Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.10.13

Mediese woordeboek en gids: R

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

R (R) <lees röntgen>

ragitis (rachitis, rickets) Gebrekkige beenverkalking by kinders weens 'n tekort aan vitamien D.

refraksie (refraction) Handeling van terugbuiging.

rektum (rectum) (endelderm) Laaste, nouer gedeelte van die dikderm wat in die anus eindig.

relatiewe digtheid (relative density) <sien ook absolute digtheid> Die verhouding tussen die massa van 'n liggaam met 'n gegewe volume en die massa van dieselfde volume water, dws die verhouding tussen die digtheid van die stof en die digtheid van water.

relatiewe humiditeit (relative humidity) <sien ook absolute humiditeit> (RH) Die persentasie waterdamp in die lug in vergelyking met die hoeveelheid wat aanwesig sou wees indien die lug 100 persent versadig sou wees.

remitterend (remittent) Om die beurt dalend en stygend.

respiratoriese sentrum (respiratory centre) (asemhalingsentrum) Verspreide senuselle geleë in die vloer van die vierde breinventrikel wat betrokke is by die regulering van die diepte en tempo van asemhaling.

respiratoriese sinsitiale virus (respiratory syncytial virus, RSV) (RSV) ’n Virus wat akute respiratoriese infeksie by hoofsaaklik kinders veroorsaak.

retrofaringeale abses (retropharyngeal abscess) Verettering in die bindweefsel agter die farinks.

retromammêre abses (retromammary abscess) ’n Abses tussen die bors en die borskaswand.

retrosekale abses (retrocaecal abscess) ’n Abses agter die sektum.

rodopsien <lees ook jodopsien> (rhodopsin, erythropsin, visual purple) (eritropsien, gesigspurper, oogpurper) ’n Fotosensitiewe, rooskleurige pigment in die stafies van die retina wat nodig is vir skemersig.

rombenkefalon (rhombencephalon, hind brain) (agterbrein, agterharsings, rombensefalon) ’n Gedeelte van die brein bestaande uit die serebellum, pons en medulla oblongata.

röntgen (röntgen, R, roentgen) (R, roentgen) Internasionale eenheid om die dosis röntgenbestraling te meet.

rooiwater <sien bilharziase> roos (eczema) <sien ook ekseem> Akute of chroniese inflammasie van die vel wat gekenmerk word deur die ontwikkeling van letsels op die vel.

rosacea (rosacea) (acne roscea, roosaknee) ’n Chroniese velsiekte van die gesig. Dit word gekenmerk deur rooi pigmentasie en die vorming van puisies. Dit lei tot die vergrowwing van die vel.

rubella (rubella, German measles) (Duitse masels) 'n Akute aansteeklike siekte wat lyk soos masels, maar wat kort van duur is en ligte simptome het; dit word gekenmerk deur koors, 'n pienk uitslag en ontsteking van die agterservikale limfklier.

rug (back) <sien dorsum, 1ste inskrywing>

rumatiek (rheumatism) Algemene begrip vir verskillende toestande gekenmerk deur pyn in die spiere, gewrigte en bindweefselstrukture.

rumatoïede artritis (rheumatoid arthritis) Kom voor wanneer die liggaam se immuunstelsel nie goed werk nie. Dit tas gewrigte, bene (veral in die hande en voete) en organe aan.

rustelose bene (restless legs) Is wanneer dit voel jy kan jou bene nie stilhou nie en daar 'n prikkelende, brandende gevoel en pyn is in die beenspier.

6 comments :

  1. Vandag na behandeling van `n volle jaar deur `n Rumatoloog van Pretoria is my vrou se Rumatoiede artritis Vlakke in haar bloed 527 en moet gemiddeld 15 wees. Is daar iemand met enige ander raad. Sy gebruik al medikasie vir `n volle jaar!!
    Asseblief HELP!! Drs daar buite !!

    ReplyDelete
  2. Enige nuwe behandeling of navorsing vir rustelose bene en arms?

    ReplyDelete
  3. Anonymous14/2/23 15:53

    Rustelose bene

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/2/23 12:32

      Sien http://www.boererate.com/2013/09/kruie-vir-kwale-rustelose-bene.html

      en kyk na vrae en antwoorde by http://www.boererate.com/2011/03/rustelose-bene.html

      Delete
  4. Voete en Groot tone wat so pyn en my kuite wat
    so styf trek

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/1/24 12:50

      Dit is bietjie min inligting om te bepaal wat fout is. Gaan aanneem dis spier/sening verwant oor jou kuite wat trek. Kyk op YouTube vir strekoefeninge om jou voete en jou kuite te strek.

      Delete