Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.
(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)
I (I) <lees jodium> Chemiese simbool.
I-band (I band) <sien ook A-band; H-band; Z-lyn> Die isotrope of enkel refraktêre band van ’n sarkomeer wat lig vertoon en slegs uit aktienfilamente bestaan.
iatries (iatric) M.b.t. die geneesheer of geneeskunde.
iatrochemie (iatrochemistry) Siektebehandeling met chemiese middels.
iatrogeen (iatrogenic) Veroorsaak deur ’n geneesheer.
ID (ID) <lees intradermaal>
ideomotories (ideomotor) <lees psigomotories>
idiomuskulêr (idiomuscular) M.b.t. spierweefsel alleenlik; sonder dat senuweeprikkels daarby betrokke is.
idioneuraal (idioneural) M.b.t. ’n enkele senuwee; uitsluitlik tot die senuweestelsel.
idiopaties (idiopathic) (selfverwek) Iets wat sonder rede ontstaan; van toepassing op siektes wat nie volg op enige bekende onderliggende siekteproses nie.
idiotisme (idiotism) Verstandelike gestremdheid waarby begrips- en redeneervermoë byna heeltemal ontbreek.
IE (IU) <lees internasionale eenheid>
iepies Verbeelde kwale.
Ig (Ig) <lees immunoglobulien>
igtiose (ichthyosis) Een van verskeie oorgeerfde dermatologiese toestande gekenmerk deur ’n droë, skubberige vel.
ikterogeen (icterogenic) Wat geelsug veroorsaak.
ikterus (icterus, jaundice) <lees ook cholemie> (geelsug) ’n Siekte gekenmerk deur die gelerige verkleuring van die vel en slymvliese as gevolg van gal in die bloed.
ileïtis Ontsteking van die ileum.
ileosekaal (ileocaecal) Met betrekking op die ileum en blindederm.
ileosekale klep (ileocaecal valve) Die klep wat in die opening waar die ileum by die sekum aansluit geleë is.
ileum (ileum) <lees ook jejunum> (kronkelderm) Laaste (distale) gedeelte van die dunderm wat by die dikderm aansluit.
ileus (ileus) (dermafsluiting) Verstopping van die derm waardeur die afvoer van uitwerpsels onmoontlik word.
iliaal (iliac) (ilium-) M.b.t. die ilium.
iliofemoraal (iliofemoral) M.b.t. die ilium en die femur.
iliokostaal (iliocostal) M.b.t. die ilium en die ribbe.
iliosakraal (sacroiliac) M.b.t. die ilium en die sakrum.
ilium (ilium) <lees ook heupbeen; ischium; pubis> (dermbeen) Boonste en grootste van die drie vergroeide bene wat die heupgordel vorm.
ilium (ilium) <lees iliaal>
IM (IM) <lees intramuskulêr>
imbibisie (imbibition) (opname) Absorpsie van vog.
immaturiteit (immaturity) Toestand van onvolwasse wees.
immersie (immersion, oil immersion) (olie-immersie) Gebruik van ’n mikroskoop waar die voorwerp en die voorwerplens in spesiale olie geplaas word sodat die beeld duideliker waargeneem kan word.
immersie-olie (immersion oil) Spesiale olie (gewoonlik sederhoutolie) wat op die voorwerpglasie geplaas word sodat die beeld duideliker is.
immobilisering (immobilisation) Om beweeglike dele onbeweeglik te maak.
immobiliteit (immobility) (onbeweeglikheid) Toestand of hoedanigheid van immobiel of onbeweeglik wees.
immunisasie (immunisation) Om te immuniseer.
immuniseer (immunise) <lees vaksineer>
immunisering (immunisation) <lees vaksinering>
immuniteit (immunity, insusceptibility) <sien ook aktiewe immuniteit; humorale immuniteit; passiewe immuniteit; selbemiddelde immuniteit> (onvatbaarheid) Die vermoë van die liggaam om weerstand te bied teen sekere mikro-organismes of ander toksiese stowwe.
immuniteitserum (antiserum) <lees antiserum>
immuniteitsleer (immunology) <lees immunologie>
immunoglobulien (immunoglobulin, Ig) <lees ook antiliggaam; gammaglobulien; globulien> (Ig) Teenliggaampie wat in die bloed verskyn in respons op die blootstelling aan spesifieke antigene. Vyf klasse menslike immunoglobuliene word herken, nl. IgA, IgD, IgE, IgG en IgM.
immunologie (immunology) Wetenskap van immuniteit.
immunoloog (immunologist) Deskundige op die gebied van immunologie.
immuun (immune) <cf vatbaar> (onvatbaar) Nie vatbaar vir aansteeklike siektes nie.
immuunserum (antiserum) <lees antiserum>
impetigo (impetigo) Veluitslag in die vorm van puisies.
impotensie (impotence) Kragteloosheid of onbekwaamheid, veral gebrek aan seksuele vermoë.
impregnasie (impregnation) Die proses van impregneer.
impregneer (impregnate) Deurtrek of deurdring.
impressie (impression) Holte of induiking.
impressie (impression) Afdruk van gebit in plastiese materiaal.
impuls (impulse) <lees ook stimulus> ’n Boodskap wat langs ’n senuweevesel gestuur word.
impuls (impulse) Skielike drang tot handeling.
in situ (in situ) In die oorspronklike toestand.
in situ (in situ) Op die plek.
in vitro (in vitro) <cf in vivo> Beskryf reaksies wat buite die liggaam in ’n proefbuis plaasvind.
in vivo (in vivo) <cf in vitro> Beskryf reaksies wat in ’n lewende sel of selfs buite die sel, a.g.v. sekresies van die sel, plaasvind.
in utero (in utero) Binne-in die uterus.
inadem (inhale) <lees inasem>
inaktiveer (inactivate) Om die aktiwiteit te vernietig; om onaktief te maak.
inasem (inhale) Die asem in die lugweë en longe intrek.
inaseming (inhalation) <lees inspirasie>
inbed (embed, imbed) Fiksering van weefsel in bv. paraffienwas sodat dun snitte daarvan gemaak kan word.
incisura (incisura) <lees ook fissuur> Insnyding of inkerwing.
incus (incus) (aambeeld, aambeeldbeentjie, inkus) Die middelste van die drie gehoorbeentjies in die middeloor.
indeks (index) ’n Getal of formule wat die verhouding van een hoeveelheid t.o.v. ’n ander aantoon.
indigestie (indigestion) Slegte spysvertering.
indigo (indigo) Donkerblou kleur wat deel van die spektrum uitmaak.
indikasie (indication) Aanduiding of aanwysing.
indirekte afleiding (indirect lead) Afleiding wat toelaat dat die elektriese potensiaalverskille van die hart of ander orgaan meet deur kontak met ander liggaamsdele.
inent (vaccinate) <lees vaksineer>
inenting (inoculation) <lees vaksinering>
infeksie (infection) (besmetting) Aantasting van liggaamsweefsels deur mikro-organismes.
infekteer (infect) Besmet deur spesifieke patogene mikro-organismes.
inflammasie (inflammation) Die reaksie van lewende weefsel op besmetting of beserings.
influensa (influenza) Akute infektiewe en dikwels epidemiese siekte, gekenmerk deur inflammasie van die slymvliese van die lugweë, koors, uitputting en ander wisselende simptome.
infrarooi (infrared, IR) (IR) Elektromagnetiese golwe waarvan die golflengtes groter as die van die rooi end van die spektrum (sigbare lig) en korter as radiogolwe is - infrarooistrale word op die liggaam as hitte waargeneem.
infusie (infusion) (ingieting) Die stadige toedien van bloed of vloeistof in ’n vene.
ingebore (inborn) <lees kongenitaal>
ingestie (ingestion) <lees ook digestie/cf egestie> Opname van voedsel van buite die liggaam.
ingewande (viscus) <lees viskus>
ingewandsbreuk (hernia) <lees hernia>
ingewandskoors (intestinal fever) (maagkoors, tifoïed, buiktifus) ’n Akute, aansteeklike, bakteriese siekte gekenmerk deur hewige ingewandsteurnisse, ’n uitslag oor die maag en liggaamlike uitputting.
inhibeer (inhibit) Verhinder, rem of onderdruk.
inhibeerder (inhibitor) <lees inhibitor>
inhibeermiddelr (inhibitor) (inhibeerder) Enige stof wat met ’n chemiese reaksie, groei of enige ander biologiese aktiwiteit inmeng om dit te vertraag.
inhiberend (inhibitory) M.b.t. inhibisie.
inhibisie (inhibition) Verhindering, remming of onderdrukking van ’n handeling of werksaamheid.
inhibitief (inhibitory) Wat verhinder, rem of onderdruk.
inhibitor (inhibitor) (inhibeerder) Enige stof wat met ’n chemiese reaksie, groei of enige ander biologiese aktiwiteit inmeng om dit te vertraag.
inhibitories (inhibitory) Wat verhinder, rem of onderdruk.
ingewandswurm (intestinal worm) Een van ’n aantal wurmsoorte wat parasities in die ingewande van die mens leef.
inhomogeen (heterogeneous) <lees heterogeen>
injeksie (injection) <lees inspuiting>
injeksienaald (hypodermic needle) <lees spuitnaald>
injeksiespuit (syringe) ’n Toestel waarmee ’n stof in die weefsel van die mens ingespuit word.
injekteer (inject) <lees inspuitg>
inkontinensie incontinence Nie in staat wees om urien of ontlasting in te hou nie.
inkontinent incontinent Nie in staat wees om urien in te hou nie.
inkubasie (incubation) Tydsverloop tussen die indringing van mikro-organismes in die liggaam en die verskyning van die eerste simptome.
inkubasie (incubation) Ontwikkelingsperiode van ’n eier totdat dit uitbroei.
inkubator (incubator) (broeikas) ’n Toestel waarmee die vereiste temperatuur vir die bewaring van vroeg gebore babas konstant gehou word.
inkubeer (incubate) Ikubasie deurmaak.
inkus (incus, anvil) <sien ook malleus; stapes; timpanum> (aambeeld, aambeeldbeentjie, incus) Die middelste van die drie gehoorbeentjies.
innominaat (innominate) (naamloos) Wat nie benoem is, of ’n naam het nie.
inokulasie (inoculation) <lees vaksinering>
inokuleer (inoculate) <lees vaksineer>
inokulering (inoculation) <lees vaksinering>
insekbyt (insect bite) Die byt van ’n insek.
insluk (swallow) In die liggaam inneem deur die mond.
insnuif (sniff) In die liggaam inneem deur te snuif.
insmeer (rub in) Aanbring op die liggaam deur te smeer.
insnoering (isthmus) <lees ismus>
insny (cut) Indring deur te sny.
insnyding (cutting) Handeling van sny.
insolasie (insolation) Die behandeling van siekte deur die blootstelling aan sonbestraling.
insomnia (insomnia) <sien ook slaaploosheid; slapeloosheid > Sukkel om te slaap.
inspirasie (inspiration, aspiration, inhalation) <lees ook respirasie 2de inskrywing/cf ekspirasie> (aspirasie, inaseming) Die handeling om lug in die longe te trek.
inspirator (inspirator) <sien ook aspirator> Toestel waarmee lug in die longe gesuig word.
inspiratories (inspiratory) M.b.t. inaseming.
inspiratoriese kapasiteit (inspiratory capacity) Die volume lug wat n ekspirasie ingeasem kan word deur 'n normale plus ’n geforseerde inspirasie.
inspiratoriese reserwevolume (inspiratory reserve volume) Die ekstra volume lug wat nog ingeasem kan word deur ’n maksimale inspiratoriese poging ’n gewone inspirasie.
inspuit (inject) Om vloeistof onder druk (gewoonlik met ’n hol naald) erens te laat ingaan.
inspuiting (injection) Toediening van ’n vloeistof d.m.v. ’n spuit in weefsel, ’n holte of in vate van die liggaam.
inspuiting (injection) Die stof wat om mediese redes organies toegedien word.
inspuitsel (injection) <lees inspuiting>
insula (insula, island) (eiland) Geïsoleerde area - enige afgebakende deel van ’n orgaan.
insulêr (insular) Geïsoleerd.
insulêr (insular) M.b.t. die Langerhans-eilandjies.
insulien (insulin) Pankreashormoon wat deur die B-selle van die Langerhans-eilande gesekreteer word. Dit beheer die suikergehalte van die bloed.
integrasie (integration) Koördinasie van neurale funksies.
integrasie (integration) (integrering, samevoeging) Proses waardeur dele tot ’n geheel gemaak word of so ver moontlik saamgevoeg word.
integrering (integration) <lees integrasie>
integument (integument, cutis, skin, tegument) (cutis, huid, tegument, vel) Die buitenste struktuur wat die hele liggaam omsluit en uit twee hooflae, nl die epidermis en die dermis bestaan.
intensiewesorg (intensive care) <sien intensiewesorgeenheid>
intensiewesorg-eenheid (intensive care unit, ICU) (intensiewesorgeenheid, intensiewesorg, ISE) Afdeling in die hospitaal waar pasiënte wat ernstig siek is, intensief deur hoogs opgeleide personeel versorg word.
intensiewesorgeenheid (intensive care unit, ICU) (intensiewesorg-eenheid, intensiewesorg, ISE) Afdeling in die hospitaal waar pasiënte wat ernstig siek is, intensief deur hoogs opgeleide personeel versorg word.
interdentaal (interdental) Tussen die tande geleë.
interkarpaal (inter carpal) Tussen die polsbeentjies geleë.
intern (internal) <cf ekstern 1ste inskrywing> (binne) Wat die inwendige betref, of wat binne plaasvind; aan die binnekant.
intern (internal) <cf ekstern 2de inskrywing> (binne) Nader aan die middel.
internasionale eenheid (international unit, IU) (IE) Eenheid wat gebruik word om die vitamieninhoud van voedsel te meet.
internetverslawing (internet addiction) Obsessiewe gebruik van die internet, veral om op sosialemediawebwerwe te kuier.
internis (internist) ’n Geneeskundige wat spesialiseer in die diagnose en behandeling van interne siektes.
intersellulêr (intercellular) <lees ook ekstrasellulêr; intrasellulêr> Geleë tussen verskillende selle.
intestinaal (intestinal) <lees enteries>
intestinale villus (intestinal villus) (dermvlokkie) Een van die vingeragtige uitsteeksels van die slymvliesmembraan van die dunderm wat dien om die absorpsieoppervlak te vergroot.
intestinum (intestinum, intestine, gut, bowel) <lees ook spysverteringskanaal> (derm, dermkanaal) Die deel van die spysverteringskanaal wat vanaf die duodenum tot by die anus strek.
intoksikasie (intoxication) Dronk as gevolg van die oormatige inname van alkohol.
intoleransie (intolerance) Onverdraagsaamheid of gebrek aan weerstand.
intradermaal (intradermal, ID) <lees ook subkutaan> (ID) Binne-in die vel.
intradurale abses (intradural abscess) Abses in die dura mater.
intramuskulêr (intramuscular, IM) (IM, binnespiers) Binne-in of in die spier.
intrasellulêr (intracellular, endocellular) <lees ook intrasellulêr /cf. ekstrasellulêr> (endosellulêr) Binne-in die sel.
intraveneus (intravenous, IV) (IV, binneaars) Binne-in of in die are.
intussussepsie (intussusception) Opname van ’n vreemde stof.
invaginasie (invagination) (instulping) Die invouing van een deel in ’n ander.
invaginasie (invagination) (instulping) Binnewaartse vouing of instulping van ’n sellaag in ’n holte.
invagineer (invaginate) (instulp) Aksie van invaginasie.
inversie (inversion) Draaiing inwaarts, onderstebo, binnestebuite of in die teenoorgestelde rigting.
inversie (inversion) ’n Chromosoommutasie veroorsaak deur ’n omgekeerde hereniging van die middelste segment met gevolglike verandering in geen- of nukleotiedvolgorde.
invertase (invertase) <lees sukrase>
invertebraat (invertebrate) (ongewerwelde) Besit nie ’n werwelkolom nie - is dus ruggraatloos.
Invertebrata (Invertebrata) <cf Vertebrata> Die groep diere wat nie ’n werwelkolom besit nie, bv. insekte.
involusie (involution) Fisiologiese agteruitgang.
inwendig (intrinsic) <lees intrinsiek 2de inskrywing>
ionidien (ionidine) ’n Kristallyne alkaloïed verkry uit die goudpapawer. Dit word gebruik as narkotikum.
ionies (ionic) M.b.t. ione.
ioniese binding (ionic bond, electrovalent bond) <lees ook chemiese binding; kovalente binding> (elektrovalente binding) Chemiese binding wat deur elektronoordrag en die vorming van ione gekenmerk word.
ionisasie (ionisation) Dissosiasie van ’n stof in ’n oplossing in ione; die proses waardeur vry ione gevorm word.
ioniseer (ionise) Om in ione te verdeel.
ioon (ion) ’n Atoom of molekule met ’n elektriese lading.
ipekakuanha ’n Kruidagtige Brasiliaanse plant wwarvan die wortelbas ’n stof bevat wat as braak- en purgeermiddel gebruik word.
iris (iris) ’n Verstelbare diafragma wat die hoeveelheid lig wat ’n optiese instrument binnekom, beheer.
iris (iris) (reënboogvlies) Saamtrekbare, sirkelvormige, gepigmenteerde membraan wat tussen die kornea en die lens geleë is en ’n ronde opening, die pupil, omsluit; die gekleurde deel van die oog.
irradiasie (irradiation) Die toepassing van stralingsenergie as deel van terapie.
irradieer (irradiate) Bestraal.
irrigasie (irrigation) Uitspoeling of bespoeling van ’n sieklike liggaamsdeel.
irrigator (irrigator) ’n Toestel waarmee ’n genesende vloeistif onder die vel of in ’n liggaamsdeel ingevoer word.
irrigeer (irrigate) Met ’n irrigator uitspoel.
irritasie (irritation) Prikkeling of toestand van uitermate stimulasie.
ischium (ischium) <lees ook heupbeen; ilium; pubis> (iskium, sitbeen) Die onderste van die drie vergroeide bene van die heupgordel.
ISE (ICU) <sien intensiewesorgeenheid>
isgemie (ischaemia, ischemia) <lees ook infarkt> (iskemie) Tydelike lokale gebrek aan bloed a.g.v. afsluiting of vernouing van ’n bloedvat.
iskemie (ischaemia, ischemia) <lees isgemie>
iskias (sciatica) <lees heupjig>
iskiorektale abses (ischiorectal abscess) Abses in die iskiorektale fossa.
iskium (ischium) <lees ischium>
isopatie (isopathy) Behandeling van siekte deur die toediening van die oorsaaklike faktor.
isotonies (isotonic) <sien ook hipertonies 2de inskrywing; hipotonies 2de inskrywing> Met dieselfde spanning of druk; gelyke tonus.
isotonies (isotonic) <cf anisotonies> Beskryf ’n oplossing waarvan die konsentrasie opgeloste deeltjies net soveel is as die van die oplossing waarmee dit vergelyk word.
isotonies (isotonic) <sien ook isometries> Wanneer ’n spier tydens spierkontraksie saamtrek en verkort om ’n beweging te veroorsaak.
No comments :
Post a Comment