Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: B

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

B (B) <sien bel>

B (B) <sien boor> (chemiese simbool)

B-limfosiet (B-lymphocyte, B-cell, bursa-equivalent lymphocyte) <sien ook limfosiet; T-limfosiet> (B-sel, bursa-ekwivalente limfosiet) Timus-onafhanklike limfosiet wat humorale immuniteit in die liggaam beheer - soek, identifiseer en bind spesifieke antigene.

B-sel (B-cell) <sien B-limfosiet>

Ba (Ba) <sien barium> (chemiese simbool)

baan (pathway, path, tract) (pad, traktus, weg) Die opeenvolging van gebeure of beweging wat in 'n stelsel plaasvind, bv die metaboliese baan.

baan (pathway, path, tract) (pad, traktus, weg) Die gebied van 'n orgaan of stelsel, bv die respiratoriese baan.

baar (bear) Lewe skenk aan.

baarmoeder (womb) <sien uterus>

baarmoedernek (cervix) <sien serviks, 1ste inskrywing>.

baba (baby) Baie jong kind.

babatjie (baby) <sien baba>

babetjie (baby) <sien baba>

babbelas (sien ook babelas; babelaas) - Olikheid na drinkery.

babelas (sien ook babbelas; babelaas) - Olikheid na drinkery.

babelaas (sien ook babelas; babbelas) - Olikheid na drinkery.

bacillus (bacillus) <cf kokkus> (basil) Staafvormige bakterie.

Bacteriaceae (Bacteriaceae) Een van die families van Schizomycetes wat geen spore vorm nie en staafvormig is.

bakbene (bow legs) Bene wat na buite gekrom is.

bakteria (bacteria) <ekv bakterium>

bakterie (bacterium) <sien bakterium>

bakteriedoder (bactericide) <sien ook bakteriside> Middel wat bakterieë vernietig.

bakterieel (bacterial) (bakteries) Deur bakterieë veroorsaak; betreffende bakterieë.

bakteries (bacterial) <sien bakterieel>

bakteriologie (bacteriology) Wetenskap van mikro-organismes.

bakterium (bacterium) <mv bakteria> (bakterie) Eensellige mikro-organisme sonder 'n egte selkern.

bakteriside (bactericide) <sien ook bakteriedoder> Middel wat bakterieë vernietig.

bal-en-potjie-gewrig (ball-and-socket joint) <sien enartrose>

balans (balance) <sien ekwilibrium 2e inskrywing>

balans (balance) Die harmonieuse samewerking van twee of meer dele.

balans (balance, equilibrium) (ekwilibrium, ewewig) 'n Toestand waar opponerende kragte gelyk is, sodat geen beweging plaasvind nie; toestand van in rus wees.

balans (balance, mass meter, scale) <sien ook skaal 2e inskrywing> (massameter, weegskaal) Instrument waarmee geweeg word, bv analitiese balans, balkbalans, torsiebalans; apparaat waarmee die massa van 'n voorwerp bepaal word.

balkbalans (beam balance) Bestaan uit 'n hefboom (balk) met 'n sentrale steunpunt en 'n bak (skaal) wat aan elke kant van die hefboom hang. Die voorwerp waarvan die massa bepaal moet word, word in een bak geplaas en 'n standaardmassa in die ander bak.

balsemkopiva <sien ook kopivabalsem> Balsem van die kopivaboom, word gebruik as medisyne. Daar is ’n handelsmerk wat dit bemark as Balsem Kopiva. Die balsem is ’n nuttige middel vir minder ernstige nieraandoenings, rugpyn, blaasprobleme en brongitis.

barbituraat (barbiturate) Enige derivaat van barbituursuur wat as slaap- of kalmeermiddel gebruik word.

barbituursuur (barbituric acid) Kleurlose kristalle waaruit barbiturate gevorm word en wat as slaapmiddel dien.

baring (parturition) <sien parturisie>.

barium (barium, Ba) (Ba) Gelerige alkalimetaal.

bariummaal (barium meal) 'n Suspensie wat bariumsulfaat bevat en as kontrasmiddel vir X-straalondersoek van die spysverteringskanaal gebruik word.

bariumsulfaat (barium sulphate) Sout van barium en swawelsuur.

barometer (barometer) Instrument waarmee atmosferiese druk gemeet word - druk by seespieël is 760 mm Hg.

baroreseptor (baroreceptor, baroceptor) <sien ook pressoreseptor> (baroseptor) 'n Reseptor sensoriese orgaan wat op drukveranderinge, veral bloeddruk, reageer.

baroseptor (baroceptor) <sien baroreseptor>

bartholin abses (bartholinian abscess) ’n Abses afkomstig van van ’n bartholinklier.

basaal (basal, fundamental) (fundamenteel) Die grondlyn of fondament van iets; wat na die basis verwys.

basaal (basal) Die laagste vlak om funksie te onderhou.

basaalmembraan (basement membrane) <sien basilemma>

basale ganglia (basal ganglia) Massa grysstof wat diep binne die serebrale hemisfere van die brein geleë is.

basale laag (basal layer) Kubiese selle van die diepste laag van die epidermis wat in kontak is met die dermis.

basale membraan (basement membrane) <sien basilemma>

basale metaboliese spoed (basal metabolic rate, BMR)<sien ook metaboliese spoed> (BMS) Hoeveelheid energie wat benodig word om lewe te onderhou in 'n rustige, wakker individu wanneer net die essensiële lewensfunksies uitgevoer word - gemeet onder sogenaamde basale toestande, nl minstens 12 uur na dieaaste maal met die liggaam in absolute liggaamlike en geestelike rus, en by 'n temperatuur van 20°C en uitgedruk in kalorieë/m2 van liggaamsoppervlakte/uur>.

basale metabolisme (basal metabolism) Die minimum energie wat nodig is om essensiële funksies soos respirasie, spiertonus, peristalsis en bloedsirkulasie te onderhou.

basale sel (basal cell) Enigeen van die selle in die onderste laag van 'n meerlagige epiteel.

basielkruid (basil) (basilie) Enigeen van die kruide Ocimum basilicom of Ocimum suave.

basies (basic) M.b.t. alkaliese verbindings.

basies (basic) M.b.t. die basis.

basiese kleurstof (basic stain) Kleurstof met 'n basiese <alkaliese - reaksie wat basofiele bestanddele van protoplasma, bv die kernmateriaal, kleur.

basil (bacillus) <sien bacillus>

basilaar (basilar) Wat aan of op die basis geleë is.

basilaarmembraan (basilar membrane) <sien basilare membraan>

basilare membraan (basilar membrane) (basilaarmembraan, basilêre membraan) Membraan in die inwendige oor wat die scala tympani van die scala vestibuli en die ductus cochlearis skei; die basis van die Corti-orgaan.

basilemma (basement membrane) (basaalmembraan, basale membraan, grondmembraan, grondvlies) Delikate niesellige membraan (nielewende materiaal) wat epiteelweefsel aan die onderliggende bindweefsel anker.

basilêre membraan (basilar membrane) <sien basilare membraan>

basilie (basil) (basielkruid) Enigeen van die kruide Ocimum basilicom of Ocimum suave.

basillurie (bacilluria) Teenwoordigheid van basille in die urien agv blaas- of nierinfeksie.

basis (base) Onderste of breedste gedeelte van 'n orgaan.

basis (basis) 'n Alkali, of enige stof wat 'n suur sal neutraliseer.

basis (basis) 'n Chemiese stof wat met 'n suur verbind om 'n sout te vorm.

basis (basis) 'n Stof wat water ioniseer om hidroksielione (OH-) of ander ione wat met waterstofione (H+) kan verbind, vry te stel.

basispaar (basis pair) Stikstofbasisse wat 'n paar vorm in die DNA-molekule, bv timien en adenien of guanien en sitosien.

basistriplet (basis triplet) <lees kodon>

basofiel (basophil, basophile) 'n Struktuur, sel of histologiese snit met 'n sterk affiniteit vir basiese kleurstowwe.

basofiel (basophil, basophile, basophilic leukocyte) <sien ook granulosiet> (basofiele leukosiet) Witbloedsel met 'n groot kern bestaande uit twee lobbe en 'n granulêre sitoplasma, en wat blou kleur met basiese kleurstowwe.

basofiel (basophilic) Wat geredelik kleur met basiese kleurstowwe.

basofiele adenoom (basophile adenoma) <lees Cushing-sindroom>

basofiele leukosiet (basophilic leukocyte) <sien basofiel 2de inskrywing>

baster (bastard) <sien hibried>

Batten se siekte Batten disease 'n Uiters seldsame en dodelike outosomale resessiewe neurodegeneratiewe siekte wat begin in die kinderjare.

batipnee (bathypnoea) Diep asemhaling.

batofobie Dieptevrees.

bed (bed) Ondersteunende struktuur of weefsel, bv maagbed, naelbed, nierbed ens.

bedaarmiddel (tranquilliser) <sien ook kalmeermiddel> (susmiddel) 'n Middel wat 'n kalmerende effek het en angs en spanning verlig sonder om die bewustheid van die omgewing te verminder.

bedpan (bedpan) ’n Spesiale vlak houer wat deur ’n pasiënt gebruik word terwyl hy in die bed lê en moet urineer of ontlas.

bedseer (bedsores, pressure sores, pressure ulcers) Is beskadigde vel en die onderliggende weefsel as gevolg van langdurige druk op die plek.

bedwatering Onbeheerde ledeging van die blaas gedurende slaap.

beeld (image) Voorstelling van 'n voorwerp wat verkry word deurdat ligstrale van die voorwerp uitgaan of daarvandaan weerkaats word.

been (leg) <sien ook crus> - Een van die onderste ledemate.

been (bone) - Harde weefsel wat die geraamte van hoër gewerweldes vorm en wat bestaan uit bindweefselvesels, beengrondsubstans en minerale soute; veral kalsiumfosfaat.

beenagtig (osseous) Met die voorkoms of struktuur van beenweefsel.

beenbank Plek waar die beendere van gestorwe mense bewaar word vir oorplanting.

beenbreuk (fracture) Kraak of breuk van 'n been in die liggaam.

beendoolhof (bony labyrinth) <sien benige labirint>

beeneter (caries) <sien beentering>

beenkunde (bone studies) <sien osteologie>

beenkundige (bone expert) <sien osteoloog>

beenlym (gelatine) <sien gelatien>

beenmurg (bone marrow) <sien medulla ossium>

beenmurgontsteking (osteomyelitis) <sien osteomiëlitis>

beenspalk (leg cast) Stywe, plat voorwerp om 'n gebreekte been te spalk.

beenstelsel (skeleton) <sien skelet>

beentering (caries) (beeneter, caries) Ontsteking van die been, gewoonlik van teringagtige aard.

beenuitgroeisel (exostosis) <sien eksostose>

beenvlak- (saphenous) <sien safeneus>

beenvlakaar (saphenous vein) <sien safena-aar>

beenvlaksenu (saphenous nerve) <sien nervus saphena>

beenvlies (periosteum) <sien periosteum>

beenvorming (bone formation) <sien ossifikasie>

beheer (control, regulate) (kontroleer, reguleer) 'n Proses of funksie handhaaf op 'n sekere peil.

bekersel (goblet cell) Een van verskeie gespesialiseerde selle in die epiteel van die maag, dermkanaal en respiratoriese kanaal wat slym (mukus) afskei.

bekken (pelvis) <sien pelvis>

bekkenabses (pelvic abscess) Verettering in die bekkenperitoneum.

bekkengordel (pelvic girdle) <sien pelviese gordel>

bekkenvloer (pelvic floor) Weefsel wat die ondergrens van die bekken vorm.

bel (bel, B) (B) Logaritmiese eenheid van klankintensiteit.

Bell-Magendie-wet (Bell-Magendie law) <sien wet van Bell-Magendie>

Bellini-buise (Bellini's ducts) Versamelbuise van die nier.

belroos (erysipelas) <sien ook erisipelas en wondroos> 'n Kwaai velontsteking.

Benedict-reagens (Benedict's reagent) Chemiese oplossing wat gebruik word om te toets vir die teenwoordigheid van glukose - kleur geelgroen verhitting indien positief.

Benedict-toets (Benedict's test) Toets vir glukose.

duiseling (dizziness) (beneweling) Gevoel van dronkheid in die kop.

benige labirint (bony labyrinth) <cf membraanlabirint> (beendoolhof) Benige kanale in die slaapbeen, gevul met perilimf.

benseen (benzene) Vloeibare, vlugtige koolwaterstof uit koolteer.

benseenring (benzene ring) Die ses-koolstofringstruktuur wat kenmerkend is van benseen - die ses koolstofatome is verbind in die vorm van 'n heksagoon met die ses waterstofatome aan die punte van die heksagoon sodat al twaalf atome in dieselfde vlak lê.

bergamot (bergamot) Enigeen van verskeie geurplante.

beri-beri (beriberi) 'n Siekte wat ontwikkel a.g.v. 'n tiamiengebrek (vitamien B1).

berie-berie (beriberi) <sien beri-beri>

beroerte (stroke) Skielike vermindering of verlies van bewussyn as gevolg van 'n breinobstruksie.

berrie-berrie (beriberi) <sien beri-beri>

besering (injury) Bepaalde geval of plek waar iemand beseer is, 'n wond gekry het.

besinking (sedimentation) <sien sedimentasie>

besinkingbuis (sedimentation tube) Spesiale gegradueerde buis vir die meet van die besinkingspoed.

besinkingspoed (sedimentation rate) Spoed waarmee rooibloedselle afsak wanneer bloed staan.

besmet (septic) <sien septies>

besmetlik (infectious) Aansteeklik.

besny (circumcise) Die penis se voorhuid verwyder.

bestraal (irradiate) Aan radioaktiewe straling blootstel.

bestraling (irradiation) Besmetting met radioaktiwiteit.

bestraling (radiotherapy, therapeutic radiology) (radioterapie) Behandeling van 'n siekte (veral kanker) deur radioaktiewe straling.

beswyk (die) Sterf.

beswyming (swoon) Floute.

beta (beta) Die tweede in 'n reeks.

beta (beta) Die tweede letter in die Griekse alfabet.

betablokker (beta-blocker) Middel wat die stimulasie van die hartfunksie teëwerk, veral gebruik teen angina en hoë bloeddruk.

betahidroksiebottersuur (beta-hydroxybutyric acid) Een van die tussenprodukte in die lipied-piruvaat-metabolisme in die liggaam.

betaoksidasie (beta oxidation) Chemiese proses waartydens vetsure na asetielkoënsiem-A afgebreek word, sodat energie vrygestel word.

betaselle (beta cells) <sien ook alfaselle> Insulienvormende selle in die Langerhans-eilande van die pankreas.

betastrale (beta rays) <sien ook alfastrale; gammastrale> 'n Stroom hoë-energie-elektrone wat uit radioaktiewe stowwe uitgestraal word.

betering (improvement) Genesing.

beukesbossie ’n Struik wat as medisyne gebruik word; onder andere vir masels en koors.

bevrug (fertilise) Om te veroorsaak dat bevrugting plaasvind.

bevrugting (fertilisation, conception) (fertilisasie, konsepsie) Versmelting van 'n manlike gameet met 'n vroulike gameet om 'n sigoot te vorm.

beweeglikheid (motility) < sien motiliteit>

beweging (motion, movement) Volgehoue verandering van posisie.

bewegingloosheid (immobility) <sien ook inersie> (sonder beweging)

bewegingskunde (kinesiology) <sien kinesiologie>

bewegingstraagheid (bradykinesis) <sien bradikinese>

bewus (conscious) <cf bewusteloos> 'n Toestand waarin 'n persoon by sy bewussyn is.

bewus (conscious) <cf bewusteloos> In staat om op sensoriese stimuli te reageer of om te besef wat mens doen.

bewussyn (consciousness) Besef, kennis van jou eie handeling.

bewussyn : consciousness Benaming wat gebruik word vir die prosesse van waarneem, dink, voel en besluit.

bewusteloos (unconscious) <cf bewus> Toestand waar die hoër funksies van die serebrum opgehef is sodat die persoon onbewus is van sy omgewing en nie in staat is om op sensoriese stimuli te reageer nie.

bewusteloosheid (Unconsciousness) 'n Toestand van bewusteloos wees.

bewuste sweet (sensible perspiration) <cf onbewuste sweet> Waterige afskeiding van die sweetkliere wat op die huid waargeneem kan word.

bewustheid (consciousness) 'n Toestand van bewus wees.

Bi (Bi) <sien bismut> Chemiese simbool.

biaksiaal (biaxial) <sien ook aksiaal> Met twee asse sodat beweging in twee vlakke moontlik is.

biaksiale gewrig (biaxial joint) Gewrig waarby beweging om twee dwars asse, reghoekig tot mekaar, moontlik is.

bies (colostrum) <sien kolostrum>

biesmelk (colostrum) <sien kolostrum>

bifida (bifid, furcate) (bified, gevurk) Deur die middel in twee takke verdeel; in twee gesplits.

bified (bifid) <sien bifida>

bifokale lens (bifocal lens) Optiese lense met twee brandpunte; lens vir nabygeleë voorwerpe is dun en halfmaanvormig in die onderste helfte van die groot lens geslyp.

bikarbonaat (bicarbonate) Enige sout wat die HCO3-anioon bevat, bv natriumbikarbonaat.

bikonkaaf (biconcave) <cf bikonveks> Lens wat aan altwee kante uitgehol is.

bikonveks (biconvex) <cf bikonkaaf> ’n Lens wat aan altwee kante bolvormig afgerond is.

bikuspidaal ( bicuspid) <sien ook trikuspidaal> Wat twee punte het, bv die premolare tande en die mitrale klep van die hart.

bikuspidale klep ( bicuspid valve, left atrioventricular valve, mitral valve) <sien ook atrioventrikulêre klep; trikuspidale klep> (linker-atrioventrikulêre klep, mitraalklep, tweeslipklep) Klep met twee kuspe wat tussen die linkeratrium en die linkerventrikel voorkom.

bilateraal (bilateral) M.b.t. twee kante.

bilateraal (bilateral) Wat aan weerskante voorkom.

bilateraal simmetries ( bilaterally symmetrical ) <sien ook asimmetries; simmetries> Wanneer liggaamsdele gepaard aan weerskante van 'n denkbeeldige lyn voorkom sodat die organisme slegs in een vlak van voor na agter in twee eenderse helftes verdeel kan word.

bilaterale uterienslagaarembolisasie 'n Soort chirurgie vir die behandeling van fibroïede waartydens die bloedtoevoer na die fibroïed verminder word.

Bilharzia (Bilharzia) Slakwurms wat parasities voorkom in die bloed.

bilharziase (bilharziose, rooiwater) Siekte veroorsaak deur slakwurms as hulle deur die vel boor en tot in die maag en ingewande deurdring en bloeding veroorsaak.

bilharziose (bilharziase, rooiwater) Siekte veroorsaak deur slakwurms as hulle deur die vel boor en tot in die maag en ingewande deurdring en bloeding veroorsaak.

biliêr (biliary) M.b.t. gal.

bilieus (galagtig) Naar en brakend as gevolg van 'n galaandoening.

bilirubien (bilirubin) <sien ook biliverdien en bilirubine; galpigmente> Rooi pigment in gal wat gevorm word deur die afbreek van hemoglobien - in rooibloedselle.

bilirubine (bilirubin) <sien ook biliverdien en bilirubien; galpigmente> Rooi pigment in gal wat gevorm word deur die afbreek van hemoglobien - in rooibloedselle.

biliverdien (biliverdin) <sien ook bilirubien; galpigmente> 'n Groen galpigment wat deur oksidasie uit bilirubien ontstaan.

bilnaat (perineum) <sien perineum>

bindvlies (conjunctiva) <sien konjunktiva>

bindvliesontsteking (conjunctivitis) <sien konjunktivitus>

bindweefsel (connective tissue) <sien ook weefsel> Een van die hoofweefseltipes wat in alle organe aanwesig is en wat dele van organe saambind of stut - weefsel bestaande uit verstrooide selle, bv fibroblaste en groot hoeveelhede intersellulêre substans.

bindweefselgewrig (fibrous joint) <sien sinartrose>

bindweefselvlies (fascia) <sien fassia>

binêr (binary, double) (dubbel, tweedelig) Bestaande uit twee eenhede.

binêre deling (binary fission) (tweedeling) Verdeling van 'n sel in twee deur eenvoudige verdeling van die selkern en sitoplasma.

binêre verbinding (binary compound) Verbindings van slegs twee chemiese elemente, bv CO, NaCl, NH3 ens.

binne (internal) <sien intern>

binneaars (intravenous) <sien intraveneus>

binnelimfbuis (ductus endolymphaticus) <sien ductus endolymphaticus>

binneoor (inner ear) Deel van die oor wat die halfsirkelvormige kanale en koglea bevat.

binneskelet (endoskeleton) <sien endoskelet>

binnespiers (intramuscular) <sien intramuskulêr>

binnevet Inwendige vet, veral aan die buikorgane.

binnewaarts (ectoentad) Van buite na binne.

binokulêr (binocular) (tweeogig) Geskik vir twee oë.

binokulêr (binocular) (tweeogig) Met twee oogstukke.

binokulêre visie binocular vision Visie met albei oë gelyktydig - omdat elke oog 'n voorwerp uit 'n effens verskillende hoek sien, word een driedimensionele beeld verkry.

biochemie (biochemistry) Chemie van lewende weefsel of van lewe.

biochemies (biochemical) M.b.t. biochemie.

biochemikus (biochemist) Deskundige in die biochemie.

biogeen (biogenic) Wat lewe vorm.

biogeen (biogenic) Wat uit lewe ontstaan.

biogeneties (biogenetic) M.b.t. biogenetika.

biogenetika (biogenetics) Studie van die oorsprong van lewe of van lewende organismes.

biokineties (biokinetic) M.b.t. biokinetika.

biokinetika (biokinetics) Wetenskap van bewegings van lewende organismes.

biologie (biology) Studie van lewende organismes.

biologies (biological) M.b.t. biologie.

bioloog (biologist) Deskundige in die biologie.

bionies Wat kunsmatige liggaamsdele het.

biopsie (biopsy) Ondersoek van weefsel wat uit 'n lewende organisme verwyder is.

biostatistiek (biostatistics) Statistiese verwerking van biologiese data.

biostatisties (biostatistical) M.b.t. biostatistiek.

bioterugvoer (biofeedback) Die tegniek wat aangewend word om 'n individu visueel of ouditief bewus te maak van die toestand waarin die outonome fisiologiese funksies van sy liggaam, bv bloeddruk, spierfunksie ens. verkeer, sodat hy dit kan beheer - word klinies aangewend om bv hipertensie te behandel.

bioties (biotic) M.b.t. lewe; lewenskragtig.

biotipe (biotype) <sien genotipe 2de inskrywing>

biotoksien (biotoxin) Toksien verkry uit lewende weefsel.

bipolaar (bipolar) <sien bipolêr>

bipolêr (bipolar) <sien ook monopolêr; multipolêr> (bipolaar) Met twee pole of uitsteeksels.

bipolêre afleiding (lead) Elektriese potensiaalverskil van die hart wat gemeet word tussen twee kontakpunte op die liggaam.

bipolêre neuron (bipolar neuron) <sien ook monopolêre neuron; multipolêre neuron> Neuron met een dendriet en een akson.

biseksie (bisection) Deursny in twee dele.

biseksueel (bisexual) <sien hermafrodiet>

biseps (biceps) <sien ook triseps> (tweekopspier) 'n Spier met twee aanhegtingspunte of koppe, bv dié geleë aan die agterkant van die humerus.

bismut (bismuth, Bi) (Bi) 'n Harde, bros metaal, rooierig-gryswit van kleur, wat baie gebruik word om maklike smeltbare legeringe te vorm.

biurettoets (biuret test) Toets vir proteïene.

bivalensie (bivalence) (tweewaardigheid) Eienskap van 'n atoom om met twee ander atome of groepe te kan verbind.

bivalent (bivalent) (tweewaardig) Met 'n valens van twee.

bivalent (bivalent) Rangskikking van twee chromosome van 'n homoloë paar wat styf teen mekaar lê sodat die twee chromosome saam soos 'n enkele chromosoom van dubbele dikte lyk.

blaar (blister, bulla) <sien ook vesikel> (blaas, bulla, waterblaas) Vliesige sak in die epidermis, of tussen die epidermis en die chorion, wat vloeistof bevat.

blaas (blister) <sien blaar>

blaas (bladder) <sien vesica>

blaasinfeksie (bladder infection) Infeksie van die blaas.

Blaaskanker (bladder cancer) Kanker van die blaas.

blaaskwaal Kwaal van die urineblaas.

blaaspyp (urinary tract) <sien uretra> (urinebuis)

blaassteen (bladder stone) Verharding van minerale soute in die urienekanaal.

bladbeen (scapula) <sien skapula>

bladgroen (chlorophyll) <sien chlorofil>

blasie (blister) <sien vesikel>

blast (blast, blast cell) <sien ook blastosiet; stamsel> (blastsel) Ongedifferensieerde sel; onvolwasse stadium in die sellulêre ontwikkeling van selle, bv 'n eritroblast, neuroblast.

blastied (blastid) Helder gedeelte van die bevrugte ovum; voorloper van die kern.

blastoderm (blastoderm) Eensellige wand van 'n blastula.

blastomeer (blastomere) (kliewingsel) Enigeen van die selle wat deur die bevrugte ovum ontstaan.

blastopoor (blastopore) Opening van die blastula.

blastoseel (blastocoele) <sien blastosist>

blastosiet (blastocyte) <sien ook blast> Embrioniese sel wat nog nie gedifferensieer het nie.

blastosist (blastocyst, blastocoele) (blastoseel, kliewingsholte) Holte wat ontstaan in die massa ontwikkelende selle, 'n herhaalde deling van die sigoot.

blastsel (blast cell) <sien blast>

blastula (blastula) <sien ook morula> 'n vroeë stadium in die ontwikkeling van 'n ovum, bestaande uit 'n vloeistofgevulde holte (blastoseel) wat deur 'n enkele sellaag (blastoderm) omring word.

blastulasie (blastulation) Verandering van 'n morula in 'n blastula deur ontwikkeling van die sentrale holte.

bleeksiekte (anaemia) <sien anemie>

bleeksug (anaemia) <sien anemie>

blefaraal (blepharal) M.b.t. die ooglede.

bleiking (bleaching) Chemiese proses waardeur die kleur uit 'n gekleurde stof verwyder word deur of 'n oksideermiddel (bv. chloor), of 'n reduseermiddel (bv. swaweldioksied).

blennoftalmie (blennophthalmia) Ontsteking van die konjunktiva.

blennurie (blennuria) Aanwesigheid van slym in die urien.

blesuur (anaemia) <sien wond>

blind (blind) Sonder sig.

blind (blind) Iets wat doodloop of waarvan een punt toe is.

blinde (blind person) Iemand wat blind is.

blinde abses (blind abscess) ’n Abses wat opklaar sonder dat die inhoud vrygelaat word.

blindederm (appendix) <sien appendix, vermiformis>

blindedermabses (appendicular abscess) ’n Versameling etter wat ontstaan met ’n infeksie van die blindederm.

blindedermontsteking (appendicitis) <sien appendisitis>

blindevlek (blind spot) Area in die retina van die oog waar die aksone saamloop om die optiese senuwee te vorm - geen ligstrale kan hier waargeneem word nie, aangesien ligreseptore (stafies en keëltjies) hier ontbreek.

blindheid (blindness) Onvermoë om te sien.

bloed (blood) Liggaamsvloeistof wat deur die hart, slagare, kapillêre vate en are in die liggaam sirkuleer en bestaan uit 'n kleurlose plasma met organiese en anorganiese stowwe, asook bloedliggaampies (RBS en WBS) en bloedplaatjies daarin.

bloed-brein-skans (blood-brain barrier) Spesiale meganisme wat voorkom dat sekere chemiese stowwe, radioaktiewe ione en toksiene (bv. virusse) vanaf die bloed in die serebrospinale vog of breinweefsel inbeweeg.

bloedarmoede (anaemia) <sien anemie>

bloedarmoedig (anaemia) <sien anemie>

bloedbank (blood bank) Plek waar bloed bewaar word vir oortapping in noodgevalle.

bloedbuil (haematoma) <sien hematoom>

bloedcholesterol (blood cholesterol) Die hoeveelheid cholesterol aanwesig in die bloed.

bloeddiarree Diarree met bloed daarin.

bloeddruk (blood pressure) <sien ook sfigmomanometer> Druk uitgeoefen op die wande van die bloedvate en veral are - word gewoonlik oor die bragiale arterie net bokant die elmbooggewrig gemeet, in mm Hg of pascal.

bloederig (haemorrhagic) <sien hemoragies>

bloedgeswel (haematoma) <sien hematoom>

bloedgroep (blood group) <sien ook ABO-bloedgroep> - Die klassifikasie van bloed gebaseer op die teenwoordigheid of afwesigheid van geneties bepaalde antigene op die rooibloedselmembraan - meer as veertien verskillende groeperings is reeds beskryf waarvan ABO die vernaamste is.

bloedhaarvat (capillary) <sien kapillêr>

bloedingsanemie (haemorrhagic anaemia Anemie a.g.v. bloedverlies.

bloedkanker <sien leukemie>

bloedkleurstof (hemoglobin) (hemoglobine) Stof wat die bloedliggaampies hulle rooi kleur gee.

bloedklont (blood clot) <sien trombus>

bloedkunde (haematology) <sien hematologie>

bloedkundige <sien hematoloog>

bloedkwosiënt (blood quotient) Persentasie hemoglobien per rooibloedsel (vroeër genoem kleurindeks) wat verkry word deur die hoeveelheid hemoglobien in 'n bloedmonster deur die aantal rooibloedselle daarin te deel.

bloedlating (bloodletting) <sien flebotomie> (flebatomie)

bloedliggaampie (blood corpuscle) (hematosiet) <sien hemosiet>

bloedneus (bloody nose) Neus wat bloei.

bloedoortapping (blood transfusion) <sien ook transfusie> Oortap van bloed van een persoon na 'n ander.

bloedparsie (bloedpersie) Bloeddiarree met pynlike persing.

bloedpersie (bloedparsie) Bloeddiarree met pynlike persing.

bloedplaatjie (blood platelet) <sien trombosiet>

bloedplasma (blood plasma, plasma) <sien ook bloedserum> Bloed sonder bloedliggaampies.

bloedpoeier (blood powder) Fyngemaakte, gedroogde bloedplasma wat vir bloedoortapping gebruik word.

bloedproteïen (blood protein) Opgeloste proteïene in bloed, bv. albumien, globulien en fibrinogeen.

bloedryk Met baie bloed.

bloedsel (blood cell) <sien hemosiet>

bloedselvorming (haematopoiesis) <sien hematogenese>

bloedserum (blood serum, serum) <sien ook bloedplasma> (bloedvloeistof, bloedwei, serum) Helder, strooikleurige vloeistof wat uit bloed vrygestel word as die stollingselemente (bv. fibrinogeen) daaruit verwyder is - bloedplasma sonder fibrinogeen.

bloedskenker (blood donor) Iemand wat sy bloed skenk vir oortapping in 'n ander.

bloedsmeer (blood smear) Bietjie bloed op 'n stukkie glas gesmeer vir mikroskopiese ondersoek.

bloedsomloop (circulation) - Voortdurende beweging van die bloed in die liggaam.

bloedsomloopstelsel (circulatory system) <sien kardiovaskulêre stelsel>>

bloedspatsel Vlek deur spattende bloed veroorsaak.

bloedspuwing (haemoptysis) Die uitspu van bloed uit die longe.

bloedstelpend (styptic) Waardeur bloed stopgesit word.

bloedstelping (stypsis) <sien ook angiotripsie; hemostase> Meganisme waardeur bloedvloei gekeer word - stuiting van bloedvloei.

bloedstelsel (circulatory system) <sien kardiovaskulêre stelsel>>

bloedstollend (hemostatic) Wat die bloed laat stol.

bloedstolling (blood clotting, clotting) <sien ook hemostase> Stolling van die bloed deur die afskeiding van fibrine uit die plasma.

bloedstorting (haemorrhage) Groot verlies van bloed.

bloedstuitend (haemostatic) <sien hemostaties>

bloedsuiend (haematophagous) <sien hematofagies>

bloedsuiker (blood sugar) Glukose in die bloed.

bloedsuiwering Suiwering van die bloed.

bloedtelling (blood count) Telling van rooibloedselle (eritrosiete) of witbloedselle (leukosiete) in een kubieke millimeter bloed.

bloedtoets (blood test) Ondersoek na die samestelling van die bloed.

bloedtransfusie (blood transfusion) <sien bloedoortapping>

bloedvat (blood vessel) (slagaar, arterie, aar, vene, bloedhaarvat, bloedkapillêre) Buis waardeur bloed sirkuleer.

bloedvatskede (perithelium) <sien peritelium>

bloedvergiftiging (septicemia) (bloedvergifting) <sien toksemie>

bloedvergifting (septicemia) (bloedvergiftiging) <sien toksemie>

bloedverlies (blood loss) <sien hemoragie>

bloedvervangstof (blood substitute) 'n Stof wat gebruik word om die tekort aan sirkulerende bloed aan te vul, bv dekstran.

bloedvint (boil) - 'n Groot puisie vol etter wat by 'n haarsakkie of huidkliertjie begin.

bloedvloeistof (blood fluid) (bloedwei) <sien bloedserum>

bloedvormend (haemopoetic) <sien hematogeen>

bloedvorming (haematogenesis) <sien hematogenese>

bloedvrees (blood fear) <sien hemafobie>

bloedwei (blood fluid) (bloedvloeistof) <sien bloedserum>

bloei (bleed) Bloed laat uitvloei.

bloeier (bleeder) <sien hemofilis>

bloeiersiekte (haemophilia) <sien hemofilie>

bloeisiekte (haemophilia) <sien hemofilie>

bloeityd (bleeding time) Tydperk wat bloeding voortduur nadat die vel op standaardwyse geprik en bloed elke 30 sekondes met kladpapier opgesuig word.

bloekom Boom behorende tot die geslag Eucalyptus.

bloekomolie 'n Olie uit bloekomblare wat gebruik word teen verkoue.

blok (block) 'n Obstruksie of verstopping.

blokkeer (block) (onderdruk) Uitdrukking wat daarop dui dat die funksie van organe gerem of gestop word, bv. die geleiding van senuwee- of spierimpulse.

blomswawel (flower of sulfur) (blom van swawel) Fyn gepoeierde swawel.

bloubaba Baba gebore met blousiekte en dus 'n blouerige verkleuring van die vel as gevolg van 'n suurstoftekort in die bloed.

bloukolle (bruise) <sien kneus>

blouoog (black eye) Oog wat blou geslaan is.

blousiekte <sien blousug>

blousug (blousiekte) Blou verkleuring van die vel deur suurstoftekort in die bloed.

blouvitrioel (copper sulphate) <sien kopersulfaat>

BMS (BMR) <sien basale metaboliese spoed>

boereraat (home remedy) - 'n Middel, normaalweg van kruie, wat in die ou dae nog volop gebruik is toe dokters nog skaars was.

boarm (upper arm) <sien brachium>

boarmbeen (humerus) <sien humerus>

bobeen (upper leg, thigh) <sien dy>

boegoe (buchu) Aromatiese struik waarvan die blare 'n eteriese olie bevat en geneeskragtig is.

boegoetjie 'n Drankie van brandewyn wat op boegoe getrek is en geneeskragtig is.

boereraat (home remedy) Huismiddel, medisyne, dikwels 'n aftreksel van kruie, was veral gewild in die dae toe dokters nog skaars was.

boggelrug (kyphosis) <sien kifose>

bokaak (maxilla) <sien maksilla>

bol (bulbus) <sien bulbus>

bolrond (convex) <sien konveks>

bolus (bolus) Voedselbolletjie wat uit gekoude voedsel en speeksel gevorm word, gereed vir sluk.

bolvormig (spherical) <sien sferies>

bondel (bundle) <sien ook fasciculus; fassia> 'n Groep vesels, bv spiere of senuwees.

bondel van His (bundle of His) <sien His-bondel>

bondelvormig (fascial) <sien fassiaal>

boodskapper-RNA (messenger RNA, mRNA) <sien ook ribosoom-RNA, transport-RNA> (bRNA, mRNA) 'n Vorm van RNA wat betrokke is by die oordra van instruksies vir proteïensintese - vanaf DNA in die kern na die ribosome in die sitoplasma van die sel.

boog (arc) Benaming wat gebruik word vir verskeie gebuigde liggaamsdele.

boogaar (arcuate vein) Boogvormige bloedvat (aar) op die grens tussen die murg (medulla) en skors (korteks) van die nier.

boogslagaar (arcuate artery) Boogvormige bloedvat (slagaar) op die grens tussen die medulla en korteks van die nier.

boogvormig (arcuate) <sien sirkumfleks>

boonste holaar (precaval vein) <sien vena cava superior>

boor (boron, B) (B) (borium) 'n Niemetaalelement met metaalagtige eienskappe.

boorsuur (boric acid) Verbinsing van suurstof en waterstof wat as ontsmettingsmiddel dien.

boorwater Oplossing van boorsuur in water om wonde, oë, ens. te ontsmet.

boraks (borax) Natriumsout van boorsuur.

borium (boron, B) (B) (boor) 'n Niemetaalelement met metaalagtige eienskappe.

borrelsiekte (bends, caisson disease) <sien caissonsiekte>

borrie (turmeric) Geel poeier uit die wortel van Curcuma longa.

bors (breast) <sien mamma 2e inskrywing>

bors (chest) <sien pektus>

bors (chest) <sien toraks>

bors (breast) - Voorste gedeelte van die borskas.

borsabses (mammary abscess) ’n Abses in die borsweefsel.

borsbaba (breast baby) 'n Baba wat aan die ma se bors drink.

borsbeen (sternum) <sien sternum>

borsholte (thoracic cavity) <sien toraks>

borskas (chest) <sien pektus>

borskas (chest) <sien toraks>

borskasholte (chest cavity) <sien toraks>

borslimfbuis (ductus thoracicus) <sien ductus thoracicus>

borslyer Iemand wat ly aan 'n kwaal in die bors.

borssiekte Siekte van 'n orgaan in die borskas; bv. die longe, soos asma.

borsvlies (pleura) (pleura) Vlies wat die inwendige oppervlak van die borskasholte en die buiteoppervlak van die longe bedek.

borsvliesontsteking (pleuris) Ontsteking van die borsvlies.

borsvoeding (breastfeeding) Voeding van 'n baba aan die bors van 'n vrou.

bort 'n Tipe velsiekte.

bosluiskoors (tick fever) - 'n Koors deur bosluise oorgedra.

bossiedokter (herbalist) (kruiedokter) Iemand wat medisyne maak van bossies en kruie.

bossiestee (bush-tea) Klein struike waarvan tee gemaak word.

bottelbaba (breast baby) 'n Baba wat aan 'n bottel drink.

botulisme (botulism) Vergiftiging deur slegte vleis, vis, vrugte, ens.

boude (buttocks) Dik, vlesige agterdeel van die mens se bobeen; gluteale uitbultings.

Bowman-kapsel (Bowman's capsule, glomerular capsule, glomerulus capsule) <sien ook Malpighi-liggaampie 2de inskrywing; nefron> (glomerulêre kapsel, glomeruluskapsel, kapsel van Bowman) Die verwyde, ingestulpte blinde punt van die nierbuisie (nefron) wat 'n glomerulus omring.

Bowman-klier (Bowman's gland) Een van die kliere wat in die reukslymvliese (olfaktoriese slymvliese) van die neus voorkom.

Boyle-wet (Boyle's law) <sien wet van Boyle>

Br (Br) <sien broom>

braak (puke) <sien vomeer>

braakmiddel (emetic) (emetikum, vomitief) Middel wast jou laat vomeer.

brabbeltaal afasie (jargon aphasia) Wanneer verskillende woorde aaneenlopend en deurmekaar uitgespreek word.

brachium (brachium, upper arm) <sien ook antebrachium; arm> (boarm, bragium) Gedeelte van die arm tussen die skouer en die elmboog.

bradikardie (bradycardia) 'n Stadige pols of hartslag.

bradikinese (bradykinesis) <sien ook inersie> (bewegingstraagheid) Traagheid en / of verlies van beweging soos by afwykings wat die ekstrapiramidale stelsel aantas en bv Parkinson-siekte.

bragiaal (brachial) Lyk soos 'n arm.

bragiaal (brachial)Met betrekking tot die arm.

bragiale arterie (brachial artery) (armslagaar) Hoofslagaar van die arm.

bragiale pleksus (brachial plexus) Die vlegwerk van senuwees wat aan die basis van die nek naby die klavikel geleë is.

bragignatie (brachygnathism) 'n Besondere kort kaak.

bragimorfies (brachymorphic) Buitengewone kort en breë liggaamsbou.

bragisefaal (kortskedelig) Gesê van mense by wie die skedel se breedte 0,8 of meer van die lengte bedra.

bragium (brachium) <sien brachium>

braking (puking) <sien vomering>

brandboudjies (nappy rash) Inflammasie van 'n baba se boudjies as gevolg van 'n lang blootstelling aan 'n nat doek.

brandewyn (brandy) Sterk drank uit gegiste druiwesap.

brandnekel (stinging nettle) (brandnetel) Struik met brandblare van die geslag Urtica.

brandnetel (nettle) (brandnekel) Struik met brandblare van die geslag Urtica.

brandpunt (focus) (fokus, fokuspunt) Die punt waar ligstrale of klankgolwe byeengebring word.

brandpunt (focus) <sien fokus se 3de inskrywing>

brandpuntafstand (focal distance) <sien fokale lengte>

brandwond (burn) - 'n Besering veroorsaak deur blootstelling aan hitte of 'n vlam.

brein (brain) <sien enkefalon>

breinbalk (corpus callosum) <sien corpus callosum>

breindood (brain dead) 'n Toestand waarin 'n persoon sodanige breinskade opgedoen het dat selfstandige asemhaling onmoontlik is - wat 'n aanduiding is dat die dood reeds ingetree het.

breinfloute ’n Kortstondige bewusteloosheid of blindheid veroorsaak deur ’n tydelike belemmering van serebrale sirkulasie.

breingimnastiek (harsinggimnastiek) Stelselmatige oefening om die verstand te ontwikkel. Dit is veral effektief in die behandeling van stres.

breinkas (cranium) <sien kranium>

breinontsteking (inflammation of the brain) <sien ensefalitis>

breinstam (brain stem) (harsingstam) Die gedeelte van die brein wat uit die midbrein, pons en medulla oblongata bestaan.

breinventrikel (brain ventricle) Een van vier ruimtes in die brein wat met serebrospinale vloeistof gevul is.

breinvliese (meninges) <sien meninges>

breinvliesontsteking (meningitis) <sien meningitis>

breking (refraction) <sien refraksie>

breuk (fracture) <sien fraktuur>

breuk (hernia) <sien hernia>

bRNA (mRNA) <sien boodskapper-RNA>

Broca-area (Broca's area) 'n Funksionele area van die serebrum wat komplekse spieraktiwiteit van die mond, tong en larinks koördineer om spraak moontlik te maak.

Brodie se abses (Brodie’s abscess) ’n Chroniese abses, gewoonlik in die metafise van been.

broeikas Toestel in ’n hospitaal waarin baie klein of swak babas geplaas word om hulle warm en lewend te hou.

bromidrose (bromidrosis) Onwelriekende sweet.

bromied (bromide) Preparaat van kaliumbromied wat as kalmeermiddel gebruik word.

bromisme (bromism) Broomvergiftiging.

bromkaatjies (bronchitis) <sien brongitis>

bromkatjies (bronchitis) <sien brongitis>

bronchus (bronchus) <sien brongus>

brongi (bronchi) <ekv brongus>.

brongiaal (bronchial) M.b.t. brongi.

brongiale boom (bronchial tree) Die vertakkende stelsel van lugbuise wat lug vanaf die tragea na die longe vervoer - sluit die brongi en brongioli in.

brongiëktase (bronchiectasis, bronchodilatation) (brongodilatasie, lugpypverwyding) Verwyding van die brongi.

brongioli (bronchioles) <ekv. brongiool>

brongiool (bronchiole) <mv brongioli> (longpypie) ’n Kleiner vertakking van die brongi wat geen kraakbeen in die wand het nie en in die alveoli eindig.

brongitis (bronchitis) - Ontsteking van die brongi.

brongodilatasie (bronchodilatation) <sien brongiëktase>

brongoskoop ’n Buistoestel met ’n elektriese lampie wat deur die lugpyp neergelaat word tydens die ondersoek van ’n borskas.

brongus (bronchus) <mv. brongi> (bronchus, longpyp) Een van die twee vertakkings van die trachea wat na die longe lei.

broom (bromine, Br) (Br) 'n Elektronegatiewe niemetaal wat aan die halogene behoort.

Brown-beweging (Brownian motion, Brownian movement, Brown's phenomenon, molecular movement) (molekulêre beweging) Die spontane beweging van anorganiese deeltjies in ’n vloeistof of gas wat veroorsaak word deur botsing van naasliggende molekules.

brug (bridge) <sien pons se 2de inskrywing>

brug (bridge) Die beenagtige verhewendheid van die neus.

brug (bridge) Die middelste deel van die voet.

brug (bridge) ’n Smal weefselstrook.

brug van Varolius (bridge of Varolius) <sien pons Varolii>

Brunner-kliere (Brunner's glands, duodenal glands) (duodenale kliere) Trosvormige slymvlieskliere in die submukosa van die duodenum.

brusellose (brucellosis, abortus fever, malta fever, undulent fever, Bruce’s septicaemia) ’n Siekte wat deur ’n spesie van Brucella veroorsaak word.

brusiet (brucite) ’n Amper kleurlose grys of groen mineraal. Melk van magnesia word hiervan verkry.

bucca (bucca, mala, cheek) (mala, wang) Vlesige gedeelte aan die kant van die gesig.

buffer (buffer) ’n Oplossing wat met ’n suur of ’n basis verbind en so help om die pH konstant te hou.

buigbaar (flexible) <sien ook fleksie> Kan gebuig word.

buigfraktuur (greenstick fracture) <sien groenhoutfraktuur>

buiging (flexion) <sien fleksie>

buigspier (flexor) <sien fleksor>

buik (belly) <sien abdomen>

buikgordel (pelvic girdle) <sien pelviese gordel>

buikholte (abdominal cavity) <sien abdominale holte>

buikloop (diarrhea) <sien diarree>

buikswelling (bloating) - Gebeur wanneer gasse in die maag en ingewande opbou.

buikvlies (peritoneum) <sien peritoneum>

buikvliesontsteking (peritonitis) <sien peritonitis>

buil (bump) (bult, knop) Pynlike swelsel op die vel.

builepes (bubonic plague) Pessiekte gekenmerk deur groot buile en pynlike klierswelling.

buis (tube) <sien ductus>

buisbaba (test tube baby) <sien proefbuisbaba>

buislose klier (ductless gland) <sien endokriene klier>

buisswangerskap (tubal pregnancy) <sien ook ektopiese swangerskap> (buitebaarmoederlike swangerskap) Tydens 'n buisswangerskap plant die bevrugte eiersel buite die uterus in, gewoonlik in die fallopiaanse buise.

buisvormig (tubular) <sien tubulêr>

buite (external) <sien ekstern>

buitebaarmoederlik <sien ekstra-uterien>

buitebaarmoederlike swangerskap (tubal pregnancy) <sien buisswangerskap>

buiteharsingvlies (dura mater) <sien dura mater>

buitepasiënt (outpatient) ’n Pasiënt wat inkom vir behandeling in ’n hospitaal maar nie in die hospitaal opgeneem word nie.

bukkaal (buccal, bucco-) (bukko-) M.b.t. die wang of mond.

bukko- (bucco-) <sien bukkaal>

bukkofaringeaal (buccopharyngeal) M.b.t. die mond en farinks.

bukkolabiaal (buccolabial) M.b.t. die wang en lip.

bulbêr (bulbar) M.b.t. bol.

bulbo-uretrale klier (bulbo-urethral gland) <sien Cowper-klier>

bulbus (bulbus) (bol) Ronde massa of verdikking.

bulimia nervosa - Oormatige voedselinname gevolg deur braking, lakseermiddels of ’n oordosis dieetmedikasie. In sommige gevalle word oormatig oefening gedoen of gevas vir lang tydperke.

bulimie (bulimia) <sien polifagie>

bulla (bulla) <sien blaar>

bulla (bulla) Sistiese geswel in die long wat lug bevat.

bult (boss) (knop, knobbel) ’n Min of meer balvormige uitsteeksel of swelling, bv. op die oppervlak van ’n been of tumor.

bunsenbrander (bunsen burner) ’n Gasbrander wat gewoonlik in ’n laboratorium gebruik word.

buret (buret, burette) ’n Lang, gegradueerde glasbuis met ’n kraan aan die onderkant wat gebruik word om ’n spesifieke hoeveelheid vloeistof af te meet.

bursa (bursa) (slymbeurs) ’n Onderhuidse sakkie wat met sinoviale vloeistof gevul is, wat byvoorbeeld die wrywing by ’n gewrig teenwerk – plekke waar wrywing mag ontstaan.

bursa-ekwivalente limfosiet (bursa-equivalent lymphocyte) <sien B-limfosiet>

bursaal (bursal) M.b.t. die bursa.

bursitis (bursitis) Ontsteking van 'n bursa.

byebalsem (bergamot) (bergamot) 'n Geurige plant.

bykomende organe (accessory organs) <sien aksessoriese organe>

bynier (adrenal, adrenal gland, epinephros, suprarenal gland) (adrenaalklier, epinefros, suprarenaalklier) - Een van die geel piramiedvormige endokriene kliere wat op die bopunt van elke nier geleë is.

bynierkorteks (adrenal cortex) <sien adrenale korteks>

byniermedulla (adrenal medulla) <sien adrenale medulla>

byniermurg (adrenal medulla) <sien adrenale medulla>

bynierskors (adrenal cortex) <sien adrenale korteks>

bynierstof (adrenaline, epinephrine) <sien adrenalien>

bysiende (shortsighted) <sien miopies>

bysiendheid (shortsightedness) <sien miopie>

byskildklier (parathyroid) <sien paratiroïed>

bytestis (epididymis) <sien epididimis>

bytmiddel (caustic) 'n Skerp invretende stof, bv. bytsoda.

bytsoda (caustic soda) <sien natriumhidroksied>

No comments :

Post a Comment