Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Tendonitis. Show all posts
Showing posts with label Tendonitis. Show all posts

21.1.09

Tendonitis

Tendonitis is 'n vorm van inflammasie. Die tendon (Achillestendon) aan die agterkant van die enkel word gereeld beseer.

Dit is veral persone wat gereeld opdraand of afdraand hardloop wat die besering opdoen. Die kan ook veroorsaak word deur nuwe hardloopskoene. Dit is raadsaam om altyd eers nuwe hardloopskoene vir 'n paar stadige oefenlopies te neem voor jy ernstig daarmee begin hardloop.

Soms is daar swelling weens die inflammasie, maar nie altyd nie. Jy kan ook soms die tendon hoor kraak.

Die tendons by die polse word ook gereeld beseer.

Behandel tendonitis met ys wat 'n paar keer per dag vir 20 minute op die plek geplaas word. Verdere behandeling is eenvoudig om die tendon te rus.

Wanneer daar nie meer pyn is nie kan jy met ligte oefening begin.