Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Mond. Show all posts
Showing posts with label Mond. Show all posts

26.1.23

Kruie vir Kwale: Stink asem

’n Tee gemaak van salie help vir seertjies in die mond.

♦♦♦

’n Sterk tee gemaak van basiliekruid is ’n goeie mondspoelmiddel vir seertjies in die mond of seer tandvleis. Spoel jou mond elke 30 minute daarmee uit.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir ’n seer mond.

♦♦♦

Kou vinkel vir slegte asem.

♦♦♦

Kou naeltjies vir slegte asem.

♦♦♦

Kou pietersielie as 'n teenvoeter vir slegte asem.

♦♦♦

Kou kruisement vir slegte asem.

♦♦♦

As jy knoffel geëet het, kou kardemomsaadjies in hulle omhulsels. Wanneer dit sag is, gooi die doppie weg en sluk die saadjies in, dit verbloem die reuk.

♦♦♦

Kou koffiepitte. Dit laat die asem weer vars ruik, selfs al het jy knoffel geëet.

♦♦♦

Nadat jy knoffel geëet het, neem 'n kwart glasie melk met 'n halwe teelepel vanielje essens.

♦♦♦

Trek pietersielie in kookwater en laat afkoel, gorrel dan hiermee.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

25.9.18

Brandwonde in die mond en keel

Hierdie tipe brandwonde kom gewoonlik voor wanneer iets baie warm gedrink word, chemikalieë gesluk word of baie warm lug ingeasem word.

Hierdie beserings is baie ernstig, omdat die weefsel in die keel baie vinnig swel en sodoende die lugweg kan afsluit.

Simptome en tekens
• Hewige pyn in die mond en/of keel.
• Beskadigde vel om mond.
• Moeilike asemhaling.
• Moontlike bewusteloosheid.
• Skok.

Behandeling
1. Stel die persoon gerus.
2. Gee die persoon ’n slukkie koue water.
3. Verwyder enige klere en juweliersware om die nek en borskas.
4. Indien die persoon bewusteloos is, maar normaal asemhaal, plaas in die herstelposisie.
5. Sorg dat die persoon sodra moontlik by die hospitaal kom.

7.3.16

Kaak en mond chirurgie

Na raming het byna 5% van die bevolking die een of ander soort kaakgebrek wat slegs deur chirurgie reggestel kan word. Moria praat met die chirurg dr Hermann Kluge oor hierdie prosedure en staan by terwyl hy die operasie op 'n jong pasiënt uitvoer.

7.1.16

Stink asem

Lek jou pols, laat droog word, om te ruik of jou asem stink.

Boereraat:

Gorrel in die oggend met een teelepel heuning en kaneel in warm water. Dit sal sorg dat jou asem meer vars bly deur die dag.

4.1.16

Mondhigiëne

Bakterieë tesame met speeksel en stukkies voedsel vorm plaak. Plaak verweer die tande vanaf die buitenste laag of emalje na die dentien. Tandbederf word gewoonlik te laat ontdek wanneer dit reeds te laat is om dit te herstel na die oorspronklike toestand. Tande is dan sensitief vir hitte, koue en suiker. Swak voeding en onvoldoende mondhigiëne is gewoonlik die grootste oorsake van gaatjies in tande.

´n Oormatige droë mond kan jou smaak sowel as die gesondheid van jou tande nadelig beïnvloed.

´n Slegte asem is gewoonlik ´n aanduiding van bakterieë wat werksaam is in die mond of moontlik ´n ander onderliggende mediese probleem. Ander moontlike oorsake is tandvleis-probleme, vuil tande, postnasale drip op die tong en keelinfeksie.

Korrekte borsel- en flosroetines hou die tande gesond en voorkom tandvleissiektes. Borsel die tande na elke ete en flos daagliks. Eet rou groente en vrugte in oorvloed en vermy gaskoeldranke. Spoel jou mond met soutwater uit in die geval van tandpyn of absesse totdat jy ´n tandarts kan besoek.

Dit is aanbevole dat jy jou dokter gaan spreek wanneer jou mond oormatig droog is, maar as een nie dadelik beskikbaar is nie kan een van die volgende dalk help of verligting bring:

Suig aan ´n harde suikervrye lekker. Vermy egter lekkers met ´n suurlemoen geur.
Kou suikervrye kougom.
Drink gereeld ´n bietjie water.
Haal asem deur jou neus.

´n Tandarts moet liefs geraadpleeg word vir ´n slegte asem. Behalwe vir bogenoemde kan jy kan egter self die volgende ook doen:

Besoek jou tandarts gereeld
Flos en borsel jou tande en tandvleis gereeld.
Vra jou tandarts om ´n borsel vir jou tong voor te stel
Kruie soos pietersilie, kruisement, naeltjies en vinkel kan gekou word.
Eet gereeld vars veselryke groente.

Soek mediese hulp indien simptome voortduur.

Boereraat:

Wanneer jou mond brand as gevolg van warm kosse soos kerrie of rissies, kan jy brood of seldery eet, of melk drink - moet nie water drink nie.

30.12.15

Behandeling van mondwonde

1. Vra die persoon om te sit met sy / haar kop vooroor en na die beseerde kant.

2. Plaas ’n skoon wondbedekking op de wond en oefen regstreekse druk uit daarop daardeur tussen die duim en vingers vas te druk.

3. Sê die persoon moet enige bloed in die mond uitspoeg.

4. Indien die bloeding na 10 tot 20 minute voortduur of indien dit ’n groot wond is, moet die persoon dadelik na die hospitaal geneem word.

5. Moenie die mond uitspoel nie. Dit kan bloedklonte versteur. Die persoon moet vir 12 uur lank warm drankies vermy.

9.12.15

Mondwonde

Snye aan die tong, lippe of binnekant van die mond wissel van onbenullige beserings tot groot wonde.

Gewoonlik word dit deur jou eie tande veroorsaak as jy ’n hou op die gesig kry of op jou gesig val.

Bloeding in die area kan wel erg wees oor die vel wat die bloedvate bedek hier baie dun is.

16.9.15

Bloed in die mond

Bloed wat uit die mond kom, kan ’n aanduiding wees van verskeie tipes beserings:

• ’n Klein hoeveelheid bloed wat jy uitspoeg kan ’n aanduiding wees van ’n fraktuur van die kakebeen.
• As jy donker, rooibruin bloed opbring is dit moontlik ’n besering van die spysverteringskanaal of moontlik ’n bloeiende maagseer.
• As jy vars bloed uithoes is dit moontlik ’n besering in die boonste lugweg.
• Helder skuimerige bloed wat uitgehoes word kan dui op ’n besering aan die longe.

10.10.12

Stink asem - probeer eers die tandarts


M***** L******** skryf :

"Wil graag net weet: My seun sukkel met sinusitus & het jaar gelede erg mangelonsteking gehad. Ek kom agter die afgelope maand dat sy asem 'n geweldige slegte reuk het. Wat sou u aanbeveel?"

Antwoord :

'n Tandarts is gewoonlik jou eerste stop as dit kom by 'n stink asem. Flos hy gereeld? Voedsel wat in die tande bly kan bakterieë versamel wat 'n stink asem tot gevolg het. Kyk ook na sy eetgewoontes. Sekere voedsel soos knoffel en uie kan 'n slegte asem veroorsaak. Rook veroorsaak ook dat jou asem nie goed ruik nie. Dit kan ook die sinusitus wees (of 'n ander onderliggende probleem). Infeksie van die lugweë kan 'n stink asem veroorsaak. Indien die tandarts sê dat al die goed waarvoor hy kyk lyk reg moet jy hom na die dokter neem.