Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.7.14

Mediese woordeboek en gids: W

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

W (W) <lees wattgt;

waarneembaar (sensible) In staat om deur die sintuie waargeneem te word.

waterblaas (blister) <lees blaar>

waterpokkies (chicken pox) ’n Aansteeklike velsiekte. Die lyer kry ’n uitslag van klein donkerrooi knoppies op die lyf.

waterstof (hydrogen, H) (H) Die eenvoudigste, ligste element wat in ’n gasvorm in die natuur voorkom - word in feitlik alle organiese verbindings aangetref.

watersug (hydrogen, H) ’n Opeenhoping van vog in die liggaam.

watt, (watt, W) (W) Die SI-eenheid van arbeidstempo of drywing wat gelyk is aan een joule per sekonde en ooreenstem met die tempo van energie in ’n elektriese stroombaan waar die potensiaalverskil een volt en die stroom daardeur een ampere is.

Wernicke enkefalopatie (Wernicke encephalopathy) ’n Tekort aan vitamien B1 kan ’n ernstige breinsiekte genaamd Wernicke enkefalopatie tot gevolg hê.

werwelontsteking (spondylitis) <sien spondilitis>

wet van Avogadro (Avogadro's law) (Avogadro-wet) Gelyke volumes gasse by dieselfde temperatuur en druk bevat dieselfde getal molekules.

wet van Bell-Magendie (Bell-Magendie law) (Bell-Magendie-wet) Die beginsel dat 'n prikkel in 'n refleksboog slegs in een rigting gelei word.

wet van Boyle (Boyle's law) (Boyle-wet) Die volume van 'n gegewe hoeveelheid gas by enige spesifieke temperatuur is omgekeerd eweredig aan die druk.

wet van Dalton, (Dalton’s law) <sien ook parsiële druk> (Dalton-wet) Volgens die wet sal die druk wat deur ’n mengsel gasse uitgeoefen word by ’n konstante temperatuur gelyk wees aan die som van die druk wat elke gas afsonderlik sou uitoefen indien dit alleen in die houer was, en dieselfde volume as die mengsel beslaan.

Widal-Abrami se siekte (Abrami’s disease) Kliniese tekens en simptome meegebring deur hemolitiese anemie; dus nie ’n siekte per se nie.

winderigheid (flatulence) <sien flatulensie>

winduit (winded) Sukkel om asem te haal weens ’n hou of stamp op die maag.

wintershande (pernio) <sien pernio>

wintersore (pernio) <sien pernio>

wintersvoete (pernio) <sien pernio>

witseerkeel (diphtheria) (witseerkeel) Besmetlike siekte veroorsaak deur 'n toksogeniese bacillus en gekenmerk deur die vorming van vliesagtige neerslae op die ontsteekte slymvliese - dit kom gewoonlik in die keelholte, die strottehoof en die lugpyp voor.

woedeuitbarsting (tantrum) Onbeheersde openbaring van woede of frustrasie.

wond (wound) ’n Besering van die liggaam.

wondroos (erysipelas) <sien ook erisipelas en belroos> 'n Kwaai velontsteking.

wortel-abses (root abscess) ’n Abses in ’n tandwortel.

wrywing (friction) (friksie) Weerstand teen beweging wanneer twee liggame in aanraking met mekaar is.

wurm (worm, helminth) <sien ook Cestoda, lintwurm, nematood> 'n Ongewerwelde met 'n lang, plat of ronde, baie buigsame en saamtrekbare liggaam.

wurm (worm) Parasiete in die menslike liggaam.

No comments :

Post a Comment