Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: N

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

n (n) Die skryfwyse vir die haploïede getal chromosome in 'n sel of organisme.

N (N) <sien stikstof> (chemiese simbool)

N (N) <sien normaliteit>

N (N) <sien Newton>

Na (Na) <lees natrium> Chemiese simbool.

naamloos (innominate) <lees innominaat>

naarheid (nausea) Naarheid verwys na enige sensasie wat jou laat voel of jy wil opgooi.

naat (suture) <lees sutura>.

naat (raphe) <lees ook kommisuur> Die aansluitingslyn (fusielyn) waar twee simmetriese dele bymekaarkom.

nabehoedpil (morning-after pill) Mondelikse voorbehoedmiddel met estrogeen, of ’n plaasvervanger soos diëtielstilbestrol, wat inplanting wat die bevrugte eiersel verhoed en daarom vir ’n paar uur na seks doeltreffend is.

nabypunt (near point) <cf vertepunt> Die naaste punt vanwaar ’n voorwerp nog duidelik gesien kan word met maksimale akkommodasie.

nael (nail) Horingagtige, dorsale plaat op die voorste lit van ’n mens se vingers en tone.

nares (nares) <ekv naris>

naris (naris, nostril) <mv nares> (neusgat) Een van 'n paar openinge by die anterior of posterior gedeeltes van die neusopeninge.

nasofarinks (nasopharynx, epipharynx, rhinopharynx) <lees ook laringofarinks; orofarinks> (epifarinks, neuskeelholte, rinofarinks) Een van die drie streke van die keel wat bokant die sagte verhemelte geleë is.

nataal (natal) (geboorte-) Met betrekking tot geboorte.

nataliteit (natality) <cf mortaliteit> (aanwasvermoë, geboortesyfer) Die tempo waarteen nuwe individue gebore word.

natrium (sodium, Na) (Na) Ligte, sagte, silwerwit metaal behorende tot die alkalimetale.

natriumhidroksied (sodium hydroxide, NaOH, caustic soda) (NaOH, bytsoda, seepsoda) Wit, watertrekkende kristalle wat sterk alkalies is en as bytmiddel gebruik word.

natuurarts (fisiater) ’n Dokter wat bekwaam is in natuurgenesing.

natuurlike refleks (involuntary reflex, inborn reflex) <cf gekondisioneerde refleks> (aangebore refleks) 'n Onwillekeurige reaksie op 'n skadelike prikkel, bv. knip van die oog, hoes of nies.

nefros (nephros, kidney) (nier) Een van die twee boontjievormige organe wat in die boonste agterste gedeelte van die buikholte geleë is en betrokke is by die regulering van die water- en elektrolietbalans van die liggaam.

nek (neck) <sien serviks 2de en 3de inskrywing>

nekrose (necrosis, die-off) (afsterwing) Die dood van weefsel, gewoonlik as individuele selle of groepe selle, in klein gelokaliseerde areas.

nekslagaar (carotid) <lees karotisarterie>

nekspier (halsspier) Een van verskeie dun spiere in die nek wat die kop regop hou en laat draai.

neoplasma (neoplasm) <sien ook tumor> (gewas) Enige abnormale weefselgroei.

nervus (nervus, nerve) <mv nervi/sien ook neuron> (senuwee) Een of meer bondels senuweevesels wat deur bindweefsel en bloedvate aan mekaar verbind word en waardeur motoriese of sensoriese impulse tussen die brein, rugmurg en ander liggaamsdele vervoer word.

nervus abducens (abducent nerve) (abdusens) Die sesde kraniale senuwee (motoriese senuwee wat die laterale rektusspier van die oog voorsien).

nervus glossopharyngeus (nervus glossopharyngeus, glossopharyngeal nerve) (glossofaringeale senuwee) Negende kraniale senuwee wat motoriese vesels na die tong en parotisklier voorsien en sensoriese vesels na die agterste derde van die tong - noodsaaklik vir smaak, vir sensasie in sommige organe en vir sekresie deur sommige kliere.

nervus phrenicus accessorius (nervus phrenicus accessorius) (aksessoriese freniese senuwee) Waar die vesels van die anterior ramus van die vyfde servikale senuwee apart loop om by die boonste freniese senuwee in die bogedeelte van die toraks aan te sluit.

nervus accessorius (nervus accessorius, accessory nerve) (aksessoriese senuwee) Die elfde kraniale senuwee - noodsaaklik vir spraak, slukbewegings en sekere bewegings van die kop en skouers.

nervus acusticus (nervus acusticus, acoustic nerve, auditory nerve, nervus auditorius, nervus vestibulocochlearis, vestibulary nerve) (akoestiese senuwee, gehoorsenuwee, nervus auditorius, nervus vestibulocochlearis, vestibulêre senuwee) Agtste kraniale senuwee - bestaan uit twee gedeeltes, nl. die kogleêre gedeelte betrokke by gehoor en die vestibulêre gedeelte wat betrokke is by balans.

nervus auditorius (nervus auditory) (agste kraniale senuwee) Gehoorsenuwee.

nervus axillarus (nervus axillarus) Aksillêre senuwee. Vertakking van die posterior koord van die bragiale pleksus met sy oorsprong in die vyfde en sesde servikale senuwee.

nervus facialis (nervus facialis, facial nerve) (fasiale senuwee) Sewende kraniale senuwee - noodsaaklik vir die spiere van gesigsuitdrukking.

nervus opticus (nervus opticus) (gesigsenuwee, oogsenuwee, optiese senuwee) Tweede kraniale senuwee - noodsaaklik vir die gesigsintuig.

nervus phrenicus accessorius (nervus phrenicus accessorius) Aksessoriese freniese senuwee.

nervus saphena (nervus saphena, saphenous nerve) (beenvlaksenu, safenasenuwee) Die grootste en langste tak van die femorale senuwee wat die vel aan die mediane kant van die been voorsien.

nervus vagus (nervus vagus, vagus nerve) (dwaalsenu, dwaalsenuwee, vagussenuwee) Tiende kraniale senuwee - een van die twee langste pare kraniale senuwees wat noodsaaklik is vir spraak, slukbeweging, gevoeligheid en funksies van ’n groot verskeidenheid dele van die liggaam.

neuroglia (neuroglia, glia) (glia, senuweebindweefsel) Bindweefsel (stutweefsel) van die senuweestelsel wat tussen die neurone aangetref word. Drie tipes word aangetref, nl. astrosiete, oligodendroglia en mikroglia.

neurohipofise (neurohypophysis) <cf adenohipofise> Posterior lob (agterlob) van die hipofise.

neus Die liggaamsdeel aan die voorkant van die gesig wat die reukorgaan vorm.

neusgat (nostril) <sien naris>

Newton (Newton, N) (N) Die SI-eenheid van krag; die krag wat nodig is om aan ’n liggaam met ’n massa van een kilogram ’n versnelling van een meter per sekond per sekond te gee.

nier (kidney) <lees nefros>

nominale afasie (nominal aphasia) Versteuring in die gebruik van woordeas name en van die waardering van die nominale betekenis van woorde.

noodhulp, (first aid) Die bekwame toepassing van aanvaarde behandelingsbeginsels wanneer 'n besering of skielike siekte voorkom, deur fasiliteite of materiaal wat op daardie oomblik beskikbaar is te gebruik.

noradrenalien (noradrenaline, norepinephrine) <sien ook adrenalien> (norepinefrien) 'n Hormoon wat deur die byniere uitgeskei word en verantwoordelik is vir verhoogde bloeddruk deur vasokonstriksie, sonder dat dit die kardiale omset beïnvloed; 'n hormoon wat deur die aksoneindpunte van sekere (adrenergiese) senuvesels vrygestel word en dien as 'n senuwee-oordragstof.

normaal (normal) <cf abnormaal> Volgens die reël.

normale oplossing (normal solution) <sien ook molariteit; normaliteit> 'n Oplossing wat die gramekwivalent van die opgeloste stof in een liter oplossing bevat - tans word die term molariteit meer algemeen gebruik.

normaliteit (normality, N) <sien ook normale oplossing> (N) Die aantal gramekwivalente massas van 'n opgeloste stof per liter van die oplossing.

nukleêre deling (nuclear division) <sien ook meiose; mitose> (kerndeling) Enige verdeling van die selkern om nuwe selle voort te bring.

nukleotied (nucleotide) <sien ook nukleosied> Die monomeer waaruit DNA en RNA opgebou is; verbinding opgebou uit 'n 5C-suiker, fosfaatgroep en 'n stikstofbevattende purien- of pirimidienbasis.

3 comments :

  1. EK IS 3MAANDE EN 4 DAE SWANGER DIE NAARHEID SIT HEELDAG IN MY KEEL MET SLYM EK IS SO BANG OPOP TE BRING MY MAAG RAAK SEER. ENIGE RAAD.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Moenie bang wees om op te bring nie. Drink genoeg vleoistof, eet gesond en doen ligte oefening. Die oefening help vir naarheid. Die naarheid sal verby gaan.

      Delete
  2. Anonymous27/6/18 23:14

    Hi ek sukkel nou al vir meer as 5jaar met naarheid as ek olierigheid ruik of eet raak ek naar en ook as ek te lank vat om te eet raak ek naar en wanneer ek klaar geeet het is ek partykeer naar. Ek het al kamera gesluk, bloedtoetse gedoen en vir sonar gegaan maar drs vind niks fout maar die probleem nog altyd daar. Enige raad wat ek kan gebruik of wat dit dalk kan wees.

    ReplyDelete