Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.
(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)
dagblindheid (day blindness) <sien hemeralopie>
dagga (cannabis, marijuana) Indiese hennep waarvan die blare gekou, gerook of in vloeistofaftreksels gedrink word.
dagsuster ’n Hospitaalsuster wat bedags werk.
dagverpleegster ’n Verpleegster wat gedurende die dag aan diens is.
dakrioree (dacryorrhoea) <sien ook lakrimasie> (traanvloed) Oortollige vloeiing van trane.
dakriosist (dacryocyst) <sien saccus lacrimalis>
dakriosolen (dacryosolen) Traanbuis of traankanaal.
daktiel (dactyl) <sien daktilus>
daktilaat (dactylate) Met die voorkoms van ’n of ’n toon.
daktilies (dactylar, dactylic) M.b.t. ’n vinger of toon.
daktilus (dactylus, dactyl) (daktiel) ’n Vinger of ’n toon, veral laasgenoemde.
dalende kolon (descending colon) Die deel van die kolon wat afwaarts draai en langs die linkerkant van die buikholte tot min of meer regoor die linkerheupbeen strek.
Dalton-wet (Dalton's law) <sien wet van Dalton>
damp (fume, vapour) (wasem) Enige stof in 'n gasvormige toestand, bv stoom; opstygende vogdeeltjies.
dampdruk (vapour pressure) Die druk wat uitgeoefen word deur 'n damp (gas) wat deur 'n vastestof of vloeistof afgegee word.
danja (coriander) <sien koljander>
dartos (dartos) Kontraktiele spierlaag onder die vel van die skrotum en labia majora.
Darwinisme (Darwinism) <sien ook evolusie> Lewensbeskouing dat alle bestaande organismes deur natuurlike seleksie uit laeres ontstaan het.
dassiepis Dit is die soute van die urine van dassies wat op rotse aangetref word.
dawidjies ’n Klimplant van die familie Cucurbitaceae met rooi bessies wat geneeskundig gebruik word.
deamidase (deamidase) <sien ook deaminase> ’n Ensiem wat amiede hidroliseer.
deamidasie (deamidation) Hidrolise van ’n amied tot karboksielsuur.
deaminase (deaminase) <sien ook deamidase> Ensiem wat amiene hidroliseer.
deaminasie (deamination) Ensimatiese verwydering van ’n aminogroep van 'n aminosuur - deur reduksie, hidrolise of oksidasie.
deasetilering (deacetylation) Verwydering van ’n asetielgroep uit ’n verbinding.
deasidifisering (deacidification) Neutralisering van ’n suur.
debris (debris) (afvalmateriaal) Dit wat oorbly van ’n stof wat gedisintegreer het.
dedifferensiasie (dedifferentiation) <cf differensiasie> Verlies van differensiasie van selle.
defek (defect) ’n Gebrek, tekortkoming of fout.
defekasie (defecation) Ontlasting.
defibrillasie (defibrillation) <sien ook fibrillasie> Stopsetting van kardiale fibrillasie, gewoonlik deur 'n elektriese apparaat.
defibrillasie (defibrillation) Verwydering van vesels.
defibrillator (defibrillator) Apparaat wat gebruik word om fibrillasie stop te sit deur die toediening van ’n elektriese skok.
defibrinasie (defibrination) Verwydering van fibrien.
defibrineer (defibrinate) Van fibrien of veselstof vrymaak.
defleksie (deflection, deflexion) In fisika beteken dit dat die naald van ’n instrument van sy nulposisie af wegbeweeg het.
defleksie (deflection, deflexion) Afwyking van ’n bepaalde koers.
deflekteer (deflect) Om van ’n bepaalde koers af te wyk.
deformasie (deformation) (mismaking, verminking, vervorming) ’n Verandering in die grootte en vorm van ’n voorwerp.
degenerasie (degeneration) Afname in fisiese, funksionele of verstandelike doeltreffendheid.
degenerasie (degeneration) Vermindering van lewenskrag in opeenvolgende geslagte.
degeneratief (degenerative) M.b.t. degenerasie.
degradering (degradation) Om af te breek.
degradering (degradation) Redusering van ’n chemiese verbinding ’n verwydering van een of meer gedeeltes van sy molekulêre struktuur.
dehidrasie (dehydration, anhydration) <cf hidrasie> (anhidrasie, ontwatering) Die toestand wat in ’n organisme ontstaan a.g.v. 'n watertekort.
dehidrasie (dehydration, anhydration) <cf hidrasie> (anhidrasie, ontwatering) Die verwydering van water vanuit enige stof.
dehidrasiesintese (dehydration synthesis, dehydrolysis) (dehidrolise) Opbou van ’n groot molekule uit kleiner molekules met die verlies van ’n molekule water; anaboliese proses waardeur molekules met mekaar verbind om groter molekules te vorm.
dehidrateer (dehydrate) Water uit ’n verbinding onttrek.
dehidreer (dehydrate, anhydrate) <cf hidreer> (anhidreer, ontwater) Water verwyder of verloor.
dehidrogenase (dehydrogenase) Een van ’n groep ensieme wat die verwydering van waterstof uit die substraat kataliseer.
dehidrogenasie (dehydrogenation) Die chemiese proses waardeur waterstofione vanuit ’n stof verwyder word deur oksidasie.
dehidrolise (dehydrolysis) <sien dehidrasiesintese>
Deiter-selle (Deiter’s cells) Stutselle tussen die haarselle in die Corti-orgaan wat aan die basale membraan geheg is.
dekalsifikasie (decalcification) <cf kalsifikasie> (ontkalking) Verlies van kalsium uit been of ander weefsel.
dekameter (decameter) Tien meter.
dekantering (decantation) (afgieting) Versigtige afgooi van die vloeistof wat bokant ’n ander vloeistof of ’n sediment lê.
dekapsulering (decapsulation) (ontkapseling) Afstroping van ’n kapsule, bv die renale kapsule.
dekarboksilasie (decarboxylation) Die verwydering van een of meer karboksielgroepe - waardeur ’n organiese suur tot CO2 ontbind.
dekarboneer (decarbonate) <cf karboneer> Die verwydering van koolstofdioksied (CO2) uit ’n stof.
dekarbonering (decarbonation) <cf karbonering> Handeling van dekarboneer.
dekarboniseer (decarbonise) <cf karboniseer> Die verwydering van koolstof <C> uit ’n stof, bv. die verwydering van koolstof vanuit die bloed in die longe deur koolstofdioksied te vervang met suurstof.
dekglasie (cover glass) <sien ook voorwerpglasie> ’n Dun glasplaatjie wat gebruik word om die preparaat vir mikroskopiese ondersoek op die voorwerpglasie te bedek.
dekompensasie (decompensation) Verlies aan doeltreffendheid van funksie, bv die onvermoë van die hart om bloedsirkulasie aan die gang te hou.
dekomposisie (decomposition) <sien ook ontbinding; verrotting> Die opbreek van ’n saamgestelde stof in sy eenvoudigste bestanddele.
dekompressie (decompression) Verwydering of vermindering van druk.
dekongestie (decongestion) <cf kongestie> Vermindering of opheffing van kongestie of swelling.
dekontaminasie <cf kontaminasie> (decontamination) Verwydering van besmetting of besoedeling van bv radioaktiewe materiaal.
dekrement (decrement) Afname of vermindering.
dekster (dexter, right) <cf sinister> (regs) Dui die regterkant aan.
dekstraal (dextral) Met betrekking tot die regterkant.
dekstran (dextran) ’n Wateroplosbare polimeer van glukose wat gebruik word om die plasmavolume te verhoog.
dekstrase (dextrase) ’n Ensiem wat dekstrose ombou tot melksuur.
dekstrien (dextrin) ’n Tussenproduk in die afbrekingsproses of vertering van stysel na glukose; ’n polisakkaried bestaande uit ses tot twaalf glukose-eenhede.
dekstrose (dextrose, glucose) (druiwesuiker, glukose) Belangrikste bloedsuiker; monosakkaried met ses koolstowwe.
dekstroserebraal (dextrocerebral) Geleë in die regter- serebrale hemisfeer; wat in die regterhelfte van die brein ontstaan.
dekstrosinistraal (dextrosinistral) Wat van regs na links strek.
dekvlies (conjunctiva) <sien konjunktiva>
dekweefsel (epithelium) <sien epiteel>
delaminasie (delamination) Opsplitsing in lae.
deling (division, fission) (splitsing) Fisiese of chemiese verandering waarby ’n verbinding in eenvoudiger stowwe opgebreek word.
deliries Waansinnig; ylhoofdig; deurmekaar.
delirium (delirium) <sien ook dementia> ’n Akute organiese geestesversteuring wat gekenmerk word deur verwarring, disoriëntering, rusteloosheid, ylhoofdigheid ens.
delirium tremens (delirium tremens, alcoholic paranoia) (drinkerswaansin) ’n Akute fisiese en geestelike siekteaandoening a.g.v. langdurige alkoholebruik
delta (delta) Die vierde letter van die Griekse alfabet.
delta (delta) Enige driehoekige spasie.
deltoïed (deltoid) Groot, sterk, driehoekige spier wat die skouergewrig bedek.
demarkasie (demarcation) Afbakening.
demensie (dementia) <sien dementia>
dementia (dementia, insanity) <sien ook delirium> (demensie, kranksinnigheid) ’n Progressiewe organiese geestesafwyking gekenmerk deur persoonlikheidsverval, verwarring, die verval van intellektuele vermoëns en funksies.
demiëlinering (demyelination) Vernietiging van die miëlienskede van senuweevesels.
demifaset (demifacet) ’n Klein artikulasieoppervlak op elk van twee bene wat albei met ’n derde been artikuleer, bv ’n rib wat met twee torakswerwels artikuleer.
demineralisasie (demineralisation) ’n Verlies van minerale soute uit die liggaam.
denaturasie (denaturation) ’n Verandering in die vorm van ’n proteïenmolekule wat veroorsaak dat die eienskappe, en dikwels ook die funksie daarvan, verlore gaan.
denatureer (denaturate, denaturise) <sien ook denaturasie> Om die vorm en aard te verander.
dendriet (dendrite, dendron) <sien ook akson> (dendron) Vertakking van ’n senuweefsel.
dendrities (dendritic) M.b.t. ’n dendriet.
dendrities (dendritic) Met ’n vertakte voorkoms.
dendron (dendron) <sien dendriet>
dengue (dengue) <sien knokkelkoors>
denguekoors (dengue fever) <sien knokkelkoors>
denitrifikasie (denitrification) Die redusering van nitrate tot stikstof - vind plaas deur sekere bakterieë.
dens (dens) <sien ook odontoïedproses> ’n Tandvormige struktuur.
dentaal (dental) Wat op die tande betrekking het.
dentasie (dentation) ’n Tandvormige uitsteeksel.
dentien (dentine) (tandbeen) Ivoorgedeelte van tande - die grootste deel van die substansie van ’n tand bestaan hieruit.
dentikel (denticle) Klein, tandagtige uitsteekseltjie; verkleiningsvorm van dens.
dentikulaat (denticulate) Met tandvormige uitsteeksels.
dentisie (dentition) <sien ook tandformule> Die rangskikking, aantal en soorte tande in die kakebeen.
dentisie (dentition, teething) (tandekry) Ontwikkeling van tande.
dentoïed (dentoid) <sien odontoïed>
deoksigeneer (deoxygenate) <cf oksigeneer> Om suurstof te verwyder.
deoksigenering (deoxygenation) <cf oksigenering> Verwydering van suurstof.
deoksihemoglobien (deoxyhaemoglobin) <cf oksihemoglobien> Hemoglobien wat nie suurstof nie.
deoksiribonuklease (deoxyribonuclease) Ensiem wat DNA polimeriseer.
deoksiribose (deoxyribose) Aldopentose wat in DNA voorkom
dep Met watte afvee.
depolarisasie (depolarisation) <cf polarisasie> Die verlies van elektriese lading op die membraanoppervlak.
depolariseer (depolarise) <sien ook depolarisasie/cf olariseer> Die verlies van polariteit of gepolariseerde toestand.
depper (swab) Stukkie watte om bloed te verwyder.
depressie (depression) Holte.
depressie (depression) Afwaartse verplasing; neerdrukking.
depressie (depression) Verlaging van funksionele aktiwiteit.
depressie (depression) Bedruktheid.
depressor (depressor) Byvoorbeeld ’n spier of instrument wat iets afdruk.
depressor (depressor) ’n Agent wat ’n proses vertraag of inhibeer.
depro (depro) <sien depressie>
derivaat (derivative) ’n Chemiese stof wat uit ’n moederstof verkry is.
derm (intestine) <sien intestinum>
dermaal (dermal, dermatic) (dermaties) M.b.t. of geassosieer met die vel.
dermafsluiting (ileus) <sien ileus>
dermale papil (dermal papilla) ’n Uitsteeksel van die dermis in die epidermis.
dermaties (dermatic) <sien dermaal>
dermatitis (dermatitis) (velontsteking) Inflammasie van die vel.
dermatologie (dermatology) Die mediese spesialiteitsrigting wat te doen het met die diagnose en behandeling van die vel en sy siektes.
dermatoloog (dermatologist) ’n Spesialis in velsiektes.
dermatoplastiek Die kuns om veldele oor te plant en velletsels te herstel.
dermatose (dermatosis) (velsiekte) Enieen van verskeie velsiektes wat die vel of sy aanhangsels aantas.
dermbeen (ilium) <sien ilium>
dermbreuk (hernia) <sien hernia>
dermholte (enteron) <sien enteron>
dermis (dermis, corium) (korium, leerhuid) <sien ook epidermis> Vellaag tussen die epidermis en die subkutane weefsel wat ryk is aan bloedvate, senuwees en velstrukture, bv sweetkliere.
dermkanaal (gut) <sien intestinum>
dermkeil (mesentery) <sien mesenterium>
dermknoop Dit kan verwys na die verdraaiing van die derm of die inglipping van ’n gedeelte van die ingewande in ’n ander deel.
dermkoliek Akute pyn in die derms.
dermografie (dermographia) Dit kan ’n velbeskrywing wees of verwys na ’n oorgevoeligheidsiekte van die vel.
dermontsteking (enteritis) <sien enteritis>
dermsap (intestinal juice) <sien succus entericus>
dermseer Seer in die derm.
dermskeel (mesenterium, mesentery) <sien mesenterium>
dermskeil (mesenterium, mesentery) <sien mesenterium>
dermsweer Sweer in die derm.
dermverstopping <sien dermafsluiting>
dermvlokkie (intestinal villus) <sien intestinale villus>
desensiteer (desensitise) Ongevoelig maak.
desensitasie (desensitisation) Ongevoeligmaking.
desensitiseer (desensitise) <cf sensitiseer> Om gevoelloos te maak.
desibel (decibel) Een tiende van ’n bel (logaritmiese eenheid van klankintensiteit).
desidua (decidua) Dit is die deel van die uterusslymvlies wat met bevrugting en swangerskap sterk ontwikkel en na die bevalling losskeur en uitgewerp word as die nageboorte.
desikkasie (desiccation) (opdroging, uitdroging) Om water of vog uit ’n stof te verwyder d.m.v. ’n higroskopiese stof, bv. anhidriese kopersulfaat.
desikkator (desiccator) ’n Geslote houer om apparaat of chemikalieë droog te hou.
deskwamering (desquamation) Afskilfering van die oppervlakepiteel.
desmologie (desmology) Anatomie van die ligamente.
desmosoom (desmosome) ’n Verbinding tussen selle bestaande uit verdikte plasmamembrane geheg deur filamente.
desoksiribonukleïensuur (deoxyribonucleic acid, deoxyribo nucleic acid, DNA) <sien ook nukleïensuur; ribonukleïensuur> (DNA, DNS) (DNA, DNS) ’n Groot nukleïensuurmolekule wat hoofsaaklik in die chromosome van die selkern voorkom en die genetiese inligting bevat.
detektor (detector) (aanwyser, opspoorder) ’n Instrument of apparaat wat gebruik word om die teenwoordigheid van ’n fisiese krag aan te toon, bv. elektromagnetiese strale.
detoks (detox) Om skedelike gifstowwe uit die liggaam te verwyder.
detoksifikasie (detoxification) <sien detoksikasie>
detoksikasie (detoxication, detoxification) (detoksifikasie, ontgiftiging)Die verwydering van die toksiese of giftige eienskappe van ’n verbinding.
detorsie (detorsion) Die korreksie van ’n abnormale draaiing.
detritus (detritus) Die materiaal wat agterbly nadat die oorspronklike stof of weefsel gedisintegreer het.
detrusor (detrusor) ’n Algemene term wat gebruik word vir enige liggaamsdeel wat iets afdruk of uitstoot.
detrusor urinae (detrusor urinae) Gladdespiervesels van die blaas wat urinering bevorder.
detubering (detubation) Die verwydering van ’n buis.
deurdringing (penetration) <sien penetrasie, 2de inskrywing>.
deurlatend (permeable) Die eienskap van ’n membraan of ander stof om vloeistof, gas, lig of ander deeltjies te laat deurgaan.
deurlatendheid (permeability) Die mate waarin membrane stowwe sal deurlaat of nie.
deuteranopie (deuteranopia) <sien agloukopsie>
deuterium (deuterium) ’n Isotoop van waterstof met ’n massagetal van 2.
deviasie (deviation) (afwyking) Iets wat van die normale verskil.
Dhobie-jeuk (tinea cruris) (tinea cruris) Omloop op die been.
DI (DI) <sien diabetes insipidus>
diabeet (diabetic) (diabeet, diabetikus) Iemand wat aan diabetes mellitus ly.
diabetes (diabetes) ’n Algemene term wat gebruik word vir ’n metaboliese ongesteldheid wat gekenmerk word deur ’n oormatige uitskeiding van urien (poliurie).
diabetes mellitus (diabetes mellitus, DM) <sien ook hiperglisemie> (DM, suikersiekte) 'n Siekte gekenmerk deur poliurie, glukosurie, polidipsie en hiperglukemie, m.a.w. ophoping van glukose in die bloed en urine - veroorsaak deur 'n insuliengebrek.
diabetes insipidus (diabetes insipidus, DI) (DI, dorssug) 'n Siekte gekenmerk deur dors, poliurie en die onvermoë om gekonsentreerde urien te vorm - gewoonlik weens 'n gebrek aan ADH.
diabeties (diabetic) M.b.t. diabetes.
diabetiker (diabetic) <sien diabeet>
diabetikus (diabetic) <sien diabeet>
diabetogeen (diabetogenic) Wat diabetes veroorsaak.
diafiseale aklasie (dischondroplasia) Erflike misvormde dischondroplasie wat gekenmerk word deur sponsagtige ekstoses bedek met kraakbeen.
diafise (diaphysis) <sien ook epifise 1ste inskrywing> Die middelste deel (skag) van ’n langbeen.
diafragma (diaphragm, midriff) (mantelvlies, middelrif) Dun, koepelvormige spierplaat wat die borsholte van die buikholte skei.
diagnose (diagnosis) Die identifisering van ’n siekte na aanleiding van sy tekens en simptome.
diagnoseer (diagnose) ’n Siekte deur diagnose vasstel.
diagnostiek (diagnostics) Die wetenskap om siektes te onderskei.
diagnosties (diagnostic) Van ’n diagnose.
dialise (dialysis) Die metode waar kleiner opgeloste stowwe van groter opgeloste stowwe geskei word, deurdat die kleiner molekules deur ’n halfdeurlatende membraan beweeg. Normaalweg verwys ons met die woord na die proses van skadelike stowwe uit iemand se bloed verwyder.
dialiseerder (dialyser) ’n Instrument vir die uitvoering van dialise.
diameter (diameter) <sien middellyn>
diapedese (diapedesis) Deurgang van bloedselle deur ongeskonde wande van bloedvate.
diarree (diarrhoea) (buikloop, disenterie) Die herhaalde ontlasting van min of meer vloeibare feses.
diartrose (diarthrosis) Vrylik beweeglike gewrig.
diasetielmorfien (diacetylmorphine) <sien heroïen>
diasoverbinding (diazo compound) ’n Organiese verbinding wat ’n N2-groep bevat.
diastase (diastase) ’n Ensiem wat in speeksel of pankreassap aangetref word en in staat is om stysel af te breek tot dekstrose en maltose.
diastole (diastole) <sien diastool>
diastolie (diastole) <sien diastool>
diastolies (diastolic) <cf sistolies> M.b.t. of tydens diastool.
diastoliese druk (diastolic pressure) <cf sistoliese druk> Die laagste bloeddruk gedurende die verslappingsfase van die hart.
diastool (diastole) <cf sistool> (diastolie) Die rustoestand van die hart; verslappingstoestand van die hartkamers waartydens hulle met bloed gevul word.
diastrofies Wat verband hou met ’n verdraaiing van die werwelkolom.
diatermie (diathermy) (elektriese deurwarming) Opwekking van hitte in liggaamsweefsels, toe te skryf aan die weerstand wat weefsels bied teen ’n hoë-frekwensie elektromagnetiese stroom wat daardeur gestuur word.
diatomies (diatomic) Beskryf ’n molekule wat uit twee atome bestaan, bv. water of soutsuur.
dibasies (dibasic) (dubbelbasies) M.b.t. ’n chemiese stof wat in ’n suur-basis-ewewig beide as ’n suur of as ’n basis kan optree, bv. swaelsuur.
dichromaat (dichromate) Enige sout van dichroomsuur.
dichromaat (dichromat) <sien ook achromaat; trichromaat> 'n Persoon wat slegs twee grondkleure kan onderskei.
dichromasie (dichromatism) <sien ook achromatisme> (dichromatisme) Toestand van gedeeltelik kleurblind te wees.
dichromaties (dichromatic) <sien ook achromaties 2de inskrywing> Met twee kleure.
dichromatisme (dichromatism) <sien ook achromatisme> (dichromasie) Toestand van gedeeltelik kleurblind te wees.
dieet (diet) (voedselvoorskrif) Lewensreël met betrekking tot voedsel en drank.
dieetkunde (dietetics) (voedingsleer, diëtetiek, sitiologie) Die wetenskap van korrekte voeding en eetgewoontes.
dieetkundig (dietetic) Volgens voorskrifte van die dieetkunde.
dieetkundige (dietician) Iemand wat opgelei is om aan mense raad te gee ten opsigte van wat gesond is om te eet en te drink.
dieetsiekte (diet disease) <sien anorexia nervosa; polifagie>
diënkefalon (diencephalon, interbrain) (diënsefalon, tussenharsings) Die tweede gedeelte van die brein geleë rondom die derde breinventrikel - sluit die talamus en hipotalamus in.
diënsefalon (diencephalon, interbrain) <sien diënkefalon>
dieptepsigologie (dieptesielkunde) Psigologie van die onbewuste.
dieptevrees (depth fear) (batofobie) Sieklike vrees vir dieptes.
dierestysel (glycogen) <sien glikogeen>
diëtetiek (dietetics) <sien dieetkunde> (voedingsleer, sitiologie)
diëtieleter (diethyl ether) <sien eter, 2de inskrywing>
difasies (diphasic) Wat in twee fases gebeur.
differensiasie (differentiation) <sien ook gedifferensieerd; ongedifferensieerd/cf dedifferensiasie> Wanneer selle in hul normale ontwikkeling ’n sekere bou, vorm en eienskappe aanneem om ’n spesifieke funksie in daardie weefsel of orgaan te vervul.
differensieel (differential) Wat betrekking het op, of in verband staan met spesifieke verskille.
differensieel deurlatend (differentially permeable) <sien selektief deurlatend>
differensiële bloedtelling (differential blood count) Opgawe van relatiewe getalle van elk van die verskillende tipes bloedselle.
diffraksie (diffraction) (straalbreking) Afwyking van die liniêre voortplantingsrigting van ’n golf wanneer dit van een medium na ’n ander met verskillende digtheid gaan.
diffundeer (diffuse) Versprei a.g.v. diffusie.
diffundeerbaar (diffusible) In staat om te versprei.
diffusie (diffusion) <sien ook osmose> Die passiewe verspreiding van molekules van ’n hoë na ’n lae konsentrasie van ’n stof, totdat die konsentrasie van die bepaalde stof oral dieselfde is.
diffuus (diffuse) In alle rigtings verspreid of verstrooi.
difterie (diphtheria) (witseerkeel) Besmetlike siekte veroorsaak deur 'n toksogeniese bacillus en gekenmerk deur die vorming van vliesagtige neerslae op die ontsteekte slymvliese - dit kom gewoonlik in die keelholte, die strottehoof en die lugpyp voor.
digestie (digestion) <sien ook ingestie> (spysvertering, vertering) Chemiese of meganiese opbreek van onverteerde voedsel in die spysverteringskanaal in kleiner, eenvoudiger dele, sodat dit geabsorbeer
kan word.
digitaal (digital) Met betrekking tot ’n vinger of ’n toon.
digitalis Hartversterkend medisyne wat uit die digitalis plant berei word.
digitasie (digitation) Vingervormige of puntige gedeelte.
digitus (digitus, digit) Vinger of toon.
digliseried (diglyceride) ’n Molekule wat uit gliserol en twee vetsure bestaan.
digtheid (density) Kompaktheid.
digtheid (density) <sien ook absolute digtheid; relatiewe digtheid; optiese digtheid> Hoeveelheid molekules van ’n stof in ’n spesifieke volume – ruimte.
dihidraat (dihydrate) Verbinding wat twee molekules water of twee hidroksielgroepe bevat.
dihidries (dihydric) Met twee waterstofatome in elke molekule.
dikbuikig (paunchy) Met ’n groot maag.
dikderm (colon) (kolon, grootderm) Die gedeelte van die dermkaanaal van die blindederm af tot by die rektum.
dilatasie (dilation) Verwyding.
dilateer (dilate) (verwyd) Wyer maak of word.
dilator (dilator) ’n Spier, of enige ander middel, wat verwyding van ’n opening teweegbring.
dimensie (dimension) Die grootte, omvang of afmetings van ’n voorwerp.
dimetiel (dimethyl) <sien ook etaan> ’n Verbinding wat twee metielgroepe bevat.
dimorfies (dimorphic) Wat in twee verskillende vorms voorkom.
dimorfisme (dimorphism) (dubbelvormigheid) Kom in twee verskillende vorms voor.
dinamies (dynamic) Wat krag of beweging besit.
dinamiese ewewig (dynamic equilibrium Die handhawing van ewewig (balans) wanneer die liggaam of kop skielik beweeg of roteer.
dinamiese ewewig (dynamic equilibrium Die handhawing van 'n konstante interne omgewing ten spyte daarvan dat stowwe gedurig in die liggaam inkom of daaruit vloei.
dinamika (dynamics) Die afdeling van die fisika wat handel oor die werking van kragte of bewegings.
dinamometer (dynamometer) <sien ook ergometer> ’n Instrument waarmee die krag van spierkontraksie gemeet word.
dioksied (dioxide) Enige verbinding wat twee suurstofatome bevat.
diopter (diopter) Die refraksievermoë van ’n lens met ’n brandpuntafstand van een meter.
dipeptied (dipeptide) <sien ook peptied; polipeptied> ’n Verbinding wat bestaan uit twee aminosuurmolekules wat d.m.v. ’n peptiedband aan mekaar vas is.
diploblasties (diploblastic) Met twee kiemlae.
diploë (diploe) Sponsagtige beenweefsel tussen die buitenste en binneste beenlae van die kranium.
diploïed (diploid) <sien ook haploïFed> ’n Selkern met dubbel die aantal chromosome as wat in die gameet teenwoordig is.
diplokokkus (diplococcus) <sien ook kokkus> ’n Kokkus wat in pare voorkom; ’n paar bolvormige selle wat aanmekaarkleef.
diplopie (diplopia) (dubbelvisie) Om dubbel te sien, d.w.s. een voorwerp lyk soos twee.
diploskoop ’n Optiese instrument wat ’n chirurg in staat stel om te opereer op ’n liggaamsdeel wat te klein is om met die blote oog te sien.
diploteen (diplotene) Daardie stadium gedurende die eerste profase van meiose waartydens die bivalente chromosome in die lengte splits en van mekaar begin wegbeweeg.
dipool (dipole) ’n Molekule met gelyke, maar teenoorgestelde ladings - ’n eienskap wat maak dat dit elektrostaties aan beide negatief- en positiefgelaaide groepe kan bind, bv. ’n watermolekule.
dipool (dipole) Twee pole met gelyke, maar teenoorgestelde ladings.
dipsomaan Lyer aan dipsomanie.
dipsomanie (dranksug) Die skielike begeerte na sterk drank wat af en toe by ’n persoon voorkom.
direkte afleiding (direct lead) Afleiding wat toelaat dat die elektriese potensiaalverskille van die hart of ander orgaan se oppervlak verkry word.
disakkaried (disaccharide) <sien ook monosakkaried; polisakkaried; sakkaried> ’n Suiker wat gevorm word deur die versmelting van twee monosakkariede met die uitsplitsing van water, bv. sukrose en laktose.
disenterie (dysentery) (buikloop, shigellosis) Die ontsteking van die ingewande met bloederige ontlasting.
disfunksie (dysfunction, malfunction) (wanfunksie) Abnormale of versteurde funksie van veral ’n orgaan.
disinfeksie (disinfection) (ontsmetting) Reiniging van stowwe wat bakterieë of ’n virus bevat.
disinfekteer (disinfect) (ontsmet) Vernietiging van alle patogene organismes en hulle produkte.
disintegrasie (disintegration) <sien ook disintegreer> Verbrokkeling of opsplitsing.
disintegreer (disintegrate) (opsplits, verbrokkel) Wanneer integrerende of samestellende dele verdeel, opbreek of ontbind.
diskus (skyf) (discus, disc) ’n Dun, plat, ronde voorwerp.
disleksie (dyslexia) Die versteuring in iemand se vermoë om met begrip te lees as gevolg van ’n sentrale serebrale letsel.
dislokasie (dislocation) <sien ook verstuiting> (ontwrigting) Uit lit uit laat kom; verplasing van een of meer bene van 'n gewrig uit hulle normale posisie.
disopie (dysopia, dysopsia) (disopsie) Gebrekkige visie.
disopsie (dysopsia) <sien disopie>
disoriëntasie (disorientation) ’n Toestand waarby die besef van plek, tyd of eie persoon verlore is.
disoriëntering (disorientation) ’n Toestand waarby die besef van plek, tyd of eie persoon verlore is.
dispepsie (dyspepsia) ’n Toestand van versteurde spysvertering.
dispepties (dyspeptic) Verwys na belemmerde spysvertering.
dispersie (dispersion) Handeling van verdeling, verspreiding of verstrooiing.
dispersie (dispersion) <sien ook emulsie> Die vermenging van die partikels van een stof in ’n ander sodat 'n oplossing gevorm word.
displasie (dysplasia) Enige abnormale weefsel- of orgaanvorming.
dispnee (dyspnoea, respiratory distress, short-windedness) (asemnood, kortasemigheid) Moeilike asemhaling, of bewuste asemhalingspoging.
disritmie (dysrhythmia) <sien ook aritmie> Versteuring of abnormaliteit van die normale ritme, veral van die breingolwe of van spraak.
disseksie (dissection) Om weefsel m.b.v. ’n skalpel of skêr oop te sny vir visuele of mikroskopiese ondersoek.
dissekteer (dissect) Sny van liggaamsweefsels tydens chirurgiese of anatomiese ondersoek.
dissosiasie (dissociation) <sien ontbinding>
dissosiasie (dissociation) Die opbreek van molekules of ione van 'n verbinding tot eenvoudiger molekules deur hitte, elektrolise of hidrolise.
dissosiasie (dissociation) Verdeling.
dissosieer (dissociate) Verdeel of opbreek in kleiner dele.
distaal (distal) Geleë weg van die plek van aanhegting of oorsprong.
distaal (distal) Verste weg van die middelpunt van die liggaam.
distaalwaarts (distad) In ’n rigting verder weg.
distikstofoksied (nitrous oxide, laughing gas) (laggas) ’n Gas met verdowende eienskappe.
distillaat (distillate) (distillasieproduk) Gesuiwerde, gedistilleerde vloeistof.
distillasie (distillation) <sien distillering>
distillasieproduk (distallate) <sien distillaat>
distilleer (distil) (afstook) ’n Stof deur verhitting tot by kookpunt in dampvorm laat afdryf en die damp daarna laat kondenseer en in 'n vloeibare vorm opvang.
distillering (distillation) (distillasie) Suiwering van vloeistowwe deur hulle eers te laat verdamp en dan te kondenseer.
distrofie (dystrophia, dystrophy) Enige abnormale toestand, struktuur of funksie te wyte aan gebrekkige of versteurde weefselmetabolisme weens wanvoeding.
distrofies (dystrophic) Gekenmerk deur distrofie.
diurese (diuresis) (urienvloed) Die produksie van abnormaal baie urine.
diureties (diuretic) (uriendrywend, urinedrywend) Wat urienproduksie vermeerder.
diuretikum (uriendrywer, urinedrywer) ’n Middel wat urienafskeiding aanhelp.
divergeer (diverge) Afwyk van ’n gegewe rigting.
divergeer (diverge) <cf konvergeer> (uiteenwyk, uitsprei) Weglei van mekaar af; van een punt in verskillende rigtings uitsprei.
divertikel (diverticulum) Uitstulping deur die wand van 'n kanaal of hol orgaan, bv derm of blaas.
divertikulitis (diverticulitis) Ontsteking deur voedselchemikalieë van die sakke wat by swak plekke in die wande van jou ingewande vorm.
DM (DM) <sien diabetes mellitus>
DNA (DNA) <sien deoksiribonukleïensuur>
DNS (DNS) <sien deoksiribonukleïensuur>
dodelik (fatal) <sien fataal>
dogterchromosoom (daughter chromosome) Die naam wat gegee word aan die twee chromatiede wanneer dit gedurende anafase van mitose na die pole van die sel beweeg.
dogtersel (daughter cell) Een van twee selle wat ’n seldeling van die moedersel gevorm word.
dokter (doctor) (geneesheer) ’n Opgeleide persoon bevoeg om geneeskundige behandeling toe te pas.
doligokraniaal (doligocranial) ’n Skedel waarvan die breedte minder as 75% van die lengte is.
doligomorfies (doligomorphic) Met ’n lang, slank liggaamsbou.
doligosefaal <sien langskedelig>
dominant (dominant) <cf resessief> (oorheersend) Wat die oorhand het.
dominante geen (dominant gene) <cf resessiewe geen> ’n Geen wat kenmerkende eienskappe in ’n organisme teweegbring <fenotipe> ongeag of die individu homosigoties of heterosigoties is.
dominante oorerwing (dominant inheritance) <cf resessiewe oorerwing> Oorerwing wat ’n sekere eienskap in ’n organisme teweegbring <fenotipe> ongeag of die individu homosigoties of heterosigoties is.
donor (donor) <cf ontvanger> (skenker) Iemand wat bloed, weefsel of organe aan ’n ander persoon skenk.
doodsertifikaat (death certificate) Verklaring deur ’n geneesheer dat iemand dood is.
doodskok (electrocute) Dood deur elektriese skok.
doof (deaf) Nie in staat om te hoor nie.
doofstom (deaf-mute) Doof en stom.
dooie bloed (dead blood) Gestolde bloed of bloed wat onder die vel droog geraak het.
dooier (yolk) (eiergeel) Dit bestaan uit proteïen en vetkorrels wat as voedsel vir die ontwikkelende embrio dien; voedingsbron van die ovum.
dooiersak (yolk sac) ’n Sak wat in die binneste selmassa van die embrio ontwikkel en die primitiewe derm vorm.
dooieruimte (dead space) ’n Ruimte in die liggaam wat nie fisiologies benut word nie.
doolhof (labyrinth) <sien labirint>
dopamien (dopamine) ’n Hormoon wat deur die byniermedulla geproduseer word.
doppe (cradle cap, crusta lactea, honeycomb disease, infantile seborrhoeic dermatitis, milk crust, neonatal seborrhoeic dermatitis) Doppe is 'n geel, vetterige, skubberige en krakerige veluitslag wat op die kopvel van babas wat onlangs gebore is voorkom.
dormant (dormant, latent, inactive) (latent, onaktief, rustend, sluimerend) Lewend, maar nie aktief nie; met ’n baie lae metabolisme.
dorsaal (dorsal) <sien ook lateraal 2de inskrywing/cf ventraal> Aan die bokant van 'n spesifieke verwysingspunt.
dorsaal (dorsal) <sien ook lateraal 2de inskrywing/cf ventraal> M.b.t. die rug of agterste gedeelte van 'n orgaan - dieselfde as posterior in menslike anatomie.
dorsale horing (dorsal horn) <cf ventrale horing> Die agterste (posterior) arm van die H-vormige grysstof van die rugmurg wat sensoriese impulse gelei.
dorsale wortel (dorsal root) <cf ventrale wortel> Die sensoriese tak van ’n rugmurgsenuwee waar dit by die rugmurg aansluit.
dorsalis (dorsalis) M.b.t. die rugkant.
dorsifleksie (dorsiflexion) Ekstensie van die werwelkolom.
dorsifleksie (dorsiflexion) Agtertoe buiging, soos die opwaartse buiging van die hand of voet.
dorssug (diabetes insipidus) <sien diabetes insipidus>
dorsum (dorsum, back) (rug) Die rug van 'n mens.
dorsum (dorsum) (rugkant) Die bokant of posterior oppervlak van 'n liggaamsdeel.
dosis (dose) ’n Voorgeskrewe hoeveelheid van ’n geneesmiddel.
Down se sindroom (Down's syndrome, trisomy 21 syndrome, mongolism) (trisomie 21-sindroom, mongolisme, Down-sindroom, downsindroom) ’n Aangebore toestand wat die gevolg is van die teenwoordigheid van ’n derde chromosoom 21 in alle selle - word gekenmerk deur verstandelike vertraging met ’n mongoolagtige voorkoms.
Down-sindroom (Down's syndrome, trisomy 21 syndrome, mongolism) (trisomie 21-sindroom, mongolisme, Down se sindroom, downsindroom) ’n Aangebore toestand wat die gevolg is van die teenwoordigheid van ’n derde chromosoom 21 in alle selle - word gekenmerk deur verstandelike vertraging met ’n mongoolagtige voorkoms.
downsindroom (Down's syndrome, trisomy 21 syndrome, mongolism) (trisomie 21-sindroom, mongolisme, Down se sindroom, Down-sindroom) ’n Aangebore toestand wat die gevolg is van die teenwoordigheid van ’n derde chromosoom 21 in alle selle - word gekenmerk deur verstandelike vertraging met ’n mongoolagtige voorkoms.
draadvormig (filiform) <sien filiform>
draadvormige papil (filiform papilla) <sien papilla filiformis>
draagtyd (gestation) <sien gestasie>
draer (carrier) In chromatografie is dit die oplosmiddel wat deur die kolom, papier ens. beweeg.
draer (carrier) ’n Mens of dier wat siektes oordra sonder om dit self te hê.
draermolekule (carrier molecule) Die molekule waaraan dit wat vervoer word, verbind is.
draerwerwel (atlas) <sien atlas>
dranksug (alcoholism) (alkoholisme) ’n Verslawing aan sterk drank.
drempel (threshold) <sien ook nierdrempel> Graad van konsentrasie van ’n substans in die bloedplasma, waarbo dit deur die nier uitgeskei word en
waaronder dit nie uitgeskei word nie.
drempel (threshold, threshold value) (drempelwaarde) Die punt of waarde waar die stimulus net groot genoeg is om ’n reaksie te ontlok.
drempelwaarde (threshold value) <sien drempel 2de inskrywing>
driedimensioneel (three-dimensional) Wat drie dimensies het.
driekopspier (triceps) <sien triseps>
driepootstaander (tripod) (drievoet) ’n Ysterstaander met drie pote waarop voorwerpe wat in die laboratorium verhit moet word, geplaas word.
drieslipklep (tricuspid valve) <sien trikuspidale klep>
drietal (triad) Enige groep (verskynsel) wat in drieë voorkom.
drievoet (tripod) <sien driepootstaander>
driewaardig (trivalent) <sien trivalent>
drinkerswaansin (alcoholic paranoia) <sien delirium tremens>
droedaskruid ’n Plant (Pharnaceum lineare) wat vir allerlei kwale gebruik kan word.
droënaaldterapie (drypoint therapy) Die gebruik van akupunktuurnaalde deur fisioterapeute om spierspasmas te laat ontspan.
drogis ’n Handelaar in gedroogde/geneeskragtige kruie, verpakte medisyne ens.
druipoog ’n Soort ooginfeksie.
druiwesuiker (dextrose) <sien dekstrose>
druk (pressure) Krag wat per eenheidsoppervlak uitgeoefen word.
druklek-inkontinensie stress incontinence Spasmodiese inkontinensie tydens verhoogde intraäbdominale druk, vanweë funksionele onvoldoende afsluiting.
drukpuntterapie (acupressure) Die behandeling van pyn wat behels dat met die hande op bepaalde dele van die liggaam druk uitgeoefen word.
druktespanning (stress) <sien stres>
drup (drip, intravenous drip) (intraveneuse drup) Apparaat vir die voortdurende druppelsgewyse toediening van soutoplossing, plasma, bloed of enige ander oplossing wat intraveneus toegedien word.
druppelaar (dropper) <sien drupper>
druppelbesmetting (droplet infection) Die verspreiding van kieme of virusse deur klein druppeltjies speeksel of slym wat uitgehoes of uitgenies word.
druppelsgewys (drips) <sien drupsgewys>
druppelsgewyse (drips) <sien drupsgewys>
druppelteller ’n Toestel wat druppels tel wat uitvloei.
drupper (dropper) ’n Buisie wat vloeistof in druppels lewer.
drupsgewys (drips) Druppel vir druppel.
dryfsel Die gewaarwording van bewegende kolle voor een of albei oë.
drywend (floating) Wat vry beweeg.
dubbel (double) In pare.
dubbel (double, two-fold) (tweevoudig) Wat op twee maniere gebeur.
dubbel (double) <sien binêr>
dubbelband (double bond) <sien ook enkelband> ’n Band wat tussen twee atome gevorm word wanneer vier elektrone gedeel word in ’n kovalente binding.
dubbelbasies (dibasic) <sien dibasies>
dubbellongontsteking Ontsteking in albei longe.
dubbelvisie (diplopia) <sien diplopie>
dubbelvormigheid (dimorphism) <sien dimorfisme>
ductus (ductus, duct, tube) <sien ook kanaal> (buis) Kanaal van een deel van ’n orgaan na 'n ander; ’n hol, silindriese struktuur.
ductus arteriosus (ductus arteriosus) (tussenslagaarbuis) Fetale verbinding tussen die aorta en die pulmonêre arterie.
ductus cochlearis (ductus cochlearis) <sien scala media>
ductus deferens (ductus deferens, seminiferous tube, vas deferens) (saadbuis, saadleier, semenbuis, vas deferens) Die buis wat sperm vanaf die epididimus na die ejakulasiebuis vervoer; afvoerbuis van die testis.
ductus ejaculatorius (ductus ejaculatorius, ejaculation tube, ejaculatory tube) (ejakulasiebuis, ejakulatoriese buis, spuitbuis) ’n Buis waarmee die semen na die prostaaturetra vervoer word; deel van die manlike geslagsbuis wat tydens sametrekking semen uitwerp.
ductus endolymphaticus (ductus endolymphaticus) (binnelimfbuis) Membraneuse kanaaltjie tussen die utrikulus en die sakkulus van die binneoor.
ductus thoracicus (ductus thoracicus, thoracic duct) (borslimfbuis, torakale buis) Hooflimfvat wat limf van die gedeelte van die liggaam onder die diafragma en vanaf die linkerkant van die liggaam, bokant die diafragma versamel.
ductus venosus (ductus venosus) ’n Fetale bloedvat wat bloed vanaf die umbilikale vena na die vena cava inferior vervoer.
duikersiekte (bends, caisson disease, diver disease) <sien caissonsiekte>
duim (thumb) <sien polleks>
duimbal (duimmuis, tenar) Die verhewendheid op die handpalm, aan die voet van die duim.
duimmuis (duimbal, tenar) Die verhewendheid op die handpalm, aan die voet van die duim.
duiselig (dizzy) (lighoofdig) Dronk in die kop.
duiseligheid (dizziness) <sien vertigo>
duiseling (dizziness) (beneweling) Gevoel van dronkheid in die kop.
Duitse masels (German measles) <sien rubella>
duiwelsdrek (devil’s dung) Gomhars van skermblomme wat as geneesmiddel gebruik word.
dunderm (small intestine) <cf dikderm> Die deel van die spysverteringskanaal tussen die maag en die dikderm - dit bestaan uit die duodenum, jejunum en ileum.
duodenaal (duodenal) M.b.t. die duodenum.
duodenale kliere (duodenal glands) <sien Brunner-kliere>
duodenum (duodenum) (twaalfvingerderm) Eerste gedeelte van die dunderm waar dit by die maag aansluit - ontvang sekresies van die lewer en pankreas.
duplikaat (duplicate) Tweede eksemplaar; presiese afskrif of kopie.
dupliseer duplicate (verdubbel) Om ’n duplikaat te vorm.
dura (dura mater, dura) <sien dura mater>
dura mater (dura mater, dura) <sien ook aragnoïed; meninges; pia mater> (buiteharsingvlies, dura) Taai buitenste membraan wat die brein en rugmurg omsluit.
duraal (dural) M.b.t. die dura.
durale sinus (dural sinus) ’n Holte wat veneuse bloed bevat en onder die twee lae van die dura mater voorkom.
dwaalsenu (vagus nerve) (dwaalsenuwee, nervus vagus, vagussenuwee) <sien nervus vagus>
dwaalsenuwee (vagus nerve) (dwaalsenu, nervus vagus, vagussenuwee) <sien nervus vagus>
dwarsgaande kolon (transverse colon) <sien transversale kolon>
dwarsgestreepte spier (striated muscle) <sien skeletspier>
dwelmmiddel (dope, drug) <sien ook verdowingsmiddel 2de inskrywing> ’n Term wat gebruik word vir middels wat ’n narkotiese uitwerking het of wat
gewoontevormend is.
dwerg (dwarf) ’n Individu wat buitengewoon klein van gestalte is.
dwerggroei (dwarfism) ’n Toestand van abnormale klein liggaamslengte a.g.v. ’n ondernormale afskeiding van ’n groeihormoon.
dy (upper leg, thigh) (bobeen) Gedeelte vanaf die knie tot by die heup.
dybeen (thigh bone) <sien femur> Been van die heupkom tot by die knieskyf.
dybreuk Uitpeuling van 'n orgaandeel onder die liesband.
dyspier (hamstring) Spier aan die voorsy van die dy wat aan die onderbeen geheg is.
No comments :
Post a Comment