Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: M

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

m (m) <lees meter>

m (m) <lees molaliteit>

M (M) <lees molariteit>
maag (stomach) 'n Sakagtige orgaan met sterk spierwande wat net onder die diafragma lê en die wydste deel van die spysverteringskanaal vorm.

maagseer (stomach ulcer) 'n Verswering van die maagslymvlies.

macula lutea (macula lutea, yellow spot) (geelvlek) Klein induikinkie <fovea> op die retina van die oog waar slegs keëltjies voorkom <ligstrale wat hier val, word die duidelikste waargeneem.

magnesiumhdroksied (magnesium hydroxide) ’n Chemiese verbinding met formule Mg(OH)2. Dit is ’n vastestof wat effens in water oplosbaar is. Dit word in die natuur as die mineraal brusiet aangetref.

magnesiumsulfaat (magnesium sulphate, MgSO4, Epsom salts) (MgSO4, Engelse sout, epsomsout) ’n Bitter, wit, oplosbare magnesiumsout wat oa as purgeermiddel en teensuurmiddel gebruik word.

maksilla (maxilla) <cf mandibula> (bokaak) Die onreëlmatig gevormde been wat deel van die mondholte, neusholte en verhemelte vorm en waarin die tande van die bokaak geleë is.

malaria (malaria) 'n Algemene, nieaansteeklike siekte wat deur 'n eensellige organisme, Plasmodium, veroorsaak word en deur die Anopheles-muskiet aan die mens oorgedra word.

malleus (malleus, hammer) <sien ook inkus; stapes; timpanum> (hamer) - Die grootste van die drie gehoorbeentjies in die middeloor; gehoorbeentjie wat aan die membrana tympani geheg is.

maltase (maltase, glycase) (glikase) Verteringsensiem wat oa in pankreassap voorkom en die disakkaried, maltose, opbreek in twee molekules glukose.

mamma (mamma) <sien melkklier>

mamma (mamma, breast) (bors) Een van die twee klierryke strukture op die anterior deel van die toraks wat, in die geval van die vrou, melk kan sekreteer om haar baba te voed.

mangel (tonsil) <sien tonsilla palatina>

mantelvlies (diaphragm, midriff) (middelrif) <sien diafragma>

masels (measles) (rubella) 'n Aansteeklike kindersiekte met 'n rooi uitslag as kenmerk.

mastoïed-abses (mastoid abcess) Abses in die lugselle van die temporale been.

matriks (matrix) <lees substantia propria>

matriks (matrix) (gietvorm) Vorm of houer waarin iets gegiet word.

mediastinale abses (mediastinal abcess) Abses in die bindweefsel van die mediastinum.

medikament (medicament, drug, medicine) (geneesmiddel, medisyne) Enigiets wat 'n ongewenste toestand verhelp of herstel; farmakologiese preparaat.

medisinaal (medicinal) Met genesende eienskappe; m.b.t. die mediese wetenskap of 'n geneesmiddel.

medisyne (medicine) <sien medikament>

medulla ossium (medulla ossium, bone marrow) <sien ook geelbeenmurg; rooibeenmurg> (beenmurg) Sagte weefsel wat binne die holtes van sekere bene van die skelet gevind word en wat verantwoordelik is vir die produksie van sekere bloedselle.

meiose (meiosis, reduction division) <sien ook nukleêre deling; mitose> (reduksiedeling, rypingsdeling) 'n Vorm van seldeling wat slegs in geslagselle voorkom en waardeur die chromosoomgetal gehalveer word.

melanoom (melanoom) Melanoom is ’n kwaadaardige velgewas wat soos ’n swart moesie begin en vinnig vererger.

melk van magnesia (Milk of Magnesia) ’n Suspensie van die magnesiumhidroksied in water word melk van magnesia genoem.

melkklier (mammary gland, mamma) (mamma) Samgestelde klier in die borste van die vrou wat melk produseer.

melkkoors (milk fever) ’n Toestand wat ontstaan wanneer jy ophou borsvoed, maar jou liggaam nog aanhou melk produseer.

melkpokkies (smallpox) <sien ook amaas> 'n Ligte vorm van pokkies.

Ménière-siekte (Ménière disease) Ménière-siekte is 'n aandoening van die balansorgaan in die middeloor. Die gevolge hiervan wissel van balansversteuring, gehoorverlies, abnormale gehoor, drukking in die oor en tinnitus.

meninges (meninges) <sien ook aragnoïed; dura mater; pia mater> (breinvliese, harsingvliese) Die drie membrane (vliese) wat die brein en rugmurg omsluit - van buite na binne is dit die dura mater, aragnoïed en pia mater.

meningitis (meningitis) (breinvliesontsteking, harsingvliesontsteking) Ontsteking van die meninges.

meniskus (meniscus) ’n Lens met beide konkawe en konvekse kante.

meniskus (meniscus) Die skeidingsvlak tussen ’n vloeistof en lug.

meniskus (meniscus, semilunar cartilage) (halfmaankraakbeen, kraakbeenskyf) Halfmaanvormige veselkraakbeenskyf in die knieë en ander gewrigte.

menopouse (menopause) Permanente beëindiging van die menstruele siklus.

menses (menses, menstruation) (maandstonde, menstruasie) Periodieke afskeiding van bloed en uteriene weefsel aan die einde van 'n menstruele siklus waartydens bevrugting nie plaasgevind het nie - vanaf puberteit tot menopouse.

menslike papilloom-virus (human papilloma virus) (MPV) 'n Seksueel oordraagbare virus wat servikale kanker kan veroorsaak.

menstruasie (menstruation) <sien menses>

menstrueel (menstrual) (m.b.t. menstruasie)

menstrueer (menstruate) Om die maandstonde te hê.

menstruele siklus (menstrual cycle) Sikliese veranderinge wat die endometrium ondergaan waartydens die boonste lae van die slymvlies uitgewerp word, weer groei, verdik en indien bevrugting nie plaasvind nie, dit weer afgewerp word tydens menstruasie.

mesenterium (mesenterium, mesentery) (dermkeil, dermskeel, dermskeil, skeil) Die vou van die peritoneum wat die dunderm met die posterior (agterste) abdominale wand verbind.

metaan (methane, CH4) (CH4) ’n Koolwaterstof, die eenvoudigste alkaan; vlambare gas wat natuurlik in koolgas voorkom.

metaboliet (metabole) (afbreekproduk) Enige matabolismeproduk,

metamorfose (metamorphosis) (gedaantewisseling) ’n Verandering in vorm of struktuur, veral die verandering van een stadium van ontwikkeling na die volgende, bv. van larwe na volwassene.

metanol (methanol, methyl alcohol) (houtalkohol, metielalkohol) ’n Vlugtige, vlambare, kleurlose alkohol met besondere toksiese eienskappe.

metastatiese abses (metastatic abcess) ’n Sekondêre abses, gewoonlik die gevolg van emboliese verspreiding van die inhoud van ’n primêre abses.

meter (meter, m) (m) Die SI-eenheid van lengte.

middellyn (diameter) (diameter) Lyn wat deur die middelpunt van ’n sirkel loop.

middeloorsontsteking (middle ear infection) Ontsteking in die oor as gevolg van die opbou van vloeistof in die middeloor.

migraine (migraine) (skeelhoofpyn) Kwaai hoofpyn, gewoonlik aan die een kant, en dikwels gepaardgaande met mislikheid, braking en gesigsteurnisse.

miliêre abses (miliary abscess) ’n Klein abses, gewoonlik een van vele.

milt (spleen, lien) (liën) ’n Bloedvatryke, niertjievormige orgaan wat net onder die diafragma en effens links agter die maag geleë is. Dit bevat baie bloedvate en limfoïede weefsel.

mioom Miome van die uterus is nie-kwaadaardige groeisels wat veroorsaak word deur hormone.

miopie (myopic, nearsighted, shortsighted) <cf hipermetropie> (bysiendheid) Te lang oogbal of te ronde lens veroorsaak dat ligstrale voor die retina tot 'n brandpunt gebring word, sodat 'n onduidelike beeld gevorm word.

miopies (myopic, nearsighted, shortsighted) (bysiende) Aangetas deur miopie.

miskraam (miscarriage) Wanneer ’n baba te vroeg kom of die vrug doodgaan.

mitochondrion (mitochondrion, chondriosome) <mv mitochondria> (chondriosoom) ’n Klein, staafvormige organel in die sitoplasma wat oksidasie-ensieme bevat en die setel van ATP-produksie is.

mitose (mitosis) <sien ook nukleêre deling; meiose/cf amitose> Die tipe seldeling wat in somatiese selle voorkom en veroorsaak dat twee geneties identiese dogterselle met dieselfde stelle chromosome as dié van die moedersel gevorm word; kariokinese en sitokinese.

moesie (mole) ’n Donkerkleurige velvlek.

molaliteit (molality, m) <lees ook molariteit> (m) Die aantal mol opgeloste stof, konsentrasie, per kilogram van die suiwer oplosmiddel.

molariteit (molarity, M) <lees ook molaliteit; normale oplossing> (M) Die aantal mol opgeloste stof, konsentrasie, per liter van die oplossing.

mond (mouth) <sien ook mondholte> Die eerste deel van die spysverteringskanaal.

mond (mouth) Opening tot 'n orgaan of ruimte, bv. baarmoeder of maag.

mondholte (buccal cavity) <sien ook mond, 1ste inskrywing> Hol ruimte tussen die dak van die mond en die onderkaak - waarin die tong beweeg.

monokulêr (molecular) M.b.t. ’n molekule.

monopolêr (monopolar, unipolar) <sien ook bipolêr; multipolêr> (unipolêr) - Met net een pool, uitsteeksel of terminaal.

monopolêre neuron (monopolar neuron, unipolar neuron) <sienook bipolêre neuron; multipolêre neuron> (unipolêre neuron) - Neuron met een enkele uitsteeksel wat onmiddellik verdeel in 'n akson en dendriet.

monosakkaried (monosaccharide, simple sugar) <lees ook disakkaried; polisakarried, sakkaried> (enkelsuiker) Eenvoudige suiker (koolhidraat) met die algemene formule CnH2nOn wat nie verder gehidroliseer kan word nie, bv. glukose of fruktose.

mortaliteit (mortality) <cf nataliteit> (sterftesyfer)

mortaliteit (mortality) <cf nataliteit> Die tempo waarteen individue van ’n bevolking in natuurlike toestande of weens ander oorsake sterf.

motiel (motile) Besit die vermoë om te kan beweeg.

motiliteit (motility) (beweeglikheid) M.b.t. motiel.

motoriese afasie (expressive aphasia) <lees kortikale motoriese afasie>

mRNA (mRNA) <lees boodskapper-RNA>

musculus (musculus, muscle) (spier) Weefsel bestaande uit vesels wat die eienskappe van prikkelbaarheid en sametrekbaarheid besit - word volgens hul mikroskopiese voorkoms in hartspiere, gladdespiere (onwillekeurige spiere) en dwarsgestreepte spiere (willekeurige spiere) ingedeel.

No comments :

Post a Comment