Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Leukemie. Show all posts
Showing posts with label Leukemie. Show all posts

7.1.19

Leukemie

Leukemie is 'n tipe kanker. Die onbeheersde verdeling van kankerselle veroorsaak dat normale witbloedselle, rooibloedselle en plaatjies uit die beenmurg verdring word.

Verskeie faktore speel 'n rol in die ontstaan van leukemie. Navorsing het bewys dat genetika 'n oorheersende rol speel in die ontwikkeling van die siekte. 'n Persoon wat tot 'n familie behoort waar iemand leukemie gehad het, het 'n genetiese pre-disposisie om ook die siekte te ontwikkel.

Akute leukemie kom algemeen voor in persone onder die ouderdom van 20. Chroniese leukemie tas gewoonlik slegs volwassenes bo die ouderdom van 40 jaar aan. Dit is ook bewys deur navorsing dat meer mans as vrouens geneig is om leukemie te ontwikkel, hetsy akuut of chronies.

Die behandeling van akute leukemie geskied hoofsaaklik in drie fases. Tydens fase 1 word die pasiënt behandel met chemoterapie wat die selle vernietig. Sodra bepaal is dat al die kwaadaardige (maligne) selle vernietig is, verkeer die pasiënt in 'n toestand van remissie.

In fase 2 word lae dosisse chemoterapie toegedien om te keer dat die pasiënt nie weer maligne selle ontwikkel nie. Fase 3 word die instandhoudingsfase genoem. Pasiënte word deurgaans gemonitor oor 'n tydperk van 'n paar jaar om te verseker dat die pasiënt in remissie bly. Die pasiënt sal elke paar maande vir 'n lumbale punksie gaan om te kyk of daar enige abnormale selle teenwoordig is. Indien daar weer abnormale selle teenwoordig is, word weer begin by fase 1. Pasiënte moet ook dopgehou word vir enige kliniese tekens wat kan dui op die ontstaan van akute leukemie.

Pasiënte wat chroniese leukemie ontwikkel, is gewoonlik baie ouer. Chroniese leukemie het ook nie 'n merkwaardige uitwerking op die gesondheid van die pasiënt nie. Dokters verkies om nie pasiënte met chemoterapie (sitostatiese middels) te behandel nie. Behandeling word hoofsaaklik gegee om simptome te verlig.

Chroniese leukemie word hoofsaaklik behandel met bloedoortapping. Pasiënte is geneig om baie anemies te raak, wat veroorsaak dat hulle geweldig moeg is. Gereelde bloedtransfusies bring verligting van simptome.

25.7.16

Nuwe tipes bloedkanker by kinders ontdek

Navorsers aan die Lund Universiteit in Swede het twee nuwe tipes leukemia ontdek. Daar is in totaal nou ag, tipes leukemie wat by kinders voorkom.

Leukemie by kinders kan gewoonlik suksesvol behandel word, maar gaan gepaard met verskeie newe-effekte. Die nuwe navorsing sal hopelik help in die behandeling van hierdie tipe kanker.



(foto: MostPhotos)