Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.
(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)
H (H) <lees waterstof> Chemiese simbool.
H+ (H+) Chemiese simbool vir ’n waterstofioon.
H-band (H band) <sien ook A-band, I-band, Z-lyn> Die ligter band wat in die middel van die donker A-band van ’n sarkomeer voorkom.
haar (hair) ’n Meersellige, filamentagtige uitgroeisel uit ’n gespesialiseerde follikel in die epidermis.
haaragtig (villose, trichoid) Met die voorkoms van hare.
haarfollikel (hair follicle) (haarsakkie) Flesvormige induiking in die dermis waaruit die haar groei; een van die buisvormige invouings van die epidermis wat die hare van die vel omsluit.
haarinplanting (hair transplant) ’n Operasie waartydens hare in die kopvel ingeplant word van iemand wat hare verloor het of besig is om bles te word.
haarloos (hairless) Sonder hare.
haarpapil (hair papilla) Papil van die dermis wat op die bodem van die haarsakkie voorkom en ryklik van kapillêre bloedvate voorsien is.
haarsakkie (hair follicle) <lees haarfollikel>
haarsel (hair cell) Gespesialiseerde epiteelselle met haaragtige uitgroeisels wat as reseptore in die cristae acustica en maculae acusticae aangetref word.
haarvat (capillary) <lees kapillêr>
haarwortel (hair root) Gedeelte van ’n haar wat in die follikel geleë is.
haarwurm (hairworm) (haarwurmsiekte) Besmetting met haarwurm.
haarwurmsiekte (hairworm disease) Besmetting met haarwurm.
haasbek (haasmond) ’n Mond waarin ’n paar tande, veral die boonste voortande, ontbreek.
haaslip (cleft palate) <sien gesplete verhemelte>
haasmond <lees haasbek>
habitat (habitat) Natuurlike tuiste van organismes waarin hulle leef, voed, voortplant ens.
hak (heel) Agterste deel van die voet.
hakbeen (calcaneum) <lees kalkaneum>
hakkel (stutter) Met rukke en stote praat.
hakkelaar (stutterer) Iemand wat hakkel.
hakkelry (stuttering) Handeling van hakkel.
haksening (Achilles tendon) <lees hakskeentendon>
hakskeen (heel) Agterste deel van die voet.
hakskeenbeen (calcaneum) <lees kalkaneum>
hakskeengewrig (heel joint) (hakgewrig, enkelgewrig) Die gewrig tussen die skeenbeen en voet.
hakskeensening (Achilles tendon) <lees hakskeentendon>
hakskeentendon (Achilles tendon) Die algemene naam vir die tendon wat die agterste onderbeenspiere (gastroknemius- en soliusspiere) aan die hakskeen verbind.
halfblind (half blind) Wanneer sig moeilik is.
halfdeurlaatbaar (semipermeable) <lees halfdeurlatend>
halfdeurlatend (semipermeable) <lees ook selektief deurlatend> (halfdeurlaatbaar) Sekere stowwe soos water en sommige molekules word deurgelaat en ander nie.
halfdood (half dead) Amper dood.
halfdoof (half deaf) (hardhorend) Wat doof is in die een oor of moeilik is om met albei te hoor.
halfleeftyd (half-life) (halveringstyd) Tyd wat dit neem vir ’n radio-isotoop om vyftig persent van sy aktiwiteit te verloor deur radioaktiewe verval.
halfmaankraakbeen (semilunar cartilage) <lees meniskus 3de inskrywing>
halfsirkelvormige kanaal (semicircular canal) Enigeen van die drie benige, vloeistofgevulde kanale in die inwendige oor, wat aan die bopunt van die vestibulum ontspring en reghoekig met mekaar in verskillende vlakke lê – staan in verband met die instandhouding van liggaamshouding en -ewewig.
halsknoop abses (collar-stud abscess) ’n Klein oppervlakkige abses wat deur middel van ’n sinus verbind met ’n groter dieperliggende abses.
halfdeurlaatbare membraan (semipermeable membrane) <lees halfdeurlatende membraan>
halfdeurlatende membraan (semipermeable membrane) (halfdeurlaatbare membraan) Membraan wat sekere stowwe deurlaat en ander nie, bv. by liggaamselle.
halfmaanvormig (crescentic, semilunar) Met die vorm van ’n halwe maan.
halfmaanvormige klep (semilunar valve) ’n Klep wat bestaan uit sakvormige vliese wat vloei van bloed slegs in een rigting toelaat. Dit kom voor aan die basis van al die grootste are en limfvate, aan die basis van die longslagaar en aorta, asook in die hart.
halfslagtig Wat die eienskappe van twee geslagte bevat.
halluks (hallux) Groottoon.
hallusinasie (hallucination) (sinsbedrog) Waarneming sonder ’n ooreenkomende prikkel; ’n valse gewaarwording van iets wat nie werklik aanwesig is nie - a.g.v. verdowingsmiddels of psigologiese toestand.
hallusinatories (hallucinatory) Met die aard van ’n hallusinasie.
hallusineer (hallucinate) Hallusinasies hê.
hallusinêr (hallucinatory) Wat hallusinasies laat ontstaan.
halogeen (halogen) Groepnaam vir die niemetale wat in Groep VIIA in die Periodieke Tabel van elemente voorkom, bv broom, chloor, fluoor en jodium - dit is elektronegatiewe elemente wat regstreeks met metale soute vorm sonder die tussenkoms van suurstof.
halsslagaar (carotid) <lees karotisarterie>
halsspier <lees nekspier>
halveringstyd (half-life) <lees halfleeftyd>
hamer (hammer) <lees malleus>
hand (hand) Die deel van die boonste ledemaat distaal tot die voorarm wat uit die karpus, metakarpus en falanges bestaan.
handbeentjie Enigeen van die beentjies wat die hand uitmaak.
handpalm (palm) <lees palm>
handwortel (handwortelbeentjjie) Groep van agt beentjies wat in twee rye aan die basis van die hand geleë is.
hang (drop)
hanglip ’n Hangende onderlip.
hangskouer ’n Skouer wat van die nek af sywaarts erg skuins loop.
hangwang ’n Neerhangende, sakkerige wang.
haploïed (haploid) <lees ook diploïed> ’n Sel wat die helfte van die chromosome in die kern besit.
hapteen (hapten) ’n Nieproteïenagtige stof wat as ’n antigeen optree deur met spesifieke antiliggame te bind - dit kan nie self antiliggaamproduksie uitlok nie, maar gebonde aan ’n draerproteïen kan dit wel ’n imuunreaksie uitlok.
haptometer ’n Toestel wat die tassin meet.
hardhorend (hard of hearing) Wat sleg hoor.
hardhorende (hard of hearing) Iemand wat sleg hoor.
hardhorig (hard of hearing) Wat sleg hoor.
hardlywig (constipated) Moeilik om te ontlas.
hare (hair) Meersellige, filamentagtige uitgroeisels uit gespesialiseerde follikels in die epidermis.
harmansdrup (haarlemensis, haarlemmerolie) ’n Outydse, taaierige patente medisyne.
harsingdruk ’n Uiters ernstige toestand waar druk op die brein uitgeoefen word deur bloed wat in die skedel versamel of deur die been weens ’n fraktuur.
harsingkas <lees harsingskedel>
harsingkoors (inflammation of the brain) <lees ensefalitis>
harsingontsteking (inflammation of the brain) <lees ensefalitis>
harsingbalk (corpus callosum) <lees corpus callosum>
harsings (brain) <lees enkefalon>
harsingsenuwee (cranial nerve) <lees kraniale senuwee>
harsingskedel (brain kettle) (harsingkas) Die gedeelte van die skedel wat die harsings omsluit.
harsingskors (brain cross) Die buitenste grys laag van die grootharsings.
harsingskudding (concussion) Aandoening van die harsings as gevolg van ’n harde slag.
harsingslymklier (cerebral mucosa) <lees hipofise>
harsingslymvliesklier (pituitary gland) <lees hipofise>
harsingstam (brain stem) <lees breinstam>
harsingvliese (meninges) <lees meninges>
harsingvliesontsteking (meningitis) <lees meningitis>
harspan (harsingkas) Gedeelte van die kopbeen wat die harsings insluit.
hart (heart) <lees ook cor; kardia> ’n Hol keëlvormige spierorgaan wat bloed vanaf alle liggaamsdele ontvang en dit na die longe en die res van die liggaam pomp.
hart- (cardiac) <lees kardiaal>
hartaandoening (heart condition) ’n Siekte of abnormale toestand van die hart.
hartaanval (heart attack) Skielike beklemmende pyn in die omgewing van die hart, meesal as gevolg van die afsluiting van die kroonslagaar.
hartaar (aorta) <lees aorta>
hartasma ’n Skielike benoudheid as gevolg van bloedhoping in die longe deurdat die linkerhelfte van die hart gebrekkig werk.
hartbasis (heart base) Die boonste, breë gedeelte van die hart, bestaande uit die atria.
hartblok (heart block) Versteurde hartritme a.g.v. versteurde geleiding van impulse vanaf die atria na die ventrikels, waartydens die ventrikels minder dikwels as die atria saamtrek.
hartboesem (voorkamer, ourikel) Enigeen van die twee boonste holtes van die hart.
hartchirurg (heart surgeon) Spesialis in hartchirurgie.
hartchirurgie (heart surgery) Chirurgie op die hart.
hartkamer (heart chamber) <lees ventrikel 2de inskrywing>
hartklep (heart valve) Enigeen van die kleppe in die hart wat die bloedsomloop beheer en sorg dat bloed net in een rigting vloei.
hartklepstringe (chordae tendineae) <lees chordae tendineae>
hartklop (heartbeat) ’n Gewone slag van die hart.
hartkloppings (palpitations) (tagikardie) Versnelde klop van die hart.
hartkontraksie (systole) <lees sistool>
hartkwaal (heart disease) ’n Siekte van die hart.
hartkramp (heart attack) (angina pectoris) ’n Hewige pyn om die hart wat tot in die rug, linkerskouer en -arm gevoel kan word en gepaardgaan met benoudheid. Die word veroorsaak deur die vernouing van die slagare van die hart.
hart-long-masjien (heart-lung machine) ’n Apparaat wat tydens ’n operasie gebruik word om die funksie van die hart en longe te verrig.
hartlyer Iemand wat aan ’n hartsiekte ly.
hartomleiding (heart bypass) ’n Operasie waardeur die bloedsomloop na die hart herlei word.
hartomset (cadiac output) <lees kardiale omset>
hartoorplanting (heart transplant) ’n Operasie waardeur iemand se hart vervang word deur die van ’n donateur wat pas gesterf het.
hartsak (pericardium) <lees perikardium>
hartsakvoering (epikardium) Die binneste laag van die hartvlies.
hartsenu (hartsenuwee) Enigeen van twee senuwees wat die werking van die hart reguleer.
hartsenuwee (hartsenu) Enigeen van twee senuwees wat die werking van die hart reguleer.
hartsiekte (heart disease) ’n Siekte van die hart.
hartsiklus (cardiac cycle) <lees kardiale siklus>
hartslag (heartbeat) ’n Gewone slag van die hart.
hartspesialis (cardiologist) (kardioloog) ’n Spesialis op die gebied van hartsiektes.
hartspier (cardial muscle) <lees kardiale spier>
hartstilstand (cardiac arrest) <lees kardiale arres>
hartverlamming (cardiac arrest) <lees kardiale arres>
hartversaking (heart failure) <lees kardiale versaking>
hartvervetting Die vorming van vet om die hart net onder die hartsak.
hartvlies (pericardium) <lees perikardium>
hasielip (cleft palate) <lees gesplete verhemelte>
Havers-kanaal (Haversian canal) <lees ook Volkmann-kanaal> Uiters dun, lengteverlopende kanaaltjie in kompakte beenweefsel wat limfvaatjies, aartjies en slagaartjies bevat.
Havers-sisteem (Haversian system) <lees Havers-stelsel>
Havers-stelsel (Haversian system) (Havers-sisteem) Konsentriese rangskikking van beenlae rondom ’n Havers-kanaal.
Hb (Hb) <lees hemoglobien>
HbO² (HbO²) <lees oksihemoglobien>
HCl (HCl) <lees soutsuur> Chemiese formule.
hebefiel Iemand wat seksueel aangetrokke is tot kinders van puberteitsouderdom.
He <lees helium>
hebefrenie ’n Soort skisofrenie wat ontwikkeling by jongmense beperk en kan lei tot kranksinnigheid.
heelbloed (whole blood) <lees ook bloed> Verwys na bloed met al sy bestanddele.
heelkrag Die vermoë om gesond te maak.
heelkunde Chirurgiese geneeskunde.
heelkundige (healer) ’n Geneeskundige.
heelkuns Praktiese bekwaamheid in die geneeskunde.
heelmeester (healer) Iemand wat deur praktiese ervaring ’n geneeskundige geword het.
heem (haem, heme) Die rooi, ysterbevattende, respiratoriese pigment wat die nieproteïengedeelte van ’n hemoglobienmolekule uitmaak.
hefboom (lever) Onbuigbare staaf of ander voorwerp waarmee ’n las (gewig of vrag) verplaas kan word deur dit vry om ’n vaste punt (die steunpunt) te laat draai en ’n krag daarop uit te oefen.
hegdraad (suture) ’n String sterk materiaal (oplosbaar of onoplosbaar) wat in verskeie sterktes en diktes beskikbaar is en gebruik word om wonde mee toe te werk.
hegnaald Die naald waarmee ’n chirurg wonde toewerk.
hegpleister (adhesive plaster) (kleefpleister) ’n Pleister wat vaskleef waar dit geplak word.
heiligbeen (sacrum) (heiligebeen, kruisbeen, sakrale been) Die agterste gedeelte van die bekken wat bestaan uit ’n driehoekige beenstuk gevorm deur die vergroeiing van die vyf werwels tussen die lende- en die stertstreek.
heiligebeen (sacrum) <lees heiligbeen>
heliks (helix) Enige spiraalvormige struktuur.
heliofobie Sieklike vrees of abnormale gevoeligheid vir sonlig.
heliofobies Geneig tot of met die kenmerke van heliofobie.
heliofoob Iemand wat aan heliofobie ly.
helioterapie Behandeling van siektes deur blootstelling van die liggaam aan sonstrale.
helium (helium, He) (He) Onaktiewe gas; die tweede ligste element in die natuur.
hemafobie (hematofobia) (hematofobie, bloedvrees) Afkeer, walging van bloed.
hematien (haematin) ’n Pigment wat gevorm word deur die afbreking van hemoglobien; die hidroksied van heem.
hemato- bloed
hematofagies (haematophagous) (bloedsuiend) Wat op bloed teer.
hematofobie (hematofobia) (hemafobie, bloedvrees) Afkeer, walging van bloed.
hematogeen (haematogenic, haematogenous, haematopoetic, haemopoetic) (bloedvormend, hematopoiëties, hemopoiëties) Afkomstig van, of m.b.t. die vorming van bloed of bloedselle.
hematogenese (haematogenesis, haematopoiesis, haemogenesis) (bloedselvorming, bloedvorming, hematopoiëse, hemogenese, hemopoiëse) Vorming en ontwikkeling van bloedselle - veral rooibloedselle.
hematologie (haematology) Studie van bloed en bloedsiektes.
hematoloog (hematologist) (bloedkundige) Deskundige op die gebied van die bloed en bloedsiektes.
hematoom (haematoma) Versameling van bloed in ’n orgaan, ruimte of weefsels buite die bloedvate.
hematosiet (haematocyte) <lees hemosiet>
hematurie (haematuria) Uitskeiding van bloederige urien.
hemeralopie (hemeralopia, day blindness) <sien ook skotopie/cf niktalopie> (dagblindheid) Verminderde gesigsvermoë met daglig of ander beligting.
hemianopsie (hemianopsia) (halfblindheid) Blind in een van die oë.
hemiplegie (hemiplegia) Verlamming van die helfte van die liggaam.
hemiseksie (hemisection) Deursnyding in laterale helftes.
hemisfeer (hemisphere) Beskryf die helfte van enige sferiese, of naastenby ronde voorwerp of orgaan.
hemisfeer (hemisphere) Halfrond.
hemofilie (haemophilia) (bloeiersiekte, bloeisiekte) Oorerflike bloedsiekte wat by die manlike geslag voorkom - bloedstolling word baie vertraag a.g.v. ’n afwesigheid van stollingsfaktor VIII.
hemofilis (haemophiliac, bleeder) (bloeier) Persoon met hemofilie of ander bloedingsneiging.
hemoglobien (haemoglobin, Hb) (Hb) Respiratoriese pigment in rooibloedselle wat geredelik met suurstof verbind om oksihemoglobien te vorm - estaan uit ’n heemmolekule in verbinding met ’n proteïen, gobien.
hemolise (haemolysis) Vernietiging (opbreek) van rooibloedselle en gevolglike vrystelling van hemoglobien.
hemolities (haemolytic) M.b.t. hemolise of wat hemolise teweegbring.
hemoragie (haemorrhage) (bloedverlies) Enstige bloeding.
hemoragies (haemorrhagic) (bloederig) Beskrywend vir enige weefsel waar bloeding voorgekom het.
hemorroïed (hemorrhoid) (hemorroïde) <lees aambei>
hemosiet (haemocyte, blood cell, blood corpuscle, haematocyte) <sien ook eritrosiet, leukosiet> (bloedliggaampie, bloedsel, hematosiet) Een van die sellulêre bestanddele van bloed.
hemostaat (hemostat) Middel of instrument wat bloeding laat ophou.
hemostase (haemostasis) <kyk ook angiotripsie; bloedstelping; bloedstolling> (hemostasie) Stuiting van bloedvloei deur chemiese of meganiese metodes.
hemostaties (haemostatic) (bloedstuitend) M.b.t. die stuiting van bloed.
hennepolie (hemp oil) Olie verkry uit hennepsaad.
hepaties (hepatic) (lewer-) M.b.t. die lewer.
hepatitis (hepatitis) Ontsteking van die lewer.
hepatitis A (hepatitis A) ’n Infeksie van die lewer deur die hepatitis A virus.
hepatitis B (hepatitis B) ’n Infeksie van die lewer deur die hepatitis B virus.
hepatitis C (hepatitis C) ’n Infeksie van die lewer deur die hepatitis C virus.
hepatitis D (hepatitis D) <lees ook hepatitis B> Die hepatitis D virus kan net vermeerder en versprei in die teenwoordigheid van hepatitis B.
hepatitis E (hepatitis E) ’n Infeksie van die lewer deur die hepatitis E virus.
hermafrodiet (hermaphrodite, bisexual) (biseksueel) Met die kenmerke van albei geslagte.
hermafrodities (hermaphrodite, bisexual) (tweeslagtig, androgien) Manlik sowel as vroulik.
hermafroditisme (hermaphroditism) Die verskynsel van hermafrodities wees.
hernia (hernia, rupture) (breuk, ruptuur) Uitstulping van 'n gedeelte van ’n orgaan deur ’n abnormale opening in die wand van die holte waarin dit normaalweg geleë is.
heroïen (heroin, diacetylmorphine) (diasetielmorfien) Wit, kristallyne, bedwelmende stof wat uit morfien berei en as ’n verdowingsmiddel gebruik word - gebruikers word dikwels daaraan verslaaf.
herpes (herpes) Enige inflammatoriese velsiekte veroorsaak deur ’n virus en gekenmerk deur die vorming van blasies wat in groepe gerangskik is.
heterogeen (heterogeneous) <cf homogeen 1ste inskrywing> Verskillend in soort of aard.
heteropatie (heteropathy) Buitensporige reaksie op prikkels.
heteroplasma (heteroplasm) Weefsel gevorm waar dit nie normaalweg voorkom nie.
heteropsie (heteropsy) Ongelykheid in gesigsvermoë van die twee oë.
heteroseksualiteit (heterosexuality) Geslagsdrang na individue van die teenoorgestelde geslag.
heteroseksueel (heterosexual) <cf homoseksueel 1ste inskrywing> Van, of m.b.t. die teenoorgestelde geslag.
heteroseksueel (heterosexual) <cf homoseksueel 1de inskrywing> M.b.t. ’n geslagsdrang na persone wat tot die teenoorgestelde geslag behoort.
heuning (honey) ’n Dik, soet stroop wat bye in hul liggame berei.
heup (hip) <sien coxa>
heupbeen (hip bone) <sien ook ilium; ischium; pubis> Enigeen van die twee vergroeide bene wat saam met die heiligbeen die bekken vorm en elk voorsien is van ’n potjie waarin die kop van die femur pas.
heupgewrig (hip joint) <lees ook coxa> Die bal-en-potjie-gewrig tussen die heupbeen en die dybeen.
heupgewrigontsteking (hip arthritis) (heupgewrigsontsteking) ’n Siekte wat bestaan in ’n ontsteking van die heupgewrig.
heupgewrigsontsteking (hip arthritis) (heupgewrigontsteking) ’n Siekte wat bestaan in ’n ontsteking van die heupgewrig.
heupjig Neuralgiese pyn in die heup as gevolg van ’n ontsteking van die senuwee van die heup.
heupkom (acetabulum) <lees asetabulum>
heuppotjie (acetabulum) <lees asetabulum>
heuptering (heuptuberkulose) Besmetting van die heupgewrig.
heuptuberkulose (heuptering) Besmetting van die heupgewrig.
hialien (hyalin) <lees ook glasagtig> Deursigtige, albumienagtige stof.
hialiene kraakbeen (hyalin cartilage) (lasagtige kraakbeen, hialienkraakbeen) Kraakbeen met ’n homogene, deurskynende grondstof en min vesels daarin.
hialitis Ontsteking van die glasagtige vog van die oogbol.
hialofobie (hyalophobia) ’n Sieklike vrees vir glas of iets wat soos dit lyk.
hialogeen (hyalogen) ’n Onoplosbare stof wat byvoorbeeld in kraakbeen of glasagtige vog van die oogbol voorkom en by hidrolise in hialien oorgaan.
hibernasie (hibernation) Dis die kunsmatige verlaging van liggaamstemperatuur.
hibried (hybrid, bastard) <sien ook heterosigoot> (baster) Afstammeling wat ontstaan agv die kruising van ouers wat verskillende gene dra.
hidraat (hydrate) ’n Molekulêre verbinding van enige stof met water; samestelling wat water in ’n chemiese verbinding bevat.
hidrasie (hydration) <cf dehidrasie> Die proses van chemiese verbinding met water.
hidrateer (hydrate) <lees hidreer>
hidreer (hydrate) <lees ook gehidreer/cf dehidreer> (hidrateer) Water direk toevoeg aan, of ’n stof chemies met water te behandel of laat verbind.
hidried (hydride) Enigeen van die chemiese verbindings van waterstof met ’n ander element of radikaal.
hidrofiel (hydrophile, hydrophilic) <cf hidrofoob> (waterabsorberend) Het die neiging om water aan te trek.
hidrofilies (hydrophilic) <lees hidrofiel>
hidrofobie (hydrophobia) ’n Vrees vir water.
hidrofoob (hydrophobe) <cf hidrofiel> Die neiging om water af te stoot of te vermy, bv. vette.
hidrogeneer (hydrogenate) <lees hidreer>
hidrokefalie (hydrocephalus) ’n Abnormale versameling van serebrospinale vloeistof om die brein of in die breinholtes wat by ’n baba vergroting van die kop veroorsaak.
hidroksied (hydroxide) Enige verbinding van ’n hidroksielradikaal.
hidroksiel (hydroxyl) Monovalente radikaal.
hidrolise (hydrolysis) Die proses waardeur ’n komplekse verbinding deur die toevoeging van water (waterstof- en hidroksielione) in kleiner dele opgebreek word.
hidrolities (hydrolytic) M.b.t. hidrolise.
hidrometer (hydrometer) Apparaat waarop die digtheid van vloeistowwe gelees word - deur dit te vergelyk met die gewig van ’n gelyke volume water.
hidrometrie (hydrometry) Bepaling van die digtheid van vloeistowwe.
hidropies <lees watersug> (watersugtig)
hidropsie <lees watersug>
hidroseel (hydraulic) ’n Geswel gevorm deur ophoping van bloederige vog in ’n holte tussen weefsellae.
hidrosefalie (hydrocephalus) ’n Abnormale versameling van serebrospinale vloeistof om die brein of in die breinholtes wat by ’n baba vergroting van die kop veroorsaak.
hidrostaties (hydrostatic) M.b.t. ’n vloeistof in ’n toestand van rus of ewewig.
hidroterapeut (hydrotherapist) (waterdokter) Beoefenaar van waterterapie.
hidroterapeuties (hydrotherapeutic) Waar hidroterapie toegepas word.
hidroterapie (hydrotherapy) (watergeneeskunde) Gebruik van water by verskillende temperature om sekere kwale te behandel.
higiëne (hygiene) (gesondheidsleer) Die wetenskap wat handel oor die instandhouding van die gesondheid.
higrometer (hygrometer) ’n Instrument om die humiditeit van lug en ander gasse te meet.
hik (hiccup, hiccough) ’n Kortaf krampagtige hyggeluid wat gevorm word a.g.v. ’n onwillekeurige spasmodiese sametrekking van die diafragma met gevolglike inaseming en ’n skielike sluiting van die glottis.
himen (hymen, maidenhead) (maagdevlies) ’n Dun slymvliesvou geleë by die ingang van die vagina.
himenaal (hymenal) Wat betrekking het op die himen.
hink Mank loop.
hink-en-pink Sukkelend beweeg.
hinkepink Sukkelend beweeg.
hinkepinke Sukkelend beweeg.
hinkendepinkende Sukkelend beweeg.
hinkstappie Mank stappie.
hiperaktief (hyperactive) Buitengewoon aktief.
hiperbaries (hyperbaries) Met ’n hoë soortlike gewig.
hiperestesie (hyperesthesia) Oorgevoeligheid van ’n sintuig.
hiperglisemie (hyperglycaemia) <lees ook diabetes mellitius/cf hipoglisemie> (hiperglukemie) 'n Abnormaal hoë bloedglukose.
hipermetroop (hypermetropic) Uitermate vêrsiende.
hipermetropie (hypermetropia, hyperopia, farsightedness) <cf miopie> (hiperopie, vêrsiendheid) Nabygeleë voorwerpe word nie duidelik gesien nie aangesien die beeld agter die retina val.
hipermetropies (hypermetropic) <lees hipermetroop>
hiperplasie (hyperplasia) <kyk ook homoplasie/cf hipoplasie> ’n Oormatige vorming van weefsel of ’n vermeerdering in die aantal selle van ’n orgaan of weefsel.
hipersensitief (hypersensitive) Abnormaal gevoelig.
hipersensitiwiteit (hypersensitivity) <lees ook allergie; anafilakse> (oorgevoeligheid) Abnormale toestand gekenmerk deur ’n verhoogde gevoeligheid vir ’n spesifieke stimulus.
hipertensie (hypertension) <cf hipotensie> Aanhoudende verhoogde arteriële bloeddruk.
hipertiroïdie (hyperthyroidism) <lees hipertiroïdisme>
hipertiroïdisme (hyperthyroidism) <kyk ook goiter/cf. hipotiroïdisme> Toestand gekenmerk deur ooraktiwiteit van die tiroïed (skildklier).
hipertiroïed (hyperthyroid) Veroorsaak deur hipertiroïdie.
hipertonie (hypertonia) <lees hipertonus>
hipertonus (hypertonia, hypertonus) (hipertonie) Abnormaal verhoogde skeletspiertonus; verhoogde weerstand van spiere op passiewe strekking.
hipertrofie (hypertrophy) <lees ook homoplasie/cf hipotrofie 1ste inskrywing> Toename in massa van weefsel of organe a.g.v. die groter word van individuele selle of vesels sonder dat die getal selle vermeerder, bv. in spiere wat baie geoefen word.
hipertrofies (hypertrophic) Gekenmerk deur hipertrofie.
hiperventileer (hyperventilate) Die asemhaling verdiep en vesnel sonnder dat meer suurstof nodig is.
hipestesie (hypesthesia) Vermindering of gedeeltelike verlies van gevoeligheid.
hipnogeen (hypnogenic) (hipnogene) Wat slaap of ’n hipnotiese toestand teweegbring.
hipnogeneties (hypnogenesis) Wat slaap of ’n hipnotiese toestand teweegbring.
hipnogeneties (hypnogenetic) <lees hipnogeen>
hipnose (hypnosis) Kunsmatige slaap aangebring deur suggestie.
hipnoties (hypnotic) Slaapbevorderend.
hipnotikum (hypnotic) ’n Geneesmiddel wat slaap teweegbring.
hipnotiseer (hypnotize) Onder hipnose bring.
hipnotisme (hypnotism) Die wetenskap van hipnose.
hipo-allergeen (hypo-allergen) Wat waarskynlik nie allergies sal veroorsaak nie.
hipobaropatie (hypobaropathy) <lees oogsiekte>
hipocholie (hypocholia) Tekort aan gal.
hipochondrie (hypochondria) ’n Sieklike geestestoestand waartydens die pasiënt glo hulle het ’n ernstige kwaal.
hipochondris Iemand wat aan hipochondrie ly.
hipodermies (hypodermic) Onder die vel.
hipodermis (hypodermis) Die deel van die vel onder die epidermis.
hipofise (hypophysis, pituitary, gland) (harsingslymvliesklier, meesterklier, pituïtêre klier) ’n Endokriene klier bestaande uit die adenohipofise en neurohipofise.
hipofisêr Wat betref die hipofise.
hipofisien (hipofisine) ’n Stof verkry uit die hipofise van beeste en in geneeskunde aangewend word.
hipofisine (hipofisien) ’n Stof verkry uit die hipofise van beeste en in geneeskunde aangewend word.
hipofonie (hypophony) Fluistertaal as gevolg van gebrekkige koördinasie van die spiere wat spraakklanke voortbring.
hipokonders ’n Siekte wat net in die verbeelding voorkom.
hipotensie (hypotension) <cf hipertensie> Lae arteriële bloeddruk.
hipotermie (hypothermal) <cf hipertermie> M.b.t. subnormale temperatuur.
hipotrofie (hypotrophy) <lees ook homoplasie/cf hipertrofie> Gebrekkige ontwikkeling van sekere selle en weefsels.
hipotrofie (hypotrophy) Voedingsgebrek.
hirsutisme (hirsutism) Buitensporige hoeveelheid hare op die liggaam.
His-bondel (His’s bundle, atrioventricular bundle, AV bundle, bundle of His) (atrioventrikulêre bondel, AV-bondel, bondel van His) ’n Spesiale geleidingsbaan wat impulse vanaf die atrioventrikulêre knoop in die atria na die atrioventrikulêre spiere van die hart lei.
histamien (histamine) <cf antihistamien> ’n Organiese basis (hormoon) wat deur beskadigde selle vrygestel word, lokale bloedvate verwyd en kapillêre meer deurlaatbaar maak - dit veroorsaak dus lokale edeem.
histerektomie (hysterectomy) Chirurgiese verwydering van die uterus.
histerie (hysteria) Ongesteldheid van die senustelsel.
histeries (hysteric) Gekenmerk deur histerie.
histologie (histology, microanatomy) <lees ook sitologie> (mikroanatomie) Studie van die samestelling en mikroskopiese anatomie van weefsels.
histoloog (histologist) Deskundige op die gebied van histologie.
hitte-uitputting (heat exhaustion) Hitte-uitputting word veroorsaak deur die verlies van sout en water uit die liggaam.
hitteberoerte (heat stroke) (hittesteek) Veroorsaak deur langdurige blootstelling aan hoë temperature of ’n koorssiekte.
hittesteek (heatstroke) (sonsteek) Veroorsaak deur langdurige blootstelling aan hoë temperature of ’n koorssiekte.
HIV (HIV, human immunodeficiency virus) <sien ook verworwe immuniteitsgebreksindroom> (menslike immuniteitsgebrekvirus, MIV) Die afkorting vir een van die retrovirusse wat VIGS veroorsaak.
hoë bloeddruk (high blood pressure) <sien hipertensie>
hoes (cough) Die plotselinge uitstoting van lug uit die longe.
hodgkinsiekte (Hodgkin’s disease) Siekte gekenmerk deur die vergroting van die limfkliere, lewer en milt; wat gepaard gaan met bloedarmoede.
hoenderbors Misvormdheid by ’n mens waarby die borsbeen skerp na vorentoe uitstaan.
hoendervleis (gooseflesh) (hoendervel) Term wat gebruik word wanneer klein, growwe papille op die vel regop staan a.g.v. vrees, koue of hartstog en die vel dus soos die vel van ’n hoender vertoon.
hoes (cough) Die plotselinge uitstoting van ingeasemde lug.
hoesaanval <lees hoesbui>
hoesbui (hoesaanval, hoesvlaag) ’n Aanval van hoes waarby die handeling herhaaldelik en vinnig opeenvolgend plaasvind.
hoeserig (coughing) (hoesterig) Geneig om te hoes.
hoesgoed (cough medicine) <lees hoesmiddel>
hoesmiddel (cough medicine) (hoesgoed) ’n Middel teen hoes.
hoesstillend (cough suppressant) Wat hoes verminder.
hoesstroop (cough syrup) ’n Hoesmiddel in die vorm van ’n stroop.
hoesterig (coughing) (hoeserig) Geneig om te hoes.
hoesvlaag <lees hoesbui>
Hoffmannsdruppels (Hoffmansdrup) ’n Mengsel van eter en alkohol wat gebruik word as hartstimulus, vir krampe of vir senuweeagtigheid.
hologig (holoog, enoftalmie) Wanneer die oë diep in hul kasse lê.
holoog (hologig, enoftalmie) Wanneer die oë diep in hul kasse lê.
holrug <lees lordose>
holte (cavity) <lees ook fossa; lumen> Hol ruimte.
homeopaat (homeopath, homoeopath) (homopaat) ’n Persoon wat homeopatie beoefen.
homeopatie (homeopathy, homoeopathy) (homopatie) Behandeling van ’n siekte met geneesmiddels wat by ’n gesonde mens juis daardie siekte sou teweegbring.
Homo sapiens (Homo sapiens) Die mens se genus- en spesienaam.
homogeen (homogeneous) <cf heterogeen 1ste inskrywing> (eenvormig) Van dieselfde soort of aard.
homogeen (homogeneous) <cf heterogeen 2de inskrywing> (eenvormig) Met eenvormige eienskappe of struktuur.
homogenese (homogeneous) Verskynsel dat opeenvolgende geslagte eenders is en geen afwisseling toon nie.
homogeneties (homogenetic) Met dieselfde oorsprong.
homogeneties (homogenetic) Van dieselfde stam.
homogeniteit (homogeneity) (gelyksoortigheid) Eienskap van homogeen te wees.
homogeniteit (homogeneity) (gelyksoortigheid) Met dieselfde genotipiese struktuur.
homoloog (homologous, homologue) <lees ook analoog 1ste inskrywing> Ooreenkomstig of ooreenstemmend in struktuur, posisie, oorsprong ens. - bv. die vere van ’n voël en die skubbe van ’n vis, of ’n antigeen en sy spesifieke antiliggaam.
homoloog (homologous, homologue) <lees ook analoog 2de inskrywing> Strukture of organe wat identies in struktuur, posisie en ontwikkeling is, maar nie noodwendig in funksie nie.
homoloog (homologous, homologue) <lees ook analoog 3de inskrywing> In chemie een van ’n reeks verbindings wat ooreenstem in struktuur en gevorm word deur die byvoeging van ’n konstante element of groep elemente.
homopaat (homeopath) <lees homeopaat>
homopatie (homeopathy) <lees homeopatie>
homoseksueel (homosexual) <cf heteroseksueel 1ste inskrywing> Van dieselfde geslag.
homoseksueel (homosexual) <cf heteroseksueel 2de inskrywing> M.b.t. ’n geslagsdrang na persone wat tot dieselfde geslag behoort.
homosisteïen (homocysteine) ’n Swaelbevattende aminosuur wat ’n belangrike rol speel in die liggaam se metabolisme.
hoofpyn (headache) Enige pyn in die kop.
hoogtepunt (acme) Kritieke stadium van ’n siekte.
hoogtesiekte (altitude sickness) 9hipobaropatie) Die gevoel van ongesteldheid wat sommige mense ondervind wanneer hulle op ’n plek is wat baie hoog bo seespieël is.
hoogtevrees (fear of heights) 9hipobaropatie) ’n Ernstige vrees wat sommige mense ondervind wanneer hulle op ’n plek is wat baie hoog bo seespieël is.
hooikoors (hay fever) ’n Allergiese reaksie op stuifmeel.
hoorapparaat (hearing aid) <lees hoortoestel>
hoortoestel (hearing aid) (hoorapparaat, gehoortoestel) ’n Toestel met behulp waarvan die gehoor van hardhorendes verbeter kan word.
horing (horn, cornu) Puntige, harde struktuur aan die kop van sekere soogdiere; enige uitsteeksel wat soos ’n horing lyk.
horingagtig (horny, corneous) Wat bestaan uit of lyk na horing.
horinglaag (horny layer) <lees stratum corneum>
horingvlies (cornea) <lees kornea>
horisontaal (horizontal, transverse) (transversaal, waterpas) Ewewydig aan die vlak van die horison; dwars, of loodreg op die lengte-as van die liggaam.
hormonaal (hormonal) Met betrekking tot hormone.
hormoon (hormone) ’n Chemiese stof wat deur endokriene kliere afgeskei en direk in die bloedstroom gestort word, waarna dit na ’n teikenorgaan vervoer word om die aktiwiteit daarvan te inisieer of reguleer.
hormoonterapie (hormone therapy) Behandeling van siektes of liggaamlike probleme met middels wat hormone bevat.
hormoonvervangingsterapie (hormone replacement therapy) (HVT) Behandeling van pasiënte wat te min van sekere hormone het deur die hormone aan te vul.
horrelpoot ’n Misvormde voet.
horrelvoet ’n Misvormde voet.
horries (dronkmanswaansin, delirium tremens) ’n Akute toestand van dronkenskap, onder andere gekenmerk deur ’n veries aan balans en hallusinasies.
hospice (hospice) <lees hospies>
hospies (hospice) Inrigting wat versorging bied aan pasiënte, veral die wat terminaal siek is.
hospitaal (hospital) Inrigting vir die behandeling en versorging van siekes.
hospitaalskip (hospital ship) ’n Skip wat as hospitaal ingerig is.
hospitaaltrein (hospital train) ’n Trein wat as hospitaal ingerig is.
hospitalisasie (hospitalisation) Opneming en behandeling van siekes in hospitaal.
hospitaliseer (hospitalise) Na ’n hospitaal stuur of daarin opneem.
houtalkohol (methanol) <lees metanol>
houtbeen (wooden leg) Kunsbeen van hout.
huid (skin) <lees integument>
huidaandoening (skin condition) (velsiekte) Siekte van die vel.
huidarts (dermatologist) <lees dermatoloog>
huidjie (skin) <lees huid>
huidkanker (skin cancer) <lees velkanker>
huidklier (skin gland) Enigeen van talryke kliertjies onder die vel.
huidontsteking (skin infection) <lees velontsteking>
huidopening (skin opening) Porie in die dermis.
huidpigment (skin pigment) (velpigment) Kleurstof wat in die dieper lae van die epidermis voorkom en die kleur van die vel bepaal.
huidsiekte (skin disease) <lees velsiekte>
huidsmeer Vetterige stof wat op die vel afgeskei word deur die vetkliertjies van die huid.
huiduitslag (skin rash) <lees veluitslag>
huidvlek (skin spot) Plaaslike afwyking in die kleur van die vel.
huidwurm (skin worm) Soort rondewurm wat onder die vel van mense parasiteer.
huisarts (family docter) <lees huisdokter>
huisdokter (family docter) Dokter wat deur ’n gesin geraadpleeg word.
huismiddel (home remedy) ’n Geneesmiddel wat sonder ’n voorskrif gebruik kan word.
hulpverpleegster (assistant nurse) ’n Vrou wat pasiënte versorg sovêr hul alledaagse behoeftes betref.
humerus (humerus) (boarmbeen) Been geleë tussen die skouer en die elmboog.
hyg Vinnig, hoorbaar, deur ’n oop mond asemhaal.
My man ly aan Haemachtomatisis lewer siekte. Hy jeuk VERSKRIKLIK!!!! Soek dringend raad vir medisyne om aan te smeer. Hy mag niks drink ni lewer baie swak. Sal dankbaar wees as iemand kan help ASB. Baie dankie
ReplyDeleteWeet nie regtig van iets wat jy aansmeer nie. Wat hy moet doen is natuurlik om voedsel met baie yster te vermy, dan ook voedsel met vitamiene C, alcohol en rou skulpvis. Party mense beweer dit help om tee te drink.
Delete