Anoniem skryf:
"Wat is 'n aneurisme?"
Antwoord:
Wanneer 'n arterie in die brein begin lek kan dit 'n beroerte veroorsaak. Die lekkasie kan as gevolg van hoë bloeddruk wees of 'n aneurisme, 'n swak plek in die arteriewand.
Cerenne van Deventer skryf:
"My suster van 45 het verlede Oktober 'n aneurisme gehad. Sy was verlam aan haar regterkant en het haar spraak verloor. Fisies het sy sedertdien baie verbeter, maar emosioneel gaan sy agteruit. Dit is asof sy geen kort-termyn geheue het nie en kry woede uitbarstings. Sy weier om te eet, want volgens haar het sy elke ete klaar geeet. Sy het ook haar dag en nag omgeruil. Ek kry nerens op internet enige inligting om te sien wat al die dinge veroorsaak en ons kan nie verdere toetse laat doen nie aangesien sy geen medies of inkomste het nie. Kan julle my dalk raad gee of laat weet waar ons meer kan lees oor al die simptome en 'oplossings'. "
Antwoord:
Haar gedrag klink na tipies die van iemand wat 'n aneurisme gehad het. Op hierdie stadium is daar ongelukkig nie behandelings hiervoor wat baie suksesvol is nie. Meeste toetse na 'n aneurisme bestudeer slegs die beserings.
Van haar selle kan genees en julle het al waarskynlik dit agtergekom. Meeste genesing vind gewoonlik kort na die aneurisme plaas, maar dit kan ook maande neem.
Belangrikste nou is om te verhoed dat sy 'n tweede aanval kry. Julle kan die volgende doen:
Haar soutinname moet beperk word. Sout speel 'n rol in die oorsake van 'n aneurisme.
'n Laevet-hoëvesel-dieet behoort gevolg te word.
Sy moet haar inname van alkohol beperk. Die beste is geen alkohol.
Gereelde oefening is ook belangrik.
'n Daaglikse dosis aspirien (150 - 300 mg) kan voordelig wees. Let Wel: Bespreek dit asseblief eers met 'n geneesheer.
Familie en vriende speel nou 'n sleutelrol. Help haar om beweeglik te wees en alledaagse take te verrig. Moet asseblief tog nie die persoon soos 'n invalide behandel nie, hulle intelligensie en herinneringe is steeds daar. Positiewe aanmoediging en ondersteuning is nou uiters belangrik.
Onderwerpe
A/H1N1-virus
Aambeie
Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring
Aknee
Akupressuur
Allergieë
Anemie
Aneurisme
Anorexia Nervosa
Artritis
Asma
ATHV
Atleetvoet
Baarmoeder
Baba
Babalaas
Beroerte
Blaar
Blaasinfeksie
Blase
Bleeksiekte
Bloedarmoede
Bloedsomloop
Bloedvinte
Boeke
Borste
Bosluiskoors
Brandwonde
Brein
Breinontsteking
Breinvliesontsteking
Brongitis
Buikloop
Buikswelling
Bulimia Nervosa
Candida albicans
Cholesterol
Dehidrasie
Depressie
Diabetes
Diarree
Dieet
Dismenoree
Divertikulitis
Doppe
Duitse masels
Eierstokke
Ekseem
Endometriose
Ensefalitus
Epilepsie
Fallopiusbuis
Fibromialgie
Galblaas
Galstene
Gastritis
Geboorte skenk
Geboortebeperking
Geelsug
Gesplete verhemelte
Gilles de la Tourette-sindroom
Griep
Grierson-Gopalan sindroom
Groeipyne
Haaslip
Hardlywigheid
Hare
Hartsiektes
Hipertensie
Hoes
Hoofpyn
Hormoonvervangingsterapie
Hoë bloeddruk
HVT
Inkontinensie
Insekbyt
Insomnia
Insulien
Jappiegriep
Jig
Kalium
Karbonkels
Keel
Klierkoors
Koliek
Koors
Krampe
Kroniese Moegheid Sindroom
Kunsmatige inseminasie
Lewer
Lippe
Longontsteking
Luieruitslag
Maagpyn
Maagseer
Malaria
Mangels
Mantelvliesbreuk
Masels
Medisyne
Meningitis
Menstruasie
Migraine
Mioom
Miskraam
Moesies
Mondhigiëne
Ménière-siekte
Naarheid
Naels
Nek
Niere
Oefening
Oggendnaarheid
Omlope
Ontwatering
Onvrugbaar
Oogprobleme
Osteoporose
Outisme
Ovaria
Ovulasie
Pampoentjies
Parasiete
Peptiese ulkus
Pernio
Pitswere
Plooie
Pre-eklampsie
Prikkelbare-dermsindroom
Prostaat
Prostatitis
Psoriase
Psoriatiese artritis
Puisies
Raoultella Ornitholytica
Ringwurm
Rook
Rubella
Rugpyn
Rumatoiede artritis
Rustelose bene
Seekosallergie
Seks
Senuwees
Servikskanker
Sinusitis
Skildklier
Skilfers
Skisofrenie
Skouerontwrigting
Skurfsiekte
Slaaploosheid
Slaapversteurings
Snork
Snye en skrape
Sooibrand
Spanning
Spastiese kolon
Spatare
Speekselkliere
Spierpyn
Spierverrekking
Spondilitis
sportbeserings
Sproei
Sterilisasie
Stink asem
Stres
Stuipe
Suikersiekte
Swaminfeksie
Swangerskap
Sweet
Tande
Tandvleisontsteking
Tendonitis
Tenniselmboog
Testis
Tinea
Tinnitus
Tong
Tourette-versteuring
Trigomoniase
Troshoofpyn
Tuberkulose
Uretritis
Urienweginfeksie
Vaginale infeksies
Varkgriep
Vasektomie
Vel
Verbygaande iskemiese aanval
Vergiftiging
Verkalkte are
Verkoue
Verrekking
Verslawing
Verstuiting
Verswik
Vet
VIA
Vingers
Vitamiene
Voeding
Voedselvergiftiging
Voete
Voetskimmel
Voorbehoedmiddels
Vratte
Vriesbrand
Vrugbaarheid
Vrugwater
Waterblaas
Waterpokkies
Werwelontsteking
Wind
Wingerdgriep
Wintershande
Wintersore
Wintersvoete
Woedeuitbarstings
Wurms
16.1.12
12.1.12
Dagga nie sleg vir longe
Om so nou en dan ‘n daggasigaret te rook, blyk nie enige nadelige effekte op ‘n mens se gesondheid te hê nie, het ‘n nuwe Amerikaanse studie getoon.
Matige dosis dagga nie sleg vir longe
Matige dosis dagga nie sleg vir longe
9.1.12
Vrae: Sukkel om swanger te raak
Delien skryf: "Ek het 6 maande die Yasmin pil gebruik en laasjaar April opgehou. Hoe lank vat dit om heeltemal uit my sisteem uit te gaan? Sukkel ek om swanger te raak of is dit nog die pil wat in my sisteem is?"
Antwoord: Delien, die eerste ding om te doen is om te gaan vir toetse om seker te maak daar is nie iets fout nie. Soms is dit net 'n klein dingetjie wat met hormoonbehandeling herstel kan word.
Danziline Visagie skryf: "Ek is 23 jaar oud en verloof. Ek het en my verloofde is alreeds 2 jaar saam en ek is nie op voorbehoed nie, maar ons nogsteeds het niks gebeur nie. Ek weet ook die fout lê nie by hom nie, omdat hy 2 kinders het. Ek is net bang trou ons en ek kan nie kinders voortbring nie, sal dit ons huwelik belemmer. Ek soek hulp om swanger te raak as daar iets is wat ek kan gebruik."
Antwoord: Die beste raad vir jou is ook om 'n spesialis te gaan spreek.
Lenie skryf:
Ek is al amper 9 jaar getroud en wil bitter graag swanger raak. Ek en my man beide is glad nie kenners op die gebied en my dokter het gesê dat dit wel op sy tyd sal gebeur ek wil graag weet of daar 'n "beste" tyd is vir die probeerslag of hoe werk dit. Ek is al van September verlede jaar van die pil af en het voor dit vir 'n jaar dit gedrink en voor dit het ek 'n 3 jaar siklus gehad wat ek nie op die pil was nie. Wat is my kanse om swanger te kan raak en kan u my asseblief net bietjie meer raad en inligting gee?
Antwoord: Dit is belangrik om geduldig te raak, maar indien dit te lank vat moet jy ook daaraan dink om miskien 'n spesialis te gaan sien. Lees ook die raad by Swangerskap.
L***** skryf:
"Ek sukkel om swanger te raak. Ons het agtergekom dat ek nie ovuleer nie. Dis nie eintlik wat my pla nie. Wat my wel pla is dat ek op 'n stadium op die inspuiting was as voorbehoeding. Terwyl ek op die inspuiting was het my ginekoloog 'n laparoskopie op my gedoen. Ons het nie geweet ek is swanger nie en ek het die baba verloor. Ek was reeds tussen 7 en 8 weke swanger. Hoe is dit moontlik dat ek nie ovuleer nie en nou sukkel om swanger te raak? My dr het Postoval voorgeskryf vir drie maande. Ek het vandag bietjie navorsing gedoen oor Postoval en die kontra-indikasies en waarskuwings maak my baie bekommerd, aangesien kanker (my ma het spesifiek borskanker) in ons familie voorkom."
Antwoord: Indien jy twyfel oor 'n spesifieke behandeling moet jy dit dadelik met jou dokter bespreek. Indien hy/sy nie na wense jou vrese besweer nie moet jy ernstig daaraan dink om nog 'n opinie te kry.

26.12.11
Bly koel vir baba
Navorsing aan die Queensland University of Technology in Australië het bevind dat daar 'n verband is tussen 'n toename in 'n ma se temperatuur en miskrame en vroeë geboortes. Hulle stel voor voornemende ma's hou hulle liggame so koel as moontlik.
19.12.11
Vrae oor polisistiese ovaria
Tania skryf:
"Ek is ongeveer drie jaar gelede met Polisistiese Ovaria Sindroom (PCOS) gediagnoseer waarna my ginekoloog my op Yasmin gesit het. Ek is onlangs getroud en ek en my man wil met 'n gesin begin. Ek het einde November 2005 van die pil afgegaan. Ek het 5 -8 Januarie my menstruasie gehad.
Ek het Clearplan gebruik om te sien wanneer ek ovuleer en die toets was positief op Sondag 22 Oktober 2005, maar ek en my man het reeds omgang gehad voor dit en nie weer daarna nie.
Ek voel nou baie snaaks, dronk in my kop, naar, seer borste met ook 'n effense vloeistof wat uitgeskei word veral as ek dit druk. Dit voel ook of my baarmoeder onder wil uitval asof daar 'n hewige drukking is. Daar is ook 'n spierwit dik afskeiding. Kan u asseblief vir my raad gee. Kan ek moontlik swanger wees? Kan dit dalk iets anders wees? Wanneer kan ek met sekerheid 'n tuis swangerskap toets doen of sal dit nou al in 'n bloedtoets wys?"
Antwoord:
Dit klink beslis soos swangerskap. Sorg dat jy gou by 'n ginekoloog uitkom.
A**** skryf:
"Ek het die pil gelos. Ek is 27 jaar oud. Siklus was redelik gereeld tot dusver (28 - 33 dae). Menstruasie is egter al 28 dae laat. Het bloedtoetse laat doen en is nie swanger nie. My suster (22) is met PCOS (Poly-Systic Ovarian Syndrome) gediagnoseer. Is daar 'n moontlikheid dat ek dit ook het? Wat is my kanse om swanger te raak? Watter behandeling stel u voor? Gee asseblief raad. Ons wil baie graag 'n baba hê!"
Antwoord:
Eerstens moet jy 'n korrekte diagnose kry voor jy kan dink aan 'n behandeling. Polisistiese Ovaria veroorsaak dat die deklaag van die ovarium verdik en dit belemmer of stop die vermoë om te ovuleer. Sowat 20% van vroue het Polisistiese Ovaria. Behalwe vir die versteuring in ovulering toon vrouens ook ander simptome soos onvrugbaarheid, miskrame, haargroei op plekke waar vrouens nie gewoonlik hare kry nie, aknee, gewigstoename en depressie. Behandeling probeer normaalweg om die hormoonvlakke aan te pas. LET WEL dat die tipe behandeling afhang van watter simptome jou pla EN of jy later wil kinders hê. Dit is belangrik dat jy en jou dokter enige behandeling na jou behoeftes skik.

12.12.11
Vrae oor Duitse masels
Anoniem skryf: "Ek was nie imuun teen Duitse Masels nie, ek het vir my inspuiting gegaan en mag nou vir 3 maande lank nie swanger raak nie, wat sal gebeur indien ek wel binne die volgende 3 maande swanger raak, sal dit die baba affekteer?"
Antwoord: Ja, dit hou 'n wesenlike gevaar in vir die ongebore kind. In die ergste gevalle moet die fetus geaborteer word.
Yvonne Lessing vra: "Wanneer steek dit aan?"
Antwoord: Dit is baie aansteeklik wanneer die uitslag net begin wys, maar jy kan ook aansteek sewe dae voor en sewe dae na die uitslag.
Mariska Pool skryf: "My seuntjie is 9mnde en het tans duitse masels. Ek het dit gehad toe ek 8mnde oud was, kan ek dit weer kry?"
Antwoord: Indien jy dit een keer gehad het verseker dit gewoonlik lewenslange immuniteit.
Amari skryf : Wat is die verskil tussen masels en duitse masels?
Antwoord : Dit is twee verskillende siektes veroorsaak deur twee verskillende virusse. Duitse masels is 'n ligte uitslag en is selde skadelik vir kinders, hoewel dit uiters gevaarlik is vir vrouens tydens swangerskap. Masels is meer ernstig en duur langer. Oorinfeksie en longontsteking is moontlike komplikasies tydens masels.

6.12.11
Vis gesond vir vroue
Vroue wat oud genoeg is om kinders te kry kan hul kanse op hartprobleme verlaag as hulle vis ryk aan omega 3-vetsure eet, het navorsers bevind.
Die studie is die eerste om vrouens tussen die ouderdom van 15 en 49 te ondersoek vir die effek wat vis in hul dieet op hartprobleme kan hê.
Vis hou vroue se harte gesond

Subscribe to:
Posts (Atom)