Die wind waarna hier verwys word is gasse wat in die ingewande vorm as gevolg van slegte spysvertering.
Boereraat:
Meng halwe koppie water, 6 eetlepels asyn, 2 teelepels suiker en 2 mℓ koeksoda. Sodra dit begin bruis moet jy dit onmiddellik drink.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Ek is 26 jaar oud, maar die afgelope paar maande is ek konstant moeg, ek slaap genoeg, maar bly oormoeg, as ek heeldag kon slaap, sou ek dit doen! My maag bly erg opgeswel, (die res van my liggaam ook plek plek) ek het krag vir niks, erg ge-irreteerd, ek moet heeldag iets te drinke naby hê (water en koffie), ek wens die dag om, net om te gaan lê by die huis. Ek is op! Ek voel soos iemand van 80! En met my "uitlaatstelsel" is daar ook niks verkeerd nie, die windtjies kry my onder, onverwags, enige plek, of tyd, kom die gassies uit, ten minste so 20 keer 'n dag. Ek het altyd probleme gehad met 'n "harde" maag, hardlywigheid, maar die afgelope tyd gaan ek ten minste elke dag toilet toe teenoor destyds se een keer 'n week. Die winde is erg! ek het 'n mantelvliesbreek operasie gehad, miskien is dit die rede vir die onbeplande winde. Maar ek kry pyne in my bros, wat vassteek dat dit my asem wegslaan, maar dit voel net soos 'n boonste windjie wat moet uit. Maar my grootste probleem is die konstante moegheid. as jy raad het, laat weet asb.
ReplyDeleteWind word normaalweg veroorsaak deur die fermintasie van onverteerde kos, wanneer jou ingewande sukkel met die afbreek van sekere kosse, jy lug gesluk het, hardlywigheid of indien daar 'n probleem is in jou ingewande met die vertering van voedsel.
ReplyDeleteVoedsel wat probleme kan veroorsaak is brokkoli, ertjies, bone, lensies, kool, uie, blomkool, piesangs, rosyne, volgraan brood, slaai en gaskoeldrank. Vermy ook vetterige kos.
Eet stadig en wanneer jy ontspanne is.
Oefening is ook belangrik. Probeer ook om 'n entjie te gaan stap na ete.
Gaan spreek jou dokter indien jy alles probeer, maar sonder enige verligting. Diaree, hardlywigheid, braking, gewigsverlies, pyn en aanhoudende sooibrand is gewoonlik ook 'n teken dat jy by 'n dokter moet uitkom.
Als wat ek eet veroorsaak winde. Dan voel dit partykeer ook of daar winde is wat vassit. Dis dan asof ek nie asem kry nie. Ek moet regop sit en vryf oor my borskas om die winde uit te kry. En dit is als wat ek eet of drink. Ek kry glad nie sooibrand nie. Wat veroorsaak dit
ReplyDeletemy man het Eno's gedrink en 'n wind het onder sy borskas gaan vassit, hy le,sit,staan en doen wat hy kan maar die wind bly sit. is daar 'n manier om die wind aan te help om gouer uit te kom.
ReplyDeleteDaar is medikasie wat sametrekkings veroorsaak wat dalk kan help om daarvan ontslae te raak. Persoonlik sal ek wag tot dit vanself uitkom.
ReplyDeleteGoeie more, ekt het dikderm ontsteking gehad en was baie siek.het sondag en gister gevoel of ek gesond raak maar nou sit ek weer met winderigheid en gasse en is naar.kan iemand my asb se wat om te doen
ReplyDeleteMiskien moet jy vir eers net kosse eet wat sag op jou ingewande is. Iemand het hierbo 'n lys gegee van kosse wat mens moet vermy. Die person noem ook dat jy bietjie oefening moet doen.
DeleteHallo ek is 18 ek bly naar raak omtrent net 12 in die aand en dan kan ek slaap vir heel rukkie en ek het winde in my maag maar ek burp dit uit . Kan iemand my dalk help om te se wat dit kan wees?
ReplyDeleteHallo Lune, Daar is soveel moontlike oorsake, dit is beter om vir 'n mediese ondersoek te gaan. Indien geld 'n probleem is, probeer 'n kliniek.
DeleteEks 46jaar..diabeet en high blood ..eks rerig moedeloos..slaap nooit in die nag nie..dis winde wat bo uitkom..heelnag.elke liewe nag..soms onder maar nie so erg soos bo nie..
ReplyDeleteHi, wat kan ek vir wind in die oor gebruik? Dit is nou al vir jare, vreeslik irritating.
ReplyDeleteHi, ek sukkel nou lank met die winde. My maag gaan nu vir 6mande ni uit nie. Ek het na verskeie dokters to gegan medikasi help net ni. My maag blaas op..Ek is moedeloos
ReplyDeleteHi. My maag gaan nu vir 6mande nie uit nie. So het ek ook baie winde. Wat kan k gebruik
ReplyDeleteUnknow 5/7/18 15:57
ReplyDeleteAs jy sukkel om uit te gaan, koop 'n botteljie "Freshen Salt" en gooi 2teelepels van die "Freshen Salt" in koppie baie warm water, en drink terwyl die water warm is.
Doen dit vroeg oggend op 'n lee maag. Of saans voordat jy gaan slaap oor 'n naweek.
Hi ek is 26. Ek kan sukkel nou al vir 4 dae om aan die slaap te raak volgens winde. Ek is 9maande swanger. Ek slaap nooit in die nag oor die winde wat ek het nie. Ek is van 2uur voor dag ure wakker tot 5uur in die oggend wakker van die winde. Ek loop op en af in die kamer rond. Sit reg op. Dis asof die winde in my rug sit. Wat kan ek doen/gebruik vir die winde. Help asb
ReplyDeletemy broer sukel om te slap met n benoudheid,loop byna di nag om kry nie slaap ni,was by verskeie drs maar geen medikasie help,raad asb
ReplyDeleteEk bly moeg en sikkel ook met winde wat kan ek gebruik.
ReplyDeleteEk het ook so baie winde en sooibrand gehad, totdat ek veral suiker en alle stysel uit my dieet uitgesny het! Probeer dit, dit werk!
ReplyDeleteHello. Ek het n breuk wil weet wat kan ek doen om dit n bietjie te kan verlig asb
ReplyDeleteHalle ekt n wind wat in my borskas vas sit meer aan my linkerkant dit lat brand my nu al by my slukderm meer ani linkerkant hkm ek weet is wind ek hoor dt letterlik raas in my maag, ek voel opgblaas as ek eet ook.. Het ook bje suur want wat onder uitkom is bje geel n ruik suur wat kan ek tog gbruik dt put my liggaamlik uit asb
ReplyDeleteHi ek breek die lelikste winde, en dus elke dag so,maar dan is daar dae wat dit voel el kry n hartaanval,soos sametrekkings en steke by my bors of hart,enige raad asb
ReplyDeletedieselfde probleem
DeleteHi ek sukkel ook met winde en opgeblaasheid en my maag is geswel. My maag is so groot soos een wat swanger is. Ek voel ook hoe raas die winde in my derms. Ek voel ook agter in my linker skouerblad ñ wind en veral as ek eet kom dit in my bors in dan voel dit ek wil ñ hartaanval kry. Ek was dr toe maar die medikasie help nie. Asb gee raad.
ReplyDeleteHi ek sukkel met naarheid maag werk geel voel opgeblaas wat kan dit wees
ReplyDeleteEk is elke dag naar maag is opgeblaas ek al raadop weet enige iemand wat kan dit wees
ReplyDeleteHi sukkel nou al n paar dae mt n rug wat brand dit is soes vuur wat oner my vel brand van bo na onder raak ook naar uit die maag en raak ook duislig het iemand miskien raad asb dis erg
ReplyDelete