Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids


27.2.23

Karkatjie

Karkatjies word veroorsaak deur ’n bakterie. Die bakterieë leef normaalweg op mens se vel en kry met ’n klein krapmerkie toegang tot die liggaam en veroorsaak dan infeksie wat ons ’n karkatjie noem.

Aangesien die oorsaak van die karkatjie ’n bakterie is, kan ’n antibiotiese oogsalf soos Chloromycetin help. Soms kan dit nodig wees dat die dokter die karkatjie moet oopsny, maar dis selde.

Boereraat:

Warm lappie vir 10 minute, vier tot ses keer per dag. Maak dit maar kort-kort warm, want dit help om die karkatjie tot ’n punt te trek.

4 comments :

  1. Anonymous7/11/22 19:55

    Hoe lank, dae?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/11/22 06:51

      Dit hang af van die infeksie, maar dit kan so gou wees soos 5 dae, of dit kan lank wees en eers na 2 weke verdwyn.

      Delete
  2. Wat as ek nie geld het om te salf te koop of dokter toe kan gaan nie en kan ek hom druk as Hy tot n punt gekom het

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/1/23 09:05

      Moet dit nie druk nie, jy kan dit wel liggies maseer. Dit moet vanself oopbars weens die behandeling met die warm lappie.

      Delete