg.

enterogeen (enterogenous) Ontstaan in die ingewande.

enterograaf (enterograph) Instrument vir die registrasie van dermbewegings.

enterogram (enterogram) Grafiese voorstelling van ingewandsbewegings.

enterohepatiese sirkulasie (enterohepatic circulation) Beweging waardeur die bestanddele van gal in die dunderm weer terug na die lewer beweeg.

enterokinase ’n Proteolitiese ensiem in die dermsap wat onaktiewe tripsinogeen na aktiewe tripsien verander.

enteron (enteron) (dermholte) Die dunderm, spysverteringskanaal of maagdermkanaal.

enteroseel (enterocoele) <sien abdominale holte>

enterosoön (enterozoon) Enige dierlike parasiet in die dermkanaal.

enterovirus (enterovirus) Enige virus wat die liggaam deur die spysverteringskanaal binnekom, daarin vermeerder en dan (gewoonlik) die sentrale senustelsel binnedring, bv. die poliovirus.

enting (inoculation) <sien vaksinering>

ento-ektad (entoectad) Van binne na buite.

entoderm (entoderm) <lees endoderm>

entopies (entopic) <cf ektopies> Wat op die gewone (normale) plek voorkom.

entoplasma (entoplasm) <lees endoplasma>

entopties (entoptic) M.b.t. die binnekant van die oog.

entosiet (entocyte) <lees endosiet>

entoties (entotic) M.b.t. die inwendige oor.

entropie (entropy) Daardie deel van die energie wat in ’n sel gevorm word wat nie vir uitwendige arbeid beskikbaar is nie.

entstof (vaccine) <lees href="http://www.boererate.com/p/mediese-woordeboek-v.html">vaksien>

enurese (enuresis) <lees enuresis> (bednatmaak) Onwillekeurige blaaslediging/urinering.

enuresis (enuresis) <lees enurese> (bednatmaak) Onwillekeurige blaaslediging/urinering.

eosien (eosin) ’n Rooskleurige, suur kleurstof wat vir die kleur van selle en weefsels in histologie gebruik word.

eosinofiel (eosinophil) <lees ook asidofiel 2de inskrywing> Selle, weefsels of histologiese strukture wat rooi kleur met eosien.

eosinofiel (eosinophil) <lees ook granulosiet> Witbloedliggaampies met ’n tweelobbige selkern en ’n besonder korrelrige sitoplasma, wat rooi kleur met suur kleurstowwe.

eosinofilie (eosinophilia) ’n Siektetoestand wat gekenmerk word deur ’n abnormale toename in die getal eosinofiele in die sirkulerende bloed.

eosinofilie (eosinophilia) (eosienliewend) ’n Eienskap van maklik kleur met eosien.

eosinopenie (eosinopenia) Vermindering in die normale aantal eosinofiele in die bloed.

ependiem (ependyma) ’n Membraan van neurogliaselle wat die breinventrikels en die sentrale kanaal van die rugmurg uitvoer.

epiblast (epiblast) <lees ektoderm>

epichordaal (epichordal) Die bokant van die chorda dorsalis.

epichorion (epichorion) Deel van die uterusslymvlies wat die bevrugte ovum omsluit.

epidemie (epidemic) Gebruik tov aansteeklike siektes wat binne ’n kort rukkie oor ’n wye gebied versprei, of wat groot getalle mense of diere gelyktydig aantas.

epidemies (epidemic) Gebruik tov aansteeklike siektes wat binne ’n kort rukkie oor ’n wye gebied versprei, of wat groot getalle mense of diere gelyktydig aantas.

epidemiologie (epidemiology) Al die faktore wat die aan- of afwesigheid van ’n siekte of sy oorsaak bepaal.

epidermaal (epidermal, epidermic) (epidermies) Met betrekking tot die epidermis.

epidermies (epidermic) Met betrekking op die epidermis.

epidermis (epidermis) <lees ook dermis> (opperhuid) Die buitenste epiteellaag van die vel - bevat geen bloedvate nie.

epididimaal (epididymal) M.b.t. die epididimus.

epididimus (epididymis) (bytestis) Lang, gekronkelde buisie wat bo, aan die agterkant van die testis geleë is en waar sperme tydelik gestoor word, totdat dit na die vas deferens vervoer word.

epiduraal (epidural) Geleë op of oor die dura mater.

epidurale abses (epidural abscess) ’n Abses geleë tussen die dura mater en been.

epidurale ruimte (epidural space) Die ruimte tussen die dura mater van die rugmurg en die been van die rugmurgkanaal.

epifarinks (epipharynx) <lees nasofarinks>

epifiet (epiphyte) ’n Plant wat op ander plante groei.

epifiet (epiphyte) ’n Plantparasiet wat op die liggaamsoppervlakte groei.

epifise (epiphysis) <lees ook diafise> (skagpunt) Kop van ’n langbeen - wat aan die skag vas is.

epifise (epiphysis) <kyk pineaalklier>

epifisiale kraakbeen (epiphysial cartilage) Die kraakbeenplaat tussen die epifise en die metafise van ’n langbeen.

epifisiale lyn (epiphysial line) Die strokie onverbeende kraakbeen tussen die epifise en die diafise van ’n langbeen.

epifisiale plaat (epiphysial plate) <lees epifisiale skyf>

epifisiale skyf (epiphysial disc, epiphysial plate) (epifisiale plaat) Die kraakbeenlaag (hialiene kraakbeen) wat by die aansluiting tussen die diafise en epifise van ’n langbeen voorkom en as ’n groeistreek funksioneer.

epigastries (epigastric) M.b.t. die epigastrium.

epigastrium (epigastrium) Die boonste middelste deel van die buik; krop van die maag.

epiglottis (keelklep, strotklep) Die klep wat tydens die slukproses die lugpyp afsluit.

epikardiaal (epicardial) M.b.t. die epikardium; m.b.t. die epikardie.

epikardium (epicardium) (hartsakvoering) Die buitenste laag van die hartwand wat die miokardium omsluit- dit is ’n seeuse membraan wat die binneste laag van die sereuse perikardium vorm.

epikardie (epicardia) Deel van die esofagus wat vanaf die diafragma tot by die maag strek.

epikondiel (epicondyle) (gewrigsknobbel) ’n Benige uitsteeksel wat bo ’n kondiel geleë is.

epikostaal (epicostal) Geleë op ’n rib.

epikranium (epicranium) Strukture wat die kranium bedek.

epilepsie (epilepsy) (vallende siekte) ’n Kliniese toestand wat gekenmerk word deur 'n skielike disritmie van die brein, en wat gepaard gaan met bewussynsverlies en gelokaliseerde of algemene konvulsies.

epilepties (epileptic) <m.b.t. epilepsie>

epileptikus (epileptic) Iemand wat aan epilepsie ly.

epimisium (epimysium) <lees ook endomisium; perimisium> (spiervlies) Veselagtige bindweefsel wat ’n groep spierbondels omring.

epinefrien (epinephrine) <lees adrenalien>

epinefros (epinephros) <lees bynier>

epineurium (epineurium) <lees ook endoneurium, perineurium> (senuskede) Bindweefsel wat ’n groep senuweebondels omring.

episeel (epicoele) Voorste gedeelte van die vierde breinventrikel.

episioragie (episiorrhagy) Bloeding uit die vulva.

episternaal (episternal) Bokant die sternum.

epitalamies (epithalamic) Geleë op die talamus.

epiteel (epithelium) <lees ook endoteel> (dekweefsel) Weefsel wat die oppervlak van die liggaam bedek en alle inwendige gange en ruimtes van die liggaam uitvoer - bv. eenvoudige epiteel, kubusepiteel, meerlagige epiteel, oorgangsepiteel, plaveiselepiteel, silinderepiteel en wimperepiteel.

epiteliaal (epithelial) M.b.t. of bestaande uit epiteel.

epitelioom (epithelioma) Epiteelkanker.

epitelisasie (epithelisation) Groei van epiteel oor rou oppervlaktes.

epitoop (epitope, antigen determinant, antigenic determinant) (antigeenbepaler, antigeendeterminant) ’n Spesiale punt op die oppervlak van ’n antigeen waar ’n antiliggaam bind; groep aminosure op die antigeenoppervlak wat die aktiewe bindplek bepaal.

epsomsout (Epsom salts) <lees magnesiumsulfaat>.

EPSP (EPSP) <lees eksitatoriese postsinaptiese potensiaal>

ER (ER) <lees endoplasmiese retikulum>

erbium ’n Sagte silweragtige, metaalagtige element wat natuurlik in sommige minerale voorkom.

ereksie (erection) Kom byvoorbeeld by die penis voor wat styf word en regop staan as dit met bloed gevul word.

erektiel (erectile) In staat om ereksie te ondergaan.

erektiele disfunksie (impotence) <lees impotensie>

erektiele weefsel (erectile tissue) Sponsagtige weefsel wat, as dit met bloed gevul word, die liggaamsdeel laat styf word en regop staan.

erektor (erector) Spier wat ’n bepaalde deel regop hou of ereksie teweegbring.

erepsien (erepsin) <lees ook peptidase> Die ensiem (peptidase) in die dunderm wat polipeptiede en peptone in aminosure verander.

erflik (hereditary) Wat vanaf die ouer na die afstammeling oorgedra word.

erflik (heritable) Wat oorgeërf kan word.

erflikheid (heredity) (oorerflikheid) Totaal van alle liggaamlike of geestelike eienskappe wat van die voorganger na die afstammeling (nakomelinge) deur ’n gameet oorgedra word.

erflikheidsleer (genetics) <lees genetika>

ergograaf (ergograph) Toestel wat die werkverrigting van spiere tydens aktiwiteit grafies registreer.

ergogram (ergogram) Grafiese rekord van spierarbeid.

ergometer (ergometer) <lees ook dinamometer> (werkmeter) ’n Instrument waarmee die werkverrigting van ’n spier oor ’n vasgestelde tydperk gemeet word.

ergonomie (ergonomics) Wetenskap wat anatomie, fisiologie, psigologie en meganiese beginsels betreffende die doeltreffende gebruik van menslike energie behels; studie van die mens m.b.t. sy werk en werkomgewing.

ergosterol (ergosterol) Sterolverbinding wat m.b.v. ultravioletstrale omgebou word tot vitamien D.

ergotisme ’n Ernstige vergiftiging veroorsaak deur die eet van ’n graan besmet met ergot of die verkeerde gebruik van medikasie wat ergot bevat.

ergotswam ’n Swam wat graansoorte besmet in die lente met ’n soet, klewerige vloeistof.

eriometer (eriometer) Instrument vir die bepaling van die deursnee van rooibloedselle.

erisipelas (erysipelas) <sien ook belroos en wondroos> ’n Kwaai velontsteking.

eritroblast (erythroblast) ’n Primitiewe sel in die beenmurg wat rooibloedselle produseer.

eritroblastose (erythroblastosis) Aanwesigheid van rooibloedliggaampies met kerne in die sirkulerende bloed.

eritrofagie (erythrophagia) Fagositiese vernietiging van rooibloedliggaampies.

eritrofiel (erythrophile) Sel wat maklik rooi gekleur word.

eritrogeen (erythrogenic) Wat rooibloedselle produseer.

eritroklasie (erythroclasis) Verbreking van rooibloedselle.

eritron (erythron) Rooibloedliggaampies en hul voorlopers met al die organe wat te doen het met hulle produksie, gesien as een funksionele eenheid.

eritroparasiet (erythroparasite) Parasiet wat in rooibloedliggaampies voorkom.

eritropenie (erythropenia) Te min rooibloedliggaampies.

eritropoiëse (erythropoiesis, erythrogenesis) (eritrogenese) Die produksie of vorming van rooibloedliggaampies (eritrosiete) deur die rooibeenmurg.

eritropoiëtien (erythropoietin) ’n Hormoon wat hoofsaaklik deur die niere vrygestel word en eritropoiëse stimuleer.

eritropsien (erythropsin) <lees rodopsien>

eritrosiet (erythrocyte, red blood corpuscle, red blood cell, RBC) <sien ook leukosiet; trombosiet> (rooibloedliggaampie, rooibloedsel, RBS) ’n Klein, kernlose, bikonkawe skyfie wat in die bloedplasma dryf - besit hemoglobien wat die suurstofdraer is.

eritrositemie (erythrocythaemia) <lees polisitemie>

Erlenmeyer-fles (Erlenmeyer flask) Koniese glasfles wat algemeen in die laboratorium gebruik word.

ernstige gekombineerde immuniteitsgebreke (severe combined immunodeficiency; SCID) Dit ontstaan weens defektiewe gene betrokke in die ontwikkeling van selle wat infeksie bekamp.

erodeer (erode) Vernietig oppervlakkige weefsel.

erodeermiddel (erodent) Stof wat weefsel wegvreet.

erosie (erosion) Wegvreting of verwering van ’n oppervlak deur fisiese of chemiese prosesse, moontlik a.g.v. inflammasie, besering of ander oorsake.

erosief (erosive) Wat erosie teweegbring.

eroties (erotic) Wat op die liefdes- of geslagslewe betrekking het.

ertappel (potato) <sien aartappel>

ertjievormig (pisiform) Klein, ronde voorwerp.

erupsie (éruption) Die uitbreek van ’n veluitslag.

erythroblastosis foetalis (erythroblastosis foetalis) (fetale eritroblastose) Hemolitiese anemie in ’n pasgeborene of fetus a.g.v. vernietiging van die baba se rooibloedselle deur faktore teenwoordig in die moeder se serum - gewoonlik die gevolg van onverenigbare Rh-bloedgroepe tussen die moeder en die baba.

eskar (eschar) Droë afskotweefsel, debris, wat gevorm word in brandwonde, bevriesing of met die inwerking van bytstowwe.

esofageaal (esophageal, oesophageal) M.b.t. die esofagus.

esofagofarinks (esophagopharynx, oesophagopharynx) Distale gedeelte van die farinks.

esofagus (esophagus, oesophagus, gullet) <sien ook sluk n. 1ste inskrywing> (oesofagus, slukderm) Buisvormige gedeelte van die spysverteringskanaal wat vanaf die farinks tot die maag strek.

esotropie (esotropia) Binnewaartse oogdraaiing; binnewaartse skeelheid.

essensieel (essential) Absoluut noodsaaklik.

essensieel (essential) Wat aan ’n voorwerp sy bepaalde eienskappe gee.

essensieel (essential) Wesentlik.

essensiële aminosuur (essential amino acid) ’n Aminosuur wat benodig word vir proteïensintese in die liggaam, maar nie self deur die liggaam vervaardig kan word nie, en dus deur die dieet ingeneem moet word.

essensiële vetsuur (essential fatty acid) ’n Vetsuur wat benodig word vir ’n gesonde liggaam, maar wat nie self deur die liggaam vervaardig kan word nie en dus deur die dieet ingeneem moet word.

ester (ester) Enige verbinding wat gevorm word van ’n alkohol en ’n suur deur die verlies van ’n molekule water.

esterase (esterase) Ensiem wat die hidrolise van ’n ester tot sy alkohol en suur kataliseer.

esterbinding (ester bond, ester linkage) Die binding tussen ’n alkohol en ’n suur, bv. die tussen gliserol en die vetsure.

esterifikasie (esterification) Ombou van ’n suur tot ’n ester.

estesie (aesthesia) <lees ook persepsie; sensasie> Waarneming of gevoel.

esteties (aesthetic) M.b.t. verstandelike waarneming van sensasie.

estiologie (aestiology) Wetenskap van waarneming of sensasie.

estradiol (estradiol, oestradiol) ’n Vroulike geslagshormoon wat veral in die Graaf-follikels gevorm word.

estrogeen (estrogen, oestrogen) <cf androgeen 1ste inskrywing> (oestrogeen) Vroulike geslagshormone.

estrogeen (estrogen, oestrogen) <cf androgeen 2de inskrywing> (oestrogeen) Enige stof wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling, instandhouding of funksionering van vroulike geslagskenmerke.
etaan (ethane, C2H6) <sien ook dimetiel> (C2H6) Versadigde koolwaterstof wat kleurloos en reukloos is en ’n plofbare mengsel met lug vorm.

etanol (ethanol, C2H5OH, ethyl alcohol) <sien ook alkohol> (C2H5OH, etielalkohol) Gewone alkohol wat gevorm word deur suikerfermentasie.

eteen (ethene, C2H4, ethylene) (C2H4, etileen) ’n Onversadigde koolwaterstof wat aan die alkane behoort.

eter (ether) ’n Organiese verbinding.

eter (ether, diethyl ether) (diëtieleter) ’n Vlugtige, lig ontvlambare vloeistof wat as verdowingsmiddel gebruik word.

etiel (ethyl, C2H5-) (C2H5-) Monovalente radikaal.

etielalkohol (ethyl alcohol) <sien etanol>

etileen (ethylene) <lees eteen>

etiologie (etiology) (oorsaakleer) Die wetenskap van oorsake, veral die ondersoek na die oorsake van ’n siekte.

etmoïdaal (ethmoidal) <lees etmoïed>

etmoïed (ethmoid, ethmoidal) (etmoïdaal) M.b.t. die sifbeen.

etmoïedbeen (ethmoid bone) (sifbeen) ’n Been in die vloer van die kranium wat deel van die neusholte en oogkas uitmaak.

etter (pus, ichor) ’n Stof afgeskei deur ’n verswering wat uit selle, bakterieë en afgebreekte weefsel bestaan.

ettersak (cyst) <sien sist>

etyn (ethyne, acetylene, C2H2) (asetileen, C2H2) ’n Onversadigde koolwaterstof wat aan die alkyne behoort.

eubiotiek <ook eubiotika> Die kuns van gesond en gelukkig leef.

eubiotika <ook eubiotiek> Die kuns van gesond en gelukkig leef.

euforbia <ook euphorbia> Enige plant van die geslag kaktusvormige plante Euphorbia wat melksap bevat en dikwels dorings het. Sommige word tradisioneel gebruik as medikasie.

euforie (euphoria) ’n Oordrewe of abnormale sensasie van fisiese en geestelike welsyn wat nie op die waarheid of realiteit gegrond is nie - gewoonlik a.g.v. organiese of geestelike wanbalans, of a.g.v. verdowingsmiddels.

euforie (euphoria) (welsynsgevoel) Gevoel van welbehae of gelukkige selftevredenheid.

eukaïen <ook eukaïene> ’n Kristallyne stof wat in die geneeskunde as ’n plaaslike verdowingsmiddel aangewend word.

eukaïene <ook eukaïen> ’n Kristallyne stof wat in die geneeskunde as ’n plaaslike verdowingsmiddel aangewend word.

eukapnie (eucapnia) Toestand waar die koolstofdioksiedkonsentrasie in die bloed normaal is.

eupnee (eupnoea) <lees ook tagipnee> Normale rustige asemhaling.

euphorbia <ook euforbia> Enige plant van die geslag kaktusvormige plante Euphorbia wat melksap bevat en dikwels dorings het. Sommige word tradisioneel gebruik as medikasie.

euritmie Verwys na die reëlmatigheid in die hart- en polsslag.

euritermies (eurythermic) Dit verwys na bakterieë wat kan leef en groei in ’n omgewing met ’n wye verskeidenheid temperature.

euritrofiese parasiet (eurytrophic parasite) Organisme wat op verskillende gashere kan leef.

Eustachius-buis (Eustachian tube, pharyngotympanic tube, auditory tube, tuba acustica) (faringotimpaniese buis, oorkeelbuis, tuba acustica) Die buis wat die middeloor met die keelholte in verbinding stel, en waardeur die lugdruk aan weerskante van die trommelvlies gelyk gemaak word.

eutanasie (euthanasia) (genadedood) Pynlose dood wat kunsmatig bewerkstellig is uit meegevoel vir ’n lyer aan ’n ongeneeslike siekte.

evaginasie (evagination) (uitpeuling, uitstulping) Uitstulping van enige oppervlak om ’n doodloopgang te vorm.

evakuasie (evacuation) (ontruiming) Die handeling van lediging; verwydering van die inhoud van ’n holte, bv. die lediging van die ingewande.

eversie (eversion) Draaiing na buite.

eversie (eversion) (omdopping) Om binnestebuite te draai, soos die omdop van ’n ooglid.

evolusie (evolution) <kyk ook Darwinisme> Die basiese wetenskap agter die feit dat hedendaagse spesies van plante en diere deur modifikasie afkomstig is van vroeër bestaande spesies.

ewenaar (equator) <lees ekwator>

ewenaar van ’n sel (equator of a cell) <lees ekwator van ’n sel>

ewewig (equilibrium) <lees balans 2de inskrywing>

ewewig (equilibrium) <lees ekwilibrium 2de inskrywing>

No comments :

Post a Comment