Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Verslawing. Show all posts
Showing posts with label Verslawing. Show all posts

27.6.17

Dwelms: Hoekom dié sentrum naalde aan heroïen-verslaafdes gee

As ’n nuwe spuitnaaldsentrum in die Kaapse middestad tot 50 heroïen-gebruikers per dag sien en bedien, hoe groot ís die stad se dwelmprobleem en kom verslaafdes ooit weer los? Le Roux Schoeman doen verslag.

14.7.14

Gene speel dalk rol in alkoholisme

Navorsing op families en tweelinge het nuwe bewyse gevind wat daarop dui dat genetika ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van alkoholisme. Honderde gene is egter betrokke by hierdie komplekse afwyking en elkeen lewer waarskynlik ’n baie klein bydrae, wat dit dus baie moeilik maak om die gene met die grootste risiko te identifiseer.

Die studie maak dit egter nou moontlik om te begin met ’n ondersoek na die biologiese meganismes wat onderliggend is aan alkoholisme. Dit kan dalk kei tot die ontwikkeling van medikasie om alkoholisme meer doeltreffend te behandel.

Baie van die gene wat geïdentifiseer is speel ’n rol in prosesse in die brein. Die navorsing in die groep gene duur voort.

Die navorsing is gepubliseer in die American Journal of Human Genetics.

16.9.13

'n Nuwe behandeling vir alkoholisme

'n Moontlike nuwe behandeling vir alkoholisme is onlangs geïdentifiseer.

Tradisioneel word onthouding beskou as die primêre behandeling vir alkoholisme. Farmakologiese behandeling word normaalweg gebruik wanneer die persoon weer terugval in drankmisbruik, nadat hulle opgehou het.

Vir sommige verslaafdes is algehele onthouding egter baie moeilik. 'n Nuwe middel fokus op die groep.

Toetse is gedoen deur die middel nalmefene te gebruik om 'n afname in alkoholmisbruik te bewerkstellig. Dit wil voorkom asof die middel mense help om minder te drink. 'n Studie het bevind die middel kan beskou word as 'n effektiewe behandeling.

Die middel word geneem soos wat die verslaafde nodig vind. Dit hoef nie elke dag gebruik te word nie.

(Die studie is gepubliseer in volume 73(8) van Biological Psychiatry.)

8.5.09

Alkoholmisbruik

Die volgende is tekens van alkoholmisbruik:

• Beheptheid met alkohol
• Angstig oor alkohol
• Vertel leuens
• Spog oor die hoeveelheid wat hy drink
• Asem ruik na drank
• Drankies word vinnig gedrink
• Dink aan verskonings om te drink
• Ontken drankprobleem
• Skuldgevoelens oor drank
• Gebruik asemverfrissers
• Lei aan naarheid, eetverlies en vomering
• Oggendhoofpyne

bydrae: Karen