Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: T

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

T (T) <sien tritium> Chemiese simbool vir tritium.

T3 (T3) <lees trijodotironien>

T4 (T4) <lees tiroksien>

taaiheid (tenacity) <lees viskositeit>

tafel (table) In anatomie is dit enige plat struktuur of laag.

talgklier-adenoom (sebaceum adenoma) Chroniese siekte van die huid gekenmerk deur ferm rooi nodules. Kom gewoonlik in die gesig voor.

tand (tooth) Beentjie met ’n spesifieke doelmatige vorm in die bo- en onderkaak waaruit die gebit bestaan.

tand-abses (dental abscess) ’n Abses wat verbind word met ’n tand.

tandvleis (gum) <sien gingiva>

tangoreseptor (tangoreceptor) (gevoelsreseptor, tasreseptor) Reseptor wat gevoelig is vir aanraking of fisieke kontak.

tas-agnosie (tactile agnosia) Onvermoë om voorwerpe of vorms met betasting te herken.

telenkefalon (telencephalon) (eindharsings, telensefalon) Voorste gedeelte van die brein (sluit die serebrale hemisfere, laterale ventrikels en die optiese deel van die hipotalamus in).

tenar (duimmuis, duimbal) Die verhewendheid op die handpalm, aan die voet van die duim.

tendon (tendon) <sien ook ligament> (pees, sening) Taai, wit, veselagtige bindweefsel aan die punt van ’n spier wat dien om die spier aan been vas te heg.

tendonitis Tendonitis is ’n vorm van inflammasie van ’n sening.

tenniselmboog (tennis elbow) ’n Voorarmspier wat rek lei tot inflammasie van die tendon wat hulle aan die boarmbeen verbind.

testes (testes) <enkelvoud van testis>

testis (testis, diminutive testicle) <meervoud: testes / verkleiningsvorm: testikel> Een van die paar manlike gonades (voortplantingskliere) waarin die sperme of manlike gamete gevorm word.

tetanus (tetanus) Die verskynsel wanneer prikkels mekaar so vinnig opvolg dat aparte spierkontraksies nie waarneembaar is nie - gewoonlik eksperimenteel aangebring.

tetanus (tetanus) Volgehoue spiersametrekking wat veroorsaak word deur 'n tetanusbasilinfeksie (klem-in-die-kaak)

timien (thymine) <sien ook pirimidien; purien; sitosien; urasiel> - Een van die organiese basisse wat deel uitmaak van DNA.

tiroïed (thyroid gland) timpanum (tympanum) <sien ook inkus; malleus; stapes> - Die middeloorholte waarin die gehoorbeentjies voorkom.

tinea (tinea) <lees omloop> ’n Skimmelinfeksie op die vel.

tinea cruris (tinea cruris) (Dhobie-jeuk) Omloop op die been.

tinnitus (tinnitus) 'n Aanhoudende geluid wat die lyer in die ore hoor. Dit kan 'n gesuis, gedreun of gefluit wees.

tiroïed (thyroid, thyroid gland) (tiroïede, skildklier, tiroïedklier) Endokriene klier bestaande uit twee lobbe wat aan mekaar verbind is met 'n smal klierstrokie en wat weerskante van die tragea, net onder die larinks geleë is.

tiroïede (thyroid) <sien tiroïed>

tiroïedklier (thyroid gland) <sien tiroïed>

tiroksien (thyroid hormone) ’n Jodiumbevattende verbinding wat deur die tiroïed afgeskei word en noodsaaklik is vir normale metaboliese prosesse en verstandelike en fisieke ontwikkeling. Dit kom in twee vorms voor, T3 en T4.

toeval (fit, seizure, trauma) (aanval, trouma) ’n Skielike en onverwagse verskyning van simptome, soos bv. hoes, woede, stuipe.

toksemie (toxaemia) (bloedvergiftiging, bloedvergifting) ’n Toestand waar die bloed gifstowwe bevat wat deur die liggaam self of deur bakterieë gevorm is.

toksies (toxic) <lees ook antitoksies/cf atoksies> Met betrekking tot ’n toksien.

toksies (toxic, poisonous) <lees ook antitoksies/cf atoksies> (giftig) Wat gif bevat en potensieel dodelik is.

toksiese adenoom (toxic adenoma) Hipertiroïdisme as gevolg van ooraktiwiteit van ’n skildklieradenoom.

toksikologie (toxicology) Die wetenskaplike studie van gifstowwe, hul opsporing, uitwerking en die behandeling daarteen.

toksoplasmose (toxoplasmosis) Siektetoestand veroorsaak deur die protozoa Toxoplasma gondii.

tong (tongue) <sien lingua>

tonsil (tonsil, tonsilla) <sien ook adenoïede; tonsilla palatina> (tonsilla) - 'n Klein, ronde massa weefsel, gewoonlik limfoïede weefsel - die term word dikwels ongekwalifiseerd gebruik om na die mangels te verwys.

tonsilla palatina (tonsilla palatina, tonsil) (mangel) Enigeen van die twee klein, amandelvormige liggaampies wat aan die laterale wande van die farinks geheg is en die respiratoriese en spysverteringskanale teen infeksie beskerm.

toraks (thorax, chest, chest cavity, thoracic cavity) <sien ook pektus> (bors, borsholte, borskas, borskasholte) - Die gedeelte van die liggaam geleë tussen die nek en die buikholte wat die belangrikste respiratoriese en sirkulatoriese organe, asook sommige abdominale organe omsluit; word begrens deur die nek bo, die sternum en ribbes voor, die ribbes en werwelkolom agter en die diafragma aan die onderkant.

Tourette-sindroom (Tourette's syndrome) (sien ook Gilles de la Tourette-sindroom, Tourette-versteuring en Tourettes) Tourettes is meervoudige motoriese en een of meer vokale spiertrekkings, later gevolg deur onwillekeurige geluide; die onbeheerste gebruik van vuil taal kom ook soms voor.

Tourette-versteuring (Tourette's disorder) (sien ook Gilles de la Tourette-sindroom, Tourette-sindroom en Tourettes) Tourettes is meervoudige motoriese en een of meer vokale spiertrekkings, later gevolg deur onwillekeurige geluide; die onbeheerste gebruik van vuil taal kom ook soms voor.

Tourettes (Tourettes) (sien ook Gilles de la Tourette-sindroom, Tourette-sindroom en Tourette-versteuring) Tourettes is meervoudige motoriese en een of meer vokale spiertrekkings, later gevolg deur onwillekeurige geluide; die onbeheerste gebruik van vuil taal kom ook soms voor.

transkortikale afasie (transcortical aphasia) Afasie gekenmerk deur moeilikheid met spontane spraak.

transversale kolon (transverse colon) (dwarsgaande kolon) Die deel van die kolon wat dwars draai en van regs na links onderkant die maag verbyloop.

trauma (trauma) (trouma) ’n Fisiese of psigiese wond of besering.

trichromaat (trichromat) <sien ook achromaat; dichromaat> - 'n Persoon met normale kleurvisie.

trigomoniase (trichomoniasis) 'n Seksueel oordraagbare siekte.

trijodotironien, (triiodothyronine, T3) <sien ook tiroïedhormoon> (trijodiumtironien, T3) ’n Kragtige hormoon van die tiroïed wat betrokke is by normale groei en ontwikkeling, regulering van metabolisme en liggaamstemperatuur, en ook die afskeiding van tirotropien inhibeer.

trikuspidale klep, (tricuspid valve, right atrioventricular valve) <sien ook atrioventrikulêre klep; bikuspidale klep> (drieslipklep, regter-atrioventrikulêre klep) Die klep tussen die regteratrium en regterventrikel.

triseps, (triceps) <sien ook biseps > (driekopspier) ’n Groot spier wat bo die humerus geleë is en drie aanhegtingspunte (koppe) het.

tritium, (tritium, T) (T) 'n Radioaktiewe isotoop van van waterstof.

trivalent (trivalent) (driewaardig) Verwys na ’n molekule wat met drie waterstofatome kan verbind, of dit vervang.

trivalent (trivalent) (driewaardig) Met ’n valens van drie.

trombosiet (thrombocyte, blood platelet) <sien ook eritrosiet, leukosiet> (bloedplaatjie) Kleinste van die selle in bloed (besit geen hemoglobien of selkern nie en is noodsaaklik vir bloedstolling).

trombus, (thrombus, blood clot) (bloedklont) 'n Bloedstolsel in 'n bloedvat; gestolde bloed.

trommelvlies (eardrum) (gehoorvlies, timpaan, oorvlies, oortrommel, oordrom) Die vlies wat die uitwendige oorholte skei van die inwendige holte.

tropiese abses (tropical abscess) Verwys gewoonlik na ’n lewerabses wat deur Entamoeba histolytica veroorsaak word.

troshoofpyn (cluster headache) 'n Hoofpyn gewoonlik in die vroeë oggendure voorkom wanneer die lyer bewus word van 'n pyn agter een oog.

trouma, (trauma) <sien trauma>

tuberkulose, (tuberculosis, TB) (TB, tering) 'n Aansteeklike bakteriese siekte, veroorsaak deur die basil Mycobacterium tuberculosis, wat veral gekenmerk word deur die vorming van tuberkuleuse letsels in die longe, dermkanaal en die limfknope, maar dit kan ook wydverspreid in die res van die liggaam voorkom.

tubulêr, (tubular) (buisvormig) M.b.t. ’n buis.

tumor, (tumour) <sien ook neoplasma> Swelsel of vergroting wat tydens 'n inflammatoriese toestand ontstaan.

No comments :

Post a Comment