Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.5.09

Mantelvliesbreuk - vol gevoel, sooibrand, hoes - mantelvlies breuk

Jy het gereeld 'n vol gevoel op jou maag al het jy nie veel geëet nie. Jy sukkel ook met sooibrand en kan selfs aanhoudend hoes. Dit is alles simptome van 'n mantelvliesbreuk.

Jy kan medikasie soos Lancap 15 mg probeer. Jy kan die medisyne koop. As medikasie nie werk nie gaan jy egter 'n operasie moet probeer.

175 comments :

  1. Connie Burger7/5/09 09:18

    Ek is verlede jaar verwys na 'n hart en long spesialis omrede ek geweldige hart pyne op my bors gekry het. Dit het gevoel of ek 'n hart aanval kry, maar daar is toetse op my gedoen, en geen probleem met hart is gevind nie. Wat die dokter wel gesê het is dat ek 'n mantelvlies breuk het. Simptome van 'n mantelvlies breuk is borspyne ook. Hy het aan my verduidelik date k 'n kleppie he twat in my sluk pyp is. Die kleppie lyk my maak nie lekker oop en toe nie. Dit is ook waarom ek so gereeld sooibrand het, en my kos stoot terug op, en daarom is ek naar. Ek het antibiotika gekry en alles het beter geraak.
    Verlede week het ek weer so siek begin voel, maar die keer het dit gevoel of ek nier en blaas ontsteking het. Ek het ook op 'n stadium gedink ek het dalk longontsteking (my rug het so gepyn). Intussenin het ek sooibrand gekry, en my maag was vreeslik opgeblaas. Ek het ook begin dink daar 'n groot fout met my vrouedele (omdat ek so vreeslik pyn gehad het orals oor my maag). Toe begin dit seer raak onder my arms, en toe dink ek dis my kliere. Ek het deur al die simptome ook vreeslik koors gehad.
    Ek is toe gistermiddag na 'n ginekoloog toe sodat ek kan seker maak daar is niks met my vrouedele verkeerd nie. Die dokter het toetse gedoen. Ek het nie nier of blaas infeksie nie. My eiestokke is 100% reg en my baarmoede makeer niks. Die dokter het aan my gesê hy vermoed dit is die mantelvlies breuk wat die liggaam geinfekteer het, dit is waarom ek al die simptome kry. Hy het ook aan my genoem dat so mantelvlies breuk mens baie siek kan maak.
    Wat dink u. Het ek 'n mantelvlies breuk? Wat kan ek doen om dit reg te kry. Ek het gehoor daar is 'n operasie wat mens kan laat doen.
    Ek is nou 36 en wil baie graag swanger raak. Ek het vir jare depo provera gebruik, en het dit nou eers in Desember gelos. Ek drink intussenin Folic Acid 5mg. Kan dit die folic acid wees wat my so siek laat voel. Is daar enige iets anders wat ek kan drink wat kan help dat ek swanger raak.
    Dankie dat u gelees het en hoop om van u te hoor.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo Connie. Het jy die mantelvliesoperasie gekry? Gaan dit nou beter.

      Delete
    2. Anonymous17/8/21 14:22

      Operasie is baie min suksesvol...dan sit jy met die letsels en dieselfde probleem.

      Delete
    3. Ek het mantelvlies operasie gehad dit onsuksesvol

      Delete
    4. Ek het n mantelvlies breuk operasie gehad, voel naie beter, maar dr ht my dikderm raakgesny toe kry ek septisimia. Gelukkkig was dit vinnig opgetel maar ja ek ht n groot sny op my maag, van naeltjie op boontoe

      Delete
    5. Folic acid pille maak my en my kleindogter erg siek . My kleindogter kry erg neus bloei van dit na ons dit gelos het . Is ons alby reg

      Delete
    6. Anonymous9/11/22 01:58

      Kry vir julle Parriet pille alleenlik op voorskrif el he drie maagsere gehad en n mantelvlies break op 36. Vir jare gesukkel van een dokter ma die ander een.Ek get toe n dokter ontmoet wat gese het hy gaan jy gesond maak,,en my Parriet voorgeskryf not nooit weer sooibrand of kopseer gehad nie is nou 77 Prys die HEER vir daai dokter maak net seker jy skiet nie n dag nie en voltooi maand se kurses.voor spoed julle en jou JESUS in jul gebede. AMEN

      Delete
    7. Anonymous8/1/23 11:41

      Hello julle. Ekt 20jr gelede n mantelvliesbreuk operasie gehad. Die skeur was 18cm. My kos het opgestoot en bymy neus uitgekom. Dit was n baie aaklige tyd in my lewe. Vandag op ouderdom 65 nog nooit teruggekyk nie. Eks baie tevrede.

      Delete
    8. Anonymous14/9/23 07:32

      Hoe Kan Ek v HD mense privaat Kontak my man sit Mt selfde simptome word nie beter nie ons Al by verskillende dokters 0765765932 ASB dankie

      Delete
  2. Anonymous7/5/09 09:19

    Connie, ek sou na die dokters luister. Maak seker jy laat kyk na daardie mantelvliesbreuk. Dit kan met 'n eenvoudige operasie herstel word. Hulle sny jou ook nie meer hiervoor nie, maar doen die operasie deur klein gaatjies te maak.
    Jy is bietjie oorhaastig met die swangerskap. Ontspan en laat eerste na jou mantelvlies kyk.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Goeie naand x suk dringend raad groot asb x sukel met verskriklike brand op my borsbeen en winde wat druk was al by hosptaal dokters se dis my hart
      Maar dit gbeur net as x eet my maag mut net leeg wees die gevoel is tot in my arms en blaaie weeti meer wat om te gbryki raad asb

      Delete
    2. Hi connie ek kan amper vir jou se ons is soos n tweeling presies wat diw mantelvlies aan betref en al die seer en simptome beste is gewig verloor reg eet en operasie sterkte ek kry myself neer in die bed as uit met pyn

      Delete
  3. JC Erasmus7/5/09 09:20

    Ek is gediagnoseer met 'n spastiese slukderm, spastiese kolon en 'n mantelvliebreuk. My problem het sowat 4 jaar gelede skielik uit die bloute begin. Ek sukkel nie met enige probleem wat direk met die kolon verband hou, soos bv hardlywigheid, nie. Wat wel progressief erger geraak het met die verloop van tyd is 'n gevoel van erge benoudheid in my bors asook 'n gesukkel (van tyd tot tyd) om behoorlik te sluk. Dis asof my keel toetrek en kurkdroog raak, wat veroorsaak dat ek aanhoudend moet sluk voordat ek verligting kry. Soos genoem is ek dan ook erg benoud en het dikwels 'n pyngevoel net onder die borsbeen. Kry ook pyn rondom hart-area. Bevispass, espiride, librax en lansoloc is voorgeskryf wat ek nou al ongeveer 5 maande gebruik. Dit wil egter voorkom asof vermelde medikasie nie regtig help nie. Rook en alkohol veregrer definitief toestand- as ek 'n aand byvoorbeeld oormatig gedrink het sal vermelde pyn, ongemak en erge "sluk-probleem" die volgende dag heeldag voortduur. Is daar enige lig in die tonnel wat herstel/verbetering aanbetref, miskien ander medikasie?

    ReplyDelete
  4. Anonymous7/5/09 09:20

    JC, jy noem nie of jy jou mantelvliesbreuk laat herstel het nie. Dit is 'n eenvoudige operasie en kan groot verligting bring.
    Indien jou stresvlakke baie hoog is moet jy ook so gou moontlik daaraan aandag gee.

    ReplyDelete
  5. Santie Pretorius7/5/09 09:21

    Graag wil ek net verneem of dit wel nodig is vir n operasie tov. n mantelvliesbreuk.



    Is daar wel medikasie beskikbaar wat egter voorgeskryf kan word deur n geneesheer om die simtome te verlig.



    In n vorige vraag aan u gerig meld u dat daar egter twee tipes operasies bestaan vir bogenoemde diagnose. Wat is egter die verskil in sukses in beide operasies naamlik die waar hulle slegs gaatjies maak en die een waar hulle fisies van snykunde gebruik maak.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/2/16 08:11

      Vergeet van operasie. Dit is hoogs gevaarlik en help nie. Doen eerder die eenvoudige oefening soggens soos beskryf in Mantelvlies en GERS op die Internet - eet reg (kleiner porsies deur die dag - niks na 6) en drink elke oggend lou warm water i.p.v. tee en koffie

      Delete
  6. Anonymous19/5/09 10:48

    Hi daar

    Ek wil ok net uitvind of dit is waaraan ek lei.
    As ek baie stres kry ek verskriklike pyn op my bors dit voel of iemand letterlik met sy gewig bo op my bors kom sit. Of daai nare gevoel as jy `n wind gesluk het en hy nie wil uitkom nie. Dit is so erg dat ek eerder gaan slaap om net van die pyn ontslae te raak. iemand het gese ek moet koeksoda eet en het agter gekom dat dit werk maar is dit veilig. Die pyn is regtig ondraaglik al gevoel of dit `n hartaanval is omdat dit tussen my borste is en so ondraaglik is dat dit voel of ek nie kan asem kry nie.

    Chantelle

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/5/22 13:42

      Hi Chantelle wat was toe fout met jou. klink vir my presies na mantelvliebreuk

      Delete
    2. Anonymous8/9/22 07:16

      My vrou het mantelvliesbreuk operasie gehad met geen sukses, ek het begin kyk na raad op die internet en die het haar gehelp. Sy is nog nie gesond maar al baie beter. Elke oggend 'n glas lou warm water met 1 eetlepel suurlemoensap jy kan ook bietjie engelse sout inroer drink op nugter maag. Begin gesond eet deur 100 % vrugtesap gemeng met rou wortelsap en chaisaad meng in 'n glas water vir ontbyt so 1 uur na die lou warm water.Gee kommentaar asseblief.

      Delete
    3. Anonymous8/9/22 07:27

      Hou hiervan. Ons kan baie dinge genees of ten minste verbeter deur eenvoudig gesond te eet.

      Delete
  7. Anonymous24/6/09 18:52

    Ek is nou onlangs ondersoek en bevind dat eka ook n' vliesbreuk het....my simptone was dat eka bie naar was en dat ek baie lei sooibrand...Het medikasie gekry....en dit lyk of dit werk..

    ReplyDelete
  8. Anonymous15/9/09 19:40

    Anonymous 24/6/2009 - Jy sê dit lyk of die medikasie help? Watter medikasie het jy gekry?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek is ook gediagnoseer met 'n mantelvlies breuk. Ek is op kroniese medisyne - Trustan, dit werk 100% vir my.

      Delete
    2. Ek is ook gediagnoseer met 'n mantelvlies breuk. Ek is op kroniese medisyne - Trustan, dit werk 100% vir my.

      Delete
    3. Trustan very good I also use it now

      Delete
    4. Kry n mens trustan sonder voorskrif

      Delete
  9. Wonder of u my dalk kan help. Ek was so bietjie meer as 'n week gelede in 'n ongeluk.
    Ek het nie regtig seergekry nie, maar hier by die 2de, 3de dag kon ek nie beweeg nie, so seer was my hele liggaam.
    Aangesien ek nie medies het nie, het ek myself probeer dokter. Ek het so by die 4de - 5de dag begin beter voel en kon darem al my liggaam regop hou. Nou nadat al die pyne en skete weg is, het ek die vreeslikste pyn as ek hoes op my maagkrop en aan die linkerkant onder toe. Ek het 'n vermoede dat dit 'n breuk kan wees. Kan u my dalk meer simptome gee en of daar 'n natuurlike produk is wat kan help.

    ReplyDelete
  10. Ek is al raad op met my pyne! Ek loop al van Februarie af met bors pyne en dit voel soms of ek 'n hartaanval gaan kry. My bloeddruk is ook opgeneuk. Ek spring van pil tot pil. Die pyn het nou al op beweeg tot in my nek in. As ek my nek strek, dan kan ek voel dat die pyn na my bors toe ook skiet. Ek het hierdie jaar al seker 20 EKG'S gedoen. Miljoene bloed toetse. Borskas scan. Maag sonar. En nou bly net die kamera sluk oor en ek hoop dis 'n mantelvliesbreuk want anders het ek geen idee wat dit kan wees nie. Ek kan gladnie meer kuier met 'n drankie nie want na die 4de een voel ek sleg. Ek rook ongelukkig ook en kan ek dit nie nou los nie. Ek drink 'n stres pilletjie ook. Die pyn los my nie. Maar ek glo ook soos iemand vroër genoem het dat drank en sigarette dit kan vererger. Somtyds voel dit of ek 'n angs aanval kry! Dink iemand dit kan 'n mantelvlies breuk wees??

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/4/15 11:21

      HI Jovan ek sien dis verlede jaar se probleem wil net weet of jy al enige hulp gekry het want ek sit met dieselfde probleem het al als probeer elke maan bv n dok maar niks het my gehelp laat my asb weet

      Delete
    2. Anonymous7/3/18 18:42

      Hi jovani wat j verduidelik is net mantelvliesbreek ek het dit presies dieselfde as j gehad en medikasie het ni veel gehelp ni dus het ek n operasie ondergaan dit is no huidiglik 3jaar na my operasie en kan voel dat ek begin weer met diselfde probleem sit ek het rook simuur gelos na di operasie en drank sal ek net af en toe n glasie geniet dus regtag di ondraaglikste gevoel ooit ek raak angstig as ek net dink dat ek moet weer deal met daardie gevoel of is hier dalk iemand wat beter raad het wat ook n opersie ondergaan het en nie meer met di probleem sit ni

      Delete
    3. Anonymous6/6/18 16:57

      Hi Jovani, as jy kan, gaan vir toetse om te kontroleer of jy nie dalk 'n bloedklont, hetsy in jou longe of dalk ook in 'n ander area in jou liggaam het. 'n ander moontlikheid is dat jou hartwand verdik kan wees en moeilik normaal kan funksioneer. Die EKGs wys nie altyd die verdukking van die hartwand uit nie.

      Delete
    4. Is ook sopas met mantelvliesbreuk gediagnoseer. Al die simptome soos die borskaspyn en opstoot van suur, is te wyte daarvan. Dr aanbeveel meer kleiner etes deur dag en niks spicy, vetterige kos of wat gas veroorsaak nie. Eers behandeling met medikasie en gaan ook vir sonar gaan. Hoop die inligting help.

      Delete
    5. Watter medikasie is vir u voorgeskryf? Asb, my stres ook al hoog.

      Delete
    6. Anonymous9/12/21 00:26

      Watter medikasie is vir u voorgeskryf?

      Delete
  11. Klink vir my asof jou stresvlakke baie hoog is. Probeer terapie kry vir die spanning.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/2/13 17:58

      dt helpi, geen kopdokter sal ooit die kak in sy lewe kan uitsord ni, glo my....... menigde het al gtraai, k dink 'n loodpil kan my help.....

      Delete
    2. Anonymous14/2/13 18:27

      terapie se gat man

      Delete
  12. Ek het die kamera toe gaan sluk, en dit is 'n mantelvliesbreuk. So alles wat ek genoem het (2 posts terug) is simptome.

    ReplyDelete
  13. Hi, ek het dieselfde probleme - spastiese dikderm, geweldige sooibrand en nou vermoed ek mantelvliebreuk. Moes hospitaal toe gisteraand en het EKG laat doen asook xstrale en bloed toets. Niks verkeerd met my hart nie maar dit het gevoel asof iemand my hart vashou en druk. Die dokter het vir my 'n voorskrif gegee vir Lansoprazole. Omdat ek Probiotics gereeld neem is ek nou bang dit gaan 'n effek he op my as ek al twee neem (Lansoprazole en Probiotics).

    ReplyDelete
  14. Anonymous9/12/09 15:11

    A van Emp.
    My man is 33 en ons is al 3 jaar getroud en van die dag wat ek hom ontmoet het sukkel hy met kroniese sooibrand nou kry hy pyne in sy rug, maag en bene, hy kla die meeste van die tyd van pyne in sy maag. Is dit 'n mantelvlies breuk of wat is dit?

    ReplyDelete
  15. Anonymous9/12/09 22:03

    Helo,

    Ek het geen sooibrand, of hardlywigheid, hartpyne of enige tipiese mantelvlies breuk simptome nie maar is met die gastroskopie gediagnoseer daarmee. Ek het 'n hees stem... voel of ek voortdurend verby iets sluk, seer spiere, droe vel en sommer net 'n jeuk sodra ek begin sweet. My skildklier makeer niks en geen tumors is gevind nie. Ek is op mantelvlies breuk behandeling maar is oortuig daarvan dat dit nie my simptome veroorsaak nie. Kan my simptome regtig wees asgevolg van die mantelvlies breuk? Voel of ek allergies is vir myself

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/12/14 10:49

      hi, Kyk bietjie of die simptome van die gevoel dat jy nie kan sluk nie, en asof daar iets in jou keel vassit, nie volg nadat jy brood ge eet het nie. dis 'n simptoom van gluten allergie, wat beteken koring, barlie, oats en nog n paar goed.

      Delete
    2. Anonymous15/2/17 18:56

      Watter tipe skildklier toetse is vir jou gedoen,want ek het skildklier probleme en in Suid Afrika het ek twee of 3 keer laat toets en vir my gese skildklier makeer niks.Bly nou i Mexico en my skildklier probleme is onmiddelik opgetel en ek het hashimoto Disease ook daarvan.nou sit ek met al die probleme.en ja dít is die gluten in brood en al les wat gluten bevat wat sleg is vir skilklier

      Delete
  16. Anonymous11/1/10 15:26

    Ek is 39 jaar oud, hy het daagliks sooibrand, my maag is opgeblaas en suur en ek kry van tyd tot tyd borspyne.Ek het ook baie spanning en dit vererger die situasie. Ek vermoed dit is 'n mantelvliesbreuk. 'n Operasie is vir my die laaste uitweg. Is daar enige medisyne wat sal werk. Ek is desperaat!

    ReplyDelete
  17. antwoord iemand hierdie mense? ek wonder want ek sien net vrae en kwellinge, en geen oulike doktertjie wat ons wil help nie ek sit met dieselfde probleem en wil teen die muur uit klim, van al die pyn. daar is net tydelike verligting, net een manier gaan vir die opersaie want ek gaan ook.

    ReplyDelete
  18. Ek is 42 jaar oud en ook gediagnoseer met 'n mantelvliesbreuk. Ek kry geen sooibrand nie, maar ek hoes aanhoudend. Dit voel of my tong aan die agterkant opgeswel is en dit veroorsaak 'n benoude gevoel. Gewoonlik kry ek so 'n krieweling in my keel, dit veroorsaak dat ek hoes. Sodra ek hoes, raak ek naar en dan gooi ek op. Ek hou min kos binne. Dit begin ook nou vir my 'n verleentheid raak, want ek raak siek in vergaderings en op die bus. Ek het al die medikasie vir 'n tyd lank gebruik, maar omdat dit nie help nie, het ek dit gelos. Ek het besluit om nou maar liewer vir die operasie te gaan en ek hoop van harte dit gaan help, want so kan ek nie aangaan nie. Indien daar enigiemand is wat enige aanbevelings het om te doen, asseblief, deel dit met ons. Dankie solank...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Yvette dis Marinda hoe gaan dit? Ek sien jy het ook n mantelvliesbreuk gehad en het ook so baie gehoes, ek het presies dieselfde simptome. Het jy dit al laat regmaak en hoe is jou hoes na dit?

      Delete
    2. hi ek sukkel ook met 'n mantelvlies, ek hoes net so baie, en voel ook of ek aanhou sluk en niks wil afgaan nie,voel ook partykeer so 'n pyn in die bors, op die omblik gebruik ek Altosac maar help ook nie regtig nie....

      Delete
  19. Anonymous6/3/10 21:50

    Manlik: 47 Pretoria

    Gebore met mantelvlies breuk - of so word daar aan my vertel. Allerhande soort probleme wat nou nog nie ophou nie. Hierdie sluit in rumatiek verskynsels in my kinderjare; pitswere so lank ek kan onthou; hoofpyne; nierstene en verkoues.
    Maar skielik het alles opgehou vir 'n tydperk van bietjie langer as 2 jaar (Middel 2007 - Oktober 2009). [wat het ek reg gedoen?]
    Dit was die lekkerste tydperk in my lewe, maar skielik begin al die simptome weer in die middel van Januarie 2010.
    Simptome: Pyn in die bors, hoofpyne, kort asem, en die doodgaan van linker-arm en vingers en swere enige plek op die liggaam, maar verkieslik naby die weggesteekte sweet organe - onder arms, lieste en net onder-die-naeltjie-lyn.
    Medikasie (Medies): Vir mantelvlies = CLOPAMON Tab 10 mg(2xaand en soggens), PURBAC tab 480 mg(1xaand) en ULTAK tab 300 mg vir die sooibrand(1xaand). Vir die swere A LENNON DOXYCCLINE cap 100 mg antibiotika(1xaand) - wat goed werk vir swere.
    Die simptome vir die vlies het net vererger en beslis nie verbeter nie.

    Medikasie (homopaties)Vlies: BROMELAIN 500mg(1x); PANCREATINE Quadruple strength (1x) en CHAMOMILE druppels.
    Wanneer hierdie gebruik word, kan verandering bespeur word binne 48 uur. Die druppels verlaag die spanning effens, maar met langer tydperke bring dit baie hulp in die beheer van asemhalings ens.

    Persoonlike notas met 'n aanval:
    Beheer asemhaling en MOET NIE paniekerig raak nie. Indien jy kan, staan regop. Staan met die rug teen die muur en stamp saggies die rug teen die muur totdat winde opgebring kan word. RENNIES en ENO's werk nie altyd nie, en moet versigtig gebruik word anders werk medikasie nie soos dit moet nie. Moenie buk nie. Moenie vinnige bewegings maak nie. Bly weg van die volgende kosse:
    * Bye bye alkohol (ek drink natuurlik niks nie - rêrig!)
    * Sigarette (ingeslote e-sig) - skuldig
    * Suur kosse - tamaties, tamatie-basis souse, sitrus vrugte, nog-nie-ryp vrugte, asyn en asyn-agurkies en uitjies
    * Gebakte en olierige kosse: shokolade (agge nee), suiglekkers, botter, mayonaise, weense worsies, salami, deeg en pasteie, volroom kaas
    * Speserye soos swart peper, rissies, kerrie, mosterd, rou uie en knoffel en enige ander "wilde" speserye
    * Carbonated (Uh?) dranke - dit sluit in fontein water met gas, coke en ander met gas.
    ** Hierdie help met die terug-vloei van gasse: kokao, koffie, lemoen sap (lemoensap help nie by my nie!)
    ** Eet meer veselkosse soos oats, appels, pere, gedroogte appelkose en ander groente.
    * Vermy witbrood
    * Vermy groot etes
    * Hou op eet 3-4 ure voor slaaptyd

    Indien jy nóg oorgewig is ná hierdie, verloor asseblief - maer mense kry minder pyn (uh?)

    Groetnis
    Jan

    ReplyDelete
  20. Anonymous10/3/10 21:47

    Help Help Help. ek het nou vir om en by 3jaar onsettend pyn in my bors area. dit het net ieweskielik een dag gebeur, en ek was hospitaal toe gejaag want ek dog eks besig om n hartaanval te kry. dit was toe nie die hart nie, maar kon nie die probleem kry tot vandag toe nie. dit voel of iemand my bors toe druk en is verskriklik seer. kan glad nie slaap in die aande wanneer dit gebeur nie. gebeur gewoonlik in die aande. was al baie kere dokter toe maar kry net nie antwoorde nie. eks al regtig raad op en dit voel of ek met die probleem gaan sit virewig. my simptome is - baie erg sooi brand, seker kosse trigger dit bv curry kosse. kort van asem van tyd tot tyd hang af hoe erg dit is. maag voel permanent vol, opgeblaas. gebeur ook as ek te gespanne is. wat is dit? charlene

    ReplyDelete
  21. Anonymous19/3/10 10:56

    Ek is nou al moedeloos. Vir meer as 5jaar sit ek al met die probleem en net soos meeste mense wat hier skryf kry ek geen antwoorde. Ek is al so gefrustreerd dat ek kan mal word. Dit het begin as ernstige borspyne en kortasemigheid. Toe kom die sooibrand, opgeblasenheid, ongemak op die maag by. Later het ek ook agter gekom dat ek 'n klopping net onder die 'V' in my ribbes kan voel. Dit voel dan leterlik of ek swanger is en die beweging kan dan ook gesien word. Dit is soms so erg dat my hart verskriklik vinnig begin klop en dan nog borspyne ook en die pyne steek regdeur tot in my rug tussen my skouers. Soggens en saans is dit erger en soms ook in die middae. Ek was nou al vir soveel verskillende toetse en kamera sluk en steeds geen antwoord vir my probleem. Ek is ook al gevra of ek buitengewone stres ervaar maar ek doen nie. Asseblief, as enigiemand raad het of weet wat fout kan wees, sê tog. Dankie Priscilla

    ReplyDelete
    Replies
    1. Kon hulle toe nou AL jou probleem vind?

      Delete
  22. Anonymous24/3/10 13:23

    Ek is nou so bly ek't julle posts gelees want ek dog ek word mal!!! Ek het so opgeblaas begin voel en vreeslik winderig. Sekere kosse soos wit brood het dit vererger en maandag by die gym het ek 'n skielike steek pyn onder my linker ribbekas gekry...voel asof iemand 'n mes daar insteek en asemhaling is moeilik. dit vererger as ek voorentoe buk en voel beter as ek op my rug le. die sooibrand is daar ja! en die spiere in my nek trek ook saam. ek was na 'n ander dokter toe en hy't my gaviscon en myprodol gee...ek was vandag weer na my eie dokter toe en sy se die myprodol vreet jou maag wande en kan ook tot pyn/gastritus lei.So moenie pynstillers drink nie! sy't my op medikasie tot vrydag....as dit dan nie beter is nie, sal ons met 'n kameratjie kyk.

    ReplyDelete
  23. Anonymous27/4/10 13:14

    Ek het 10 jaar terug n mantelvliesbreuk gehad. Pyne in die bors. partykeer het dit gevoel soos n hartaanval. Pyne in my rug,geswelde kliere. My sentrale senuweestelsel was ook aangetas. Het baie swak visie gehad amper soos tonnelvisie en hartkloppings. Baie erg oorinfeksie gehad.Was seker paar honderd keer by dokter gewees en niemand kon die regte diagnose maak nie. Hulle het gedink ek het sielkundige probleme. Het 5 jaar van hel gehad en nie eers geweet wat fout is nie. Ek vermoed dat dit deur stress veroorsaak kan word. Ek het geleer om my stress te beheer en het baie stadig gesond geword.Was nie weer by n dokter nie, ek stel nie belang in n pakkie pynpille nie. Ek het nou net n maagseer wat nie gesond wil word nie.Ek eet net gereeld dit keer dat die maagsure kans kry om te veel te word en dan my maagseer te brand. Probeer so min moontlik gaskoeldrank drink.

    ReplyDelete
  24. Anonymous20/5/10 12:25

    Ek lees die mense se briewe en verstaan hul frustrasie!!!! Ek het dieselfde simptome van naar, borspyn, probleme met blaasontsteking wat nierpypontsteking word ens ens...... als wat die mense hierbo vertel. En ek voel sommer net goor!!! Na hoevele kere se dr afsprake wat jy met sakke vol pille huistoe kom, dit deurwerk en nog steeds dieselfde voel, is ek ook vir laporoskopie en kolonoskopie en buiksonar. Net om weer te hoor "jy makeer niks"! Fantasties om niks te makeer nie, maar dan wil ek nie siek wees nie, want om so goor te voel as jy "gesond" is, weet ek nie hoe jy moet voel as jy siek is nie. Kom nou van die dr af en hy het so "terloops" genoem dat ek 'n mantelvliesbreuk het, maar verder is ek blykbaar baie gesond. Nou hoekom voel ek dan so vrot??? Dis sulke tye wat ek sweer ek gaan nooit weer dr toe nie, selfs al kan ek nie loop van die pyn nie, want elke keer hoor ek "jy makeer niks". Ek voel al soos 'n sielkundige geval! En nou wat ek my hart uitgestort het, gaan ons net voort: voel hondsleg, maar blykbaar is jy gesond!

    ReplyDelete
  25. Anonymous19/6/10 17:07

    Shoe, ek is soooooo verskriklik bly ek is nie die enigste een wat so voel nie. Was al vir die afgelope twee jaar dokter toe vir die toetse en daai toetse. Selfs na 'n hartspesialis. (Dis waar dit begin het) Net 'n hartmurmur gekry. Toe gaan ek op 'n dieet verloor 20kg en ek dog jippee... nou gaan ek beter voel. Ag nee, toe begin die probleme met die alewige blaas infeksie, baarmoeder infeksie etc. Die spastiese dikderm word geblameer vir die hardlywigheid. Maar o wee, toe begin die naarheid en die sooibrand. Nou gooi ek alewig op en omdat ek soveel gewig verloor het dink almal ek het anorexia, want ek gooi op sodra ek eet. Maar dit begin ook met 'n gehoesery en dan die opgooi. My maag brand die hele tyd. Of ek eet of ek nie eet nie, dit brand. Hierdie week het ek gegaan vir 'n tweede opinie en die dokter het vir my gesê dat sy dink ek het 'n mantelvlies breuk. Het vir my pille voor geskryf, maar dit voel erger. So volgende week gaan ek weer moet terug gaan dokter toe vir die hoeveelste keer kan ek julle nie sê nie. Tas al my gemoedstoestand aan. Wil net huil die hele tyd en voel of almal dink ek sit aan. Daarom is ek so bly dat daar ander mense is wat net so sleg voel soos ek. Sterkte vir julle almal en ek hoop julle kry antwoorde op julle vrae en dat ons almal sommer gou sal beter voel en net aan gaan met ons lewe.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Klink ssos n maseer

      Delete
    2. Anonymous10/2/23 18:46

      Ek is Woensdag gediagnoseer met mantelvliesbreuk. Ek het tot op hede omtrent 20kg verloor en ek verloor nog steeds. Ek kani nie 'n pil drink ni want dis wil nie afgaan nie en dan gooi ek op. Ek kry ook die lyfseer, sooibrand en alles wat bo genoem is. Dis erg verby. Ek is op lancap vir die volg 6 maande. Maar die ergste wat my pla is d slukkery. Ek kan dit nie verdra nie. Kan iemand se of dit beter raak asb. En to top it sit ek met n vreeslike maag, nou weet ek nie of dt agv d mantelvliesbreuk is en of dt iets anders is nie. Ek is moeg en raadop om ni eers van die kopseer te praat nie.

      Delete
    3. Anonymous13/2/23 12:34

      Klink ongemaklik. Jou dokter wil waarskynlik eers sien hoe jy reageer op die medikasie. As dit nie beter raak nie kan 'n operasie aanbeveel word. Die maag kan iets anders wees.
      So bly onder behandeling, dis 'n proses. Hoop die uitkoms is goed vir jou.

      Delete
  26. Anonymous22/6/10 11:29

    Ek is 60 jaar oud. Was so 14 jaar gelede gediagnoseer met mantelvliesbreuk na ek kamera gesluk het. Daar was gese dat daar 'n gaatjie in my mantelvlies is en wanneer maag vol gasse is, stoot bo-punt van my maag deur die gaatjie. Dit voel dan kompleet of ek long/hart probleme het. Medikasie het ek al lankal gelos maar deesdae voel ek vreeslik naar, winderig en skielik ook van balans af. Ek het ook lae bloeddruk en weet nie of dit dalk hierdie simptome veroorsaak nie. Het nie medies nie, so, wat kan ek gebruik daarvoor?
    Ann

    ReplyDelete
  27. Anonymous23/6/10 10:30

    Ek lees nou so deur julle briewe, en wat 'n verligting daar is ander met dieselfde simptone! Ek het gisteraand weer so "aanval" gehad en gedog ek gaan dood. My maag het so opgeblaas gevoel (na ete, en ek het nie veel geeet nie, maar dit was baie speserye!!) ek dog ek gaan ontplof, baie ongemak in maag en bors area. Ek kan glad nie plat lê nie so seer was dit, en elke beweging was seer. Toe kom die naarheid. . . ek het direk na dit, beter gevoel,die ongemak het beter geword en ek kon darm lê, maar daar was toe 'n brandkol op my maag (waar jou diafragma lê - Sooibrand!!) Die naarheid het dadelik gevolg en na dit het ek weer NORMAAl gevoel! Dis die eerste keer in 6maande dat dit weer gebeur het. Ek ervaar dit net as ek redelik gespanne is en dit gebeur net in die aande! Weet iemand dalk wat is fout met my of is dit maar net sooibrand en spanning? Ek sal waardeer as iemand kan raad gee, want jy skrik jouself DOOD as so iets jou tref!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek het ook daai simtome gehad toe sluk ek die kamera.Dit is prikkelbare dermsindroom.Bly weg van brand kosse en te veel speserye ,.

      Delete
  28. Anonymous5/7/10 11:04

    So bly ek het alles gelees. Ek voel sommer beter, want ek het al n hartoperasie gehad en het n mantelvleisbreuk, maar wanneer die pyne so in my bors is word ek hondbang. Die kardioloog verseker my dit is nie my hart nie, maar wel die mantelvleisbreuk wat dit veroorsaak. Ek is so bly ek het gelees dat ander ook kry en sal nou minder stres wanneer my borskas so brand - dit is meer n brandgevoel as werklike pyn. Sterkte vir julle almal

    ReplyDelete
  29. My hart gaan uit na julle almal. Na 12 jaar se gesukkel met 'n probleem, besluit een dr nou hy "dink" di's matelvliesbreuk. Nie al my simptome is so erg soos julle sin nie, maar ek het ander simptome ook. 100de verskillende dr's sê 100de verskillende dinge, maar meeste dink dit is te veel kandida in my liggaam. Het myself laat toets en hoewel baie dr's sê die toets is nie akkuraat nie, het dit kandida opgetel. Kandida is ook onmoontlik om van ontslae te raak as dit 'n sekere stadium bereik. Doen al jare navorsing.

    Sterkte vir julle almal.

    ReplyDelete
  30. soek raad ek bly naar nou al vir 3 dae kan niks eet nie kan ook nie kos reuke hanteer nie voel of daar n holkol op my krop van maag is en is definitief ook nie swanger nie wat kan dit wees help asb

    ReplyDelete
  31. Zandre Laubscher5/8/10 11:38

    Ek is 'n 18-jarige dogter.
    ek het 'n tydjie trug een aand 'n verskriklike pyn tussen my borste gekry wat voel asof ek 'n hartaanval kry. As ek gele het, het dit erger geraak en dit het gevoel asof iemand i mes tot agter deur my rug druk, dat my rug en skouers verskriklik seer raak. Ek kon niks binne hou nie.Ek was bang dit was my hart en het aangeneem dit is spanning.Ek het dit weer gekry en my ma het my dokter toe gevat.Hulle het my gediagnoseer met reflux.Hulle sit my toe op ADCO-OMEPRAZOLE 20MG(een elke oggend, maar ek het een saans ook gedrink anes kry ek die simptome).Na 'n tyd het dit nie meer gewerk nie en ons was weer dokter toe, toe sit hulle my PANTOCID 40MG(1xsoggens).Dit het na 'n tyd ook nie meer gewerk nie.Ons was weer dokter toe,toe hulle my 'n kameratjie laat sluk het en my gediagnoseer het met 'n mantelvliesbreuk.Ek was okay na dit,maar die dokter het gese ekis te jonk vir 'n operasie.Ek het die dag voor eergister weer die simptome begin kry regdeur tot vandag toe.Ek het gisteraand eno's gerink en dit het verbasend gewerk en binne gebly.Ons was gister weereens dokter toe,hulle het my maak wit goed sluk en "x-strale" geneem en als was normaal.Die dokter het my nie eintlik 'n antwoord gegee nie.Ek weet nie meer wat om te doen nie en kan nie so aan gaan nie!!! ASB HELP EN GEE 'N OPLOSSING. samit die simptome wat ek kry, drink ek gewoonlik naar pille en kalmeer pille.Ek het diehele tyd 'n baie ongemaklike gevoel onder my borste,in daai "gat." Ek weet nie of dit te doen het met my breuk nie,en as ek in asem voel dit soos 'n steek pyn. WAT MOET EK DOEN!!!??? nie eers dokters kan my meer help nie. Ek het met 'n hele paar mense gepraat wat al mantelvliesbreuke gehad het en hulle het vimy instruksies gegee hoe ek my dieet moet aanpas.
    ENIGE RAAD????
    dankie
    e-mail adres: info@uitsigguesthouse.co.za

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/7/21 19:24

      Ek weet dit is jare later maar het jy toe beter geword en uitgevind wat als fout is

      Delete
  32. Anonymous18/8/10 08:57

    Hi Julle, my magtig ek het nie geweet daar is nog sulke mense soos ek daarbuite nie. Die simptome kom baie ooreen enigste ding wat ek ook baie erg ervaar is die kortasem, voel of ek iets in my keel het en ek kan nie verby dit kom nie. Het al begin paniekaanvalle kry, dr se dis 'n sielkundige probleem, het al al die bogenoemde medikasie gebruik, en geen verligting.

    Mens voel naderhand dit is dalk sielkundig want niks werk nie! Ek is al so erg dat ek nie eers meer in publieke plekke wil ingaan nie want eks bang ek raak angstig, want dit voel letterlik of jy besig is om die emmer te skop!

    ReplyDelete
    Replies
    1. cindy ann devonnport18/11/12 12:27

      I feel exactly the same way that you do. I have this everyday of my life for three weeks now. The systems don't persist and I have a spastic colon and an ulcerated oesophogus amonst other dreadful dreadful symptoms. My life has fallen apart. The 'sielkundige' issue is called 'globus hysteria' and it is well documented in cases of preganant woman particularly. I hate it when doctos say it is a mental prolem. They are fricking mad and I hope that the same happens to them so that someone in turn could turn around and tell them that it is a mental issue. I will give you my email address because I am going to conquer this and share with you how I have done this. Regards Cindy Devonport cindydev@icon.co.za.

      Delete
  33. Anonymous8/9/10 08:57

    Haai mense,
    Eks Fanie Boshoff 21 jaar oud.
    My probleme het 5 jaar terug begin net na my pa se onverwagte dood op 40 aan 'n hartaanval.

    My simtome is als dieselfde as die van 'n hartaanval: Pyn in die bors, Doodse Angstigheid, Swaar gevoel oor die bors, Swaar arms, Verhoogde pols, Verhoogde bloeddruk, Koue swetende vel, Pyn in die nek en ken, doodse moegheid, naarheid, vol maag gevoel, sooibrand ensovoorts.

    Van 5 jaar terug af "SUFFER" ek elke dag van my lewe. Seker al 20 EKG's laat doen, elke keer 'n gejaag na die hospitaal en dan makeer my hart niks.

    Dokters het aan my vertel dat dit eerder sielkundig is van TRAUMA...

    Nonsens!!!

    Pyn is pyn.

    Ek het later gevoel ek word mal.

    Ek is al 2 jaar terug gediagnoseer met 'n ernstigge mantelvliesbreuk en rou sere in die slukderm en vol pille gestop deur sekere dokters.

    Daar was aan my verduidelik dat daar wel 'n operasie is wat gedoen kan word maar dat ek nooit weer in my lewe sou kon opbring nie.

    Ek wou die operasie dus nie laat doen nie en het maar met die hel voortgeleef weens onkunde van verskeie dokters in Pietersburg.

    Aan die begin van die week (maandag 6/09/2010) is ek weer hospitaal toe gejaag met 'n "Hartaanval". Weereens is met my hart niks fout. Deur die bedagsaamheid van die Pretoriaanse Dokter by Montana Hospitaal is my probleem uitgewys as my mantelvliesbreuk wat iritasie in die slukderm veroorsaak en dan in 'n spasma intrek en my al die soortgelyke simptome van 'n Hartaanval gee.

    Ek is verwys na 'n Spesialis In Moot Hospitaal wat 'n Pynlose operasie sal uitvoer en my lewe verander.

    Ek sal laat weet wat het gebeur en of dit wel al die pyn en die probleme oplos.

    Enige iemand is welkom om my te kontak in verband met vrae of voorstelle op telefoon NR: 083 444 5969.

    ReplyDelete
  34. Anonymous4/10/10 13:38

    Mense mense, n mantelvlies vernietig jou lewe en jou mens wees, montana hospitaal het n dokter Dr Mens, glo my, ek het gedink dis nie die moeite werd om te lewe nie, as ek heeldag so voel nie, kon later glad nie meer eet nie, en het elke oggend opgebring, glo my gaan vir die operasie,jy sal weer mens wees, weer jou lewe geniet... leef eerder met die nadeel dat jy nie meer kan opbring,maar leef weer jou lewe!!!

    ReplyDelete
  35. Hi Almal ek moet se ek loop al van Maart 2003 met van die simptome maar dit kom en dan gaan dit weg vir maande, ek het nog nooit sooibrand gekry nie maar die pyn in my bors, (voel ook soos hart pyne)soms voel ek, ek sukkel om in te asem want dan is dit seer en van Januarie af is my maag en niere ook met rukke seer, die laaste week voel ek soos 'n opgestopte worsie, moes al die kamara gesluk het maar ek is ongelooflik bang en nog banger as ek vir die operasie moet gaan. Ek is 30 en het al gehoor dat jy soos 14kg kan verloor met 'n mantelvlies operasie nou genade ek weeg maar 45 waarheen sal ek dan verdwyn. Nou oorweeg ek maar om die kamara te gaan sluk omdat ek volgende jaar wil swanger raak, iemand daar buite is dit erg om die kamara te sluk ag neeeeee man.

    ReplyDelete
  36. dankie tog eks nie alleen nie, ek het gedink ek is besig om mal te raak...ek het al die simtome wat al het maar die dr het al my galblaas verwyder maar nogsteeds die selfde...dr se daar is niks fout nie...wat nou gemaak? dis goor om so te voel en niks,niks help nie. sterkte aan almal ek weet hoe dit voel.

    ReplyDelete
  37. Anonymous6/1/11 18:51

    Ek het na my 4de swangerskap pyn tussen by borste gekry so erg dat ek nie kon slaap of eet nie ek kon nie eers my baba optel nie. Ek het tot op 'n tyd oorweeg om self my maag op tesny want al wat die dokter vir my gese het is dit is 'n maag seer en het baie duur pille voor geskryf. Ek het ophou rook en op 'n dieet gegaan om die probleem op telos maar dit het my niks gehelp nie.

    Die pyn was toe na 6 maande weg vir amper 2 jaar en so uit die bloute het ek dit weer. Kan weereens nie eet nie en as ek doen moet ek myself laat opgooi om die pyn teverlig. My rug voel asof iemand op my gespring het en my ribbes voel gebreek! Ek het wel nie die heeletyd sooibrand nie maar sit met die pyn teminste 5 dae 'n week.

    Dit maak dat ek nie kan slaap nie en dan is ek misluk en dit maak my lewe en my gesin se lewe hel. Ek sien net nie kans om van dokter na dokter tegaan dat hulle foute kan maak met die diagnose nie. Ek het nou al lank genoeg die pyn om teweet dis nie 'n maag seer nie en lank genoeg die pyn om teweet dat ek dit nie meer wil he nie.

    As daar iemand is wat van 'n dokter weet wat my kan help sonder verkeerde diagnose asb laat my weet want ek is gatvol vir die pyn en ongemak. Ek is tussen Johannesburg en Pretoria

    Groete
    Cindy

    ReplyDelete
  38. Anonymous8/2/11 13:28

    Wow, uiteindelik vandag ook gehoor ek kry nie 'n hartaanval nie - dis spastiese mantelvlies en slukderm .... die pyn is iets verskrikliks wanneer dit gebeur en ek's so op vir sooibrand!

    ReplyDelete
  39. Anonymous13/2/11 20:45

    Hi almal ai ai ai dit is n vreeslike ding om so te voel. Ek le soms en wag dat ek my laaste asem uitblaas van al die pyn. Ek moet ook more n dr gaan sien. Ssl laat weet wat hy se. Ek voel as soos n pille pikker met al die medikasie wat ek drink en net mooi niks help. Sterkte vir jule almal. Groete Karlien

    ReplyDelete
  40. Anonymous22/2/11 16:32

    Hi. Ek is 55 en het hierdie probleem al vir jare, ja ek is so bang vir drs, moet weer die kamera sluk, vandag was die pyn baie erg, dit voel asof my hart enige oomblik gaan ontplof, die brand in my bors is erg, my rug {niere} is seer ek het hoofpyn en voel net gedaan..... Neem Omez dit help vir 'n rukkie maar nie altyd nie. Moet ek vir die op gaan op my ouderdom.. Is sk2738 bang.

    ReplyDelete
  41. Anonymous23/2/11 10:28

    Hey Bangbroek,

    Gaan vir die operasie en verander jou lewe. Jy is nog glad nie oud nie!

    ReplyDelete
  42. Anonymous2/3/11 10:24

    Kan in en uit geklimmery in en uit die kar nadelig wees vir mantelvlies breuk? Ek is ‘n verteenwoordiger en sien minimum 12 kliente per dag en ek het mantelvlies breuk maar het nog nie vir die operasie gegaan nie?

    ReplyDelete
  43. Anonymous2/3/11 10:28

    Dit hang af van hoe erg jou breuk is. Normaalweg behoort dit nie enige probleme veroorsaak nie, maar ek kan dink dat dit in sekere gevalle nadelig vir jou sal wees.

    ReplyDelete
  44. Anonymous19/4/11 13:46

    Hi, ek het dieselfde probleme gehad van pyn op die bors dat ek nie kon asem haal nie, alewig opgegooi en ek het so gewig verloor (30kg) in 'n jaar se tyd. Ek het onlangs gegaan vir dir mantelvlies operasie en ek voel stukke beter.

    ReplyDelete
  45. Anonymous19/4/11 14:00

    Hi Cindy,jy kan maar vir dokter Michael Durand by Eugene Marais hospitaal (Pretoria).Hy is uitstekend. Ek het net so gesukkel met diagnoses wat verkeerd was van maagseer tot depressie tot ek by die dokter uitgekom het.Glo my hy doen moeite en is vrek goed. Groete Antoinette

    ReplyDelete
  46. Anonymous2/5/11 14:51

    Hi! Ek voel net so goor!!!! Ek raak dronk in my kop ook (saam met al die simptome wat julle hier-bo genoem het)Dink julle die mantelvliesbreuk kan dronkheid ook veroorsaak?
    Eks ook so moeg om noodgevalle toe te gaan met "hartaanval"
    Nou stress ek elke dag .... sit en wag vir iets om te gebeur.
    Al so baie bloedtoese gedoen en als wys normaal. Dink ek gaan dok toe en sommer vir hom se ek HET n mantelvliesbreuk!
    Wil nie geluk uit almal se ongeluk trek nie,maar voel regtig baie verlig dat daar nog mense is wat so voel.
    Hoop ons almal word sommer gou gesond!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/5/14 12:16

      Hi,ek het dieselde simptome soos jy voel ook dronk in my kop asof my bloeddruk laag is,maar als is normaal.Het verlede week vir u scan gegan,maar daar word niks fout gevind.Kan dit dalk die mantelvlies probleem wees,Help asb..

      Delete
    2. Anonymous16/5/14 09:38

      As daar niks fout was nie, moet jy eerder na ander oorsake prober kyk.

      Delete
  47. Anonymous21/6/11 15:13

    Hi daar my dogter is dertien en het ewe skielik n "ooraktiewe" blaas en nou wil hulle n scope doen in teater. Maar die naweek het sy met uitermatige sooibrand begin haar magie swel net onder die ribbes en op die krop van haar maag kan ek nie raak nie sy kla ook van borspyne en kort asem benoudheid.Sy het 2 maande terug met exesive strectching begin in akrobaat.Ek het net gewonder voor ek haar vat vir die scope of ek nie dalk n gastro endoloog moet gaan sien nie?

    ReplyDelete
  48. Anonymous26/6/11 22:16

    Die scope kan nie kwaad doen nie en mens vertrou dit is nie sonder rede voorgestel nie.

    ReplyDelete
  49. Anonymous13/7/11 07:02

    Hi! Was gister vir 'n gastroskopie, het blykbaar 'n klein mantelvliesbreuk, en is vertel dat hy nie op sy eie gaan herstel en benodig 'n operasie, maar mediaksie kan die simptome verlig.

    'n Dame wat ek ken het die opersaie gehad wat jy na die tyd ne kan opbring, sy is baie gelukkig daaarmee en haar lewe is weeer lekker. Die probleem is dat ek 21jr oud is, en hou nie van die idee dat ek nie sal kan opbring, want wat as ek naar word?

    Nog 'n probleem is dat ek op universiteit is en nie weke kan afvat vir 'n operasie, sal op die meeste 'n week kan afvat.

    Weet enige een van 'n goeie spesialis in Gauteng PTA, JHB ens) wat my probleem kan oplos met 'n eenvoudige opersasie?

    ReplyDelete
  50. Anonymous13/7/11 09:21

    'n Vriend het vir 'n herstel van sy breuk gegaan en hulle het dit deur gaatjies gedoen. Minder as 'n week weg gewees.

    ReplyDelete
  51. Anonymous15/7/11 10:28

    Ek is die laaste jaar gediagnoseer met n mantelvliesbreuk, dit het begin met kroniese sinus probleme en n slim dr het toe voorgestel ek gaan sluk die kameratjie, en toe is dit nou n mantelvliesbreek, my simptome is ook die brandende maag, voel sleg as ek eet en voel anders sleg as ek nie eet nie, ernstige sinus (glo iets te doen met maagsure wat in die aand in my sinuse ingaam...) en dan die nuutste die afgelope maand is die hart en rug pyne (gedog ek het longkanker en sal maar vandag die dr moet gaan sien maar dit was voordat ek gelees het dat dit ook een van die simptomes is)...kan net nie dink wat wag nog nie...

    Ek het reeds besluit dat ek nie vir die operasie sal gaan nie, ek ken 5 mense wat reeds vir so operasie gegaan het en indien hulle nie baie slegter af is nou nie, het dit absoluut geen verskil gemaak nie, een van hulle wat die operasie gehad het het soos ons almal maar die slegte simptomes gehad - kon nie meer daarmee saamleef nie en na die operasie kon sy nog nooit weer vaste kosse eet nie (dit is 6 jaar gelede).

    My medikasie help ook nie meer nie, so ek is raad op, net moeg om altyd siek te voel (grade wissel net van flouval tot tande byt).

    So al my opsies oorweeg, is ek redelik uit opsies uit. Kan iemand nie dalk raad gee wat mens kan doen met dieet of oefening of wat ookal, wat nie medikasie of operasie verg om dit net 10% beter te maak nie?

    PS. Ek het gevind dat die uitsny van koffie (het so 6 koppies n dag gedrink)dit vir my klein bietjie beter maak...

    ReplyDelete
  52. Anonymous19/7/11 07:10

    Ek dink die beste ding wat jy kan doen is om so gesond as moontlik te leef - en dit sluit gereelde oefening in.

    ReplyDelete
  53. Anonymous23/7/11 16:13

    Die operasie wat mens kry wat jy na die tyd nie kan opbring is oor die algemeen baie suksesvol. Ek ken persoonlik 'n paar wat dit gehad het, en gaan self Woensdag daarvoor, die wat dit gehad het is nie 'n dag spyt en se hul voer weer soos 'n mens.

    Oor die sinus, ek het dieselfde probleem. Dit kan baie probleme veroorsaak. Wat jy beslis moet doen is jou bed lig by die kop met omtrent n baksteen hoogte sodate jou maagsure in jou maag bly en nie op beweeg. Kry dalk ook 'n kners plaaitjie indien jy kners/kopseer/oorpyn ervaar a.g.v die sure wat opbeweeg!

    ReplyDelete
  54. Anonymous26/7/11 09:33

    Hi, ek het al gedink ek is die enigste een wat so vol pyne is, maar verlig om te sien hoe baie mense daar is met pyn. Ek probeer maar met dit saam leef. Het 2005 'n mantelvliesbreuk(Nissen) gehad. Na die operasie het my probleme eintlik begin. Ek het PDS(Spastiese dukderm). Na 'n Nissen kan jy nie meer winde uitlaat boontoe nie en a.g.v die PDS sit ek noual vir 6jaar lank elke dag met pyn. Ek is toe weer gediagnoseer met gastritus ook. So ja vir 6jaar lank weet ek wat is erge pyn. Sterkte vir julle almal. Moet se ek is nog nie eers 50 nie.

    ReplyDelete
  55. Anonymous7/8/11 10:31

    Goeie dag

    Van watter ouderdom af kry ‘n mens die bogenoemde.

    ReplyDelete
  56. Anonymous10/8/11 16:38

    Hi, ek sit ook met die mantelvliesbreuk-gogga. Dokter het vir my Lokit voorgeskryf. Dit werk soos 'n bom! Ek drink net een per week. Gaan partykeer langer as 'n week voordat ek weer een drink. Het agtergekom witbrood en enige gebak (koekies, pasteie, beskuit) en sterk gegeurde kos (kerries) vererger die simptome en dan moet ek meer gereeld pil drink. Lemoensap akkordeer ook glad nie - vererger alles. Enigste moeite is dat Lokit slegs per voorskrif beskikbaar is. Gaan kyk hoe lank ek kan uithou sonder om operasie te laat doen. Sterkte vir almal met dieselfde probleem!

    ReplyDelete
  57. Anonymous11/8/11 10:31

    Kan omtrent enige ouderdom begin.

    ReplyDelete
  58. Anonymous22/9/11 17:10

    Ek het nou al tussen 5 tot 6 jaar die selfde probleem gehaat en het ook verskriklike hart kloppings ge begin kry voel of iemand aan my nek hang het nie regtig s\brand oor matig gehaat nie maar is omtrent so n maand terug gevind deur n dokter dat ek n mantel vliesbreuk het hule het my op pille gesit en dit het regtig beter begin voel die pil se naam was OMEPRAZOLE 20MG die ding is van die dokters se mens moet nie gaan vir die operasie nie en ander se jy moet en die spesilis wat my gesien het se eks oorgewig ja ek dink nook ek is maar ek het al grooter ouens as ek ge sien wat die operasie gehaat het en dit was n sulkses en ook waar dit nie was nie .
    Ek voel baie sleg en weet nie meer watter kant toe nie is daar lig in die tonnel en nog n ding is daar nie n site waar ouens met die soort probleme met mekaar kan gesels nie ek dink dit kan tog baie mense se twyfels weg neem.
    sal dit waardeer as iemant my kan antwoord
    groete
    Desmond

    ReplyDelete
  59. Ek was so ruk terug by my dokter oor pyne wat voel soos n hartaanval toe het ek haar vertel wat die gevoel is ens.sy het vir my gese dit is n mantelvliesbreek ek het pille gekry daarvoor toe het dit opgehou en gisteraand kry ek die pyne en gevoel weer maar die keer was dit erger,ek was duiselig,naar het nie asem gekry nie en het sweet uit geslaan en het koors gekry ek beplan om swanger te raak maar is bang dit doen iets aan my en die baba ek het asb dringend raad nodig ek kan nie meer die pyn vat nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/2/12 10:50

      Gaan terug dokter toe en praat met hom oor 'n langtermyn oplossing vir jou probleem.

      Delete
  60. Hallo almal,
    Ek dink almal wat 'n breuk het of dink hulle het een moet regtig by 'n dokter uitkom. My man het ook pille gedrink wat goed gewerk het. Maar as die pyn kom word dit net al hoe erger en al meer op mekaar. Totdat hy in ICU op geeindig het. Sluk maar die kamera, en sien daarna 'n spesialis, wat jou dokter vir jou sal aan beveel. In JHB is daar 'n uitstekende spesialis. Dit gaan julle baie pyn spaar.

    ReplyDelete
  61. Hi ek is 38 jaar oud loop al vir 3jaar met n pyn onder my regter bors voel of ek weer swanger is met n baba wat daar was trap.Was vir klomp toetse het nou die 10/11/11 eers uit gevind na al die tyd dat daar n kol op my lewer is dit is waar al die pyn voor en agter my blad van daan kom en die en ek weet nog steets nie wat gaan hul doen nie

    ReplyDelete
  62. Anonymous2/12/11 10:33

    Desmond,
    Die dokter besluit gewoonlik op 'n operasie indien jou breuk ernstig is. 'n Minder ernstige breuk hoef nie altyd 'n operasie te ondergaan nie. Indien jy twyfel oor jou toestand moet jy 'n ander dokter se opinie kry.

    ReplyDelete
  63. JAN ABRAHAM KONIG3/12/11 01:11

    DIE DOKTER HET EERS GESE MY MA SE HART IS VERGROOT,HOU WATER TERUG,BENE SWEL, MAAG OPDEBLAAS,VOG OP DIE LONGE,KORT ASEM ENS.
    SY WAS N PAAR KEER IN EN UIT HOSPITAAL IS PERMANENT OP SUURSTOF MOET REGOP SIT EN SLAAP TE MOEG OM ENIG IETS TE DOEN,TOE WORD SY GEDIAGNOSEER MET ENFESEEM,SY HET NOOIT IN HAAR LEWE GEROOK NIE MAAR NOU HET SY ENFESEEM?????NA N JAAR SE GESUKKEL,BY DIE DOOD OMGEDRAAI EN EN EN!!!!!!WORD SY WEER N WEEK TERUG TOEGELAAT BORS TREK BOT TOE.NA NOG N KLOMP BLOED TREK EN NOG TOETSE VIND HULLE TOE OUDER LAAS UIT SY HET MANTELFLIES BREUK.
    SY IS NOU OP KORTISONE EN ANTIBIOTIKA OM DIE LONGE STERK TE KRY DAN GAAN SY VIR HAAR OPERASIE!!!

    JA MANTELFLIES BREUK KAN JOU SIEK MAAK,BAIE SIEK
    SAL JULLE LAAT WEET HOE DIT GAAN NA OPERASIE!!!!!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/4/13 18:20

      hi laat ons weet hoe dit uitgedraai het ek wil ook gaan maar te bang vir die operasie want hulle se dit nie altyd n sulkses nie

      Delete
  64. Anonymous11/1/12 08:36

    Ek het ook 'n mantelvliesbreuk en dokter het voorgestel ek eet kleiner porsies en meer per dag. Kry ook verskriklike hartkloppings maar drink nou medikasie daarvoor nadat ek ook al drie keer in die hospitaal beland het daarvoor en hoeveel toetse ondergaan het. My breuk is oor die 4cm groot maar ons medies wil nie die operasie dek nie. Ek het op die internet gaan rond soek en daar is 'n Siberian Pine nut oil wat glo wonders doen vir 'n mantelvleisbreuk dis by dischem te koop maar baie duur. Ek gaan dit nou maar probeer want glo my 'n mantelbreuk kan 'n mens regtig siek maak en jou hele lewens styl verander. Sterkte vir almal. Nicky

    ReplyDelete
  65. Anonymous13/3/12 20:58

    Ek het n slukderm waarvan die onderste gedeelte stukkend gevreet is van die suur. Hoe kan ek dit herstel?

    ReplyDelete
  66. Goeie more

    Ek hoop u kan my help. Vir die afgelope 2dae het ek verskriklik seer by my bors. Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie, maar dit voel soos wind wat vassit, maar eks ook nie heeltemal seker nie. Sodra ek iets eet of drink is dit asof die kos sukkel om af te beweeg na my maag toe. En dis baie seer. Ek kry verskriklik baie sooibrand. Ek is nogal baie gespanne hieroor, want ek weet nie wat fout is nie. Kan u dalk vir my help.

    Baie dankie

    ReplyDelete
  67. Anonymous31/8/12 13:08

    Hallo julle mense...

    Ek wil ook net 'n klip in die bos gooi deur te sê... Ek het al vir 'n hele paar jare 'n vreeslike pyn op die krop van my maag , veral as ek klaar geëet het! Iemand het vir my gesê, ek moet plat op my rug lê, met my bene opgetrek tot by my bors,dit het vir my gewerk en nie regtig gepla nie want ek het dit nie elke dag gekry nie. Desember 2011 het ek ligte borspyn gekry en is die volgende dag dokter toe, en pille gekry vir die pyn. 'n Week later so uit die bloute...niks gedoen of iets nie, kry ek 'n brand gevoel op die krop van my maag en ek kry nie asem nie, voel letterlik of iemand my keel toedruk! Dokter toe gejaag, EKG gedoen, alles normaal. Daar word gesê ek moet ophou stres... dit is 'n angs aanval. Ek het dit weer twee keer daarna gekry, is weer dokter toe, dink al ek is aan die mal word! Ek is toe verwys na 'n spesialis waar ek die kamera moes gaan sluk, (darem nie te erg nie) toe gediagnoseer met 'n mantelvlies glybreuk 2cm. Spesialis het pille voorgeskryf, Topzole 40mg en Notilium 10mg wat my nog erger laat voel het! Ek het so pap en lusteloos gevoel dat ek nie eers aan die gang kon kom nie. Ek was tog al die tyd okay, tot ek begin pille drink het. Ek het op gehou om die pille te drink. Ek wil nou iets noem, ek weet... wat vir een mens werk, gaan nie noodwendig vir 'n ander een werk nie, maar ek wil dit graag met julle deel. Ek drink al van Januarie af elke dag 'n blikkie Aloe Vera sap, te koop by Liqiour City, blikkies of bottels in verskillende vrugte geure. Dit werk regtig vir my en ek voel tonne beter. Passop maar net vir verkoues en griep, veral die hoes, kan dit storie nogal baie seer maak, andersins voel 'n mens regtig goed! Ek sal bly wees as een van julle wat wel die Aloe Vera probeer het, my sal laat weet of dit vir jul gewerk het. Pas jul self maar mooi op en alle sterkte!
    Groete

    ReplyDelete
  68. Hi
    Ek kry hewig sooibrand en pyne in die middel van my borskas en het soos n iets wat vas sit op my krop van my maag vassit dus vorm soos n harde iets en ek verdien soveel pyn regoor my bors en onder my borskas ! Ek gebruik omez vir die sooibrand dit help en ook het dr my ook nexiam en clopeman wat ek saam gedrink wat baie gehelp het ! Dit het gehelp ! En het baie winde wat vassit en voel of n hartaanval gaan kry ! Sukkel om winde op te breek ! Party maal is dit erg en wens ek kan my vinger in my keel druk en wat op my krop van my maag vassit uitbring ! Dit raak net erger ! Ek is te bang om somstyd te eet of drink want alles kom net weer op tot die water wat ek drink ! Wat stel U voor ? Sal waardeur om gou van U te hoor ! Groete

    ReplyDelete
  69. Halo Halo
    My ma het so 3 weke terug uitgevind dat sy 'n mantelvlies breuk het. Ons is almal skrikkerig dat sy die operasie moet ondergaan. Sy is nou 43. wat sal julle voorstel moet sy eerder op medikasie gaan ( die Dr het gese daar is pille wat jy elke dag van jou lewe dan moet drink) of moet sy die operasie gaan doen. Die Dr het wel gese dat die operasie 90 persent suksesvol is. Wat gebeur as dit nie suksesvol is nie. Hoe gaan jou simptome dan wees?
    Enige terugvoering sal waardeur word.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/5/22 01:22

      Wat is die pille se naam wat hy gese het jou ma kan drink vir dit asb

      Delete
  70. Goeie môre,

    My man moet gaan vir ‘n mantelvliesbreuk operasie volgende week 17 Jan 2013. Hul het so 4 jaar terug sy breuk gemeet en dit was toe al 4cm - So baie mense het hom nou afgeraai om nie vir die operasie te gaan nie en sê daar is meer nagevolge as voordele nadat die operasie gedoen is, en dat hy baie meer ongemaklik gaan wees na die operasie as voor.

    Nou staan hy in die middle en weet glad nie meer wat om te doen nie.

    Kan u asb vir my die voordele en nadele van so ‘n operasie deurstuur so spoedig moontlik.

    Baie dankie

    ReplyDelete
  71. Goeie dag

    Ek was die einde verlede jaar vir ‘n kamera aangesien ek ongelooflike erge maagpyn het. Dit was so erg dat ek selfs party dae opgebring het.

    Die uitslae was ‘n klein mantelvliesbreuk sowel as my maag wat rooi is. Eks nie seker wat dit bedoel nie.

    Ek het van daar nog niks weer vir my maag gebruik nie, maar dit word baie erg, die des vakansie kon ek partydae skaars regop loop so seer is my maag. Selfs baie sooibrand.
    Dis ‘n nare brand gevoel op my maag maar ook voel dit so bedruk asof iemand op my maag druk. Ek moet by se oor die algemeen sukkel ek baie met hardlywigheid maar die afgelope rukkie werk my maag besonders goed. Soms baie loperig.

    Ek het Nexiam gebruik maar die dr het gese ek moet dit staak aangesien ek nie ‘n maagsweer het nie. EK kan net nie meer die erge pyn op my maag hanteer nie is daar nie ietsie wat ek kan gebruik wat dit net beter sal maak nie? Dit kan enige boereraad ook wees dit sal hoogs waardeur word.
    Die pyn op my maag hou al aan vir ‘n hele ruk maar die agelope paar maande het dit onsettend erg geraak.

    EKs vreeslik jammer om so te moan maar die pyn is regtig nou net te veel. Dit voel ek kan in trane bars. Ek was vir ‘n sonar en my Galblaas, niere en lewer het als 100% gelyk.
    Ek moet dalk ook noem my jongste dogtertjie is 10 mde. Maar selfs toe ek swanger met haar was het ek maagpyn gehad. Nie so erg soos nou nie. Dit was nooit so erg dat ek nie kn regop loop nie, maar nou vang dit my vreeslik.

    Vriendelike Groete

    ReplyDelete
  72. Anonymous18/2/13 17:06

    Hi ek wil net bietjie uitvind my probleem het so jaar terug begin, ek het in die bed gele heel rustig en wou omdraai om nog n rukkie te rus terwyl die kleintjie nog geslaap het en met die wat ek omdraai kom daar so duisligheid oor my my kop het begin draai en my lyf het lam geword en begin ruk dit het vir so 4min aangehou was toe by dokters en elke een het n ander storie gehad en by die laaste dokter het sy gese ek het angs en stres en my hartklopping is vinniger as die normale jong mens sin eks nou 26 was 25 toe dit gebeur het syt my toe op kroniese pille gesit vir die hart en wat ook bietjie help met angs en stres di pille is Pur-Bloka dit help nogals baie. Ek het ook n inflimasie in my maag wat agresief is en nou n jaar later dis was nou gistraan toe kry ek erg hartkloppings voel of n hitte golf oor my gekom het my kop het gedraai en ek was erg benoud en duislig en ek het gaan le en het toe weer so duisligheid oor my gekry en die snaakste van als is my kop het begin ruk? Wat kan die oorsaak daarvan wees? Sal baie wardeer as iemand asb kan raad gee of help want die dokters het almal n ander storie en elke keer kry ek pille vir iets anders dan is dit ook nie eers die regte oorsaak nie. Indien moontlik kan julle my dalk per email laat weet asb kry nie rerig baie kans om op die internet te kom nie. nicoliendewet1987@gmail.com. Dankie

    ReplyDelete
  73. Anonymous8/3/13 21:00

    Hi as iemand kan raad gee moet heeltyd keel skoon maak voel altyd od daar slym vas sit en dis baie iriterend was al vir n senus operasie ook en ek het niks senus drip ni was al by baie drs en deur baie geld enige raad asb email my asb roldor@mweb.co.za

    ReplyDelete
  74. Anonymous10/3/13 12:40

    Voel als wat almal voel, met spasmas in blad spiere. Dr bly se dis die spiere wat my die borpyne gee. My baba is nou 17md en dr se dis haar gewig, ek kan nie dink dis dit nie, want mens raak die gewig gewoond, soos oefening. Ek het nie medies nie, en is al moeg vir my man se opmerkings as ek vir hom se, my linker arm pyn en ek't pyn in my bors. Ek kry nie sooibrand nie, so nou wonder ek kan dit tog mantelvlies wees?

    ReplyDelete
  75. Anonymous28/3/13 09:24

    Hoe lank neem ‘n mantelvlies operasie nadat dit bevestig is dat dit wel ‘n mantervlies –breuk is.

    ReplyDelete
  76. Anonymous15/5/13 12:01

    Ek het net soos hierbo geskrywe 'n mantelvliesbreuk wat klein is en die dokters reken dis te klein vir operasie . Ek het die brand op die kol van my maag, dan eet ek, die dr se dis die derm wat droog word, die kos smeer hom en dan is die brand weg, maar so is ek van kamera sluk pyp in die neusgat en keel deur al my kleppe en geen medikasie werk nie, ek het jou al 25kg opgetel.

    Is verskriklik Raadop
    my maagswel so dat ek moet gaan le en my broek los maak kan nie net gaan kuier nie want ek kry steek pyne in my maag en rubbes.drink maar gewoontlik enos hyopasmal en enige winderige pille...

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/5/13 08:06

      Daar kan besluit word om nie te opereer nie as die breuk nie probleme veroorsaak nie. Dit is egter kommerwekkend dat jou maag so swel. Miskien moet jy nog 'n opinie kry. Kyk ook na jou dieet. Mens tel nie gewig sommer so op nie.

      Delete
  77. Anonymous5/10/13 22:46

    Ek wonder of iemand my dalk kan help, ekt altyd so brand pyn opi krop van my maag gekry, ek was net so paar dae trug by die doc en het hom vertel davan, hy het vir my pille voorgeskryf (altosec 20mg). ek word vanogend wakker met die lelikste pyn opi krop van my maag ( nie brand pyn nie). Ekt n pill gedrink en dit heti gehelp nie, ek het myself maak opbring en die pyn het weg gegaan. ekt weer wakkker geword soner pyn, het n halwe koppie koffie gedrink en nog n pil, en da is die pyn toe weer trug, weereens het ek myself maak opbring en die pyn was weg. N hele ruk dana eet ek 3 tennis beskytjies en die pyn was trug, ek kan res vani dag niks drink of eet want is heeltyd bang viri pyn. Dis nou al amper elf uur die aand en ekt steeds die pyn. Ek het al gaviscon plus ook gedrink en dit help nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous7/10/13 08:55

      Sorg dat jy ASAP by 'n dokter / hospital kom.

      Delete
  78. Hi,ek sit met dieselfde simptome noual vir 3 jaar.Dr se ek het n skeurtjie in my mantelvlies maar dis nie nodig vir operasie nie.Kan hy dit regmaak al is hy klein.Ek verloor vreeslik gewig omrede ek nie kan eet nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. As jy voel dit beinvloed jou lewenskwaliteit, vra iemand om dit reg te maak. Sulke operasies is gewoonlik nie groot nie. Hulle maak net twee klein gaatjies.

      Delete
  79. Anonymous9/10/14 11:58

    Jis ek wens hier was antwoorde op al hierdie vrae.

    Ek is al by Sielkundiges en Psigiaters, 5 keer kamera gesluk en mantelvlies operasie gehad, niks help. Ek is raadop.
    surethawatson@iburst.co.za

    ReplyDelete
  80. Hi wonder of julle my ek het verskriklik seer by my ribbebene en ook borsbene voor en agter eintlik my borskas wel my spiere voel ook styf my maag is nogal seer maar ook nie elke dag nie en dit net op die krop van my maag dit voel of dit my rugwerwel ook dan seermaak ek weti meer wat dit is nie elke 2de dokter se vir my dis infeksie? Wat kan dit wees enige raad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous16/4/15 15:52

      Lienkie, infeksie klink ernstig. Wat doen jy daaraan?

      Delete
  81. Vir byna al bogenoemde probleme het ek baie goeie resultate met volgende gebruike.Op hierdie stadium gebruik ek een derde teelepel koeksoda met water op nugter maag asook 3 capsules cayenepeper.asook koeksoda en water voor ek gaan slap.bly weg van brood en enige kos wat nie natuurlik is nie.Ek volg Tim Noakes se BANTING leefstyl.High Fat.Low CARBS

    ReplyDelete
  82. Hi daar. Ek kom nou af op die boere rate en die eerste ding wat ek net kan se is dankie! Dankie dat ek weet ek is nie alleen nie! Ek was laas jaar Maart Maand vir die Hiatus Hernia operasie. (Na jare se pyn en sukkel) Dit is nou n jaar later en ek voel soos die dood. Ek gaan weer terug hospitaal toe teen die naweek vir hulp. Ek was weer by n dokter vir hulp.. volgens die Dr. Is my maag kleppie te styf vas gewerk in my liggaam of hy is besig om uit te skeur OF daar het nog n Hernia gevorm. Dit het al n knop begin vorm reg teen my ribbekas in middel van my maagkrop. En al hoe ek glo ontslae gaan raak van die simptome is deur n her operasie. Ek sukkel met die volgende simptome.. gedurige brand reg oor my hele maag, erge pyn en ongemak en opgeblaasheid op my maag. Erge koors, vinnige uitermatige hartkloppings, erge hoofpyne, aansienlike naar (en kan niks meer opbring na die operasie nie), ek het pyn regoor my hele liggam, blaas en nier ontsteking, lae rug pyn, nek en spier spasmas in my arms. En die ergste van alles ek kry niks kos meer in nie, nie eers n koppie rooi bos tee nie.

    Ek is al vir jare op behandeling gewees met geen sukses nie.. en nou dit.! - my liggaam kan nie meer nie en geen pil help nie!

    My lewe is besig om uitmekaar te val. Ek het selfs nou by my werk bedank oor my siektes toestande. En ek is maar net 25 jaar oud ek weet nie wanneer dit vir my gaan ophou nie! Maar ek gaan nie ophou veg nie!

    Letitia

    ReplyDelete
  83. Ek het vergeet om by te noem.. ek sukkel met oormatige suur wat opstoot tot in my keel en daardeur het ek aanhoudende brand in my keel en hoes. En het n baie hoe pols en hartkloppings wat kom en gaan.

    Ek het ook aansienlike pyn op my bors. En n lam gevoel oor my liggaam wat my uitermatig moeg maak!en dan die aakligste waarmee ek elke dag moet leef is n spoel magie.

    Ek lees oral van kosse om te vermy. Kan enige een dalk n goeie dieet voorstel wat nie verdere probleme en pyn sal veroorsaak nie?

    Dankie
    Letitia

    ReplyDelete
  84. Anonymous28/5/16 09:12

    wat veroorsaak erge winde en hoe stop ek dit is vrleentheid vir my kan dt nie beheer nie

    ReplyDelete
  85. Hi ek is n dame van 31 ek wil net gou uit vind vir die laaste 4 dae het ek die seerste pyn op die krop van my maag na die middel van my bors dit voel of iemand aanhoudend my met n vuis in die middel van die bors slaan. en voel op geblaas en naar, en voel of ek die hele dag eet en versadig is, ek was by n privaat kliniek gewees die suster het vir my gese dit is n maagseer. en omdat ek so baie my etes skip veroorsaak dit my maag suur wat die rand van my maag vreet. kan dit dit wees die pyn trek al na my linker arm toe en na die agter kant van my rug.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/10/16 00:47

      Ons dogter het ook die simptome gekry. Sy drink net elke dag 'n Omez. Ek self drink Lancap al vir jare. Wees versigtig vir sooibrand want dit veroorsaak suur in die slukderm wat sere veroorsaak en dan slaan dit oor in kanker. Jy kan later nie eers 'n mariebeskuitjie met tee afsluk nie.

      Delete
    2. MIDDAG EK WIL OOK NET SE DAT EK VERLEDE JAAR N MANTELVLIES OPERASIE GEHAD HET EN JA DIS NET N PAAR GAAITJIES RONDOM DIE NAELTJIE.EK MOET SE DIE SWEIBRAND IS WEG MAAR DIE GEVOEL DAT EK TE VEEL GEEET HET IS NOG STEEDS DAAR EN DIS NIKS LEKKER NIE EN EK HET VIR AMPER 6 MAANDE DIE DIEET GEVOLG WAT DIE DIEETKUNDIGE GEGEE HET MAAR DIT HET DIESELFDE GEBLY.NOU EET EK WAT EK WIL MAAR DIS NOG STEEDS DIESELFDE EK VOEL PARTY DAE SOOS N BRUL PADDA OPGEBLAAS EN VREESLIK ONGEMAKLIK EK EET NIE EERS BAIE NIE AS IEMAND RAAD HET SAL EK DIT BAIE WAARDEER

      Delete
  86. Het in 2009 gegaan vir die mantelvlies operasie is nou 8 jaar terug en skielik het my sooibrand terug gekom weet nie hoekom nie. Is daar iemand anders met die selfde ondervinding sal graag wil weet.

    ReplyDelete
  87. Ek het ook gehoor ek het montluk n mantelvliesbreuk, ek het nie eindelik sooibrand nie, maar wel n kriewelrige keel, wat my laat hoes en dan stuk ek , dis nie n gewone kriewel nie, dr se dis suur wat opkook, ek het pille gekry vir die suur, maar ek is nog niks beter nie, ek het ook baie slym in die keel, agtog as ek net kan weet wat my regtig makeer, die dokter raai en jy moet betaal vir elke toetsie

    ReplyDelete
  88. Soek raad v manelvlies of maagseer. Voel of iemand n brandende swaard op di krop v my maag indruk. Het ni geld v medikasie. Mut maar gebruik wat ek het in huis
    Suurlemoensap. Koeksoda. Vanilla essence . Suurlemoensap. Asb iemand gee raad.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/5/22 13:53

      Jy sal die regte pille moet drink dit werk jou goekoper uit as al die ander mengsels. En nee nie Rennies of Gaviscon nie

      Delete
  89. Help asb seer op borsbeen en winde wat druk en nie kan ytkomi is al raad op vil of i mes deer my bors druk tot teen my rug en arms raak lam gbeer net sodra ek eet of loop dokters se dis my hart maar ek weet nie meer nie dit gbeer net as x eet

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/5/22 13:52

      As jy eet is dan die probleem, dus blaas jy op as jy een met ander woord jy het of mantelvliesbreuk en of maagsere. Hulle sal jou prazaloc gee vir die sooinbtand en dan 'n antibiotika vir die maag sere. Sterte

      Delete
  90. Antwoord: Hallo almal. Klink of dit orals gebeer. Ek het die selfde. Onder my bors voel dit of my klep klop en dan verskillende sensasies deer die lyf soos hart wat vinnig klop, lui na stress en ek freak yt sessie en kan nie kalmeer nie.

    1, Omez 40 mg was gegee, het gewerk. Jy moet die pill drink foor jy eet of drink. Dit neutraliseer die acid in jou maag maar jy kan dit nie oor die "counter" kry nie.

    2. Lancap 15 mg is die selfde maar net ligter. Selfde as die Omez maar jy kan dit koop.

    3. Indoblock was gegee om my hart te kalmeer maar us nie meer nodig nie want dit was toe nooit die hart nie.

    Gan lees gerus die name op.

    Ek hoop die help iemanand. Mario

    ReplyDelete
  91. Hi almal. My naam isPat Goudriaan van Nekspruit Ek is gister gediagnoseer met n mantelvliesbreuk. Ek kry erge pyne in my vingers en tone veral as ek verkeerd eet. Is daar enige iemand anders wat dieselfde simptome het. Asb whatsapp my op 0846132024

    ReplyDelete
  92. Hi ek wonder of iemand my kan help ek het so paar jaar terug my blind derm uit gehaal ek het nog swelling ma is nie seer nie die laaste 2weke voel dit of da vloei stof beweeg an my regte kant van my maak so bewe gevoel dis nie seer nie ner irreteerend ma weet dis nie reg nie

    ReplyDelete
  93. Hi
    Weet iemand dalk wat fout Kan wees.
    Ek word voordag wakker met n warm gloed op die krop van my maag. Die hitte versprei Dan deur my liggaam tot in my kop en gee tot in my bene en voete in tinteling sensasie. Dan begin my hart ontstuimige klop Dat ek behoorlik bewe.
    Dit duur n heke ruk voodat ek weer normaal voel. Die warm gevoel gaan tot in my kop en voel asof bloed opstoot.
    Ek kry dit Soms twee tot drie keer na mekaar.
    Dit gebeur net as ek slaap.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous12/5/22 13:55

      Die begin klink vir my na sooibrand. Drink sommer 'n hele bottel Gaviscon voor jy in die bed klim. As dit help weet jy dis jou probleem

      Delete
    2. Anonymous15/5/22 01:37

      Hallo my naam is Hester ek kry diselfde soos jy kan jy my asb WhatsApp 0785397389 dan kan ons raad uitruil asb.As jy antwoorde kry my laat weet en as ek kry jou laat weet asb.Dis erg en geen dokter kan agter die ding kom nie.Ek het wel n dokter gekry wat se dis n matelvlies breuk en my maag druk kwaai deer.Maar die staats dikters wil niks doen nie.Want die breuk is nie so groot nie.Maar die dokter wat ek sien se my maag druk kwaai deer.Ek is al op my hele lewe is angetas en my mens wees want ek is meer siek as gesond.Asb WhatsApp my.
      Groete Hester

      Delete
  94. Bogenoemde probleme is meestal die oorsaak van een probleem en dit is suur.Suur bou op in die liggaam agv verkeerd eet( veral suiker) en drink ( koeldranke- sodas - wat baie suiker bevat.Jy kry n suuraanval en dan pyne dwarsdeur jou liggaam.Ek het n Cat en Ms scans volledige bloedtoetse en ook suurtoetse en alles negatiewe uitslae.Ek het ook pyn op die bors en linkerarm pyn en vir hartscans ens. gegaan en alles in orde.Totdat n vriend vir my sê jy het' reflux.Op google gaan oplees en vind die wetenskaplike verklaring.Ek het Lansoloc begin gebruik op voorskrif en na jare verligting gekry.Ek gebruik ook vir 5 dae soggens en saans n halwe teelepel koeksoda en engelse sout wat die suur afbreek as dit opbou.Jy kry gewoonlik pynlike vingers of pyne deur die lyf.Ek gebruik ook gaviscon slapenstyd asook Adco omeprazole oor die toon bank medikasie.Die GP'S kan nie hierdie maklik diagnoseer nie.Slaap saans
    meestal op jou linkersy .Op jou regtersy druk die suur in jou slukderm op.Hoop dit help vir sommige.

    ReplyDelete
  95. Anonymous12/7/22 22:02

    Nico 12/07/2022
    Hi almal ek het nou vanaand, hierdie website opgespoor. Tien jaar terug het ek my galblaas verwyder. Na die operasie het ek onderliggende pyn ervaar en net pynpille
    gedrink. Sedert Februarie 2022 het hierdie oyn ondraaglikbegin word. Daar waar my galblaas was, as ek eet swel hy soos n tennisbal. Dit is die mees ondraaglikste pyn ooit.Ek was al op morfien 20mg, dis al wat help, maar dit maak mens hardlywig. As my maag gaan voel ek n effense verligting. Ek moet so min moontlik beweeg dan is die pyn beter. As ek teveel beweeg is dit asof die knop trek dan is dit eers seer. Ek gaan nou die internis 08 Augustus 2022 sien by Medic Clinic Midstraem Centurion. Ek het geen verdere newe effekte nie. Kan nie meer wag nie, sal soos n droom wees as ek net weer my lewe kan terug kry. Slaap darm soos n baba briljante slaappil. Hou julle ophoogte.

    ReplyDelete
  96. Anonymous22/1/23 11:14

    Enige Raad ASB my Maag maak heeltyd geluide en Dan sulke ruk trek bewegings wat Kan dit wees

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/1/23 10:48

      Dit klink soos 'n probleem met spysvertering.

      http://www.boererate.com/2013/08/kruie-vir-kwale-spysvertering.html

      Delete
  97. Anonymous1/2/23 10:08

    Halo julle. Het als onder die son al gedoen. Van MRI scans tot hartscans. Bloed toetse by die duisende. So gesond soos n hoender wat eiers le. Kamera gesluk en mantelvliesbreuk. Baie off balance(voel so) voel foggy. Bloated, so weird gevoel op my boss. Dokters se dis musculoskeletal. Kan n mantelvlies al die symptoms veroorsaak of is ek maar net n dromer met baie issues en besig om Mal te raak. Dink dis wat die dokters al dink van my. Help of antwoorde sal waardeer word.

    Thanks

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous1/2/23 11:03

      Alles klink omtrent soos simptome, behalwe dalk die lighoofdigheid. Weet nie of jy hierdie nuwe artikel op die webwerf gesien het nie. Dit help nogal: http://www.boererate.com/2023/01/dieet-en-wenke-vir-n-mantelvliesbreuk.html

      Delete
  98. Anonymous1/2/23 15:48

    Hi x 31 jar kan ek dalk Vinig swanger word ek het net 3dae die kompine pille gedrink toe stop ek dit want ek het hermone probleem gehad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/2/23 11:52

      Jy sal langer van daardie pille moet af wees om swanger te raak.

      Delete
  99. Anonymous1/2/23 20:45

    Nog n vraag. Beinvloed n mantelvlies jou verteringstelsel ook. Kan jy onverteerde kos in jou stools sien?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/2/23 12:07

      Dit behoort nie van 'n mantelvliesbreuk te wees nie.

      Delete
  100. Anonymous7/2/23 10:12

    Hoe groot moet n mantelvliesbreuk wees voor jy simptome kry, of kry jy dit regardless of hoe groot dit is.

    Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/2/23 12:13

      Die grootte van die breuk maak nie noodwendig saak nie, hoewel jy met 'n mikro breuk dalk net in sommige gevalle simptome sal toon - bv. wanneer jy effens oorgewig is.

      Delete
  101. Anonymous13/2/23 23:04

    Met n mantelvlies breuk kan hulle dit optel in n CT scan of net kamera. As jy een het voel dit of daar kos in jou keel vas sit ook. Hoe weet jy ook dat daar nie ander probleme is nie, of sal die specialist vir jou se as daar meer as net n breuk is.

    ReplyDelete
  102. Anonymous15/2/23 10:30

    Ja, vir CT en soms voedsel. Hang af van die tipe breuk in laasgenoemde geval. 'n Toets soos 'n CT scan sal byvoorbeeld sekere ander probleme ook uitwys.

    ReplyDelete
  103. Anonymous28/6/23 03:17

    Halo daar. Kan n mantelvlies breuk jou uit asem laat voel

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/6/23 06:29

      Ja, 'n mantelvliesbreuk kan jou kortasem laat voel. Dit gebeur as 'n deel van jou maag deur jou diafragma in jou borsholte uitsteek waar jou longe is. Gevolglik kan hierdie ekstra bult druk uitoefen op omliggende organe soos jou longe en slukderm wat dit moeiliker maak om gemaklik asem te haal.

      Delete
  104. Anonymous29/7/23 14:10

    Hi daar kan enige iemand my advies gee oor n mantelvliesbreuk. Wat dit liggaamlik doen en hoe jy voel, en watdoen dit mentally aan jou. Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous31/7/23 09:57

      Daar is verskeie moontlike simptome. Dit hang af van waar die breuk is, hoe groot ens. Hier bo sou jy 'n paar simptome sien, maar daar is ook verskeie ander moontlikhede. Soms is daar selfs nie simptome nie. Met erge simptome kan sommige mense se lewe erg ontwrig word. Lees die volgende artikel vir meer leiding:

      http://www.boererate.com/2023/01/dieet-en-wenke-vir-n-mantelvliesbreuk.html

      Delete
  105. Anonymous25/8/23 07:51

    Hi daar. Wat is die beste metode om n mantelvliesbreuk te sien. Gastroscopy, CT Scan, ultrasound? Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/8/23 13:00

      Dit sal afhang van die posisie van die breuk. Al drie tegnieke kan gebruik word om 'n breuk te vind, maar almal sal nie dieselfde tipe breuk kan sien nie.

      Delete
  106. Anonymous26/8/23 21:30

    As jy al die toetse wat jy kan dink aan gedoen het, jou gastroscopy se jy het n sliding hernia, CT scan kan nie sien of jy een het nie, en ultrasound se ook jy het nie een nie, wie glo jy. As al jou scans terug kom daars niks orgaanlik iets fout nie maar jy voel nogsteeds moeg, maag voel opgeblaas en weird, voel of jy moeilik asem haal partykeer, overall voel sommer crap, is dit die hernia? Kan dit ook groter raak en moet jy weer gaan vir toetse om dit weer te bevestig. Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous30/8/23 13:01

      Die gastroskopie wys jy het 'n breuk. Dis al wat jy nodig het. Die tegnieke word gebruik vir verskillende breuke ens.

      Delete
  107. Anonymous2/9/23 00:30

    Kan jou breuk groter raak en moet jy maar weer gaan toetse doen om te sien en watse toetse dan. Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/9/23 12:24

      Ja, dit kan. Die dokter sal besluit, maar hulle sal waarskynlik eers 'n sonar doen.

      Delete
  108. Anonymous5/9/23 09:27

    Hoe weet jy wanneer die breuk groter raak. Wat verander dat jy weet dat dit wel groter raak?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/9/23 11:42

      Jou ongemak en simptome behoort te vergerger.

      Delete
  109. Anonymous7/9/23 04:46

    1 / 1
    Halo. Enige raad of advies. Gee al moed op. Het elke specialist onder die son al gesien wat jy kan dink aan. Het n ultrasound gedoen, electrocardiagram, MRI brain scan, X-rays, vele van dit, gastroscopy, CT scan van abdomen en pelvis, MRI van bors aan linkerkant van borskas. Dye ingespuit met CT scan. Al wat hulle kon sien is Arthritis in my nek en lae rug.Gastroscopy het n mantelvliesbreuk gewys, verder alle results was normal. My vraag is? Eks moeg, kani lekker konsentreer nie, blykbaar het ek brain fog, so reken hulle. My maag voel baie weird in die upper abdomen. Ek het so snaakse pyn, tenderness aan die kant van my bors daar waar my ribbes is, hulle reken ek het musculoskeletal pain? Volgens hulle is ek perd fris en gesond maar ek voel soos iemand wat elke aand uitgaan en party. Wat kan dit wees of wat kan dit veroorsaak. Hopenlik kan iemand bietjie die lig wys. Kry ook nie headaches of maag pyn nie. Dankie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/9/23 10:59

      Die ongemak rondom jou abdomen kan die breuk wees. Sal ook voorstel jy oorweeg om met 'n sielkundige te gaan praat.

      Delete
    2. Anonymous13/9/23 07:02

      Net vra hoekom jy dink n sielkundige ook. Dankie

      Delete
    3. Anonymous13/9/23 09:26

      Soms kan onderliggende psigiese probleme jou gesondheid negatief affekteer, bv. stres.

      Delete