Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids


30.3.15

Mediese woordeboek en gids: L

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

l (l) <sien liter>

langskedelig (doligosefaal) Met ’n lang skedel.

lengte (length) <sien ook longitudinaal> Lankheid van afstand, sowel as van tyd.

lewer (liver) Die grootste klier in die liggaam geleë in die buikholte net onder die diafragma - verrig wydverspreide funksies, bv galproduksie, glikogeenberging, detoksifikasie, ens.

lewer- (hepatic) <sien hepaties>

leukemie (leukaemia) 'n Siektetoestand gekenmerk deur 'n drastiese vermeerdering van witbloedselle in die sirkulasie.

leukemies (leukaemic) M.b.t. leukemie.

lewervlekke (liver spots) (chloasma) ’n Veltoestand gekenmerk deur geelbruin kolle / vlekke wat niks met die lewer te make het nie.

lighoofdig (dizzy) (duiselig) Dronk in die kop.

lingua (lingua, glossa, tongue) (glossa, tong) Beweeglike spierorgaan in die mond wat smaak waarneem en help by spraak-, kou- en slukbewegings.

lip (lip) Die rand van 'n voorwerp of holte.

lip (lip) Die vlesige boonste of onderste rand van die mond.

liter (litre, l) (l) Die volume-eenheid van die metrieke stelsel; die volume van een kilogram water by standaardtemperatuur en -druk.

long (lung) 'n Sponsagtige asemhalingsorgaan in die borsholte waar bloed van suurstof voorsien en koolsuurgas daaruit verwyder word.

longaar (pulmonary vein) 'n Aar wat geoksigeneerde (suurstofryke) bloed van die longe na die hart vervoer.

longblasie (alveolus) <sien alveolus 3e inskrywing>

longitudinaal (longitudinal) <sien ook lengte> (lengteverlopend) In die rigting van die lengte-as van die orgaan of liggaam.

longontsteking (pneumonia) <sien pneumonie>

luieruitslag (diaper rash) ´n Rooi strook vel of ´n kolletjie-uitslag naby die anus van 'n baba. Dit word gewoonlik veroorsaak deur nattigheid en gevolglike wrywing as gevolg van ´n vuil of nat doek. Dit kan ook ´n reaksie teenoor sekere soort doeke, wasmiddels, babapoeier en afveedoekies wees. Soms is dit te wyte aan swaminfeksie.

lyk (corpse, cadaver) (kadawer) Die liggaam van 'n dooie mens.

No comments :

Post a Comment