Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Parkinson se siekte. Show all posts
Showing posts with label Parkinson se siekte. Show all posts

24.5.21

’n Aktiewe sekslewe kan mans met vroeë Parkinson se siekte help

Navorsing gepubliseer in die European Journal of Neurology dui daarop dat ’n aktiewe sekslewe gekoppel kan word aan minder gestremdheid en ’n beter lewensgehalte by mans met vroeë Parkinson se siekte.

Die navorsing is uitgevoer oor 2 jaar op 355 pasiënte.

24.6.19

Vis jou vriend teen Parkinson se siekte

Navorsing aan die Chalmers Universiteit van Tegnologie in Swede het ’n moontlike verband gevind tussen ’n proteïen wat in groot hoeveelhede in verskeie verskillende visspesies aangetref word en langtermyn-neurologiese gesondheid. Meer spesifiek het dit getoon dat dié proteïen die vorming van sekere proteïenstrukture voorkom, die strukture hou nou verband met Parkinson se siekte.

Vis word lank reeds beskou as gesonde voedsel, veral met betrekking tot verbeterde langtermyn kognitiewe gesondheid, maar die redes hiervoor is onduidelik. Omega-3 en -6, vetsure, wat algemeen in vis voorkom, word dikwels die erkenning hiervoor gegee en dan ook so wyd bemark. Die wetenskaplike navorsing hieroor kom egter tot gemengde gevolgtrekkings. Die nuwe navorsing van Chalmers toon nou dat die proteïen, wat baie by baie visspesies voorkom, ’n groot bydrae lewer tot die gesondheidsvoordele van vis.

Parkinson se siekte kan dus nou ook beveg word met vis, veral haring, kabeljou, karp en salm.



(foto: Johan Bodell / Chalmers Universiteit van Tegnologie)

21.5.18

Kafeïen gebruik om te toets vir Parkinson se siekte

Die kafeïenvlak in die bloed bied dalk ’n eenvoudige manier om Parkinson se siekte te diagnoseer.

’n Studie gepubliseer in die joernaal Neurology het bevind dat persone met Parkinson se siekte aansienlik laer vlakke van kafeïen in hul bloed gehad het as mense sonder die siekte, selfs al het hulle dieselfde hoeveelheid kafeïen verteer.

Volgens Dr. Shinji Saiki, van die Juntendo-universiteit in Tokio, het vorige studies het getoon dat daar 'n verband bestaan tussen kafeïen en 'n laer risiko om Parkinson se siekte te ontwikkel, maar ons weet nie veel van hoe kafeïen in die mense met die siekte gemetaboliseer word nie.

Ook betrokke by die studie was Dr. David Munoz van die Universiteit van Toronto in Kanada. Volgens hom beteken dit dat, as hierdie uitslae bevestig kan word, dit ’n maklike toets vir die vroeë diagnose van Parkinson's kan wees, moontlik selfs voordat simptome voorkom.

7.8.17

Afrika plant bied hoop vir die behandeling van Alzheimer se siekte

’n Plantekstrak uit Afrika kan die basis word van nuwe medikasie vir die behandeling van Alzheimer se siekte.

Navorsers aan die Universiteit van Nottingham het bevind dat die ekstrak, geneem van die blare, stam en wortels van Carpolobia lutea, kan help om die chemiese oordragstowwe in die brein te beskerm. Hulle verwys spesifiek na oordragstowwe wat ’n rol speel in leer en die geheue. Dit word reeds vir eeue lank in tradisionele medikasie (lees boererate) in Nigerië gebruik.

In pasiënte met Alzheimer se siekte en ander soortgelyke siektes, soos Parkinson se siekte, word effektiwiteit van die oordragstof asetielcholien verminder. Die gevolg is dat lyers probleme begin ervaar met hul geheue en om aandag te gee. Die navorsers het bevind dat die plant die afbreek van asetielcholien help verhoed.

Carpolobia lutea staan in Nigerië bekend as “veestok” (’n stok waarmee jy vee aanjaag). Tradisionele geneeshere gebruik dit vir die behandeling van verskeie infeksies. Daar word vermoed dat dit oor die algemeen goeie antiinflammatoriese eienskappe besit. Daar is juis al hoe meer navorsing wat daarop dui dat Alzheimer se siekte waarskynlik ’n tipe inflammasie van die brein is.

23.3.15

Verband tussen 'n swak dieet en Parkinson se siekte

Onlangse navorsing op muise dui daarop dat vetsug veroorsaak deur 'n hoë-vet dieet die risiko van die ontwikkeling van Parkinson se siekte verhoog.

Tydens veroudering het 'n hoë-vet dieet die neurologiese simptome, wat verband hou met Parkinson se siekte, aansienlik versnel.

Bykomend tot die negatiewe uitwerking op glukose en insulien regulering in die liggaam kan 'n ongesonde dieet ook skade in die brein veroorsaak. Meer navorsing is nodig om die molekulêre en sellulêre meganismes betrokke te ontbloot.

Vir meer inligting raadpleeg die Journal of Neurochemistry.