Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

Showing posts with label Brongitis. Show all posts
Showing posts with label Brongitis. Show all posts

19.8.25

Wildeals

Wildeals (Artemisia afra) kan gebruik word vir verskeie kwale, byvoorbeeld aamborstigheid, asma, belroos, brongitis, griep, hoes, jig, keelseer, kinkhoes, maagpyn, probleme met die neus, oorpyn, sooibrand, spysvertering probleme, tandpyn verkoue en winderigheid.

Tee
Die mees algemene manier van gebruik is om ’n tee te maak deur ’n kwart koppie vars blare vir ongeveer 10 minute in 'n koppie kookwater te week. Die mengsel word dan gesif, en kan met heuning versoet word. Vir ’n seer keel kan jy gorrel met die tee.

Afkooksels
Jy kan ook afkooksels van die blare maak deur dit vir 10 minute te kook. Dit kan gebruik word vir die behandeling van koors, vel- en klierontstekings, herpes, letsels en aambeie. Hulle kan ook gebruik word om sekere liggaamsdele te bad, soos die oorkanaal of aambeie.

Afkooksels kan ook op jou bekkn geplaas word vir die behandeling van menstruele krampe.

Kook knoffel saam met die wilde-als om dit op die voorkop te as ’n koorswerende middel.

Terwyl die blare kook kan die stoom ingeasem word om respiratoriese kwale en seer keel te verlig.

Belangrik!
Tradisionele kennis word dikwels mondelings oorgedra, dus kan presiese voorbereidingsmetodes en selfs beskrywings van bestanddele tussen genesers en streke verskil. Alhoewel dit oor die algemeen as veilig in klein medisinale dosisse beskou word, bevat Aloe maculata aloïen, 'n bitter verbinding wat toksies kan wees of spysverteringsprobleme in groot hoeveelhede kan veroorsaak. Interne gebruik moet met omsigtigheid benader word en verkieslik onder leiding van 'n opgeleide praktisyn.

18.8.25

Kruie vir kwale: Brongitis

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Drink dit vir bronchitis.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir bronchitis.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir brongitis.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir brongitis.

♦♦♦

Kook ´n stuk saliebos in water, totdat die vloeistof lyk soos sterk tee.
Neem een koppie daarvan en kook tot ‘n stroop met 2 koppies suiker.
Voeg 1 botteltjie borsdruppels en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed.
Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

6.11.23

Brongitis

Brongitis is 'n infeksie van die longe. Meer spesifiek is die inflammasie van die groot lugpypvertakkings.

Dit ontstaan wanneer 'n bakteriële of virusinfeksie die oorafskeiding van die slym veroorsaak wat normaalweg die die lugweë moet klam hou. Die groot hoeveelheid slym laat jou outomaties hoes, die inflammasie vernou jou lugweë en jou voel sommer olik oor die algemeen.

Veral rokers is vatbaar hiervoor aangesien sigaretrook die slymvoerings beskadig en jou weerstand teen kieme afbreek.

Brongitis duur omtrent vir 'n week of twee en dit kan suksesvol met medikasie behandel word, veral antibiotika. Indien jy egter na 10 dae nog geen verbetering sien nie moet jy (weer) jou dokter gaan spreek.


(foto: Vlada Karpovich)

5.7.21

Neonatale lugweginfeksie

Neonatale lugweginfeksies, veral longontsteking, kan lewensgevaarlik wees vir babas. Laer lugweginfeksies kan voor, tydens of na die geboorte opgedoen word. Infeksies in die boonste lugweë sluit in otitis, sinusitis, rinitis, laringitis, trageïtis en brongitis.

Die oorsaak kan een van verskeie virusse wees. Covid-19 kan dit ook veroorsaak.

Behandeling hang af van die oorsaak van die infeksie. Dit moet onder mediese toesig geskied.

10.6.19

Respiratoriese sinsitiale virus

Respiratoriese sinsitiale virus (RSV) is die hoofoorsaak van akute respiratoriese infeksie (ARI) by kinders en dit is verantwoordelik vir ernstige probleme wat jonger kinders se dood kan veroorsaak.

Die virus veroorsaak normaalweg infeksies in die winter en dit manifesteer gewoonlik in babas tussen die ouderdomme van 2 en 6 maande. Teen die ouderdom van 2 jaar het meeste kinders al die virus onder lede gehad. Die virus versprei gewoonlik van persoon tot persoon, en daar is bevind dat kinders van ouers wat rook meer vatbaar is. Die voorkoms van die virus is laer onder babas wat borsmelk drink.

Infeksie deur RSV lei tot siektes soos brongitis en longontsteking.

Simptome en tekens
• Longe wat hoorbaar sukkel om te funksioneer.
• Moeisame asemhaling.
• Die kind word gou moeg en tam.
• Hoes.