Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



6.3.24

Blaasinfeksie / Urienweginfeksie

Infeksies word dikwels veroorsaak deur besmetlike stowwe wat in die inwendige organe beland. Moegheid, koue en bloedarmoede kan jou weerstand teen infeksies verswak.

Raadpleeg jou dokter dadelik indien jy vermoed dat jy ´n blaasinfeksie het.

Boereraat:

Drink 'n bietjie koeksoda in gekookte water.

♦♦♦


Sien ook Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

92 comments :

  1. Anonymous28/7/09 08:14

    Hoeveel uriene kan 'n mense se blaas hou? My blaas is baie gouer vol as die gemiddelde mens. Ek beland telkemale in situasies waar ek moet knyp. Is dit gesond om so baie te knyp? Kan jou nier seerkry, of jou blaas skeur (bars)? Ek weet nooit hoe lank ek kan knyp voordat dit te laat is nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous10/1/24 19:54

      𝑨𝒔 𝒆𝒌 𝒑𝒊𝒆 𝒆𝒏 𝒗𝒆𝒆 𝒏𝒚 𝒂𝒇 𝒅𝒂𝒏 𝒊𝒔 𝒅𝒂𝒓 𝒃𝒊𝒆 𝒃𝒍𝒐𝒆𝒅 𝒐𝒑 𝒕𝒐𝒊𝒍𝒆𝒕𝒑𝒂𝒑𝒊𝒆𝒓 𝒘𝒂𝒕 𝒌𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒕 𝒘𝒆𝒆𝒔 𝒐𝒇 𝒃𝒍𝒂𝒂𝒔 𝒊𝒏𝒇𝒆𝒌𝒔𝒊𝒆

      Delete
    2. Anonymous10/1/24 19:56

      𝑲𝒐𝒎 𝒃𝒍𝒐𝒆𝒅 𝒗𝒐𝒐𝒓 𝒊𝒏 𝒃𝒍𝒂𝒂𝒔 𝒊𝒏𝒇𝒆𝒌𝒔𝒊𝒆

      Delete
    3. Anonymous11/1/24 10:05

      Dit kan, maar ek sou eers na ander opsies kyk. Het jy al oorweeg dat jou siklus dalk net uit is.

      Delete
  2. Suster Barbara Pelser28/7/09 08:15

    Ek wonder hoe jy jou blaaskapasiteit gemeet het? Wat sien jy as "'n gewone mens" se kapasiteit? Jy hoef jou nie bekommer dat jou blaas sal bars nie.Dit is 'n sterk spier en kan heelwat rek. Lank voor dit gebeur, sal die knyper (sfinkter) van die blaas weens die drukking meegee, en sal daar van die uriene uitlek. Om gedurig te knyp is nie goed nie, omdat die stase van uriene wel infeksie in die blaas kan veroorsaak. Hierdie infeksie kan deur die nierpype versprei na jou niere. Die voortdurende drukking kan ook die sfinkters verswak, wat dan kan lei tot inkontinensie (lek van uriene - minder beheer oor jou blaas) Knyp dus maar eerder 'n tydjie af om minder te knyp!

    ReplyDelete
  3. Ek het 'n blaas probleem. Ek voel ek het 'n groot behoefte en as ek wil urineer dan is dit baie min. En daar is ook bloed in my urine. My blaas pyn verskriklik asook my rug. Wat kan dit wees en wat kan ek daaromtrent doen?

    ReplyDelete
  4. Anonymous28/7/09 08:16

    Indien daar bloed in jou urine is moet jy so gou as moontlik by 'n geneesheer uitkom!

    ReplyDelete
  5. As 'n mens blaasinfeksie kry is dit moontlik dat 'n mens kan swanger wees?

    ReplyDelete
  6. Anonymous28/7/09 08:17

    Blaasinfeksies word beslis nie gebruik as aanduiding vir swangerskap nie. Blaasinfeksies is wel meer algemeen tydens swangerskap en moet behandel word.

    ReplyDelete
    Replies
    1. As jy blaasinfeksie gekry het terwyl swnger en nie behandel is nie het nou kroniese blaasinfeksie wt help vi dit ?

      Delete
    2. Kom naarhyd ook voor by blaasinfeksies?

      Delete
    3. Kom naarheid ,maag ontsmaaklikheid en naarheid by blaasinfeksies voor.

      Delete
    4. Dis nie normaalweg simptome van blaasinfeksie nie.

      Delete
    5. Anonymous25/4/23 19:23

      Soek hulp vir blaasinfeksie antibiotics help nie

      Delete
    6. Anonymous26/4/23 11:04

      http://www.boererate.com/2013/02/kruie-vir-kwale-blaasinfeksie.html

      Delete
  7. Ek is gestrem (nekbesering) en sukkel met my blaas. Is dit moontlik die probleem as die hond op die bed slaap. Die bed is altyd vol hare.

    ReplyDelete
  8. Anonymous28/7/09 08:18

    Nog nooit gehoor dat dit blaasinfeksie veroorsaak nie. Sorg net dat hy nie die bed te vuil maak nie.

    ReplyDelete
  9. Anonymous28/7/09 08:19

    My blaas stink. As ek gaan piepie vee ek mooi af maar daar is altyd is stink reuk. wat moet ek moet.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/8/23 21:17

      Hoe werk dit piepie te veel? Wat is fout dit? Watter moet stroop mediesie gee?

      Delete
    2. Anonymous16/8/23 08:10

      As jy te veel piepie kan dit ook inkontinensie wees, en verskeie ander oorsake. Die behandeling sal afhang van die oorsaak. Die beste raad nou is om kliniek toe te gaan en te hoor hoekom dit gebeur.

      Delete
  10. Anonymous28/7/09 08:19

    Dit is waarskynlik 'n urienweginfeksie. Raadpleeg jou dokter. Vir 'n gewone infeksie word antibiotikum voorgeskryf.

    ReplyDelete
  11. Nathascha Kruger28/7/09 08:20

    My dogter is 14 jaar oud en sukkel gereeld met naarheid. dit is so erg dat sy, soos vanoggend nie skool toe is as gevolg daarvan, sy kla ook gereeld dat haar maag brand. Ek weet nie meer watter rigting nie, sy gebruik net 'n asma pompie, ons probeer dat sy eet nadat sy reeds 'n rukkie op is in die oggende. Wat kan die oorsaak wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dis is beslis nie urine infeksie nie... eerder n mantelvlies breuk

      Delete
    2. Anonymous2/6/22 05:35

      Kinders moet gereeld ontwurm word Lees asseblief hoe belangrik ontwurming by mens en troeteldier is

      Delete
    3. Anonymous8/6/22 08:28

      Natacha Kruger ek het so erg naar geword soggens. Dr aanbeveel om iets te eet voor jy opstaan. Dalk net n beskuitjie en en tee. Koffie het my naarheid vererger op my Lee maag. Later deur die dag kan ek koffie drink dan is dit okay.

      Delete
    4. Anonymous4/10/22 06:50

      let dr test your liver

      Delete
    5. Hi daar my Blaas pyn verskriklik en dit get my mag ook laat pyn dis Al van gister af nadat x did kliniek besoek het toe gee die dokter my pile x kn Nie op my mag le Nie Ek siek Raad Vir hierdie problem wat Kan Ek gebruik

      Delete
    6. Gaan kyk gerus by die volgende skakel. Daar is verskillende boererate: http://www.boererate.com/2013/02/kruie-vir-kwale-blaasinfeksie.html

      Delete
  12. Anonymous28/7/09 08:21

    Ongelukkig moeilik om te bepaal sonder 'n ondersoek aangesien die simptome te wyd is. Beter om haar na 'n dokter te neem. Indien die pyn in haar lae bekken is kan dit gewoon 'n urienweginfeksie wees.

    ReplyDelete
  13. Ek is n 17jarige dame ek het vanoggend toe ek opad kombuis toe war vreeslike pyn in my blaas gekry ,toe ek n happie sop en slukkie koffie neem toe word ek naar. Toe gan ek trug kamer toe ma opad soontoe, was ek heavy duislig en kon amper niks voor my sien nie en my lyf het lam geword. Ek het toe op my bed kom le en die pyn op my blaas het bedaar ma as ek beweeg dan raak hy seer! Wat is die oorsake? Ek wil ok graag weet, ek en my kerel het sex gehad ma dit was die eerste keer vimy, ek het ni gevoel dat my virgin gebreek het nie en hy ook nie, en ek word ni bevredig nie! Ek is bang om saam my ma doktor toe te gaan want dan weet sy dat ek en kerel saam sex gehad het. Enige antwoorde asb? Ek stres.

    ReplyDelete
  14. Anonymous28/7/09 08:22

    Ongelukkig sal jy by 'n dokter of 'n gesondheidswerker moet uitkom vir 'n diagnose. Is daar nie 'n kliniek in jou omgewing of 'n staatshospitaal waar jy vir 'n bekostigbare fooi vir 'n ondersoek kan gaan nie. Die simptome wat jy beskryf kan meer as een oorsaak hê. Sê byvoorbeeld jy het 'n urienweginfeksie, iets algemeen en selde skadelik, maar deur ernstige infeksie onbehandeld te laat kan dit na jou niere versprei en baie skade aanrig.

    ReplyDelete
  15. Vicky Greeff28/7/09 08:22

    Ek sukkel al drie keer hierdie jaar met 'n infeksie, ek weet egter nie of dit blaasinfeksie of 'n vaginale infeksie of swam is nie...Ek was in juliemaand die jaar toe ek dit gehad het dokter toe en hy het gesê dat ek erge blaasinfeksie het. In die begin van die jaar het ek nierpypontsteking gehad. Ek sit nou weer met dieselfde..Ek moet gereeld toilet toe hardloop, en met tye is dit so seer dat ek wil huil as ek urineer..Daar is nie 'n afskeiding nie..Wat kan dit veroorsaak, want ek weier om weer dr toe te gaan..Ek loop heeldag kaalvoet op koue teels, ek drink ook glad nie gereeld water nie..Kan seksuele aktiwiteit dit veroorsaak?

    ReplyDelete
  16. Anonymous28/7/09 08:23

    Vicky, dit kan baie ernstig raak wanneer 'n urienweginfeksie die niere begin aantas. Jou niere is baie belangrik omdat dit afvalstowwe uit jou bloed verwyder. Ongelukkig sal jy iewers moet gaan vir 'n goeie ondersoek en toetse. Daar moet vasgestel word of daar dalk 'n fisieke abnormaliteit is wat jou vatbaar maak vir infeksie. Moontlike toetse sluit in 'n sistoskopie, 'n ultraklankskandering en 'n binneaarse piëlogram vir x-strale. Die toetse kyk na jou niere en blaas. Intussen kan jy bossiebessiesap (cranberry) en meer water drink om jou probleem te verlig.

    ReplyDelete
  17. Mev. Brand28/7/09 08:23

    Goeie naand, ek skryf om meer uit te vind oor die onderwerp. My ma is 4 jaar gelede gediagnoseer met maagkanker, waar haar maag dan verwyder is. Wat my egter pla is dat sy die afgelope 2 maande omtrent elke 2de week kla oor blaasinfeksie. Ek verstaan glad nie. Sy het 2 weke gelede weer gekla en omtrent die apteek leeg gekoop - die apteker het vir haar pille gegee, sy drink sitrussoda, nog iets wat die suur neutraliseer en dan was daar nog iets - kan nie onthou nie. Sy is in 'n versorgingsoord en is 74jaar oud. Sy drink water maar ek twyfel of dit genoeg is. Sy drink daagliks 2 Panado kapsules. Volgens haar kry sy die infeksie van die toilette maar dit maak nie vir my sin nie. Sover aswat ek weet kan sy nie daarvan infeksie kry nie. Help my asb in hierdie verband WANT ek is regtig moeg om elke week te hoor van die blaas. Daar moet mos 'n oplossing wees. Ek wil ook graag weet wat alles blaasinfeksie veroorsaak. Baie dankie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous9/1/14 07:11

      Ek wil net noem dat my moeder (52 jaar oud) kry ook maklik blaasinfeksie by publieke toilette.

      Delete
  18. Anonymous28/7/09 08:24

    Dit kan 'n baie frustrerende situasie raak. Die enigste manier om die probleem op te spoor gaan wees om haar vir toetse te stuur. Mens moet ook versigtig wees om goedsmoeds medikasie vir 'n bejaarde persoon te gee.

    ReplyDelete
  19. Anonymous28/7/09 08:24

    Ek sien in u rubriek dat u aanbeveel dat die dame wat bloed in haar unrine het dadelik haar GP moet besoek. Ek sit met die probleem al hoe lank. Elke keer is daar leukosiete en +4 bloed. Maar dan moet ek sê dan is ek siek. Naar,hoofpyn dit voel of dit agter in my rug onoudhoudbaar seer is. Sommer mislik met erge pyn bokant die haarlyn.

    Na die Urizone wat gewoonlik die simptome verlig en gewone antibiotika soms 1000mg twee per dag. Ek was in Pretoria vir scope en die uroloog meen ek het 'n probleem blaas en moet verlief neem. Dit is aaklikg regtig en soms is ek so siek dat ek in die bed bly met 'n warmwatersak in my rug se omgewing

    ReplyDelete
  20. Ek het so 2 maande terug 'n dokter gaan sienoor pyn net onder my maag, die dokter het vir my
    gese dit is blaas infeksie ( maa met blaas infeksie moet jou uriene brand ) en my uriene het nie
    gebrand nie. Hy het vir my antibotika voorskryf en die pyn het weggegaan en weet 'n maand later terug
    gekom. Toe besluit ek toe om na 'n ander dokter toe te gaan, hy het toetse ( urien ) gedoen en ook gese dis
    blaas infeksie op sy ergste ( maar wat ek nie kon verstaan nie die uriene het nie gebrand of was seer as ek
    toilet toe gegaan het nie.) Toe verwys hulle my na 'n uroloog hy se toe dit is nie blaas infeksie nie en stuur
    my vir 'n ( Sonar, Bloed toetse en Uriene toetse ) die uitslae het gese iets van geswelde eierstokke en die
    Uroloog het my terug gestuur na my eie huis dokter waar hy gese het die sonar is nie duidelik nie en kannie
    sien wat binne my aangaan nie. Toe gee hulle my 'n brief om 'n gynie te gaan sien, toe besluit ek dat ek die
    gynie nie dadelik gaan sien nie want die pyn was weg. Op 25 Junie 2009 het die pyn efens begin terug kom
    ek weet nie of ek na 'n gynie toe moet gaan nie want my medies is uitgeput en ek voel net dat hulle my geld
    mors en niemand kan my help nie. Kan julle my dalk help met antwoord of huis remedies wat my dalk kan help
    ek is regtig raad op.

    ReplyDelete
  21. Anonymous16/9/09 09:14

    My ma is 53 jaar oud, en sukkel vanaf 6 jaar gelede met erge chroniese
    blaasinfeksie/urienweginfeksie. Sy het al die tipiese simptome:
    brandende en welriekende uriene, pyn in haar blaas en niere, koors en
    insomnia, naarheid en sweet, ens. Sy het voorheen probleme gehad om
    haar blaas ordentlik te laat ledig aangesien haar spiere nie wou ontspan
    nie, maar het medikasie ontvang wat op haar brein werk en wat wel help
    daarvoor. My probleem is dat sy die laaste 2 maande aanhoudend
    blaasinfeksie kry, al gebruik sy elke keer die volle kursus antibiotika
    klaar; 2 weke later is die infeksie maar weereens terug en moet sy
    weereens antibiotika gebruik. Dit kan nie goed wees nie want behalwe
    dat dit die "goeie" bakterieë in haar liggaam vernietig, vermoed ek sy
    is besig om resistent te raak teenoor die aanhoudende gebruik van
    antibiotika. Sy was al by 3 uroloë, wat haar deur verskeie toetse gesit
    het, en elke keer antibiotika voorgeskryf het, maar die laaste tyd help
    dit nie meer nie. Haar hele lewe word omver gegooi; sy is 'n uiters
    gedissiplineerde persoon wat als moontlik doen om haar toestand te
    verbeter: Sy gebruik ongegeurde seep, dra katoenonderklere wat nie styf
    sit nie, drink baie water en urineer gereeld en sover moontlik volledig,
    drink elke dag "cranberry juice" of "cranberry"tablette, eet amper net
    groente en vrugte en yogurt, drink vitamienes (o.a. Bestum, Enchinaforce
    en probiotika), vermy kosse en drankies met suur, kaffeïene en suiker,
    urineer voor en na seks, gebruik geen spermasiede nie, vee haar na
    toiletgebruik van voor na agter af met toiletpapier, drink amper elke
    dag Citro Soda, ens. Sy drink Detrunorm 1 maal saans en Ethipramine 15
    mg soggens en 25 mg saans. Vir haar infeksies gebruik sy Coxflam 15 mg.
    Sy gebruik tans ook Utin.
    My ma se lewenskwaliteit word werklik aangetas deur hierdie
    voortdurende en hardnekkige probleem. Kan iemand ons asb. raad gee oor
    moontlike ander medikasie (Pyridium help nie meer nie) wat haar toestand
    moontlik kan verbeter?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/4/15 13:01

      Ek het dieselfde probleem al vir 19jaar,geen dr kan my help nie.van Januarie al deur drie kursusse antibiotika.Ek het op internet op dmanose afgekom wat help vir die brand maar genees my nie.google dmanose (reg gespel).Dit help en vat die brand weg.Laat sy dit probeer;

      Delete
  22. Hoekom is dit as 'n mens swanger is, kry 'n mens so gereeld blaas infeksie? Ek het glad nie 'n probleem met so iets as ek nie swanger is nie maar ek is nou 'n 2de keer swanger en sukkel weer met blaasinfeksie.

    ReplyDelete
  23. Ek weet nie wat dit is nie, nie seker of dit infeksie is of wat nie. Ek het goed wat uit my loop wat lyk soos melk. Ek sukkel al vir jare daarmee ek het nie geld om dokteer toe te gaan nie. Wil net weet of enige iemand dalk vir my raad het en miskien weet wat dit is?

    ReplyDelete
  24. Anonymous24/6/10 03:18

    'n blaas kan 600ml vloeistof hou en slegs die helfte word uit geurineer.

    ek is 17, ek het nie seksuele omgang nie, glad nie! ek lei 'n redelike gesonde lewe maar drink nie 8 glase water per dag nie, eerder ongeveer 3 of 4.
    onlangs het ek vreeslike pyne ervaar wanneer ek urineer (slegs aan die einde net voordat ek afvee) dit gaan nie maklik weer weg nie en maak dit baie moeilik om te slaap daarna. ek het al bloed geurineer maar nie in 'n erge mate nie.
    ek het nie 'n goeie verhouding met my ma nie so ek het dit nog net slegs vir my kerel en my suster vertel. om daardie selfde rede wil ek ook nie na 'n dokter toe gaan nie.
    as ek meer water drink is dit so effe minder pynvol, maar ook net vir 'n rukkie. wat stel julle voor?

    ReplyDelete
  25. ek is 'n gesonde, fikse dame van 24.Ek oefen elke dag en eet gesond maar op naweke eet ek die goedjies wat ek so erg hunker in die week. (let wel nie oordoen nie!) ek drink baie water; 'n gesonde 8 glase elke dag. maar onlangs het ek bevind dat ek ongelooflik baie die toilet besoek (te veel na my sin; elke halfuur) Dit si asof ek iets in neem dan moet ek toilet toe om te urineer. Is dit dalk blaas infeksie of maar net my manier van stowwe afskei(want ek is nie 'n mens wat regtig sweet nie)?

    ReplyDelete
  26. Anonymous18/8/10 08:28

    Ek is 50, maar n baie lewendige 50. Ek het elke dag seer aan my regterkant van my sy-rug. Dit is net so by die boud been. Dit is baie erg in die oggend dan sukkel ek om te buk. Ek probeer altyd as ek skielik buk om nie op die regterbeen te trap as ek buk nie, want dit is baie seer. Ek voel die pyn ook baie erg as ek hoes. Ek slaap nou met n kussing tussen my bene, gedink dit sal help, meer dit doen nie.

    ReplyDelete
  27. Anonymous18/8/10 11:24

    Klink soos 'n spier of senuwee wat iewers vasknyp of verkeerd trek. Jy moet 'n dokter daarna laat kyk.

    ReplyDelete
  28. Goeie dag,

    Ek wonder of u my kan help. My dogter is 32 weke swanger en sy het die naweek uit gevind die baba het 'n vergrootte blaas en hy piepie nie, sy het ook nie meer groei spasie in haar maag nie, die naelstring gee nie genoeg kos deur vir hom nie. Hy het ook 'n "haaslippie"
    Hulle was vandag by Joburg Gen en van plek na plek gestuur nou moet hulle terug gaan in 2 tot 3 dae.
    Wat staan ons te doene asb? Kan dit haar liggaam vergiftig?

    Byvoorbaat baie dankie

    Groete

    ReplyDelete
  29. Anonymous2/3/11 10:16

    Daar behoort nie ernstige komplikasies te wees vir u dogter nie. Ek is seker die dokters sal hul oog op die situasie hou.

    ReplyDelete
  30. Anonymous28/3/11 13:24

    Die afgelope 3 maande sink my urine verskriklik. Dit ruik amper so gebrande rubber. As ek en my man gemeenskap gehad het, reuk dit dieselfde; die afskeiding. Wat kan dit wees? Is dit iets waaroor ek bekommerd moet wees?

    ReplyDelete
  31. Anonymous13/4/11 10:26

    Dit klink asof jou vagina se ph versteur is. Dit kan as gevolg van verskeie dinge wees; iets in jou dieet? bakterie? geparfumeerde sanitere doekies / room?

    Jy kan jou dokter vra vir medikasie of jy kan dit natuurlik behandel deur jogurt te eet en baie water te drink.

    ReplyDelete
  32. Anonymous26/7/11 09:16

    Hey almal

    Ek kom agter as ek gestres is en antibiotika gebruik kry ek baie gou urieninfeksie/Blaas.
    Wat kan ek gebruik !!! ek kry dit baie!!!!.Ek het ook erg pyn onder in my buik, En my uriene het soms n baie sterk reuk, Ek drink baie water elke dag en eet af en toe jogurt .

    Kan iemand dalk help met raad asb .

    Baie dankie vir almal
    mooi daggie

    ReplyDelete
  33. Anonymous3/8/11 10:25

    Eet meer knoffel. Antibiotika vernietig die natuurlike flora in die maag; knoffel help om dit te herstel. Hoop dit help!

    ReplyDelete
  34. Anonymous4/10/11 21:26

    ek moet gereel urineer. nadat ek die badkamer besoek het brand die area waar ek afgevee het vir omtrent n half uur nadat ekbadkamer toe was. ek ondervind wel inflimasie in die area. kan die toiletpapier wat mens gebruik infeksie veroorsaak en kan "Topical cream gebruik word om dit te verlig? die simptome is erger in die oggend en aand

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/2/12 10:25

      Jy kan begin om gewone jogurt te eet, dit kan help met jou probleem. Verder moet jy probeer uitvind wat die probleem veroorsaak. Gaan praat met 'n dokter.

      Delete
  35. Anonymous4/10/11 21:26

    ek moet gereel urineer. nadat ek die badkamer besoek het brand die area waar ek afgevee het vir omtrent n half uur nadat ekbadkamer toe was. ek ondervind wel inflimasie in die area. kan die toiletpapier wat mens gebruik infeksie veroorsaak en kan "Topical cream gebruik word om dit te verlig? die simptome is erger in die oggend en aand

    ReplyDelete
  36. Help asb. Ek weet nou nie meer wat om te doen nie. Waarom kry ek so aanhoudend ontsteking in my blaas. My blaas is nie so seer nie. die urine brand net en my sy agter in my rug en in my buik links is seer. Ek kry alewig pille by die dokters en drink sitrasoda, maar oor 'n paar dae of selfs 2 dae se kant is dit maar weer terug. Sodra ek die medikasie los of dit klaar is dan is die probleem weer terug! Ek drink ook baie water, maar sodra ek iets soos 'n energie drankie soos Berocco drink het ek weer 'n probleem. ek drink glad nie alkohol nie en rook ook nie. ek leef so gesond as moontlik.

    Kan u my asb help met raad.

    Dankie
    J

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous20/2/12 10:42

      Jy kan 'n dieetkundige vra om na jou dieet te kyk. Probeer ook jogurt om die bakteriale balans reg te stel.

      Delete
  37. Ek is 24 jaar oud die afgelope 2weke gaan ek gereeld toilet toe en kry baie afskeidings deur die dag en dis elkedag die selle simtome da is nie n reuk nie en my uriene brand my nie.Wat kan die veroorsaak wees van die probleem en is dit ernstig. Baie dankie

    ReplyDelete
  38. Anonymous7/1/12 20:05

    Ek wonder of julle my kan help.. Eks 15 jaar oud en ek het al ewig rug pyn en my urine brand verskriklik baie voel of ek wil huil en as ek piepie is dit net 2 druppeltjies maar voel of my blas vol is.. Ek en my ou het al 3 keer sex gehad en het nooit die probleem voorheen gehad nie maar nou na die 3de keer het ek!! Ek wil ook nie Dokter toe gaan nie want my ma sal nie baie inpress met my wes nie..
    Enige raad asb??????

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/8/14 20:17

      Hou op om seks te he.jy heeltemal te jonk.daar nog baie tyd vir dit.as ek j ma was sou ek ook ni impress met j gewees het ni

      Delete
  39. Anonymous8/1/12 09:51

    Ek is 21 weke swanger en het blaasinfeksie opgedoen. My dokter het antibiotika voorgeskryf wat gehelp het.
    So 'n week terug het my een nier ongelooflik begin pyn - ek is weer terug dokter toe wat weer vir my ander antibiotika voorgeskryf het. En my uriene weggestuur het het vir toetse. Ons wag nog egter op die uitslae.
    Ek wil weet of daar enige ander raad is wat ek kan volg (behalwe antibiotika, panados en warmwatersak)?

    Die pyn is nog niks beter nie!

    ReplyDelete
  40. Anonymous10/1/12 13:31

    Middag

    Ek wil net uit vind, ek was nou 'n week terug by die dokter gewees toe se hy vir my ek het erge blaas infeksie, dit is vandag 'n week later en het nou al my antiobiotieka pille gedrink en ek het nog steeds vrek seer. voel of my blaas los geskeer is. As ek in mekaar sit is die pyn stiller maar ek moenie beweeg nie, dan tjop ek af. As ek ook gaan piepie dan voel dit of iemand 'n mes in my maag steek so erg is dit.
    Wat kan dit wees?

    ReplyDelete
  41. Anonymous23/1/12 12:41

    Middag.
    Ek het 'n ongelooflike probleem met my blaas (ek dink dit is my blaas ?) - ek urineer oor die algemeen baie baie meer as die "normale" mens. Ek sit nou met die probleem dat ek kort kort (tien min uit mekaar) wil urineer waarna daar net 'n paar druppels uitkom en my blaas dan voel of hy wil "bars" - hy voel of hy opswel en dan is die gevoel van 'n vol blaas tienvoudig ! Die gevoel bly 'n ruk en is dit ongelooflik ongemaklik (nie seer nie, maar amper 'n lekker gevoel).
    Ek kry nie kans om na 'n dr toe te gaan nie, siende dat ek ongelooflik besig is by die werk en drink ek Effersol. Is dit ernstig of kan ek aangaan met die effersol ?

    ReplyDelete
  42. Anonymous12/4/12 23:47

    goeie nag ek wil net graag uitvinind ek was dinsdag by die kliniek ek is 19 en het bloedruk toe hulle my urine toets het di suster bloed in dit gekry, mar angesien ek geen pyn ondervind het,het hulle my niks voor geskryf.Nou na ek klaar toilet gebruik het kry ek 'n verskriklike pyn en my blaas en rug pyn ook baie dis nou al twee dae en ek kan nie weer my nood knyp en my blaas bly vol.Wat kan dit wees?

    ReplyDelete
  43. Goeie dag almal

    ek sit met 'n blaas infeksie dus nou al 2 weke ek het citrus soda, vaginale room, cranberry sap en hyospasmol geprobeer wat ek by die apteek gekry het. As ek toilet toe gaan is di pyn verskriklik erg en daar is bloeding op die papier somtyds meer as ander. moet ek dokter toe gaan.

    Dankie
    Jacky

    ReplyDelete
  44. Goeie naand. Ek is 25 en sukel vandat ek kan onthou met blaasinfeksie. Ek weet ek moet weer n dokter gaan sien maar ek soek asb raad vir nu sodat ek deur die nag kan kom en slaap, my urine brand verskriklik, soos in ek wil huil. Die ergste is dit gaan nie weg as ek klaar is nie, dit brand aanhoudend, wat kan ek nu doen om die brand weg te kry. Het reeds citrosoda gedrink maar dit werk nie, groot asb ek is desperaat?

    ReplyDelete
  45. Goeie dag
    Ek wil weet was nou al 2 Keer by di dokter met blaas infeksie di week. Sodra ek urine Dan brand dit dat ek skaars kan loop of sit , hul Se dis di Purbac antibiotika wat ek drink wat dit veroorsaak, ek bloei ook al as ek urine.Kan dit di antibiotika wees? En wanneer sal dit beter raak ? Ek eet yogurt en drink water+cranberry sap.


    Dankie
    M

    ReplyDelete
  46. Anonymous2/9/16 14:19

    Citro-soda is di grootste gif vir blaasinfeksie ,ek het van kleins af blaas infeksie probleme en almal se j moet citro-soda drink,wat n fout,dit maak dit net erger want dis 2 sure wat teenmekaar werk,ek gebruik nou ceystemme ds n antibiotika en dt werk soos n bomb
    probeer dt gerus

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kan ek dit oor die toonbank koop of moet ek n voorskrif he

      Delete
  47. Hi. Ek is nie seker wat die probleem is nie maar ek kry erg steek pyne in my blaas. Ek het baie blaasinfeksie as kind gekry maar ek kan glad nie onthou dat ek sulke pyne gekry het nie. Dit band ook soms as ek toilet toe gaan. Ek het ook baie stres by my werk en kan ook nie gereeld op staan om toilet toe te gaan nie. Wat kan dit wees?

    ReplyDelete
  48. Anonymous3/2/17 05:27

    Ek het infeksie Gekry Nadat ek op antibiotika was vir boonste lugweg infeksie. Ek het jogurt geeet om die bakterie balaans te Hershel. Nou na 'n week het ek geweldig pyn as ek urineer. Ek het ook gister 'n ligte bloeding in my urine. Enige raad?

    ReplyDelete
  49. Ek het presies n week terug seks gehad en het 4dae na die tyd blaasinfeksie gekry wat nou na my niere toe geskryf het. As ek dokter toe gaan sal dit in die blaasinfeksie toets wys dat ek seks gehad het en sal dit wys of ek swanger is? Ek het ook bitterlik min water gedrink en my piepie ingehou en boonop baie kitskos geeet. Kan dit dalk die probleem wees?

    ReplyDelete
  50. hello, ek is 32 jaar oud en die maand het ek nie my period gekry nie, my boorste is seer. wat is die oorsaak hiervan?

    ReplyDelete
  51. Hi

    Kan iemand help asb my maanlikse tyd is kla verby maar ek het die vreeslikste pyn op my blaas en kom biekie bloed uit wat kan dit wees enige raad asseblief

    ReplyDelete
  52. Hi

    Hoop iemand kan my help ekt 2 weke terug my tyd gehaat maar van gister af het ek die aakligste pyn op my blaas met n bq bloed en gaan kort kort toilet toe asb help enige raad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous13/2/18 12:32

      Wees veilig en kry mediese hulp.

      Delete
  53. Anonymous17/6/18 18:30

    GOEIE NAAND ENIGE RAAD VIR MY ASB, MY DOGTER WORD AL 11 DIE JAAR EN ONS SUKKEL MET HAAR BLAAS DIS ASOF DIE SPIERE NIE GENOEG TOE KNYP NIE EN HAAR BREIN NIE VINNAG GENOEG DIE SINTUIG DEUR STUUR DAT DIE BLAAS VOL IS NIE EN AAN ELKE DAG SE EINDE IS HAAR BROEKIE GEURIENEER. EKS AL MOEDELOOS, EK HET HAAR AL BY N DOKTER GEHAD, HUL HET TOETSE GEDOEN EN HAAR OP MEDEKASIE GESIT EN GEEN VERBETERING NIE, EK HET HAAR OP NATUURLIKE KRUIE OOK GEHAD EN OP NATURA ENUR, MAAR NOGSTEEDS GEEN VERBETERING NIE. ENIGE ADVIES ASB

    ReplyDelete
  54. Gedurig sex begin ek heavy bloei. Dit het nou al 2keer met my gebeer en ek's bang om weer sex te het. Ek kry soveel pyn in my blaas dat dit voel of ek geboorte gaan skenk aan n baba. Ek's 32 en bekommerd

    ReplyDelete
  55. Hi daar.. Ek wil weet of het ek blaas ontstekking. Alles is dood normaal tot ek moet gaan piepie. As ek amper klaar gepiepie het kry ek so steek gevoel en asof ek dan nog wil piepie maar kan nie. Ek het geen pyne of koors of iets nie. Dis net as ek amper klaar gepiepie het kry ek daai gevoel. Wat lan ek doen

    ReplyDelete
  56. Hi kan jy my se of ek infeksie het asb. Ek het geen koors en geen pyn....maar as ek gaan piepie dan is alles ok tot ek amper klaar gepiepie het dan kry ek so steek gevoel en dit voel of ek nie kan ophou piepie nie. Asof ek vir baie baie lank geknyp het.

    ReplyDelete
  57. Goeie dag. Wil net graag weet. Was vir 2 jaar nie seksueel aktief nie. Het na 2jr
    seks gehad. As ek urineer voel dit asof iets wil uitval uit my vagina. Pynlik
    vir so 2 sekondes. Wat kan fout wees en wat kan ek daarvoor gebruik

    ReplyDelete
  58. My ma is 71 jaar oud.
    Haar blaas sak uit en het kronies blaasinfeksie met bloed in uriene.
    Enige raad.sy kan net staats hospitaal toe gaan om blaas te lig.
    Is diy n gevasrlike operasie op haar ouderdom

    ReplyDelete
  59. Anonymous11/3/22 00:18

    hello ek is 20jaar oud en ek sit met verskriklike blaaspyn en lae-rug pyn.Dit is soms so erg dat my bene voel asof dit lam raak.As die pyn kom is dit verskriklik seer.Ek was al by n kliniek en hulle het my net verseker dat niks fout is sonder om enige medikasie te gew.Is daar enige raad wat ek dalk kan volg om uit te vind wat die probleem is?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/3/22 13:43

      Dit klink baie erg. Miskien moet jy 'n tweede opinie elders kry. Intussen kan jy kruisementtee probeer as medikasie, of as dit nie werk nie, 5 druppels brandnetel elke 2 uur. Hoe om jou druppels te maak:
      Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.

      Delete
  60. Anonymous21/6/23 12:26

    Urine kan gekweek word in lab om vas te stel watter antibotika voorgeskryf kan word. My urien infesie of blaasinfesie is onder beheer nadat my urine gekweek was vor die tipe bakterie wat dit veroorsaak

    ReplyDelete
  61. Anonymous11/8/23 23:38

    Kan u help ek het erge seer blaaspyne Mar is nie swanger nie wat Kan dt wees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/8/23 10:30

      Daar kan verskeie oorsake wees. As jy weet wat die oorsaak is kan 'n behandeling voorgestel word. Daarom is dit belangrik dat jy 'n kliniek of dokter besoek vir 'n diagnose.

      Delete
  62. Anonymous22/9/23 08:44

    Hi so ek het gister toe nou Vir my aner voorbehoed inspuiting gekry...hier na Die aand SE kant kom da su lam gevoel oor my blaas,ek Gaan sit op Di toilet ,eers urine ek,na dit Dan is dit is nou lat ek moet pou .die pyn sit daar terwyl ek nog sit,maar Al's rak ook net su warm ,benoud...Kan u Vir my SE wat Kan dit wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous26/9/23 08:09

      Dit kan beslis die nuwe inspuiting wees. As jou liggaam nie aanpas daarby nie, moet jy eerder terug na waar jy dit ontvang het en inlig oor jou toestand.

      Delete
  63. Anonymous23/1/24 22:47

    Piepie aanhoudend, drink baie water, ek is diabeet, hoe stop ek dit, maak my baie moeg.. Help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/1/24 13:53

      Dit is 'n algemene simptoom by persone met diabetes. Jou dokter behoort te kan help met medikasie hiervoor. Dinge wat jy kan doen sluit in:

      Drink 'n glas water eerste ding in die oggend.
      Drink so 6 tot 8 glase water per dag.
      Moet geen vloeistowwe drink 2 tot 3 uur voor jy gaan slaap nie.
      Vermy koffie en alkohol.

      Delete