Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Neus. Show all posts
Showing posts with label Neus. Show all posts

25.1.23

Deur jou neus

Jy dink dalk dat jou neusgate terselfdertyd ’n gelyke hoeveelheid in- en uitasem.

Toe nie.

Jy asem hoofsaaklik in en uit deur een neusgat op ’n slag. Elke paar uur wissel hulle.

Sit jou vinger in jou neus en probeer dit. Jy gaan dit nie glo nie!

Uit navorsing gepubliseer in die joernaal Mayo Clinic Proceedings in 1977.

30.11.22

Kruie vir kwale: Neus

Gooi kookwater oor ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en asem die stoom in vir ’n toe neus.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir ’n toe neus.

♦♦♦

Gebruik vars wildeals blare vir toe neus, deur ’n opgerolde blaar in die neusgat te hou.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.2.21

Iets sit vas in my neus

Jong kinders is veral geneig om allerhande voorwerpe in hul neuse te druk. Moenie probeer om self die voorwerp te verwyder nie. Neem die persoon na die hospitaal.

Simptome en tekens
• Die persoon sukkel om deur die neus asem te haal.
• Die neus kan geswel wees.
• Daar kom dikwels bloed uit een of albei neusgate.

Behandeling
Kry die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal.

19.8.19

Vriesbrand

Vriesbrand kom voor wanneer die ekstremiteite van die liggaam (ore, neus, ken, hande, voete) blootgestel word aan langdurige of intense koue blootgestel word.

Die blootstelling kan oppervlakkig wees, waar slegs die vel gevries word, of dit kan diep wees, waar beide die vel en onderliggende weefsel gevries word. In ernstige gevalle kan gangreen ontwikkel.

Vriesbrand gaan soms gepaard met hipotermie. Hipotermie moet voor vriesbrand behandel word.

Simptome en tekens
• Prikkelende pyn in aangetaste deel, gevolg deur geleidelike gevoelloosheid.
• Beweging van die aangetaste deel is moeiliker.
• Die vel voel hard en styf.
• Die vel lyk oormatig wit of het blou spikkels.
Behandeling
1. Sorg dat die persoon binnemuurs is of ordentlike skuiling het.
2. Verwyder enige klerasie of bedekking om die aangetaste deel.
3. Maak enige beklemmende klerasie of juweliersware los.
4. Verwarm die aangetaste deel met jou liggaam.
5. Plaas die aangetaste deel nou in warm water – indien beskikbaar.
6. Indien die tekens en simptome binne ’n uur verbeter kan jy die behandeling staak, maar moet nie die persoon weer aan koue blootstel nie.
7. Lig die aangetaste deel op om swelsel en pyn te verlig.
8. Bedek die aangetaste deel met ’n sagte wondbedekking.
9. Neem die persoon na ’n hospitaal.

Waarskuwings
• Moenie die persoon op ontdooide voete laat loop nie.
• Moet nie die aangetaste dele vryf of masseer nie.
• Moenie blase oopbreek nie. • Moenie salf aan die aangetaste deel smeer nie.
• Moenie die aangetaste deel met droë of uitgestraalde hitte verwarm nie.


Stadia van vriesbrand

13.10.16

Allergiese neusontsteking

Omtrent 10% van ons sukkel met hierdie tipe neusontsteking. Dit is gewoonlik seisoenaal en gaan saam met oogontsteking.

Die mees algemene oorsake is stuifmeel van gras, bome en onkruid. Ander oorsake sluit in stofmyte en troeteldiere.

Die toestand kan vererger as bakteriële infeksie plaasvind as gevolg van die afskeidings uit die neus.

Simptome en tekens
Nies
’n Verstopte neusgat/ e wat afgewissel word met ’n loopneus
Jeukerige neus en oë
Droë of tranerige oë
Rooi oë

Die beste behandeling vir hierdie tipe allergiese reaksie is om die oorsaak te vermy, maar dit is ongelukkig selde prakties. Daar is ’n verskeidenheid antihistamiene en neussproei wat gebruik kan word.

18.11.15

Die behandeling van ’n bloedneus

1. Laat die persoon vooroor sit met die kop vêr vorentoe. Maak enige stywe klere om die nek en borskas los.
2. Sê aan die persoon om deur die mond asem te haal en die sagte deel van die neus toe te knyp.
3. Sê die persoon moet enige bloed in die mond uitspoeg.
4. Staak die drukking na 10 minute. Indien die bloeding nog nie opgehou het nie, sit dit voort vir nog 10 minute. Die persoon moet NOOIT sy of haar kop oplig nie.
5. Terwyl die kop vooroor is maak jy die neus en mond saggies skoon met ’n depper of wondbedekking wat in lou water gedoop is. Moet NIE die neus toestop nie.
6. As die bloeding ophou moet die persoon alle inspanning vermy. Die neus moet ook nie vir ten minste 4 uur lank gesnuit word nie – dit kan weer die wond versteur.
7. Indien die bloeding na 30 minute nog steeds aanhou of nog nie opgehou het nie, kry mediese behandeling.

2.9.15

Neusbloei

'n Sterk stroom helderrooi bloed uit die neus dui gewoonlik op skade aan die neuskanaal, selfs 'n moontlike gebreekte neus.

'n Dun straaltjie strooikleurige vloeistof uit die neus is die teken van 'n gebreekte skedel. Die strooikleur word veroorsaak deur bloed wat meng met helder serebro-spinale vloeistof - behandel die besering soos vir inwendige bloeding.

Marianne Steinmann skryf:

"My dogter (7) se neus bloei vir maande glad nie en dan ewe skielik bloei dit vir dae aaneen - 6 - 8 keer per dag. Het haar alreeds by die dokter gehad - die het bloedtoetse aangevra en haar vol bloedtelling was reag. Nou will ek weet is dit iets waarvoor sy allergies is / haar dieet? Is daar is soort van aanvullende vitamiene wat ek vir haar kan gee?"

Antwoord:

'n Neusbloei begin gewoonlik by die septum wat die twee kamers van die neus skei. By volwassenes kan dit ook elders begin en die gevolg wees van hoë bloeddruk of verharde are.

Die dokter moet liefs besluit oor enige vorm van medikasie. Jy kan wel jou apteker vra vir 'n neussproei wat daarvoor help.

Jy kan verder help deur die humiditeit in julle huis te verhoog en kyk of dit dalk help.
Wanneer haar neus bloei laat haar regop sit en haar neus toeknyp met haar vingers vir 10 minute.


16.7.15

Voorwerp in neus

As daar iets in iemand se neusgat vassit, moet jy die oop neusgat toedruk en hard in die persoon se mond blaas. Die voorwerp behoort uit te spring.

9.7.12

Neusontsteking / Rinitus


Adrian skryf:
"Ek nodig asb. raad oor hoe om Rhinitus (allergie vir stof, pollen etc) te beheer ... my oë is altyd aan die brand, my neus jeuk,etc ... ek soek asb dringend raad ... selfs die neus-produkte help nie veel nie ... is daar dalk 'n manier hoe ek hierdie ongerief kan beheer of oplos?"

Antwoord:
Eenvoudige goed wat jy kan doen is om gereeld jou vloere te stofsuig, was jy beddegoed gereeld, stofsuig jou bed een keer per week. Moet nie verekussings gebruik nie, gebruik iets sinteties. Vermy troeteldiere. Moet nie rook nie.


Anoniem skryf:
"Ek kry 'n inspuiting by my dokter wat dit wegneem vir 'n periode van 6 maande. Dit is nogal duur en dit werk nie vir almal nie."


Boereraat:

Vir 'n toe neus gooi 1 eetlepel heuning en 'n kwart koppie asyn in 'n skottel kokende water en maak jou kop met 'n handdoek toe en haal die wasem diep in.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids