Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Vrugbaarheid. Show all posts
Showing posts with label Vrugbaarheid. Show all posts

1.2.24

Kruie vir kwale: Vrugbaarheid

Rooiwortel (Bulbine natalensis) kan dalk die vlakke van testosteroon en ander hormone verhoog en sodoende vrugbaarheid verbeter. Dit word lank reeds as 'n tradisionele medisyne gebruik.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto: Nataliya Vaitkevich)

6.9.23

Mans se vrugbaarheid in hul sestigs

Mans se vrugbaarheid is nog baie goed in hul sestigs. Mans se vrugbaarheid verminder nie so erg soos die van vroue nie.

Mans se probleem is eerder erektiele disfunksie. Hulle produseer nog baie spermselle, ongeveer 75% van wat iemand die helfte van hul ouderdom produseer.

Hoe lank jy vrugbaar bly hang maar af van jou gene en hoe gesond jy leef. Daar is mans wat reeds in hulle negentigs was wat kinders verwek het. Diegene met ’n gesonde lewenstyl se kanse is baie beter om baba's te verwek. Jy moet ook weet dat mans sekere tye van die maand meer vrugbaar is as ander. Wetenskaplikes skryf dit toe aan 'n interne siklus van elke man.

Daar is wel ’n groter risiko vir gesondheidsprobleme by die kinders van bejaarde persone.

3.1.18

Kunsmatige eierstokke in die toekoms

Belgiese navorsers aan die Université Catholique de Louvain het aan die einde van 2017 belangrike vordering gemaak in ’n stap om kunsmatige eierstokke te skep. Sodra hulle pogings suksesvol is sal daar hoop wees vir vroue wat onvrugbaar is en kankerpasiënte wat graag kinders wil hê, maar nie kan nie as gevolg van bestraling.

Die navorsingspan het ’n proteïenformulering geïdentifiseer wat baie ooreenstem met die struktuur en rigiditeit van die natuurlike weefsel van ’n vrou se eierstokke en wat dit so kan naboots dat dit die groei van follikels, waarbinne die eiersel woon, kan ondersteun.

Vir kankerpasiënte is daar reeds behandeling wat dit moontlik maak om ’n vrou se eierstokweefsel te stoor en dit weer in haar liggaam oor te plant sodra haar kankerbehandeling voltooi is of wanneer sy in remissie gaan. Dit het reeds 130 vroue gehelp om swanger te raak en geboorte te skenk. Sulke behandeling word egter nie aanbeveel vir pasiënte wat ’n risiko het vir kwaadaardige selle in hul bevrore eierstokweefsel nie.

Die navorsing is onlangs gepubliseer in Springer's Journal of Assisted Reproduction and Genetics.

22.2.16

Super sperm

Een rede hoekom paartjies nie kan swanger raak nie is as gevolg van die sperm wat nie baie beweeglik is nie. Daar is andersins niks fout met die kwaliteit van die sperm nie, hulle is net swak swemmers.

En bevrugting is nie so maklik soos jy dink nie. Dis nie verniet dat daar ’n paar 100 miljoen spermselle “losgelaat” word op ’n slag nie. Van hulle sal min of meer honderd op koers kom en as jy gelukkig is, sal een die bevrugting doen.

So ’n spermsel sal baie beter doen met ’n super hero pak aan die lyf.

Nee, dis nie ’n grap nie. Navorsers by die Institute for Integrative Nanosciences in Dresden, Duitsland, het so ’n uitrusting ontwerp en suksesvol getoets in 'n laboratorium. Dit verbeter nie net die aandrywing van die sperm nie, maar maak dit ook moontlik daarom met afstandbeheer te bestuur.

3.11.14

Hoë cholesterolvlakke verbind aan onvrugbaarheid

’n Onlangse studie het bevind dat hoë cholesterolvlakke waarskynlik ’n nadelige uitwerking het op paartjies wat probeer swanger raak.

Waar beide persone in so ’n verhouding hoë cholesterolvlakke het, sukkel hulle meer as ander mense om swanger te raak. Die vrou se cholesterolvlakke speel ook andersins ’n belangrike rol in vrugbaarheid.

Cholesterol speel ’n rol in die vervaardiging van hormone.

Die studie, deur die Eunice Kennedy Shriver National Institute of Child Health and Human Development, is gepubliseer in The Journal of Clinical Endocrinology and Metabolism.

8.10.13

Hormoon ontdek wat dalk help met vrugbaarheid

'n Nuwe hormoon is ontdek wat geproduseer word deur die eierselle van die vrou. Die hormoon, R-spondin2, mag moontlik gebruik word om vrouens se vrugbaarheid te verbeter. Die hormoon stimuleer groei van die eierstokke. Die hormoon sal waarskynlik gebruik word in die ontwikkeling van 'n nuwe hormoonbehandeling vir onvrugbaarheid.

Die hormoon is reeds suksesvol getoets op muise.

(Die studie is gepubliseer in die Junie 2013 uitgawe van The FASEB Journal.)

15.1.13

Semen


DP skryf:
"Ek het die probleem nou al vir 2.5 jaar, Ek het bloed in my semen, Ek is nou 41 jaar oud . Ek het dit 2.5 jaar gelede ontdek toe ek en my vrou kondome gebruik het na my dogtertjie se geboorte. Ek was nou al by drie uroloë en hulle kon my nie help nie, ek het kanker toetse onder gaan vir die prostaat en ‘n piëlogram en proktoskopie maar die uroloog kan nie sê wat presies die probleem is nie. Die eerste uroloog wil my prostaat verwyder, toe sê ek hy moet warm plek toe gaan, Ek het nou al n vasektomie laat die November laas jaar en ook al die toets maar daar was nie n antwoord nie. Weet jy dalk van soortgelyke probleme en of daar enige medikasie is wat voor gestel kan word, Die laaste uroloog reken dit is n aartjie wat in die prostaat bars wanneer ek kom. Ek hoop jy kan help."

Dokter C:
Die goeie nuus is dat, terwyl mens jou boeglam skrik, dit selde baie ernstig is. Die laaste uroloog is waarskynlik reg. In meeste gevalle is dit 'n aartjie wat beskadig is in die prostaat of urienbuis. In meeste gevalle los die probleem homself op. Langer as twee jaar klink egter bietjie lank.

Soos jy self agterkom is die probleem dat dit besonder moeilik is om die bron van bloeding op te spoor. Daar word gewoonlik gekyk na moontlike oorsake. Dit sluit in:


  • prostaatkanker - jy weet gelukkig jy is skoon
  • 'n beskadigde aartjie in die prostaat of urienbuis - gewoonlik die geval
  • 'n urienweginfeksie
  • prostatitis (inflammasie van die prostaat)
  • 'n seksueel oordraagbare siekte
  • vergroting van die prostaat
  • skade tydens 'n operasie - jy het mos geen operasie daar gehad voor dit begin het nie
  • skade aan jou testikels of prostaat
Hoop bogenoemde was van hulp en dat julle die ding se gat sal skop.

16.1.09

Vrugbaarheid

Vrugbaarheid verwys na die vermoë om kinders te kan voortbring.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.