Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

Showing posts with label Sinusitis. Show all posts
Showing posts with label Sinusitis. Show all posts

31.3.26

Kruie vir kwale: Sinusitis

Gooi 1 koppie kookwater oor ’n ¼ koppie klimop-blare en asem die stoom in vir sinusprobleme.

♦♦♦

Meng 2 liter water met 1 eetlepel heuning en 1 eetlepel kaneel, hou in yskas en drink gereeld daarvan. Dit help ook met verkoue en hoes.

♦♦♦

Indien jy gereeld sukkel met sinusitis, sorg dat rissies en knoffel gereeld in jou dieet voorkom.

♦♦♦

Daar is 'n paar soorte natuurlike olies wat jy kan probeer vir sinusitus, roosmarynolie is veral geskik.

♦♦♦

Voeg vars of gedroogde kamferbos blare by warm water. Inhaleer stoom vir sinus en respiratoriese probleme.

MOENIE KAMFER GEBRUIK indien jy:
• Swanger of borsvoedend
• Epilepsie of stuiptrekkings het
• Lewer- of nierprobleme het
• Kinders jonger as 2-3 jaar
• Op stukkende of geïrriteerde vel

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17.3.26

Die tradisionele gebruik van die kanferboom

Die kanferboom (Cinnamomum camphora) is oorspronklik van Oos-Asië (China, Japan, Taiwan, Viëtnam) en is na Suid-Afrika ingevoer as 'n sier-skaduboom, asook vir hout en medisinale doeleindes. Ondanks die nie-inheemse status, is dit in sekere tradisionele geneespraktyke opgeneem.

Die bas en blare word in tradisioneel gebruik vir:
• Asemhalingskwale: Behandeling van verkoue, koors, griep, brongitis, hoes, sinus-hoofpyn en kongestie
• Maagpyn
• Eksterne aanwendings vir spierstyfheid

⚠️ Kamfer is giftig as dit in groot hoeveelhede ingeneem word en kan naarheid, braking, stuiptrekkings, asemhalingsprobleme en selfs die dood veroorsaak—veral by kinders.

⚠️ Dit is onwettig om hierdie spesie voort te plant, te plant of te verkoop in die meeste dele van Suid-Afrika weens hul indringerstatus. Bestaande erfenisbome (soos dié by Kirstenbosch Botaniese Tuin) is beskermde uitsonderings.

Oorweeg eerder die gebruik van die inheemse Kamferbos (Tarchonanthus camphoratus) vir kwale.

5.7.21

Neonatale lugweginfeksie

Neonatale lugweginfeksies, veral longontsteking, kan lewensgevaarlik wees vir babas. Laer lugweginfeksies kan voor, tydens of na die geboorte opgedoen word. Infeksies in die boonste lugweë sluit in otitis, sinusitis, rinitis, laringitis, trageïtis en brongitis.

Die oorsaak kan een van verskeie virusse wees. Covid-19 kan dit ook veroorsaak.

Behandeling hang af van die oorsaak van die infeksie. Dit moet onder mediese toesig geskied.

3.3.17

Sinusitis

Sinusitus is ontsteking van die neussinusse. Simptome sluit in pyn in die voorkop en wange en soms ´n groen, geel of bloederige afskeiding uit die neus. Seer keel, naarheid en slegte asem kan voorkom as gevolg van postnasale drup. Oorsake kan akuut of chronies wees. Akute sinusitis word dikwels veroorsaak deur bakteriese- of virusinfeksies in die neus, keel en boonste lugweë. Chroniese sinusitis kan veroorsaak word deur klein vergroeiings in die neus, beserings van die neusbene, tabakrook en blootstelling aan irriterende dampe en reuke. Dit is besonder moeilik om chroniese sinus suksesvol te behandel. Allergiese sinusitis kan veroorsaak word deur hooikoors of voedselallergieë, veral suiwelprodukte.

Stoom sal help om slym op te klaar en ´n bevogtiger kan asemhaling vergemaklik. Gebruik egter ontstuwers volgens aanwysings.

Soek mediese hulp indien jy aan chroniese sinusitis ly of indien daar swelling rondom die oë voorkom. Meer as een mediese spesialis moet liefs geraadpleeg word in die geval van chroniese sinusitis. Ander moontlike oplossings soos akupunktuur kan ondersoek word.

Druk met die punte van jou middelvingers op die kepies net onder jou neusgate elke halfuur vir 'n paar minute om sinuspyn te verlig. Gaan sien jou dokter indien dit nie help nie.

Boereraat:

Kos met preserveermiddels vererger sinus. Sny dit uit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids