Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Bewusteloosheid. Show all posts
Showing posts with label Bewusteloosheid. Show all posts

21.12.16

Die behandeling van bewusteloosheid

Hierdie is ’n algemene behandeling vir wanneer jy nie weet wat fout is met die persoon nie.

1. Sorg dat die persoon se lugweë oop is, verwyder enige voorwerpe uit die mond en maak stywe klere om die nek, bors en middellyf los.

2. Indien asemhaling ophou begin dadelik met kunsmatige asemhaling.

3. Ondersoek die persoon en probeer vasstel wat fout is.

4. Probeer die bewussynsvlak vasstel, toets die pols en asemhaling.

5. Indien die persoon asemhaal, plaas in die herstelposisie.

6. Bedek die persoon met ’n kombers; indien beskikbaar.

7. Toets gereeld die asemhaling en pols indien die persoon nie gou by ’n hospitaal of mediese personeel uitkom nie.

Om die ken te lig is een van die maklikste maniere om te sorg dat die lugweg oop is.

14.12.16

Vlakke van bewusteloosheid

Bewusteloosheid is die gevolg van die versteuring van breinfunksies. Die erns van die toestand word gewoonlik bepaal deur die persoon se reaksie op sekere stimuli, soos byvoorbeeld klank en aanraking.

Bewustelose persone moet so gou as moontlik by ’n hospitaal kom.

Daar is verskillende vlakke van bewusteloosheid. Die eerste vlak is ’n persoon wat nog volle bewussyn toon:

1. Normaal op vrae en ’n gesprek reageer.

2. Beantwoord slegs regstreekse vrae.

3. Beantwoord vrae vaagweg.

4. Kan bevele gehoorsaam, byvoorbeeld: “Beweeg jou vingers.”

5. Reageer slegs op pyn.

6. Reageer glad nie.

(skildery: “Flaming June” deur Frederic Lord Leighton, 1895)

16.11.16

Bewusteloosheid

Jou bewegings, die funksies van jou liggaam en jou bewussynsvlak word deur jou senustelsel beheer.

Wanneer jy bewusteloos, of gedeeltelik bewusteloos, is dit ’n aanduiding dat jou brein nie normaal werk nie. Dit is potensieel gevaarlik vir jou.

Daar is verskeie oorsake van bewusteloosheid. Die algemeenste is: kopbeserings, floute, hartaanval, beroerte, asfiksie, epilepsie, skok, vergiftiging en diabetes.