Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Woedeuitbarstings. Show all posts
Showing posts with label Woedeuitbarstings. Show all posts

11.1.09

Woedeuitbarstings

Herbert Mouton skryf:
"My vrou verwag haar tweede kind en ons dogter van 2jr 11 maande het 'n woede wat ons nie kan beskryf nie. Ons gee vir haar baie aandag en liefde, maar as ons in 'n winkel stap wil sy alles hê en begin dan te skreeu asof haar longe gaan uitval. Sy baklei ook vir ons even as ons slaap en sy raak wakker. Ek piets haar soms wanneer ons baie seer gekry het. My ma sê ons moet die kind by 'n sielikindige kry. Ons is moedeloos. Gee asb. raad. Ons is baie lief vir haar en as ons haar iewers stuur dan mis ons haar so verskriklik."

Antwoord: Woedeuitbarstings op hierdie ouderdom is nie ongewoon nie. Dit is die kind se manier om sy/haar gevoel te toon of te kommunikeer. Onthou hulle weet nog nie van beter nie en hulle kommunikasievermoëns is beperk. Dit is egter baie belangrik dat die kind leer dat hierdie tipe gedrag nie aanvaarbaar is nie. Eerstens moet jy daarop let dat die kindjie se basiese behoeftes vervul is. Is sy honger, dalk dors? Vermy situasies wat hierdie gedrag aanwakker. Vermy die gange in die winkel waar sy iets sal wil hê. Besluit vooraf wat jy gaan doen in geval van 'n vloermoer en hou daarby. Onthou dit gaan oor aandag, hetsy positief of negatief. Begin by die huis deur sulke gedrag te straf en te maak asof jy haar ignoreer, miskien vir haar te sê dat indien sy jou aandag wil hê moet sy normaal praat en woorde gebruik. 'n Straf vir die tipe gedrag sou wees om haar iewers op 'n vervelige plek te laat sit vir 'n minuut of twee en maak seker jy neem haar terug indien sy opstaan - nie in haar kamer nie. Indien sy tekere gaan daar waar sy sit maak jy asof jy haar nie sien nie. Sê dit hardop sodat sy hoor. Dit kan aanvanklik baie uitputtend wees, maar indien jy volhard behoort die probleem minder te raak. Kinders leer graag, sommige ouers gee egter te maklik op. Indien sy op ses- of sewejarige ouderdom nog steeds die gedrag toon is dit tyd om 'n sielkundige te gaan spreek.