Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.
(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)
V <lees volt> V
vaatvernouing (vasoconstriction) <lees vasokonstriksie>
vaatvlies, (choroid) < lees choroïed >
vagina (vagina, sheath) (skede) Buisvormige deel van die vroulike geslagsorgaan wat die nek van die
uterus met die uitwendige opening verbind.
vaginaal (vaginal) (met betrekking tot die vagina)
vaginale infeksies Infeksies wat veroorsaak word deur besmetlike stowwe wat via die vagina in die inwendige organe beland.
vaginose (vaginosis) 'n Naaswit afskeiding en algemene gevoeligheid rondom die vagina.
vaginale sproei ’n Algemene swaminfeksie veroorsaak deur onbeheersde vermeerdering van die swam.
vagotomie (vagotomy) Chirurgiese deursnyding van die vagussenuwee.
vagussenuwee (vagus nerve) (dwaalsenu, dwaalsenuwee, nervus vagus) <sien nervus vagus>
vaginovesikaal, (vaginovesical) M.b.t. die vagina en die blaas.
vaksien (vaccine) (entstof) Preparaat van dooie of verswakte mikro-organismes wat vir inenting gebruik word.
vaksinasie (vaccination) <lees vaksinering>
vaksineer (vaccinate, immunise, inoculate) <lees ook vaksinering> (ent, immuniseer, inent, inokuleer) ’n Entstof toedien om siekte te voorkom; vir siektes onvatbaar maak.
vaksinering (vaccination, inoculation, immunisation) <lees ook vaksineer> (enting, immunisering, inenting, inokulasie, inokulering, vaksinasie) Die inbring van mikro-organismes in die weefsel (gewoonlik deur ’n inspuiting) sodat antiliggame geproduseer en immuniteit verkry kan word; handeling - resultaat van vaksineer.
vakuool (vacuole) Afgeslote, vloeistofgevulde ruimte in ’n sel.
vakuum (vacuum) (lugleegte) ’n Area of ruimte wat geen materie bevat nie.
vallende siekte (epilepsy) <sien epilepsie>
varkgriep, <sien griep>
vasektomie, (vasectomy) 'n Vasektomie is 'n prosedure waartydens die manlike buis waarlangs die sperm beweeg deeurgesny word.
veelvoudige sklerose (multiple sclerosis) ’n Chroniese, inflammatoriese siekte van die sentrale senuweestelsel.
vel, (skin) <sien integument>
velkanker (skin cancer) Kankeragtige aandoening van die vel.
velontsteking (skin infection) Ontsteking van die vel.
velsiekte (skin disease) (huidsiekte) Enigeen van verskeie siektes wat die vel of die aanhangsels daarvan aantas.
veluitslag (skin rash) Uitslag op die vel veroorsaak deur inflammasie.
vena (vena, vein) <cf arteria> (aar, vene) ’n Bloedvat wat bloed vanaf die weefsels na die hart vervoer.
vena axillaris (vena axillaris, axillary vein) (aksillêre vena) Is hoofsaaklik die voortsetting van die basiliese vena waarby die bragiale venae comitantes aansluit.
vena cava superior (vena cava superior, precaval vein) <cf vena cava inferior> (boonste holaar) Die aar wat bloed vanaf die boonste ledemate en kop na die regteratrium vervoer.
vena hemiazygos accessoria (vena hemiazygos accessoria) (aksessoriese hermiasigosvena) Word gevorm deur die samevloeiing van die vierde tot die agste linker- posterior interkostale venas en dreineer in die asigosvena.
venaesectio <sien flebotomie>
ventrikel, (ventricle) <lees ook breinventrikel> ’n Klein holte of sakkie.
ventrikel, (ventricle, heart chamber) <lees ook atrium> (hartkamer, pompkamer) Deel van die hart wat bloed vanaf die atrium ontvang.
venule (venule, venula) <cf arteriool> (aartjie) 'n Klein aartjie of vene wat bloed vanaf die haarvate (kapillêre) versamel en na die
are (venas) oordra.
verbale afasie (verbal aphasia) Afasie gekenmerk deur ’n beperkte woordeskat.
verbinding (compound) (samestelling) 'n Stof wat uit twee of meer dele bestaan.
verbinding (compound) In chemie verwys dit na 'n stof wat uit meer as een element bestaan, bv NaCl.
verbinding (connection, linkage) (aanhegting) Samevoeging van of aansluiting tussen twee strukture.
verbygaande iskemiese aanval (mini stroke) (VIA) 'n Miniberoerte.
verdrinking (drowning) Slegs ’n klein hoeveelheid water in die longe kan verdrinking veroorsaak. Soms veroorsaak dit dat die keel ’n spasma kry en die lugkanaal afsluit, dan praat ons van droë verdrinking.
vergiftiging (poison) Die inkry van gif.
verkalking (calcification) <sien kalsifikasie>
verkoue (cold) Word veroorsaak deur onkeerbare virusinfeksies.
verpligte Aerobia (obligatory Aerobia) Mikroörganismes waarvoor suurstof ’n lewensvoorwaarde is.
verrekking As 'n spier- of tendonvesels wat 'n spier aan 'n been verbind rek of skeur.
verslawing (addiction) Die toestand van verslaaf wees aan iets.
versmoring (suffocation) (asfiksie) Wanneer liggaamsweefsel nie genoeg suurstof ontvang nie.
verstikking (asphyxiation) (asfiksie) Dit gebeur wanneer iemand se lugweg gedeeltelik of ten volle versper word deur iets wat ingesluk word. Dit kan ook deur ’n spierspasma veroorsaak word.
verstuiting (sprain) <sien ook dislokasie> Besering van die tendons, spiere of ligamente rondom die gewrig sonder dat ontwrigting plaasvind.
verswik (sprain) Indien die ligamente wat been en spier verbind skeur noem ons dit verswikking.
vertigo (vertigo, dizziness) (duiseligheid) Sensasie van versteurde verhouding met die omgewing;
dronkheid in die kop.
verwagtend (expectant) ’n Swanger vrou.
verworwe (acquired) <cf kongenitaal> (met betrekking tot 'n eienskap, siekte of toestand wat eers na geboorte voorkom en nie oorgeërf word nie, maar deur omgewings- of ander faktore buite die organisme ontstaan)
verworwe immuniteitsgebreksindroom (acquired immune deficiency syndrome, Aids, AIDS) <sien ook HIV> (Vigs, VIGS) Ernstige (fatale) siekte wat heel waarskynlik deur 'n retrovirus waardeur die persoon se immuunstelsel onderdruk word, veroorsaak word en verminderde weerstand teen infeksies tot gevolg het.
veselagtige bindweefsel, (fibrous tissue, white fibrous connective tissue) <lees ook areolêre bindweefsel; elastiese bindweefsel> Fibreuse bindweefsel, wit veselagtige bindweefsel, besondere sterk weefsel met baie wit, nie-elastiese veselbundels wat min of meer parallel loop - dit vorm bv. ligamente.
vesikel, (vesicula, blister, vesicle) <sien ook blaar> (blasie, vesicula, vesikula) 'n Klein sakkie wat vog bevat, bv sinaptiese vesels; algemeen gebruik in anatomie vir 'n holtetjie wat vloeistof bevat.
vesica (vesica, bladder) (blaas, vesika) Die spierkragtige, membraanagtige sak waarin sekresie opgegaar word en wat geledig kan word, bv. die galblaas of urienblaas.
vesicula seminalis, (vesicula seminalis, seminal vesicle) (saadsakkie, seminale sakkie) Sakvormige struktuur wat net agter die blaasbasis geleë is en waarin spermatosoë ontwikkel en opgegaar word.
vet (fat) Organiese voedingstof opgebou uit vetsure en gliserol - kom in verskillende vorms en digthede voor wat wissel van olierig tot harde vet.
vet (fat) <sien oormassa>
vetsug (obesity) <sien obesiteit>
vetweefsel (adipose tissue) (adipeuse weefsel) Die tipe bindweefsel waarvan die selle groot vetmolekules bevat.
Vigs (AIDS) <sien verworwe immuniteitsgebreksindroom>
VIGS (AIDS) <sien verworwe immuniteitsgebreksindroom>
vinger (finger, digit) Enigeen van die vyf voorste dele van die hand.
vinger-agnosie (tactile agnosia) Onvermoë om jou eie vingers afsonderlik te herken.
visie (vision, sight) (gesig, sig) Die vermoë om te sien.
viskositeit (viscosity, tenacity) (taaiheid, vloeitraagheid) Die eienskap van ’n vloeistof waardeur dit weerstand teen vloei bied a.g.v. die interne
weerstand tussen verskillende lae gasse of vloeistowwe in beweging.
viskus, (viscus) <mv. vissera> (ingewande) Enigeen van die groot inwendige organe in die abdominale, torakale of buikholte; bv. hart, lewer, longe ens.
visuele agnosie (tactile agnosia) Onvermoë om visuele beelde te vertolk.
vitamien (vitamin) <mv vitamiene> (vitamine) <mv. vitamines> Enigeen van 'n aantal lewensnoodsaaklike organiese voedingstowwe waarvan klein hoeveelhede benodig word vir metaboliese prosesse - kan meestal nie in die liggaam gesintetiseer word nie, maar moet deur die dieet ingeneem word.
vitreuse liggaam (vitreous humour, vitreous body) <sien ook akweuse vog> (glasagtige liggaam, glasliggaam, glasvog) 'n Deurskynende, jellieagtige massa wat die ruimte tussen die lens en die retina vul.
voeding (feeding) Die inname van voedsel of die gee daarvan.
voeding (nutrition) (nutrisie) Al die prosesse wat gesamentlik nodig is om die voedsel deel van die liggaam te maak, nl inname, vertering, absorpsie en assimilering.
voedsel (food) (kos) Enige stof, gewoonlik plant- of diermateriaal, bestaande uit koolhidrate, proteïene, vette en ander bykomende elemente soos minerale en vitamiene, wat deur die liggaam ingeneem word en, nadat dit geassimileer is, as boustof of energiebron gebruik word, of enige ander funksie in die liggaam verrig.
voedselvergiftiging (food poisoning) Ongesteldheid as gevolg van die eet van bedorwe of giftige voedsel.
voet (foot) Liggaamsdeel waarmee geloop word; gedeelte van die been onderkant die enkel.
voetskimmel (athlete's foot) Is 'n swaminfeksie.
vomeer (vomit, puke) (braak) Om die maaginhoud kragtig deur die mond uit te werp.
vomering, (vomiting, puking, emesis) (braking, emesis) Kragtige uitwerping van die maaginhoud deur die mond.
voorbehoedmiddel (contraceptive) <sien profilaktikum>
voorkomende geneeskunde (preventive medicine) ’n Afdeling van die geneeskunde wat handel oor die voorkoming van siektes.
vrat, (wart) 'n Harde, eeltagtige uitgroeisel op die vel.
vriesbrand (frostbite) Weefselvernietiging wat veroorsaak word deur die blootstelling van 'n liggaamsdeel aan ernstige koue.
vrugbaar (fertile) <sien fertiel>
vrugbaarheid (fertility, fecundity) Eienskap om vrugbaar te wees en baie nakomelinge te kan voortbring.
vrugwater (amniotic fluid) <sien amnionvloeistof>
No comments :
Post a Comment