Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: P

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

P (P) <sien fosfor> (chemiese simbool)

Pa (Pa) <lees pascal>

Pacini-liggaampies (Pacini's corpuscles) <lees ook Krause-liggaampies; Ruffini-liggaampies> Ovaalvormige liggaampies wat veral in die huid van die hande en voete voorkom en verantwoordelik is vir die gewaarwording van aanraking (drukking).

pad <lees baan>

pagidermie (pachydermia) Verdikking van die vel.

palatien (palatine) M.b.t. die verhemelte.

palatofaringeaal (palatopharyngeal) M.b.t. die verhemelte en die farinks.

palatoglossaal (palatoglossal) M.b.t. die verhemelte en die tong.

palm (palm) (handpalm) Ventrale oppervlak van die hand tussen die gewrig en die basis van die vingers wanneer die hand horisontaal met die duim in ’n mediale posisie gehou word.

palmare abses (palmar abscess) Abses in die handpalm.

pampoentjies (mumps) ’n Aansteeklike siekte gekenmerk der die opswel van die speekselkliere.

pankreas (pancreas) (alvleisklier) 'n Lang, tongvormige, rooskleurige klier wat onder die maag in die kromming van die duodenum lê; dit is 'n gemengde eksokriene-endokriene klier wat ensieme en hormone afskei.

pankreasamilase (amylopsin) (amilopsien) ’n Ensiem in die pankreas wat verantwoordelik is vir die hidrolise van stysel.

pankreassap (pancreatic juice) <sien succus pancreaticus>

pankreosimien (pancreozymin, cholecystokinin) <sien ook sekretien> (cholesistokinien) ’n Duodenale hormoon wat pankreasensieme, asook galblaaskontraksie stimuleer.

papilla filiformis (papilla filiformis, filiform papilla) (filiforme papil, draadvormige papil) Een van die papille wat op die voorste twee derdes van die tong voorkom en waarskynlik meer ’n tas- as ’n smaakfunksie het.

parametriese abses (parametric abscess) ’n Abses in die breë ligament van die uterus.

parasiet (parasite) <sien ook saprofiet> ’n Organisme wat tydens sy hele lewe, of 'n fase daarvan, in of op ’n ander organisme (gasheer) lewe en sy voedsel van die gasheer verkry.

paratiroïed (parathyroid) (byskildklier) Een van die endokriene kliere geleë op die dorsale oppervlakte van die tiroïed wat die kalsiumbalans in die liggaam beheer.

Parkinson-siekte (Parkinson's disease) 'n Stadige, progressiewe, degeneratiewe neurologiese siekte gekenmerk deur tremor, spierverswakking en spierstyfheid, asook gebrekkige en stadige bewegings.

parturisie (parturition, childbirth, labour) (baring, kraam) Skeiding van die embrio van sy moeder; geboorte gee.

pascal (pascal, Pa) (Pa) SI-eenheid van druk wat gedefinieer word as die druk van een newton per vierkante meter.

pektus (pectus, chest) <sien ook toraks> (bors, borskas) Die voorste gedeelte van die bors of toraks.

pelviese gordel (pelvic girdle) (bekkengordel, buikgordel, heupgordel) Benige struktuur wat die onderste ledemate aan die liggaam heg - bestaan uit die ilium, iskium en die pubis en vorm saam met die sakrum en koksis die bekken.

pelvis (pelvis) (bekken) Die onderste gedeelte van die romp van die liggaam wat bestaan uit twee heupbene in 'n laterale posisie en die kruisbeen en koksiks aan die agterkant.

pelvis (pelvis) (bekken) Kelkvormige holte, soos bv. nierpelvis.

pedunkulêr (peduncular) M.b.t. ’n pedunkel.

pedunkulêr (peduncular) Met ’n steel.

penetrasie (penetration) Ingang van die penis in die vagina.

penetrasie (penetration, invasion) (deurdringing, indringing) Om onder die oppervlak in te gaan.

penis (penis) Die uitwendige manlike geslagsorgaan - homoloog aan die klitorus van die vrou.

pepties (peptic) M.b.t. pepsien.

pepties (peptic) M.b.t. vertering.

peptiese ulkus (peptic ulcer) <sien ook maagseer> Verswering van die maagslymvlies.

perikardium (pericardium) <cf endokardium> (hartsak) Die buitenste membraanagtige sak wat die hart omring.

perinefriese abses (perinephric abscess) ’n Abses in die weefsel om die nier.

perineum (perineum) (bilnaat) Gebied tussen die anus en die skrotum of vulva.

periosteum (periosteum) <cf endosteum> (beenvlies) Buitenste veselagtige vlies wat been omring <behalwe by die gewrigsente.

peritelium (perithelium) (bloedvaatskede) Bindweefsellaag wat die kapillêre en kleiner bloedvate omsluit.

peritoneum (peritoneum) (buikvlies) Sereuse membraan wat die hele buikholte uitvoer en die organe daarin omsluit en deels vasheg.

peritonitis (peritonitis) (buikvliesontsteking) Inflammatoriese ontsteking van die buikvlies.

peritonsillêre abses (peritonsiller abscess) ’n Abses om die mangels.

periuretrale abses (periurethral abscess) ’n Abses om die uretra.

pernio, (pernio) Die brandende, jeukunde geswel van hande en/of voete as gevolg van blootstelling aan koue.

perspirasie (perspiration, sweat) (sweet) Waterige afskeiding vanaf die sweetkliere.

perspireer (perspire) (sweet) Skei perspirasie af.

piëmiese abses (pyaemic abscess) ’n Abses wat ontstaan as gevolg van die bloedverspreiding van septiese materiaal.

pienksiekte (acrodermititis) (akrodine) ’n Kindersiekte gekenmerk deur emosionele en vasomotoriese versteurings met fotofobie, sweet, prikkelbaarheid, tagikardie en pienk jeukende huidversteurings.

pika (pica, allotriophagy) (allotriofagie) 'n Begeerte na stowwe wat nie as voedsel geskik is nie, bv klei, kalk ens - gaan gewoonlik gepaard met ’n ystertekort.

pineaalklier (pineal gland, epiphysis, pineal body) (epifise, pineaalliggaam) Endokriene klier met ’n onduidelike funksie wat net bokant die serebellum geleë is.

pitseer (boil) <sien pitsweer> ’n Harde sweer waarvan die pit uitgedruk kan word as dit ryp is; gewoonlik as gevolg van die ontsteking van 'n haarwortel.

pireksie (pyrexia, fever) (koors) ’n Bo-normale liggaamstemperatuur van meer as 37,2ºC.

pitsweer (boil) <sien ook pitseer> ’n Harde sweer waarvan die pit uitgedruk kan word as dit ryp is; gewoonlik as gevolg van die ontsteking van 'n haarwortel.

plantaar (plantar) M.b.t. die voetsool.

Plantar Fasciitis (Plantar Fasciitis) Hakskeenpyn veroorsaak deur die ligament (fascia) wat onder jou voet loop van die hakskeenbeen tot by die tone.

plooi (wrinkle) 'n Vou in die vel.

pneumonie (pneumonia) (longontsteking) Inflammasie van die longe.

pokke (smallpox) <sien ook pokkies> Epidermiese siekte waarby die liggaam oortrek is met etterpuisies.

pokkies (smallpox) <soms genoem pokke> Epidermiese siekte waarby die liggaam oortrek is met etterpuisies.

polifagie (polyphagia, bulimia) (bulimie) - Oormatige voedselinname a.g.v. uitermate eetlus.

polio (polio) ’n Algemene afkorting van poliomiëlitis.

poliomiëlitis (poliomyelitis) Inflammasie van die grysstof van die rugmurg.

polisitemie (polycythaemia, erythrocythaemia) (eritrositemie) Teenwoordigheid van ’n oormaat rooibloedselle in die bloed.

polleks (pollex, thumb) (duim) Die binneste vinger aan die radiale kant van die hand.

pons (pons, bridge) (brug) Enige weefselstrook wat twee dele van 'n struktuur of orgaan aan mekaar verbind.

pons (pons) <sien pons Varolii>

pons Varolii (pons Varolii, pons of Variolus, bridge of Variolus, pons) (brug van Varolius, pons, Variolus-brug) Strook van inmekaargevlegte senuvesels wat die serebrum, serebellum en medulla oblongata onderling verbind.

porfirie (porphyria) Porfirie is ’n foutiewe stofwisseling van die bloedkleurstof.

posterior (posterior, back, behind) <cf anterior 1e inskrywing> (agter; posterieur) - Aan die agterkant van 'n liggaam geleë.

posterior (posterior, back, behind) <cf anterior 2e inskrywing> (agter; posterieur) - M.b.t. die dorsale kant (rugkant).

posttraumatiese stresversteuring (posttraumatic stress disorder) ’n Sielkundige probleem wat deur ’n traumatiese ervaring veroorsaak word.

posturale albuminurie Ortostatiese albuminurie.

Pott se abses (Pott’s abscess) ’n Tuberkuleuse abses van die werwelkolom.

pre-eklampsie (pre-eclampsia) <sien ook swangerskapsgeinduseerde hipertensie> 'n Toestand wat voorkom in swangerskap wat gepaard gaan met verhoogde bloedruk, edeem en/of proteiene in die uriene.

prikkelbare-dermsindroom (irritable bowel syndrome) <sien ook spastiese kolon> (PDS) Persone met 'n spastiese kolon se ingewande is buitengewoon sensitief.

primêre afwyking (primary deviance) Deviasie van die as van die skeeloog wanneer die gesonde oog gefikseer is.

proefbuisbaba (test tube baby) (buisbaba) ’n Baba wat ontwikkel nadat ’n eiersel uit die moeder verwyder en onder laboratoriumomstandighede bevrug is en daarna teruggeplaas is in die baarmoeder.

profilaktikum (prophylactic, contraceptive) (voorbehoedmiddel) Middel wat gebruik word om bv swangerskap te verhoed.

propvorming (clotting) (embolie) Die verstopping van ’n bloedvat/slagaar deur ’n embolus.

prosidensie (procidentia) (afsakking) Word veral gebruik vir ’n strawwe prolaps van die uterus.

prostaat (prostate) <sien prostaatklier>

prostaatklier (prostate gland, prostate) (prostaat) 'n Sekondêre geslagsklier by mans wat die nek van die blaas en die uretra omsluit en 'n afskeiding vrystel wat gekoaguleerde semen vloeibaar maak.

prostatitus (prostatitus) Verskeie probleme wat verband hou met die prostaatklier en inflammasie in die klier word prostatitis genoem.

psigomotories (psychomotor, ideomotor) (ideomotories) M.b.t. willekeurige bewegings.

psoas-abses (psoas abscess) ’n Abses, gewoonlik tuberkuleus van aard, met die oorsprong in die lumbale werwels en wat in die skede van die psoas major-spier af versprei.

psoriase (psoriasis) 'n Abnormale selverdeling in die buitenste laag van die vel gekenmerk deur rooi kolle en silwer skilfers.

psoriatiese artritis (psoriatic arthritis) Die verskil tussen psoriatiese artritis en ander vorms van artritis deur dat die hele vinger of toon swel, nie net die area om die gewrig nie.

puisie (pimple) <sien aknee>

pulmonêre abses (pulmonary abcess) Abses in die long.

pulp-abses (pulp abscess) Gebruik vir ’n abses van die tand of ’n abses in die pulp van die vinger.

purien (purine) <sien ook adenien; guanien; pirimidien> - Een van die stikstofbasisse wat deel van 'n nukleïensuur uitmaak.

pypsweer (fistula) <sien fistel>

2 comments :

  1. Anonymous29/3/14 09:11

    EK WIL GRAAG WEET HOE HET ONSE VOORVADERS PROSTAAT KANKER GEHANTEER, WAS DAAR RAAD OF WAS HUL GESONDER MENS/GESLAG, BREI DIE SIEKTE UIT.VERMEEDER DIT, BEHALWE
    MEDIESE ONDERSOEKE VANDAG HOE HET HUL GEWEET VAN DIE SIEKTE?DAN VERDER KAN DIE DING NIE UITGESNY WORD OP N SEKERE OUDERDOM SOOS N BLINDEDERM NIE? VOORKOMENDE BEHANDELING OF CHIRUGIE?VERDER AS JOU SEKS DRANG AFNEEM HOEKOM VERAL AS JY GESOND MAN IS ?DIE HET EK GEHOOR BY N MAN WAT SE HY WIL MAAR KAN NIE EN DIT VEROORSAAK LELIKE KLIPPE IN SY HUWELIK AS ENIGE SLIM MENS MY KAN DIE VRAE BEANTWOORD OF SY OPINIE GEE SAL EK DANKBAAR WEES !!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/5/14 13:53

      Ons voorgeslagte was meer uitgelewer aan siektes. Daarom was die lewensverwagting minder. Die behandeling van prostaatkanker is redelik suksesvol indien dit vroeg opgespoor word. Een opsie is om dit dan 'uit te sny'. Die afname in seksdrang is soms in 'n groot mate sielkundig van aard. Dit is 'n mite dat ouer mense nie 'n gesonde sekslewe kan voer nie. Daar is hulp indien jou vriend mediese of spesialis hulp gaan soek.

      Delete