Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: A

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

2n (2n) Die skryfwyse vir die diploïede getal chromosome in 'n sel of organisme.

4n (4n) Die skryfwyse vir die tetraploïede getal chromosome in 'n sel of organisme.

a. (a.) <lees a., aorta abdominalis>

A A <lees arteria>

A a <lees arteria>

A/H1N1-virus <lees varkgriep>

A-band <lees ook H-band, I-band, Z-lyn> Die anisotrope of dubbel refraktêre band van 'n sarkomeer wat donker vertoon en bestaan uit beide aktien- en miosienfilamente.

aalwee (aloe) (aalwyn) Die bitter sap van die plant se blare word gebruik as medisyne.

aalweebitter <lees ook aloïne en aloïen> 'n Bitter geel purgeermiddel wat uit aalwyne verkry word.

aalwyn (aloe) (aalwee) Die bitter sap van die plant se blare word gebruik as medisyne.

aambeeld (anvil) <lees inkus>

aambei <hemorroïed> 'n Knobbel aan die anus wat soms brand en jeuk.

aambeibossie Verskeie plante waarvan 'n aftreksel gemaak word teen aambeie word so genoem.

aamborstig Slym op die bors.

aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring <lees ontwrigtende gedragsversteuring>

aandoening <lees kwaal>

aangebore (innate) <lees kongenitaal>

aangebore refleks (inborn reflex) <lees natuurlike refleks>

aangeklam - Effens dronk.

aangeleerde refleks (acquired reflex, conditioned reflex) <cf natuurlike refleks> (gekondisioneerde refleks) 'n Refleks wat nie natuurlik voorkom nie, maar wat aangeleer kan word deur herhaaldelike assosiasie met 'n verwante stimulus, bv die leerproses.

aangepak (furred) Veral gebruik t.o.v.’n aanpaksel van die tong.

aanhanggeraamte (appendicular skeleton) <lees aanhangskelet>

aanhangsel (appendage) Wat aangeheg is aan ’n orgaan as deel daarvan.

aanhangskelet (appendicular skeleton) (aanhanggeraamte) Bestaan uit die skouergordel met boonste ledemate en bekkengordel met onderste ledemate.

aanhegting (linkage) <lees verbinding>

aanhegting (insertion) <lees ook oorsprong, 2de inskrywing> (inplanting) Die deel van 'n spier wat vasgeheg is aan die skelet op 'n punt waar beweging kan plaasvind.

aanmeldbaar (notifiable) Benaming gebruik i.v.m. siektes wat volgens wet aangemeld moet word by die gesondheidsowerhede.

aanpaksel (fur) ’n Afsetting op die tong tydens ’n siekte. aanpassingsindroom (adaptation syndrome, stress-syndrome, alarm reaction) <stres-sindroom, alarmreaksie> Die som van al die nie-spesifieke sistemiese reaksies wat volg op volgehoue blootstelling aan spanning.

aanpassingsmeter (adaptation meter) <lees adaptometer>

aanranding (assault) In die geregtelike geneeskunde ’n onwettige aanval op ’n persoon.

aansluiting (junction) ’n Bymekaarkomplek.

aansteek 'n Siekte opdoen.

aansteeklik (contagious) Oordraagbaar - met verwysing na 'n siekte.

aansterk (recuperating) Gesonder word of maak.

aantrekkingskrag (affinity) <lees affiniteit>

aanval (seizure) ’n Skielike intree of herhaling van ’n siekte.

aanval (stroke) Die skielike heftige begin van ’n siekte.

aanval (assault) <lees aanranding>

aanval (insult) <lees trauma>

aanval (fit) <lees toeval>

aanvoering (adduction <lees adduksie>

aanwasvermoë (natality) <lees nataliteit>

aanwensel (mannerism) <lees gemaniëreerdheid>

aanwyser (detector) <lees detektor>

aaphand (monkey-paw) ’n Toestand wat ontstaan a.g.v. ’n mediane senuweestelsel wat veroorsaak dat die duim in ’n posisie van adduksie en ekstensie bly en nie beweeg kan word om die punte van ander vingers te raak nie.

aar (vein) <sien vena>

aarbeigalblaas (strawberry gallbladder) <lees cholesterolose>

aarbeitong (strawberry tongue) Wanneer ’n tong tydens die eerste twee dae van skarlakenkoors kenmerkend rooi vertoon met vergroting van die papillae fungiformes.

aarbloed (venous blood) Donkerrooi bloed, deur die are vervoer, met baie koolside en suurstof.

aarbreuk Breuk van ’n bloed aar, byvoorbeeld in die harsings tydens 'n beroerte. Dit word ook gebruik vir 'n breuk in 'n aarwand, byvoorbeeld in die geval van spatare of aambeie.

aarlaat <lees flebotomie>

aarlating <lees flebotomie>

Aaron se teken (Aaron’s sign) Epigastriese of prekordiale pyn gedurende blindedermontsteking.

aars (ass) <lees anus>

aarsteen Bloed wat in aarknobbels verhard.

aarswel Die uitsetting van ’n aar in die liggaam.

aartappel (potato) ’n Plant met onderaardse knolle.

aartjie <lees venule>

aarverdikking <lees ook arteriosklerose> Verdikking van die aar se wande; veral as gevolg van ouderdom.

aarverharding <lees ook arteriosklerose> Verdikking van die aar se wande; veral as gevolg van ouderdom.

aarverkalking <lees ook arteriosklerose> Verdikking van die aar se wande; veral as gevolg van ouderdom.

aarverstopping <lees ook flebotrombose> Verstopping van die bloedvate.

aarvoeding (drips) Die invoer van voedsame vloeistof direk in ’n aar.

Abadie se teken (Abadie’s sign) Spasma van musculus levator palpebrae superioris, gesien in primêre hipertiroïdisme.

Abadie se teken (Abadie’s sign) ’n Ongevoeligheid vir druk op die Achilles-tendon.

abaksiaal (abaxial) <cf adaksiaal> Weg van die as van enige liggaamsdeel geleë.

abakterieel (abacterial) Vry van bakterieë.

abakteriële meningitis (choriomeningitis) [lees choriomeningitis]

abarognose (abarognosis) Onvermoë om massa te herken.

abartikulasie (abarticulation) Dislokasie van ’n gewrig, of ontwrigting.

abartikulêr (abarticular) Weg van ’n gewrig.

abasie (abasia) Die onvermoë om normaal te kan loop.

abbahart ’n Hart wat oorgeplant word ter ondersteuning van 'n verswakte hart, wat in die liggaam bly.

abbatoon (overtoe, hallux valgus) ’n Deformiteit waarby die groottoon oor die ander geleë is.

Abbé-kondensor (Abbé condenser) ’n Spieël en aantal achromatiese lense met ’n diafragma onder ’n mikroskoop wat kragtige beligting voorsien.

Abbot se pasta (Abbot’s paste) ’n Pasta wat areseensuur, morfien en kreosoot bevat.

Abbott se metode (Abbott’s method) ’n Metode om liggame van bakterieë rooi te kleur en die spore blou.

Abbott se metode (Abbott’s method) ’n Metode om skoliose te behandel met oorkorrigering van deformiteit deur laterale traksie van die werwelkolom en druk met ’n gipsbaadjie om die korrekte posisie te behou.

ABC-smeermiddel (ABC liniment) ’n Smeermiddel bestaande uit gelyke dele van akoniet, belladonna en chloroform.

ABD-kapsule (ABD capsule) ’n Kapsule wat vitamiene A, B1, B2 en D bevat.

Abderhalden se reaksie (Abderhalden’s reaction) Serumreaksie wat berus op die hipotese dat die bloed teenoor ’n vreemde proteïen reageer deur die vorming van ’n beskermende ferment wat die proteïen laat disintegreer.

abdomen (abdomen, belly) <lees ook buik> Die gedeelte van die liggaam tussen die diafragma en die bekken.

abdominaal (abdominal) <mbt die abdomen>

abdominale aorta (aorta) <lees aorta abdominalis>

abdominale holte (abdominal cavity, enterocoele) <lees ook buikholte, enteroseel> Die deel van die liggaam waarin die organe van die buik voorkom en wat van die borsholte geskei word deur die diafragma.

abdominale refleks (a. reflex) Refleks waardeur prikkeling van die vel van die buik aanleiding gee tot kontraksie van onderliggende spiere.

abdominopelviese holte (abdominopelvic cavity) Anterior liggaamsholte, inferior tot die diafragma.

abdominosentese (abdominocentesis) Punksie deur buikwand.

abdominoskopie (abdominoscopy) Inspeksie van abdominale organe met ’n endoskoop.

abduksie (abduction) <cf adduksie> (wegtrekking) Beweging van 'n liggaamsdeel weg van die liggaamsas.

abduktor (abductor) <cf adduktor> Spier wat ’n ledemaat wegtrek van die middellyn af.

abduseer (abduct) (wegtrek) Die aksie van abduksie.

abdusens (abducent nerve) <lees nervus abducens>

abdusenssenuwee (abducent nerve) Sesde kraniale senuwee.

Abelin se reaksie (Abelin’s reaction) Toets vir die teenwoordigheid van arsfenamien in die urien.

abenteries (abenteric) Geleë in ’n ander streek as die ingewandskanaal.

abepitemie (abepithymia) Verlamming van die pleksus coeliacus.

Abernethy se fassia (Abernethy’s fascia) ’n Laag vetweefsel wat die arteria iliaca externa bedek.

Abernethy se operasie (Abernethy’s operation) Onderbinding van arteria iliaca externa met ’n geboë snee beginnende vanaf ’n punt 25 mm aan die binnekant en bokant van die anterior superior spina tot ’n punt 38 mm aan die bokant en die buitekant van die middelpunt van die inguinale ligament.

Abernethy se sarkoom (Abernethy’s sarcoma) ’n Vettumor, gewoonlik geleë op die romp van die liggaam.

aberrans (aberrant)

aberrant (aberrant; atypical) (atipies) Afwykend van die gewone rigting

aberrasie (aberration) Afwyking van die normale.

aberrasie (aberration) Fetale deformiteit.

aberrasie (aberration) ’n Afwyking in lensfokus.

aberrasie (aberration) Geestesafwyking.

abevakuasie (abevacuation) Oormatige of onvoldoende lediging.

ABH-indeks (ACH index) Indeks gebruik om liggaamsvoeding te beoordeel en gebaseer op die mate van die omvang van die arm, diepte van die borskas en die breedte van die heupe.

abiatrofie (abiatrophy) Te vroeë verlies van vitaliteit.

abiënt (abient) Wat die bron van prikkeling vermy.

abiëtiensuur (abietic acid) Stabiele harssuur verwant aan fenantreen. Die hoofbestanddeel in harpuis.

abiochemie (abiochemistry) Anorganiese chemie.

abiofisiologie (abiophysiology) Die studie van anorganiese prosesse in lewende stof.

abiogenese (abiogenesis) Spontane verwekking van lewe uit nie-lewende stof.

abiologie (abiology) Studie van nie-lewende dinge.

abiologies (abiological) Wat betrekking het op die studie van nie-lewende dinge.

abionarke (abionarce) Onaktiwiteit as gevolg van fisiese uitputting.

abiose (abiosis) Die afwesigheid van lewe.

abioties (abiotic) Wat betrekking het op nielewende dinge.

abiotrofie (abiotrophy, abiotrophic) Vroegtydige veroudering of afsterwe van selle en weefsel a.g.v. ’n onbekende intrinsieke oorsaak.

abirritans (abirritant) <lees abirriteerder>

abirritasie (abirritation) Verlaagde reaksie op prikkeling.

abirritatief (abirritative) Kalmerend.

abirriteerder (abirritant) (abirritans) ’n Middel aangewend vir die verligting van irritasie.

abiuret (abiuret) Sonder reaksie op die abiurettoets.

ablaktasie (ablactation) Spening van die bors.

ablasie (ablatio, ablation) <lees ablatio>

ablastien (ablastin) Teenliggaam wat ontwikkel in rotte wat besmet is met Trypanosoma lewisi.

ablateer (ablate) Om weg te neem of af te sny.

ablatio (ablatio, ablation) Verwydering of loslating van ’n deel.

ablefareus (ablepharous) Sonder ooglede.

ablefarie (ablepharia) Kongenitale afwesigheid van die ooglede of oogspleet.

ablepsie (ablepsy) Blindheid.

abluent (abluent) Suiwerings- of reinigingsmiddel.

ablusie (ablution) Dit verwys na die vrylating van chemiese onsuiwerhede deur uitwassing, of gewoon die was of reining van die liggaam.

abmortaal (abmortal) In die rigting weg van ’n beseerde area.

abnervaal (abnerval) Geleiding vanaf ’n senuwee, deur ’n spier.

abneuraal (abneural) Weg van die neurale as.

abnormaal (abnormal) <cf normaal> Wat van die reël, norm, gewone afwyk.

abnormale obturatorarterie (abnormal abturator artery)

abnormaliteit (abnormality) ’n Abnormale eienskap.

ABO-bloedgroep (ABO blood group) <lees ook bloedgroep> Die belangrikste van die bloedgroepe waarin menslike bloed geklassifiseer word (op grond van die teenwoordigheid of afwesigheid van A- of B-antigene in die membraanomhulsel van rooibloedliggaampies word bloedtipes as A, B, AB of O onderskei).

abokklusie (abocclusion) ’n Tandgebit waar die tande van die onder- en bokaak nie goed sluit nie.

aboraal (aboral) Ten opsigte van dele wat aan die teenoorgestelde kant as die mond voorkom.

aboriginaal (aboriginal) Inheems aan ’n bewoonde gebied.

aborsie (abortion) Uitwerping van ’n fetus wat nog nie lewensvatbaar is nie.

aborsionis (abortionist) ’n Persoon wat onwettig aborsies doen.

aborteer (abort) Die verwys na ’n miskraam of die voorkoming van ’n siekte.

aborteerder (abortionist) <lees aborsiones>

abortief (abortive) Wat ’n ontwikkeling van ’n siekte voorkom. Dit kan ook verwys na ’n aborteermiddel.

abortien (abortin) ’n Gliserolekstrak.

abortifasiënt (abortifacient) ’n Middel wat ’n aborsie meebring.

abortisied (aborticide) ’n Middel wat aborsie bewerkstellig deur die fetus te vernietig.

abortus (abortus) Produkte van swangerskap wat oor sewe maande uitgewerp word.

/ u,r Kyk onder koors. bra deer: abrade. Skuur, skaaf. abrachia. (G. neg. abortuskoors (abortus fever, malta fever, undulent fever) <lees brusellose>

abradeer (abrade) Skuur, skaaf.

abragie (abrachia) Kongenitale afwesigheid van beide arms.

abragiosefalie (abrachiocephalia) Kongenitale afwesigheid van die arms sowel as die kop.

abragiosefalus (abrachiocephalus) Koplose en armlose monster.

abragius (abrachius) ’n Fetus wat sonder arms gebore is.

Abrami se siekte (Abrami’s disease) <lees Widal-Abrami se siekte>

abrasie (abrasion) Die afskawing of vernietiging van die vel of slymvlieslaag.

abrasio corneae (abrasio corneae) ’n Skaafplek aan die oppervlaklae van die kornea.

abrasio dentium (abrasio dentium) Wegslyting van die tande.

abrasor (abrasor) Instrument gebruik om abrasie te bewerkstellig.

abreaksie (abreaction) Die verwydering van ’n onderdrukte emosionele toestand deur die ondervinding wat daartoe aanleiding gegee het in die verbeelding te laat herleef.

Abrikossof se tumor (Abrikossof’s tumor) (mioblastoom) ’n Tumor wat ontstaan uit selgroepe wat die voorkoms van primitiewe mioblaste het.

abrosie (abrosia) Sonder voedsel.

abruptio placentae (abruptio placentae) Vroeë loslating van die plasenta.

Abrus (Abrus) (gelukboontjie) Die saad van Abrus precatorius bevat abrien, ’n mengsel van twee giftige proteïene. Dit is vroeër in ’n verdunde vorm gebruik vir tragoom. Dit word ook per mond geneem as ’n voorbehoedmiddel teen swangerskap.

absentia (absence) Kortstondige bewussynsverlies soos by epilepsie.

abses (abscess) ’n Plaaslike versameling van etter in 'n holte wat as gevolg van vernietiging van weefsel ontstaan het - gewoonlik weens infeksie.

Absidia corymbifera (Absidia corymbifera) Patogene skimmel wat mikose in die mens kan veroorsaak.

absintals (absinth) Die plant absintium.

absintien (absinthin) ’n Giftige bestanddeel van die alsemplant.

absintisme (absinthism) Verslawing aan absintals.

absintium (absinthium) ’n Middel berei uit die blare en groeipunte van Artemisia absinthium wat gebruik word as ’n maag- en hartversterkmiddel en as ’n wurmdoder.

absisse (abscissa) Een van die koördinate wat dwars loop en reghoekig op die ordinaat is.

absissie (abscission) Verwydering van ’n deel daardeur weg te sny.

absolute digtheid (absolute density) <lees ook relatiewe digtheid> Die verhouding tussen die massa en die volume van ’n liggaam.

absolute humiditeit (absolute humidity) <lees ook relatiewe humiditeit> Die werklike hoeveelheid waterdamp in die lug op ’n bepaalde tydstip.

absolute nulpunt (absolute zero) Die laagste temperatuur wat teoreties moontlik is, nl 0 Kelvin of -273°.

absolute temperatuur (absolute temperature) Die temperatuur wat vanaf die absolute nulpunt gemeet word.

absorbansie (absorbance) <lees optiese digtheid>

absorbeer (absorb) Die aksie van absorpsie; opneem in (bv. ’n spons).

absorbeerder (absorbent) Enige middel wat absorbeer.

absorbefasiënt (absorbefacient) Wat absorpsie veroorsaak.

absorberend (absorbent, absorptive) Wat opsuig en inneem.

absorpsie (absorption) <lees ook aktiewe absorpsie; adsorpsie; osmose> Die opneem van stowwe deur selle of weefsel - gewoonlik oor membrane.

absorpsieband (absorption band) Die donker lyn in die ligspektrum wat veroorsaak word deur die absorpsie van ligstrale wanneer hulle deur soliede liggame, vog of gas gestuur word.

absorpsielyn (absorption line) <lees absorpsieband>

absorpsiemeter (absorptionmeter) ’n Instrument wat gebruik word om die oplosbaarheid van ’n vloeistof te bepaal of ’n instrument wat die digtheid van twee of meer vloeistowwe vergelyk.

absorptief (absorptive) <lees absorberend>

abstraksie (abstraction) Die onttrekking van een stof uit ’n mengsel.

abulie (aboulia) Tekort of gebrek aan wilskrag. abulomanie (abulumania) Geestestoornis gekenmerk deur onbeslistheid en swakheid van die wil.

a.c. (a.c.) Voor ete.

Ac <sien aktinium> Die chemiese simbool vir aktinium.

Acaciae gummi (acacia) <lees akasia>

Acanthia lectularia (Acanthia lectularia) Weeluis. Acanthoceilonemo perstans (Acanthoceilonemo perstans) ’n Tipe filaria wat parasities is.

acanthoma adenoides cysticum (acanthoma adenoides cysticum) <lees akantoom en epitelioom>

acanthoma verrucosa seborrhoeicum (acanthoma verrucosa seborrhoeica) Seniliteitsvratte.

acanthosis nigricans (acanthosis nigricans) Velsiekte gekenmerk deur hipertrofie van die stekelsellaag, melanienneerslag in die selle van die basale laag, en hiperkeratose wat lei tot gepigmenteerde vratagtige uitgroeisels teenwoordig veral in die oksels, borste en om die naeltjie, die geslagsorgane, die mondhoeke en die anus.

Acarina (Acarina) Die orde wat bestaan uit bosluise en miete.

Acarus (Acarus) ’n Parasiet by die mens en dier wat skabies veroorsaak.

accouchée (accouchée) Frans vir ’n vrou wat verlos is van ’n baba.

accouchement (accouchement) Frans vir ’n bevalling, verlossing.

accoucheur (accoucheur) Frans vir ’n verloskundige.

accoucheuse (accoucheuse) Frans vir ’n vroedvrou.

ACE-mengsel (ACE mixture) ’n Mengsel saamgestel uit alkohol, chloroform en eter in die verhouding 1:2:3.

Ach <lees asetielcholien>

achalasie (achalasia) Onvermoë van die meganisme om ’n sfinkter te laat ontspan.

Achard-Castaigne-metode (Achard-Castaigne method) Metileenbloutoets vir renale deurlaatbaarheid.

Achard-Thiers-sindroom (Achard-Thiers syndrome) ’n Bebaarde vrou met diabetes mellitus.

acheilie (acheilia) Kongenitale afwesigheid van een of beide lippe.

acheileus (acheilous) Sonder lippe.

acheirie (acheiria) Kongenitale afwesigheid van een of beide hande.

acheirus (acheirus) Fetus gebore sonder hande.

Achilles-tendon (Achilles tendon) (hakskeentendon) Die algemene naam vir die tendon wat die agterste onderbeenspiere (gastroknemius- en soliusspiere) aan die hakskeen verbind.

Achilles-tendonrefleks (Achilles tendon reflex) <lees enkelrefleks>

achillespees (Achilles tendon) (hakskeentendon) Die algemene naam vir die tendon wat die agterste onderbeenspiere (gastroknemius- en soliusspiere) aan die hakskeen verbind.

achillobursitis (achillobursitis) Inflammasie van die bursa van die Achilles-tendon.

achillodinie (achillodynia) Pyn by die Achilles-tendon.

achillotomie (achillotomy) Subkutane deyrsnyding van die Achilles-tendon.

achlorhidrie (achlorhydria) Afwesigheid van soutsuur in die maagsap.

acholie (acholia) Afwesigheid van galpigment in die urien.

acholies (acholic) Galvry.

acholurie (acholuria) Afwesigheid van galpigment in die urien.

acholuriese geelsug (acholuric jaundice) Geelsug gekenmerk deur afwesigheid van galpigmente in die urien.

achondroplasie (achondroplastic) Kongenitale toestand gekenmerk deur wanvorming van die endochondrale been, wat aanleiding gee tot verkorte groei van die lang bene en van die skedelbasis.

achondroplasties (achondroplasia) Met betrekking tot achondroplasie.

achromaat (achromate) <lees ook dichromaat se 2de inskrywing; trichromaat> ’n Kleurblinde persoon.

achromasie Die totale afwesigheid van die vermoë om kleure te onderskei.

achromateus (achromatous, colourless) (kleurloos) Bleek, vaal of sonder kleur.

achromaties (achromatic) <lees ook dichromaties> (met betrekking tot kleurloosheid)

achromaties (achromatic) Wat nie maklik gekleur word nie.

achromaties (achromatic, colour blind) Kleurblind. (met betrekking tot achromaat)

achromatisme (achromatism, colour blindness) <lees ook dichromatisme; trichromatisme> (kleurblindheid) Nie in staat om tussen verskillende kleure te onderskei nie.

achromatofil (achromatophil) Nie maklik verkleurbaar nie.

achromatofilie (achromatophilia) Weerstand teen kleuring.

achromatopsie (achromatopsia) Totale kleurblindheid.

achromatose (achromatosis) Enige toestand gekenmerk deur die afwesigheid of tekort aan natuurlike pigmente.

achromaturie (achromaturia) Toestand van kleurlose urien.

achromie (achroma) <lees achroom en achromatose>

Achromobacter (Achromobacter) ’n Saprofitiese mikroörganisme gewoonlik aangetref in water, grond en melk en gekenmerk deur die onvermoë om pigment te vorm.

achromodermie (achromodermia) Afwesigheid van huidpigment.

achromotrigie (achromotrichia) Afwesigheid van haarpigment.

achroom (achroma, achromia) (albinisme) Gebrek aan kleur.

achylia gastrica (achylia gastrica) Afwyking van maagsapuitskeiding gekenmerk deur die totale afwesigheid van vrysoutsuur, pepsien en ander aktiewe stowwe in die maagsap.

achylia pancreatica (achylia pancreatica) Achylie van die pankreas.

achylie (achylia) Onvermoë van ’n klier om ’n werksame sap af te skei.

acne atrophica (acne atrophica) ’n Vorm van nekrotiese aknee.

acne conglobata (acne conglobata) ’n Meer seldsame aknee, met asbes, siste en littekenvorming, veral gesien op die dy en hand en rug.

acne indurata (acne indurata) ’n Vorm van acne vulgaris. Dit word gekenmerk deur die vorming van harde rooi of pers nodules rondom die talgkliere, wat oor ’n lang tydperk voortbestaan as geïnduseerde swelling.

acne necrotica (acne necrotica) ’n Vorm van acne vulgaris. Dit word gekenmerk deur indolente papels en pustels wat na genesing ’n klein ingeduikte litteken nalaat.

acne rosacea (acne rosacea) <lees rosacea>.

acne scrofulosorum (acne scrofulosorum) Papulonekrotiese tuberkulied.

acne vulgaris (acne vulgaris) ’n Inflammatoriese siekte van die talgkliere.

Aconitum (Aconitum) Genus van giftige ranonkelagtige kruie.

acrodermatitis chronica atrophicanus (acrodermatitis chronica atrophicanus) Chroniese siekte van die huid wat veral die boonste ledemate aantas.

acrodermatitis perstans (acrodermatitis perstans) Chroniese siekte van die huid wat veral die tenare en hipotenare uitbultings van die hande en voete aantas.

ACTH <lees adrenokortikotrofiese hormoon>

Actinobacillus (Actinobacillus) Genus van die Bacteriaceae.

Actinobacillus lignieresi (Actinobacillus lignieresi) Veroorsaak aktinobasillose in huisdiere en soms in mense.

Actinomyces (Actinomyces) Genus van bakterieë wat ’n vertakte miselium vorm. Sekere antibiotiese middels word hieruit verkry.

adaksiaal (adaxial) <cf abaksiaal> Geleë aan die kant van, of gerig na, die as.

adaktilie (adactylia) Kongenitale afwesigheid van vingers en/of tone.

adamantinokarsinoom (adamantinocarcinoma) Adamantinoom wat maligne geword het.

adamantinoom (adamantinoma) Neoplasma wat afkomstig is van die tandglasuurorgaan.

adamantoblast (adamantoblast) Moedersel wat die bron is van tandglasuur.

Adams-Stokes-siekte (Adams-Stokes disease) Sinkopee met of sonder konvulsies en geassosieer met ’n afwyking van hartritme.

adamsappel (Adam's apple) Die algemene naam vir die tiroïedbeen van die larinks; veral prominent by mans.

adaptometer (adaptometer) ’n Instrument vir die meet van die tyd van retinasle donker adaptasie.

adder (viper) ’n Slang wat behoort tot die geslag Viperidae.

adderagtig (viperine) Met betrekking tot ’n adder.

Addison-siekte / Addison se siekte (Addison's disease) ’n Siekte wat ontstaan as gevolg van ’n tekort aan adrenokortikotrofiese hormone, veral aldosteroon.

adduksie (adduction) <cf abduksie> (aanvoering) Enige beweging waardeur ’n liggaamsdeel na 'n ander deel getrek word; beweging na die middellyn van die liggaam of liggaamsdeel.

adduktor (adductor) <cf abduktor> Die spier wat ’n liggaamsdeel na die middellyn trek.

adduseer (adduct) Die aksie van adduksie.

adelfie (adelphia) Dubbele monster gekenmerk deur die vereniging van die boonste gedeeltes van die twee organismes.

adelomorf (adelomorphous) Met ’n onduidelike vorm.

aden (aden) Limfknoop of klier.

adenalgie (adenalgia) Pyn in kliere of limfknope.

adenase (adenase) Ensiem van die milt, pankreas en lewer wat adenien hidroliseer tot hipoxantien.

adendrities (adendritic) Met betrekking tot ’n senuweefsel sonder dendriete.

adenie (adenia) Hiperplasie van die limfknoopweefsel.

adenien (adenine) <lees ook guanien; purien; sitosien; timien; urasiel> Purienbasis; 'n komponent van nukleïensuur of nukleotied.

adenitis (adenitis) Inflammasie van limfknope of –kliere.

adeno- (adeno-) <lees aden>

adenoakantoom (adeno-acanthoma) Klierselkarsinoom wat skubsel-epiteel bevat.

adenoblast (adenoblast) Moedersel waaruit klierweefsel ontstaan.

adenoëpitelioom (adeno-epithelioma) Epitelioom met ’n klierstruktuur.

adenofaringitis (adenopharyngitis) Inflammasie van die mangels en farinks.

adenofibroom (adenofibroma) Benigne neoplasma saamgestel uit adeno- en bindweefsel.

adenofibrose (adenofibrosis) Fibrotiese ontaarding van ’n klier.

adenohiperstenie (adenohypersthenia) Ooraktiwiteit van ’n klier.

adenohipofise (adenohypophysis) <cf neurohipofise> Voorlob of kliergedeelte van die hipofise.

adenoïdektomie (adenoidectomy) Chirurgiese verwydering van adenoïede.

adenoïed (adenoid) Limfoïede massa gevind in die nasofarinks, die milt, die dermkanaal en limfknope.

adenoïede (adenoids, pharyngeal tonsils) <lees ook tonsil> (faringeale tonsils) Die klier wat hoofsaaklik uit limfoïede weefsel bestaan en in die neuskeelholte geleë is.

adenokarsinoom (adenocarcinoma) Karsinoom waarby die selle kliervormig gerangskik is en wat uit klierepiteel ontstaan.

adenolimfoseel (adenolymphocele) Sist van die limfknoop.

adenolipomatose (adenolipomatosis) Toestand gekenmerk deur die teenwoordigheid van veelvuldige lipome in die streek van die nek, oksels en die lieste.

adenolipoom (adenolipoma) Neoplasma saamgestel uit adeno- en lipoomweefsel.

adenomalasie (adenomalacia) Versagting van ’n klier of limfknoop.

adenomatose (adenomatosis) Toestand met oormatige adenoomweefselvorming in ’n klier of groep kliere.

adenomioom (adenometrioma) <lees endometrioom>

adenomiose (adenommyosis) Groei van endometriale weefsel in die miometrium.

adenoom (adenoma) Benigne epiteeltumor wat die kenmerke het van die klier waaruit dit ontstaan.

adenopatie (adenopathy) Enige siekte van kliere of limfknope.

adenosarkoom (adenosarcoma) Sarkoom wat ontwikkel in die fibreuse stroma van ’n klier.

adenosien (adenosine) <lees ook nukleotied> Die verbinding van adenien en ribose.

adenosiendifosfaat (adenosine diphosphate, ADP) <lees ook adenosienmonofosfaat; adenosien trifosfaat> (ADP) Die verbinding met twee fosfaatgroepe (A-P~P) waarvan die tweede ’n hoë-energiebinding is.

adenosienmonofosfaat (adenosine monophosphate) <lees ook adenosiendifosfaat; adenosientrifosfaat> (AMP) ’n Nukleotied met een fosfaatbinding (A-P), wat bestaan uit ’n adenosiengedeelte en 'n fosfaatgedeelte en wat nie energie beskikbaar kan stel nie.

adenosientrifosfaat (adenosine triphosphate) <lees ook adenosiendifosfaat; adenosienmonofosfaat> (ATP) Die energiebron van die liggaam; verbinding (nukleotied) wat drie fosfaatgroepe (A-P~P~P) besit en waarvan die tweede en derde hoë-energiebindings is.

adenosientrifosfatase (adenosine triphosphatase) (ATPase) ’n Fosfatase ensiem wat die afbreek van ATP na ADP kataliseer (hierdie reaksie stel groot hoeveelhede energie vry).

adenosiet (adenocyte) Die volwasse sekretoriese sel van ’n klier.

adenosist (adenocyst) <lees adenosistoom>

adenosistoom (adenocysomat) Sistiese adenoom.

adenosklerose (adenosclerosis) Verharding van kliere of limfknope.

adenotoom (adenotome) Instrument vir die verwydering van adenoïede.

adeps (adeps) Vet.

aderlaat <lees flebotomie>

adermie (adermia) Afwesigheid van die vel.

adermogenese (adermogenesis) Onvoldoende ontwikkeling of herstel van die huid.

adermotrofie (adermotrophia) Atrofie van die huid.

ADH (ADH) <lees antidiuretiese hormoon>

adhesie (adhesion) <cf kohesie> Die aantrekkingskrag tussen verskillende soorte molekules.

adiadogokinese (adiadochokinesis) Onvermoë om vinnig alternerende beweging van die hande, vingers of tone uit te voer; gewoonlik ’n teken van ’n serebellêre aandoening..

adiaforese (adiaphoresis) Gebrekkige sweetafskeiding.

adiaforeties (adiaphoretic) M.b.t. verminderde sweetafskeiding.

adiaforetikum (adiaphoretic) Middel wat sweetafskeiding verminder.

adiaktinies (adiactinic) Laat nie-aktiniese strale deur nie.

adiamorise (adiaemorrhysis) Blokkering van bloedsirkulasie.

Adie se sindroom (Adie’s syndrome) ’n Toestand van die oog wat aan die aangetaste kant minder effektief saamtrek en uitsit, gewoonlik gepaard met die afwesigheid van diep tendonreflekse.

adinamie (adynamia) Gebrek aan of verlies van spierkrag.

adinamies (adynamic) M.b.t. adinamie.

adipektomie (adipectomy) Chirurgiese verwydering van vetmassas.

adipeuse weefsel (adipose tissue) <sien vetweefsel>

adipogeen (adipogenous) Wat vetweefsel voortbring.

adipometer (adipometer) Instrument wat gebruik word vir die meet van die vel en subkutane weefsel.

adiposeel (adipocele) ’n Hernia met herniasak wat net vetweefsel bevat.

adiposeer (adipocere) ’n Wasagtige stof wat van vetweefsel ontstaan na die dood. Dit word veral opgemerk by lyke wat in klam streke begrawe is.

adiposis dolorosa (adiposis dolorosa) ’n Toestand gekenmerk deur die teenwoordigheid van pynlike of teer lipome. Dit kom meer by vrouens voor.

adiposis tuberosa simplex (adiposis tuberosa simplex) ’n Sikete gekenmerk deur vetmassas in weefsel.

adipositas (adipositas) Vetsug.

adipositis (adipositis) Inflammasie van vetweefsel.

adipsie (adipsia) Afwesigheid van dors.

aditus Algemene term vir ’n opening of toegang tot 'n orgaan of liggaamsdeel.

adjuvant (adjuvant) Geneesmiddel wat die werking van ’n ander middel versterk.

Adler se hipotese (Adler’s theory) Hipotese dat neurose ontwikkel om te kompenseer vir ’n minderwaardigheidsgevoel.

adneksitis (adnexitis) Inflammasie van die uterusaanhangsels.

adneksopeksie (adnexopexy) Operasie van fiksering van die uterienbuis en ovaria teen die abdominale wand.

adolessensie (adolescence) Jeugperiode tussen puberteit en volwassenheid.

ADP <sien adenosiendifosfaat>

adrenaal (adrenal, suprarenal) (suprarenaal) Met betrekking tot die bynier.

adrenaalektomie (adrenalectomy, epinephrectomy) Chirurgiese verwydering van die bynier.

adrenaalklier (adrenal gland) <lees bynier>

adrenale korteks (adrenal cortex) (bynierkorteks, bynierskors) Die buitenste sone van die adrenale klier.

adrenale medulla (adrenal medulla) (byniermedulla, byniermurg) Die binneste weefsel van die adrenale klier wat deur die adrenale korteks omring word.

adrenalien (adrenaline, epinephrine) <sien ook noradrenalien> (epinefrien, bynierstof) Een van die hormone wat deur die byniermedulla geproduseer en onder strestoestande afgeskei word.

adrenalopatie (adrenalopathy) Enige bynierversteuring.

adrenergies (adrenergic) <sien ook cholinergies> Beskryf ’n senuweevesel wat adrenalien of noradrenalien vrystel wanneer dit gestimuleer word.

adrenitis (adrenitis) Inflammasie van die byniere.

adreno- (adreno-) Verbindingsvorm wat ’n verband met die byniere aandui.

adrenochroom (adrenochrome) Rooigekleurde oksidasieproduk van epinefrien.

adrenogeen (adrenogenic) Afkomstig van die byniere.

adrenogenitale sindroom (adrenogenital syndrome) ’n Toestand veroorsaak deur die oormatige uitskeiding van die sekshormone deur die bynier.

adrenogram (adrenogram) ’n Röntgenfoto van die byniere.

adrenokortikaal (adrenocortical) M.b.t. die bynierskors of sy hormone.

adrenokortikotrofiese hormoon (adrenocorticotrophic hormone, ACTH, corticotropin) (ACTH, AKTH, kortikotropien) Hormoon van die anterior kwab van die hipofise wat die funksie van die bynierskors beheer.

adrenokortikotroop (adrenocorticotrophic) Wat die hormoonaktiwiteit van die bynierskors stimuleer.

adrenokortikotroop hormoon (adrenocorticotrophic hormone) <lees ACTH>

adrenokortikotropien (adrenocorticotropin) <lees ACTH>

adrenolities (adrenolytic) Remmend op adrenergiese funksie.

adrenolitikum (adrenolytic) Enige adrenolitiese stof.

adrenopatie (adrenopathy) Enige siekte van die bynier.

adrenoprief (adrenoprival) Met betrekking tot die ontdoening van die byniere of hul funksie.

adrenotroop (adrenotrope) Persoon met ’n endokriensamestelling waar die bynierinvloed oorheers.

adrenotropien (adrenotropin) <lees ACTH>

adrenotropies (adrenotropic) Wat die bynier stimuleer.

adromie (adromia) Afwesigheid van impulsgeleiding.

adsorbaat (adsorbate) Substans wat absorbeer word.

adsorbeerder (adsorbent) Substans wat absorbeer.

adsorpsie (adsorption) <sien ook absorpsie> Vasklewing van die molekules van vloeistowwe of gasse aan die oppervlak van ’n ander stof; gewoonlik vastestof.

adstringens (adstringent) Middel met die eienskap om die oppervlak van weefsels te verdor en te laat saamtrek.

adstringerend (adstringent) <lees astringerend>

adventief (adventitious) Bykomstig.

adventisieel (adventitial) M.b.t. die adventitia.

adventitia (adventitia, tunica)(tunica adventitia) Buitenste bindweefsellaag van ’n bloedvatwand.

aër- (aer-, aero-) Verbindingsvorm wat verband met lug aandui.

aerarium (aerarium) Reëling vir die voorsiening van varslugvoorrade.

aëremie (aeraemia) <lees caissonsiekte>

aërendorkadie (aerendorcadia) Teenwoordigheid van lug in die hart.

aëro- (aero-) Lees aër-

aëroanaërobies (aero-anaerobic) Woord vir organismes wat beide aërobies en anaërobies is.

Aerobia (Aerobia) Mikroörganismes wat suurstof benodig vir metabolisme.

aërobies (aerobic) <cf anaërobies> Suurstofvereisend; in die teenwoordigheid van suurstof.

aërobiese respirasie (aerobic respiration) <cf anaërobiese respirasie> Respirasie vind plaas in die teenwoordigheid van vry suurstof; gas of opgelos in water.

aërobiologie (aerobiology) Vertakking van biologie wat handel oor die verspreiding van lewende mikroörganismes deurd ie lug.

aërobiose (aerobiosis) Suurstofafhanklike lewe.

aërobioskoop (aerobioscope) Apparaat vir die versameling en filtrering van bakterieë uit die lug.

aërodontologie (aerodontalgia) Tandpyn as gevolg van verminderde atmosferiese druk.

aëroëmfiseem (aero-emphysema) Toestand waar lugborrels in die liggaamsweefsels vorm in disbarisme.

aërofagie (aerophagy) Die sluk van lug, dikwels by neurotiese persone.

aërogeen (aerogenic) ’n Enige gasvormende mikroörganisme.

aërogenese (aerogenesis) Gasproduksie.

aërogram (aerogram) Röntgenopname van ’n gasgevulde orgaan of ruimte.

aërogrammografie (aerogrammography) Röntgenondersoek van die mamma na retromammêre gasinspuiting.

aëroob (aerobe) Een van die Aerobia.

aëropatie (aeropathy) Siekte veroorsaak deur veranderinge in lugdruk.

aërose (aerosis) Vorming van gas in die liggaamsweefsel.

aëroseel (aerocele) Divertikel van boonste lugweë.

aërosinusitis (aerosinusitis) Inflammasie van die sinusholte in lugvaarders.

aërosistografie (aerocystography) Röntgenondersoek van ’n gasgevulde blaas.

aëroskoop (aeroscope) Instrument waarmee lugsuiwerheid ondersoek word.

aërosol (aerosol) Fyn vernewelde bakteriedodende oplossing.

aërotimpanum (aerotympanum) Verhoogde lugdruk in die middeloor.

aërotitis (aerotitis) Troumatiese ontsteking van die eksterne of die middeloor veroorsaak deur skielike wisseling van atmosferiese druk.

aërotropisme (aerotropism) Eienskap van ’n mikroörganisme waardeur sy groeirigting deur lug bepaal word.

afagie (aphagia) Onvermoë om te sluk.

afakie (aphakia) Afwesigheid van die kristallyne lens van die oog.

afakies (aphakic) Sonder ’n ooglens.

afalangie (aphalangia) Kongenitale afwesigheid van vingers of tone.

afanise (aphanisis) Morbiede vrees vir seksuele impotensie.

afarm Met 'n gebreekte of ontbrekende arm.

afasie (aphasia) Die onvermoë om te praat.

afaties <met betrekking tot afasie>

afbeelding (image) <lees beeld>

afbeen Met ’n gebreekte of ontbrekende been.

afbeur (bearing down) Verwys na inspanning om geboorte te skenk tydens kraam.

afbind (binding off) Toebind om die bloedtoevoer te verminder of te stop.

afbinding (ligation) Ligature.

afbrand (burning) Deur brand verwyder.

afbreekproduk (derivative) <lees metaboliet>

afbreeksel (debris) <lees debris>

afbreking (degradation) <lees degradering>

afebriel (afebrile) Koorsvry.

afefobie (aphephobia) Morbiede vrees vir fisiese kontak met ander mense.

afemie (aphemia) Motoriese afasie.

affek (affect) Geestelike of emosionele reaksie op ’n prikkel.

affekteer (affect) Aantas.

affektief (affective) Wat betrekking het op die gevoel of gemoedstoestand.

afferent (afferent) <cf efferent> Gelei na; toevoerend m.b.t. ’n orgaan of struktuur; gewoonlik t.o.v. senuwees en bloedvate gebruik.

afferente arteriool (afferent arteriole) Fynste vertakking van ’n slagaar wat bloed na ’n orgaan of struktuur vervoer.

afferente neuron (afferent neuron, sensory neuron) <cf efferente neuron> (sensoriese neuron) Vervoer impulse vanaf verskillende liggaamsdele na die brein en rugmurg.

affiniteit (affinity) (aantrekkingskrag) Eienskap van ’n element om selektief na ’n ander aangetrek te word.

affluks (afflux, affluxion) Toestroming van bloed of ’n ander vog na ’n liggaamsdeel.

affluksie (afflux, affluxion) <lees affluks>

affusie (affusion) Storting van water op die liggaam.

afgerond (rounded) <lees rond>

afgestompte (truncated) Ontbloot van bykomende dele.

afgieting (decantation) <lees dekantering>

afgietsel (cast) Afgietsel van nierbuise, wat in urien mag voorkom.

afhang (drop) <lees hang>

afibrinogenemie (afibrinogenaemia) Gebrek aan fibrinogeen in die bloed.

afigm- (aphygmic) M.b.t. polsslag.

afkooksel (decoction) Vloeibare preparaat verkry deur plantaardige materiaal in water te kook.

aflatoksien (aflatoxin) ’n Toksien gevorm deur ’n swam wat op grondboontjies groei.

afleiding (lead) Registrasie van elektriese potensiaalverskille van die hart of ander liggaamsdeel.

afname (abatement) Vermindering van pyn of afname van simptome.

afnemend (remittent) <lees remitterend>

afonie (aphonia) Heesheid, stemverlies.

afonies (aphonic) Gekenmerk deur afonie.

afonogelie (aphonogelia) Onvermoë om te lag.

aforese (aphoresis) Onvermoë om iets soos pyn te verduur.

afrasie (aphrasia) Onvermoë om woorde in sinsverband te gebruik.

afrenie (aphrenia) Demensie.

afrodisiakum (aphrodisiac) Middel vir verhoging van seksuele prikkelbaarheid.

afrodisie (aphrodisia) Buitengewone geslagsdrang.

afrodisiomanie (aphrodisiomania) Morbiede belangstelling in die seksuele.

afronesie (aphronesia) Afrenie.

afronie (aphronia) Onvoldoende geestelike onderskeidings.

afsak (prolapse) <lees hang>

afsakking (procidentia) <lees prosidensie>

afskaffing (abstinence) <lees onthouding>

afskeer (shave) Hare met ’n knipper, lem, skeermes of sker verwyder.

afskei (secrete) <lees sekreteer>

afskeiding (secretion) <lees sekresie>

afskilfering (scaling)

afskotweefsel (slough) <lees sfaselus>

afskraping (erasion)

afsluiting (occlusion) <lees okklusie>

afsondering (isolation) Isolasie van siekes.

afsonderingshospitaal (isolation hospital) Hospitaal waarin lyers aan aansteeklike siektes afgesonder word.

afspons (sponge) Skoon spons.

afsterwing (die-off) <lees nekrose>

afstook (distil) <lees distilleer>

afswaai (centrifuge) <lees sentrifugeer>

aftakking (shunt) Veranderde rigting van bloedvloei a.g.v. ’n abnormale verbinding van die hartkamers of bloedvate.

aftap (tapping) Parasentese.

aftapping (paracentesis) Funksie van die wand van ’n holte wat met vloeistof gevul is met die doel om die vog af te tap.

aftaselektronmikroskoop (scanning electron microscope) <lees skandeerelektronmikroskoop>

afte (aphtha) ’n Klein sleimvliessweertjie van die mond.

afteus (aphthous) M.b.t. aftes.

afteen (aphthae) Toestand van veelvuldige aftes.

aftongie (aphthongia) Tongkramp.

aftosa (aftosa) Bek-en-klouseer.

aftreksel (abstract) In farmakologie ’n preparaat wat berei word deur ’n gepoeierde uittreksel van ’n plantentstofte meng met laktose in so ’n verhouding dat een deelvan die finale produk twee keer die sterkte het van die oorspronklike uittreksel.

aftrekspier (abductor) <sien abduktor>

afunksie (afunction) Afwesigheid van funksie.

afvalmateriaal (debris) <lees debris>

afvalstowwe (ejecta) <lees ejekta>

afwagtend (expectant) <lees verwagtend>

afwagtende behandeling (treatment) Dophou van ’n siekte sonder om spesifiek op een of ander wyse in te gryp.

afwerend (preventive) <lees voorkoming>

afwerpsels (ejecta) <lees ejekta>

afwykende gemiddelde (average, mean) Statistiese maatstaf wat die verskil aandui tussen ’n individuele waarde in ’n reeks waardes en die gemiddelde waarde van die reeks.

afwyking (deviation) <lees deviasie>

Ag (Ag) <lees silwer&gt; Chemiese simbool.

agalaktie (agalactia) Sonder melksekresie.

agaloree (agalorrhoea) Afwesigheid of staking van melkvloei.

agameet (agamete) gameet wat ontstaan deur ongeslagtelike spoorvorming.

agamies (agamic) Ongeslagtelike voortplanting.

agammaglobulinemie (agammaglobulinaemia) Afwesigheid van gammaglobulien in die teenliggaampies in die bloed.

agamogenese (agamogenesis) Ongeslagtelike voortplanting.

aganglionose (aganglionosis) Gekenmerk deur die afwesigheid van ganglia.

agar (agar) ’n Stof wat van sekere seegrasse gemaak word en in ’n jeltoestand as medium gebruik word om mikro-organismes op te kweek.

agar-agar (agar-agar) ’n Galatineuse substans verkry van sekere seegrasse.

agaster (agaster) Maagloos.

agastries (agastric) M.b.t. die volledige of gedeeltelike afwesigheid van die maag of dermkanaal.

agastroneurie (agastroneuria) Verminderde of afwesige senuweebeheer van die maag of dermkanaal.

agdaegeneesbossie Enigeen van verskillende plante wat veronderstel is om ’n kwaal in ag dae te genees.

agenese (agenesis) Onvolledige of gebrekkige ontwikkeling.

agenosomus (agenosomus) Monsterfetus sonder genitalia of met slegs rudimentêre genitalia.

agens (agent) Enige substans wat in staat is om ’n reaksie uit te lok.

agerasie (agerania) Jeugdige voorkoms by ’n ouer persoon.

ageusie (ageunia, ageustia) Verlies van smaak.

agger (agger) ’n Hoop of heuwel in anatomie.

agger nasi (agger nasi) Skuins rif op die binneste oppervlak van die nasale uitsteeksel van die maksilla.

agglomeraat (agglomerate) Saamgepakte massa.

agglossostomie (aglossostomia) Kongenitale afwesigheid van die tong en mondspleet.

agglutinant (agglutinant) Agens wat samepakking van partikels bevorder.

agglutinasie (agglutination, clumping) <lees ook konglutinasie> klomping, saamklewing, saamklonting, verklomping) Vorming van ’n aggregaat.

agglutinator (agglutinator) <lees agglutinante>

agglutineer (agglutinate, clump) (klomp, saamkleef, saamklont, verklomp) Die aksie van agglutinasie.

agglutinien (agglutinin) <sien ook agglutinogeen> ’n Antiliggaam wat saamklewing van mikro-organismes of selle in suspensie veroorsaak; bloedproteïen in bloedplasma.

agglutinogeen (agglutinogen) <sien ook agglutinien> ’n Stof wat die produksie van agglutinien stimuleer; bloedproteïen in rooibloedselle.

agglutinogenies (agglutinogenic) M.b.t. die produksie van agglutinien.

agglutinoïed (agglutinoid) Agglutinien wat nie meer agglutinasie kan bewerkstellig nie, maar nog die vermoë het om te verbind met sy agglutinogeen.

agglutinoskoop (agglutinoscope) Instrument om agglutininasie te bepaal.

agglutinum (agglutinum) Deel van ’n basillus wat kan agglutineer.

agglutometer (agglutinometer) Die instrument waarmee die Grüber-Widal-toets uitgevoer word sonder gebruik van ’n mikroskoop.

aggregaat (aggregate) ’n Massa of geheel gevorm deur kleiner deeltjies of partikels wat saamkom.

agillespees (Achilles tendon) (hakskeentendon) Die algemene naam vir die tendon wat die agterste onderbeenspiere (gastroknemius- en soliusspiere) aan die hakskeen verbind.

agirie (agyria) Gebrekkige differensiasie van die girusse.

agitasie (agitation) ’n Rustelose aktiwiteit wat gepaard gaan met angs en opwinding.

agitofasie (agitolalia) <lees agitolalie>

agitografie (agitographia) Buitengewone skryfsnelheid, gewoonlik gepaard met ’n onbewuste weglating van woorde of dele van woorde.

agitolalie (agitolalia) Buitengewonde snelheid van spraak, met onbewuste weglating van woorde of sillabes

aglossie (aglossia) Die afwesigheid van ’n tong of stomheid.

agloukopsie (aglaucopsia, achloropsia, deuteranopia, green blindness) (deuteranopie, groenblindheid) Die onvermoë om groen te kan onderskei.

aglukon (aglucon) Die koolhidraatvrye deel van ’n glikosied.

aglutisie (aglutition) Onvermoë om te sluk.

agmatologie (agmatology) Kennis en studie van frakture.

agnatie (agnathia) Kongenitale afwesigheid of defektiewe ontwikkeling van die onderkaak.

agnee (agnoea) Toestand waarin voorwerpe of persone nie herken word nie.

agnogeen (agnogenic) Van onbekende oorsprong of etiologie.

agnosie (agnosia) Onvermoë om ’n sensoriese pprikkel te erken in die afwesigheid van ’n letsel van die betrokke sensoriese orgaan; gevolg van ’n serebrale letsel.

agomfiase (agomphiasis) ’n Losheid of afwesigheid van tande.

agonaal (agonal) M.b.t. die doodstryd.

agonadaal (agonadal) Sonder geslagskliere.

agonie (agonia) Onvrugbaarheid.

agonis (agonist) <sien ook antagonis; sinergis> Die primêre beweger in ’n groep spiere, geopponeer deur die antagonis.

agorafobie (agoraphobia) Vrees om in oop plekke te wees.

agrafie (agraphia) Die onvermoë om te skryf as gevolg van ’n letsel op die brein.

agrammatisme (agrammatism) Die onvermoë om sinne saam te setel as gevolg van ’n serebrale stoornis.

agranulêr (agranular) <cf granulêr> Sonder granules.

agranuloplasties (agranuloplastic) M.b.t. die onvermoë om granulosiete te vorm.

agranulosiet (agranulocyte) <cf granulosiet> Enige leukosiet wat nie sitoplasmiese granules bevat nie, bv. ’n monosiet of limfosiet.

agranulositose (agranulocytosis) <lees ook granulositopenie> ’n Siekte a.g.v. ’n vermindering in granulosiete.

agriotimie (agriothymia) Waansinnige woesaardigheid.

agripnie (agrypnia) Slaaploosheid.

agripnotikum (agrypnotic) Middel wat slaap verhinder.

agromanie (agromania) Morbiede drang na afsondering.

agste kraniale senuwee (eighth cranial nerve) <lees nervus auditorius>

agter (back) <lees posterior>

agterbrein (hind brain) <lees rombenkefalon>

agterderm (hind gut) Die gedeelte van die embrioniese derm wat strek van die vitello-intestinale kanaal tot by die kloaakmembraan.

agterharsings (hind brain) <lees rombenkefalon>

agterhoofsbeen (occipital bone) <lees oksipitale been>

agterhoofslob (occipital lobe) <lees oksipitale lob>

agteroorkanteling (supination) <lees supinasie 2de inskrywing>

agterste oogholte (posterior cavity) <lees ook glasagtige liggaam> ’n Groot holte gevul met jellieagtige glasvog.

agterste oogkamer (posterior chamber) Die ruimte tussen die iris en die lens.

agtertand (back tooth) ’n Tand wat agter in die mond is.

AHF (AHF) Afkorting vir antihemofiliese faktor.

AHG (AHG) Afkorting vir antihemofiliese globulien.

ahipnie (ahypnia) (slaaploosheid) Agripnie.

akantoom (acanthoma) Skubselkarsinoom van die vel.

akantopelvis (accanthopelvis) Osteomalasiebekken.

akantose (acanthosis) Hipertrofie van die stekelsellaag met of sonder hiperkeratose van die epidermis.

Akantosefala (Acantosephala) Orde van nemathelminte waarvan verskillende soorte parasities in die dermkanaal voorkom.

akantoties (acanthotic) Gekenmerk deur akantose.

akapnie (acapnia) Verminderde koolstofdioksied in die bloed.

akapsulêr (acapsular) Sonder kapsule.

akardiakus (acardiacus) <lees akardius>

akardie (acardia) Kongenitale afwesigheid van die hart.

akardiohemie (acardiohaemia) Gebrek aan bloed in die hart.

akardiotrofie (acardiotrophia) Atrofie van die hart.

akardius (acardius) ’n Monsterfetus sonder hart en dikwels geheg aan ’n ander fetus.

akarioot (acaryote) Kernlose sel.

akasia (acacia) Gedroogde eksudaat van die stam en takke van die Acaciae gummi.

akatafasie (acataphasia) Die onvermoë om woorde in volledige sinne te gebruik.

akatalepsie (acatalepsia) Sonder begrip.

akatalepties (acataleptic) Swaksinnig.

akatama (akatama) Endemiese vorm van perifere neuritis in Wes-Afrika.

akatametesie (acatamathesia) Die onvermoë om gesproke woorde of ’n spesifieke situasie te begryp.

akatapose (acataposis) Swaar sluk.

akatarsie (acatharsia) Die onvermoë om purgering te bewerkstellig.

akatastasie (acatastasia) Afwyking van die normale.

akateksie (acathexia) Die onvermoë om die liggaam se uitskeidings op die normale manier terug te hou.

akeratose (aceratosis) Tekort aan keratien.

Akerlund-deformiteit (Akerlund deformity) Misvorming in die duodenale kap, veroorsaak deur ’n chroniese ulkus.

akinese (akinesis) Die afwesigheid van beweging; motoriese paralise.

akinesie (akinesis) Die afwesigheid van beweging; motoriese paralise.

akinestesie (akinaesthesia) Verlies van beweging of spiergebruik.

akineties (akinetic) M.b.t. akinese.

akklimatisasie (acclimatisation) Die aanpassing by veranderde omstandighede; deur stadige veranderinge in die fisiologie.

akklimatisering (acclimatisation) Die aanpassing by veranderde omstandighede.

akkommodasie (accommodation) Die vermoë van die oog om ligstrale vanaf voorwerpe op verskillende afstande van die oog op die retina tot ’n fokuspunt te bring sodat dit duidelik gesien word.

akkommodometer (accommodometer) Toestel vir die bepaling van die akkommodasievermoë van die oog.

akkresie (accretion) Abnormale vasklewing.

aklasie (aclasis) <lees diafiseale aklasie>

aklasties (aclastic) Die onvermoë om ligstrale te buig.

akleistokardie (acleistocardia) Onvoldoende sluiting van die foramen ovale.

aklusie (aclusion) Onvoldoende kontak tussen die bo- en ondertande met sluiting van die kake.

akme (acme) <lees hoogtepunte>

aknee (acne) Inflammatoriese siekte van die talgkliere.

akneeagtig (acneform) Met die voorkoms van aknee.

aknemie (acnemia) Atrofie van die kuite van die bene. Dit kan ook verwys na die afwesigheid van die been.

aknitis (acnitis) Papulonekrotiese tuberkulied van die vel, gekenmerk deur akneeagtige papules op die gesig,, wat neig om te veretter en om klein ulsera te vorm.

akoe- (accou-) Verbindingsvorm wat verband hou met gehoor.

akoeëstesie (accou-aesthesia) Die vermoë om goed te hoor.

akoemeter (accoumeter) Instrument gebruik vir die meet van gehoorsterkte.

akoesma (accouma) Ouditêre hallusinasie.

akoesmatagnose (accousmatagnosis) Die onvermoë om klanke te herken as gevolg van ’n geestesafwyking.

akoestiek (acoustics) M.b.t. geluidsleer; studie i.v.m. geluide.

akoesties (acoustic) <lees ook fonies> M.b.t. die oor of geluidsleer.

akoestiese labirint (acoustic labyrinth) <lees koglea>

akoestiese meatus (acoustic meatus) (gehoorkanaal) M.b.t. die oorkanaal.

akoestiese senuwee (acoustic nerve) <lees nervus acusticus>

akognosie (acognosia) Kennis en studie van geneesmiddels.

akoleus (acolonus) Sonder ledemate.

akologie (acology) <lees akognosie>.

akomie (acomia) Haarloosheid.

akoniet (aconite) Giftige gedroogde wortel van Aconitum napellus wat gebruik word as ’n pynstillende en diuretiese middel.

akonitien (aconitina) Aktiewe bestanddeel van akoniet.

akonurese (aconuresis) Onwllekeurige urinering.

akoprose (acoprosis) Afwesigheid van feses in die maagdermkanaal.

akor (acor) Suurheid of bitterheid.

akoree (acorea) Afwesigheid van die pupil van die oog.

akorie (acoria) Onversadigbare eetlus.

akormus (acormus) Monsterfetus sonder ’n ontwikkelde romp.

akosmie (acosmia) ’n Afwyking in die gewone verloop van ’n siektebr />
akoudaal (acaudal, acaudate) (stertloos) Sonder ’n stert.

akoudaat (acaudate) (stertloos) <lees akoudaal>

akoulien (acauline) Sonder ’n stam.

akoulinose (acaulinosis) Skimmelsiekte gekenmerk deur ’n uitslag met ’n etterige afskeiding en korste.

akraal (acral) M.b.t. die distale gedeelte van die liggaam soos die ledemate.

akranie (acrania) Kongenitale gedeeltelike of volledige afwesigheid van die skedel.

akranius (acranius) Monsterfetus sonder ’n skedel of met ’n onvolledige skedel.

akrasie (acrasia) Gebrekkige selfbeheersing.

akraturese (acraturesis) Moeilike urinering as gevolg van atonie van die blaas.

akremoniose (acremoniosis) Toestand wat veroorsaak word deur akremoniuminfeksie.

Akremonium (Acremonium) Genus van swamme wat infeksie by die mens veroorsaak.

akresties (achrestic) Onvermoë om die ant-anemiese faktore in die liggaam te verbruik.

akridien (acridine) Moederstof van ’n klas kleurstowwe en chemoterapeutiese middels.

akriflavien (acriflavine) ’n Reuklose, antiseptiese, nie-irriterende poeier. Dit word gebruik vir die voorkoming van wondsepsis.

akrisie (acrisia) Onsekerheid in verband met die diagnose en prognose van ’n siekte.

akritochromasie (acritochromocy) Kleurblindheid.

akroanestesie (acro-anaesthesia) Anestesie van die ledemate.

akroasfiksie (acro-asphyxia) “Dooie” vingers en tone.

akroataksie (acro-ataxia) Ataksie van die vingers en tone.

akrobistioliet (acrobystiolith) Voorhuidsteen.

akrobistitis (acrobystitis) Inflammasie van voorhuid.

akroblast (acroblast) Golgi-apparaat in die spermatied waaruit die akrosoom bestaan.

akrodermatitis (acrodermititis) Dermatitis van die ledemate.

akrodine (acrodynia) (pienksiekte) ’n Kindersiekte gekenmerk deur emosionele en vasomotoriese versteurings met fotofobie, sweet, prikkelbaarheid, tagikardie en pienk jeukende huidversteurings.

akroëdeem (acro-oedema) Chroniese edeem.

akroëstesie (acro-aesthesia) Verhoogde gevoeligheid.

akrofobie (afraid of heights) hoogtevrees

akrogerie (acrogeria) Vervroegde veroudering van die huid van die ekstremiteite.

akrohiperhidrose (acrohyperhydrosis) Oormatige sweet van die ledemate.

akrokeratose (acrokeratosis) Erflike hiperkeratose van hande en voete.

akrokinese (acrocinesis) Oormatige vryheid van beweging.

akromanie (acromania) Geestesversteuring gekenmerk deur verhoogde motoriese aktiwiteit.

akromegalie (acromegaly) <lees ook gigantisme> Vergroting van die gesig, hande en voete a.g.v. ’n oormatige sekresie van die groeihormoon somatotropien, nadat die epi- en diafises reeds versmelt het - na die 18de tot 21ste lewensjaar.

akromegalies (acromegalic) M.b.t. akromegalie.

akromelies (acromelic) M.b.t. die distale gedeelte van ’n ledemaat.

akromegaloidisme (acromegaloidism) Toestand wat lyk na akromegalie, maar wat nie veroorsaak word deur die hipofisêre klier nie.

akrometagenese (acrometagenesis) Verhoogde groei van die hande of voete.

akromfalus (acromphalus) Middelpunt van die umbilikus, wat aan die naelstring geheg is.

akromiaal (acromial) M.b.t. die akromion.

akromion (acromion, acromion process) (akromionproses) Driehoekige uitsteeksel van die beenrif op die bladbeen (skapula) wat deel uitmaak van die skouergewrig.

akromionproses (acromion process) <lees akromion>

akromiotonie (acromyotomia) Spastiese toestand van die hande en voete.

akroniks (acronyx) Ingegroeide vinger- of toonnael.

akropagiderma (acropachyderma) Toestand gekenmerk deur huidverdikking aan die gesig, kopvel en ledemate.

akropagie (acropachy) Verdikte vingers of tone.

akroparalise (acroparalysis) Paralise van die distale gedeelte van die ledemate.

akroparastesie (acroparaesthesia) Parestesie van die distale gedeeltes van die vingers.

akroplasma (acroblast) Lees akroblast.

akropostitis (acroposthitis) Inflammasie van die voorhuid.

akrosefalie (acrocephalia) Lees oksisefalie.

akrosefalosindaktilie (acrocephalosyndactylia) Kongenitale malformasie gekenmerk deur akrosefalie en sindaktilie van die hande of voete.

akrosentries (acrocentric) Wanneer die sentromeer naby die een ent van die chromosoom geleë is.

akrosfaselus (acrosphacelus) Gangreen van die vingers of tone.

akrosianose (acrocyanosis) Toestand gekenmerk deur koudheid en sianose van die distale gedeeltes van die ledemate en van ander perifere gedeeltes van die liggaam, soos die neus en ore.

akroskleroderma (acroscleroderma) Lees sklerodaktilie.

akrosklerose (acrosclerosis) Verharding van die huid en onderhuid van die ekstremiteite.

akrosoom (acrosome) Digte, spits toppunt van die spermatosoön wat die sperm help om die ovum te penetreer.

akroteries (acroteric) M.b.t. die periferie.

akrotisme (acrotism) Polsloosheid.

akrotrofoneurose (acrotrophoneurosis) Trofiese veranderinge aan die distale gedeeltes van die liggaam.

aksantopsie (axanthopsia) Geelblindheid.

akselerator (accelerator) (versneller) Senuwee of spier wat ’n bepaalde funksie versnel.

aksellerans (accelerans) Versnellend.

aksellerans-senuwee (accelerans nerve) Kardiale simpatiese senuwee wat die hartslag versnel.

akseptor (acceptor) Stof wat verbind met die produk van ’n chemiese reaksie.

aksessifleksor (acessiflexor) Hulpfleksorspiere.

aksessories (accessory) Bykomend of bykomstig.

aksessoriese freniese senuwee (accessory phrenic nerve) <lees nervus phrenicus accessorius>

aksessoriese hemiasigosvena (accessory hemiazygos) <lees vena hemiazygos accessoria>

aksessoriese organe (accessory organs) (bykomende organe) ’n Term wat gebruik word i.v.m. organe wat ’n aanvullende funksie het tot die van die hooforgaan, bv. tande, tong, speekselklier, pankreas, lewer en galblaas.

aksessoriese renale arterie (accessory renal artery) <lees arteria renalis accessoria>

aksessoriese senuwee (accessory nerve) <lees nervus accessorius>

aksiaal (axial) <sien ook biaksiaal> (asstandig) M.b.t. ’n as.

aksiale skelet (axial skeleton) (asskelet) Die sentrale gedeelte (as) van die geraamte wat bestaan uit die skedel en werwelkolom met borsbeen en ribbes.

aksidentalisme (accidentalism) Geneeskundige teorie wat siektetoestande as ’n toevallige modifikasie van gesondheid beskou en waarvolgens die simptome van die pasiënt behandel word sonder inagneming van die oorsaak of onderliggende patologie..

aksidentele parasiet (accidental parasite) ’n Organisme wat net nou en dan parasities is,

aksie (action) Die uitvoer van ’n liggaamsfunksie.

aksie-stroom (action current) Elektriese stroom wat gepaard gaan met neurale spier-, klier-, of ander weefselaktiwiteit.

aksie-potensiaal (action potential) <sien ook piekpotensiaal / cf ruspotensiaal> Elektriese veranderinge in lewende weefsel wat deur galvanometer geregistreer kan word.

aksie-stroom (action current) Elektriese stroom wat gepaard gaan met neurale spier-, klier-, of ander weefselaktiwiteit.

aksilemma (axilemma) Skede van ’n assilinder van ’n gemieliniseerde senuweevesel.

aksilla (axilla, armpit) (armholte, oksel) Die hoek tussen die ledemaat en die liggaam.

aksillêr (axillary) M.b.t. die aksilla.

aksillêre arterie (axillary artery) <lees arteria axillaris>

aksillêre senuwee (axillary nerve) <lees nervus axillaris>

aksillêre vena (axillary vein) <lees vena axillaris>

aksion (axion) Brein en rugmurg.

aksipetaal (axipetal) Sentripetaal.

aksipiter (accipiter) ’n Verband vir die gesig.

aksis (axis) (axis) Die tweede nekwerwel.

aksolemma (axolemma) Fyn membraam wat in sekere omstandighede om die assilinder van ’n senuweevesel gevind word.

akson (axon) <sien ook dendriet> (senuwee-uitloper) ’n Lang, meestal onvertakte uitloper - behalwe op die eindpunt - vanaf die selliggaam van ’n neuron, wat impulse weg van die selliggaam na ander senuweeselle of na ander dele, spiere of kliere, van die liggaam vervoer.

aksondegenerasie (axon degeneration) Disintegrasie van die assilinder.

aksonheuwel (axon hill) ’n Vergrote deel van die senuselliggaam waar die akson sy oorsprong het; gedeelte waar geen Nissl-liggaampies voorkom nie.

aksonheuweltjie (axon hillock) Eerste gedeelte van die akson.

aksonrefleks (axon reflex) Refleks wat sonder ganglionselle ontstaan en waarby geleiding geskied vanaf die een tak van ’n senuweevesel na ’n ander tak.

aksonaal (axonal) M.b.t. ’n akson.

aksonometer (axonometer) Instrument vir die bepaling van die astigmatisme-as.

aksonotmese (axonotmesis) Senuweestelsel waarby die senuweevesels dermate beskadig is dat perifere degenerasie volg.

aksoplasma (axoplasm) Stof wat die fibrille van ’n akson bymekaar hou.

aksospongium (axospongium) Retikulêre struktuur van die assilinder.

AKTH (ACTH) <lees adrenokortikotrofiese hormoon>

aktief (active) <cf passief> Energiek; gekenmerk deur aksie of handeling.

aktien (actin) <sien ook miosien> ’n Proteïen in ’n spiervesel wat saam met miosien verantwoordelik is vir kontraksie en verslapping van die spiere.

aktiewe absorpsie (active absorption) <lees ook absorpsie; osmose> Die opname of vervoer van stowwe van ’n lae na ’n hoë konsentrasie van ’n stof deur aktiewe deelname van ’n selmembraan; energie vanaf ATP.

aktiewe beweging (active movement) <cf passiewe beweging> Spieraksie in ’n gewrig as gevolg van ’n willekeurige poging sonder eksterne hulp.

aktiewe immuniteit (active immunity) <cf passiewe immuniteit> Verworwe immuniteit verkry deurdat die liggaam aktief antiliggame teen antigene produseer.

aktiewe streek (active site) ’n Plek op die oppervlakte van ensieme waar katalitiese aktiwiteit plaasvind; bindplek aan die ensiem waaraan die substraat koppel.

aktiewe transport (active transport) <cf passiewe transport> Die beweging van stowwe oor ’n membraan met behulp van chemiese energie - wat dus die sel in staat stel om groter molekules deur te laat as wat andersins die geval sou wees - beweging van molekules teen die konsentrasiegradiënt met behulp van energie en ’n draermolekule.

aktinies (actinic) M.b.t. die chemies aktiewe strale van die lugspektrum.

aktiniese dermatitis (dermatitus actinica) <lees dermatitis>

aktinisme (actinism) Eienskap van straalenergie wat chemiese veranderinge bewerkstellig.

aktinium (actinium, Ac) (Ac) ’n Radioaktiewe element.

aktinochemie (actinochemistry) Chemie wat handel oor die werking van ligstrale.

aktinodermatitis (actinodermatitis) Dermatitis veroorsaak deur röntgen en ander strale.

aktinogeen (actinogenous) Enige stof wat straling veroorsaak.

aktinometer (actinometer) Instrument vir die meeting van die sterkte van aktiniese strale.

aktinomikose (actinomycosis) Chroniese siekte as gevolg van infeksie met een van die Actinomyces-organismes. Dit word gekenmerk deur chroniese verettering; vorming van granulasieweefsel en sinusformasie met aantasting van veral die kaak, nek, ingewandskanaal en longe.

aktinomisien (actinomycin) Antibiotikum verkry uitStreptomyces.

aktinoneuritis (actinoneuritis) Neuritis veroorsaak deur radioaktiewe strale.

aktinotoksemie (actinotoxaemia) Toksemie veroorsaak deur weefselvernietiging deur ioniserende strale.

aktivator (activator) Agens wat in staat is om ander stowwe te aktiveer.

aktiveer (activate) Om aktief te maak.

aktiveringsenergie (activation energy) Energie wat nodig is om ’n chemiese reaksie aan die gang te sit.

aktiwiteit (activity) Vermoë tot handeling of werking.

aktomiosien (actomyosin) Proteïenkompleks wat verband hou met spierkontraksie.

akuminaat (accuminate) Met ’n skerp punt.

akupressuur Die saamdrukking van ’n oop bloedvat deur naalde in die omringende weefsel te steek.

akupunksie (acupuncture) Punksie van die vel met een of meer naalde.

akuseksie (acusection) Snyding d.m.v. ’n elektrochirurgiese naald.

akute gewrigsontsteking (acute joint inflammation) Rumatiekkoors.

akute glomerulonefritis (acute glomerulo-nephritis, acute nephritis) <lees akute nefritis>

akute nefritis (acute glomerulo-nephritis, acute nephritis) Akute inflammasie van die nier met diffuse aantasting van die glomulêre apparaat.

akuut (acute, sharp) <cf chronies> (skerp, straf) Met verwysing na ’n siekte of ongesteldheid wat vinnig ontwikkel en kort duur.

akwaduk (aqueduct) Enige kanaal wat vloeistof bevat.

akweuse vog (vitreous humour, vitreous body) <lees ook vitreuse liggaam> (voorkamervog, watervog) ’n Waterige oogvog; ’n helder waterige vloeistof wat die voorste en agterste kamers van die oog vul.

Al (Al) <sien aluminium> Chemiese simbool vir aluminium.

ala (ala) Vlerk of vleuel. Beteken ook arm of skouer.
ala cinerea (ala cinerea) Serebrale area geleë lateraal tot die nucleus intercalatus.
ala nasea (ala nasea) Neusvleuels.
alalies (alalic) M.b.t. alalie.
alanien (alanine) Een van die twintig bekende aminosure wat in proteïene aangetref word.

alarmreaksie (alarm reaction) <lees aanpassingsindroom>

alastrim (alastrim, amaas, variola minor) Ligte vorm van pokkies wat veral voorkom in Suid-Afrika en Suid-Amerika.
alba (alba) Die wit bindweefsel van die brein en senuwees.
Albarran se klier (Albarran’s gland) Daardie deel van die mediane kwab van die prostaatklier wat posterior tot die blaasnek geleë is.
Albee se operasie (Albee’s operation) Spinale fusie d.m.v. beentransplantaat in gevalle van tuberkulose van die werwelkolom.
Albers-Schönberg-siekte (Albers-Schönberg’s disease) <lees osteopetrose>

albinies (albinic) M.b.t. albinisme.

albinisme (albinism) Die afwesigheid van pigment.

albino (albino) ’n Persoon met albinisme.

Albright se siekte (Albright’s disease) (Poliostotiese fibreuse displasie) Seldsame toestand gekenmerk deur fibreuse beendisplasie en oorliggende onreëlmatige melanotiese velpigmentasie wat segmenteel en dikwels in dermatoomdistribusie voorkom.

albuginea (albuginea) Wit of witagtig.

albuginea oculi (albuginea oculi) Sklera van die oog.

albuginea penis (albuginea penis) Dik fibreuse wand van die penis.

albumien (albumin) (eierwit, eiwit) <sien albumine> ’n Proteïen wat veral in bloed gevind word; klein hoeveelhede word ook in verskeie ander weefsel aangetref.

albumine (albumin) (eierwit, eiwit) <sien albumien> ’n Proteïen wat veral in bloed gevind word; klein hoeveelhede word ook in verskeie ander weefsel aangetref.

albumineus (albuminous) Bevattende of met die eienskappe van albumien.

albuminipaar (albuminiparous) Wat albumien voortbring.

albuminoïed (albuminois) Albumienagtig.

albuminometer (albuminometer) Instrument vir die kwantitatiewe bepaling van albumien in vog.

albuminorree (albuminorrhoea) Oormatige uitskeiding van albumien.

albuminose (albuminosis) Buitengewone toename in die albumienelemente in die bloed.

albuminurie (albuminuria) Albumien in die uriene.

albuminuries (albuminuric) Gekenmerk deur of as gevolg van albuminurie.

albumose (albumose) Eerste afbreekproduk in die ensimatiese ontbinding van albumien.

albumosurie (albumosuria) Teenwoordigheid van albumien in die urien.

Alcock se kanaal (Alcock’s canal) Fassiale skede van die interne pudendale arterie, vena en pudendale senuwee.

aldehied (aldehyde) 'n Stof met die kenmerkende CHO-groep wat verkry word deur die oksidasie van 'n primêre alkohol.

aldehiedgroep (aldehyde group, CHO group) (CHO-groep) ’n Groep elemente in ’n molekule bestaande uit koolstof - C, waterstof - H en suurstof - O.

aldehiedsuiker (aldose) <sien aldose>

aldoheksose (aldohexose) Enige heksose wat die aldehiedgroep bevat.

aldolase (aldolase) ’n Spierensiem.

aldopentose (aldopentose) Aldehiedsuiker met 5 koolstofatome, bv. deoksiribose.

aldose (aldose) <sien ook ketose 2de inskrywing> (aldehiedsuiker) ’n Groep monosakkariede wat ’n aldehiedgroep bevat.

aldosteronisme (aldosteronism) Uitermatige produksie en uitskeiding van aldosteroon.

aldosteroon (aldosterone) ’n Hormoon wat deur die bynierkorteks gesekreteer word en natrium in die liggaam terughou.

aldrien (aldrin)Een van die heksachloor-insekdoders wat vir die mens toksies is en deur die vel opgeneem word.

aleksie (alexia) Sensoriese afasie, gekenmerk deur die onvermoë om geskrewe woorde te begryp.

aleksien (alexin) Lees komplement.

Aleppo-seer (Oriental sore) Lees Oosterse seer.

alesitaal (alecithal) ’n Ova wat min of geen dooier bevat nie.

aletie (alethia) Onvermoë om te vergeet.

aleukemie (aleukaemia) Lees leukemie.

aleukemiese (aleukaemic) M.b.t. aleukemie.

Aleurisma (Aleurisma) Genus van swamme waarvan sommige spesies in menslike velletsels gevind word.

alfa (alpha) Eerste letter van die Griekse alfabet.

alfa-hemolitiese streptokokki (alpha-haemolytic streptococci) Streptokokki wat groenerige verkleuring veroorsaak in die onmiddellike omgewing van Streptococcus viridans en pneumokokkus wanneer dit gekweek word op vaste media wat bloed bevat.

alfa-selle (alpha cells) Seltipe in die eilandjies van Langerhans wat asidofiele korrels bevat en geneig is om aan die periferie gerangskik te wees.

alfaglobulien (alpha globulin) Een van die bestanddele van bloedplasma waarvan sommige hormone vervoer.

alfaselle (alpha cells) <sien ook betaselle> ’n Seltipe in die Langerhans-eilandjies wat asidofiele korrels bevat en geneig is om aan die periferie gerangskik te wees.

alfastrale (alpha rays) <sien ook betastrale; gammastrale> Hoëspoed-heliumkerne wat uit radioaktiewe stowwe uitstraal.

algedonies (algedonic) M.b.t. ’n mengsel van genot en pyn.

algemene anatomie (general anatomy) Die studie van die algemene struktuur en samestelling van die liggaam.

algesie (algesia) Oorgevoeligheid vir pyn.

algesimeter (algesimeter) Sien algometer.

algofobie (algophobia) Sieklike vrees vir pyn.

algometer (algometer) Instrument waarmee pyngevoeligheid gemeet word.

algor (algor) Koue.

algor mortis (algor mortis) Doodskoudheid.

alifaties (aliphatic) Met betrekking tot 'n vet.

alifaties (aliphatic) <sien ook siklies> Dit beskryf asikliese organiese verbindings met koolstofatome in reguit of vertakte kettings.

alkaan (alkane) 'n Versadigde koolwaterstof in die vorm van ringe of kettings.

alkali (alkali) <cf suur n.> : 'n Stof wat 'n suur neutraliseer; 'n stof wat basiese reaksies veroorsaak deurdat dit OH--ione vrystel, bv natriumhidroksied.

alkali (alkali) <cf suur n.> 'n Vloeistof met 'n pH van meer as 7.

alkali-aardmetaal (alkaline-earth metal, alkali earth metal) 'n Groep gryswit, smeebare metale wat maklik in lug oksideer.

alkalies (alkaline) <cf suur > Eienskap van 'n stof wat 'n pH van meer as 7 het; m.b.t. 'n alkali.

alkalimetaal (alkali metal, alkaline metal) 'n Groep elemente met 'n enkele buitenste elektron en 'n binnestruktuur van die voorafgaande edelgas.

alkaliniteit (alkalinity) <cf asiditeit> 'n Oormaat hidroksielione in 'n waterige oplossing.

alkaloïed (alkaloid) 'n Stikstofbevattende organiese basis wat in sekere plante voorkom. Dit kan giftige of geneeskragtige eienskappe besit, bv kafeïen, morfien, nikotien, strignien.

alkalose (alkalosis) <cf asidose> 'n Toestand waar die pH van die liggaamsvloeistowwe bo normaal is; 'n hoë pH van die ekstrasellulêre vog omdat te veel basis teruggehou, of te veel suur verloor word.

alkeen (alkene) 'n Algemene naam vir 'n groep onversadigde koolwaterstowwe wat een dubbelband tussen die koolstofatome in elke molekule bevat.

alkohol (alcohol) <sien ook etanol> 'n Organiese verbinding wat die kenmerkende hidroksielgroep bevat.

alkoholisme (alcoholism) (dranksug) 'n Verslawing aan sterk drank.

alkoholvergiftiging (alcohol poisoning) Vergiftiging deur gebruik van te veel alkohol.

alkyn (alkyne) 'n Algemene naam vir 'n groep onversadigde koolwaterstowwe wat een driedubbele band tussen die koolstofatome in elke molekule bevat.

allantoïs (allantois) 'n Fetale membraan wat bydra tot die vorming van die naelstring.

alleel (allele, allelomorph) <sien ook wet van Mendel> (allel, allelomorf) Een van twee of meer gene wat op dieselfde posisie op 'n spesifieke paar chromosome voorkom en 'n bepaalde kenmerk kontroleer; in Mendeliese oorerwing is dit een van 'n paar kenmerke wat alternatief oorgeêrf word, sodat die afstammelinge die een of ander van die kenmerke vertoon, maar nooit 'n mengsel van die twee nie.

allel (allele) <sien alleel>

allelomorf (allelomorph) <sien alleel>

allergeen (allergen) Eenige stof, gewoonlik 'n proteïen, wat in staat is om allergie of hipersensitiwiteit teweeg te bring.

allergie (allergy) <sien ook anafilakse; atopie> 'n Onvolledige of abnormale reaksie teen 'n antigeen; 'n hipersensitiwiteit vir 'n stof wat normaalweg vir die meeste mense onskadelik is indien dit in dieselfde konsentrasie sou voorkom.

allergies (allergic) <sien ook anafilakties; sensitief> M.b.t. 'n persoon wat hipersensitief vir 'n sekere stof is.

allergiese skok (allergic shock) <sien anafilaktiese skok>

alles-of-niks-wet (all-or-none law) Die beginsel waarvolgens 'n senuwee of spierelement glad nie op 'n prikkel laer as die drempelwaarde reageer nie, terwyl dit maksimaal saamtrek indien die prikkel sterker as die drempelwaarde is.

allomorfisme (allomorphism) Verandering van die vorm van 'n sel.

allomorfisme (allomorphism) Verandering in kristallyne vorm sonder enige verandering in chemiese samestelling.

alloritmie (allorhythmia) <sien ook aritmie> Periodieke verandering in die ritmiese beweging van die hart en pols.

allosoom (allosome) 'n Vreemde bestanddeel in sitoplasma wat van buite af ingedring het.

allosoom (allosome, heterochromosome, heterosome) (heterochromosoom, heterosoom) 'n Chromosoom wat van ander verskil, bv. 'n geslagschromosoom.

allotriofagie (allotriophagy) <sien pika>

allotropies (allotropic) M.b.t. allotropisme.

allotropisme (allotropism) Die bestaan van 'n chemiese stof in twee verskillende vorms (allotropiese vorms) met afsonderlike eienskappe, bv. grafiet en diamant is allotropiese vorms van koolstof.

aloïen <sien ook aloïne en aalweebitter> Die purgerende bestanddeel van aalwee.

aloïne <sien ook aloïen en aalweebitter> Die purgerende bestanddeel van aalwee.

aluminium (aluminium, Al) (Al) 'n Blouerige silwerwit rekbare sagte metaal wat baie lig is en nie roes nie.

alveolêr (alveolar) M.b.t. die alveolus.

alveolêre abses (alveolar abscess) ’n Versameling van etter by die alveolêre rand a.g.v. infeksie van die weefsel om die tandwortel.

alveoli (alveoli) Meervoud van alveolus.

alveolus (alveolus) (Enkelvoud van alveoli.) Die benige kas van 'n tand.

alveolus (alveolus) (Enkelvoud van alveoli.) Enige sakagtige struktuur.

alveolus (alveolus) (Enkelvoud van alveoli.) 'n Klein lugsakkie in die longe waar gasse uitgeruil word.

alvleesklier (pancreas) <sien pankreas>

alvleessap (pancreatic juice) <sien succus pancreaticus>

alvleisklier (pancreas) <sien pankreas>

alvleissap (pancreatic juice) <sien succus pancreaticus>

Alzheimer (afkorting van Alzheimer se siekte)'n Siekte wat gekenmerk word deur die vroeë agteruitgang van die harsings, deur die aantasting van spraak en geheue.

amaas (smallpox) <sien ook melkpokkies> 'n Ligte vorm van pokkies.

amara 'n Bitter medisyne.

ambidekster (ambidextrous) Kan beide linker- en regterhand ewe goed gebruik.

ambilateraal (ambilateral) Wat beide die linker- en regterkant aantas.

ambiseksueel (ambisexual) M.b.t. eienskappe wat by beide geslagte voorkom, bv pubiese hare.

ambliopie (amblyopia) Gebrekkige visie sonder enige waarneembare oogletsel.

ambulans (ambulance) Voertuig om siek persone mee te vervoer.

ambulansvliegtuig (ambulance plane) 'n Vliegtuig om siek persone mee te vervoer.

amebe (ameba, amoeba) (amoeba) Eensellige mikro-organisme - vormlose massa protoplasma met 'n selkern - wat gedurig van vorm verander deur pseudopodia te vorm waardeur dit beweeg en voedsel opneem.

amebedisenterie Disenterie veroorsaak deur amebes.

amebesied (amoebicide) 'n Middel wat amebes doodmaak.

amebiase (amoebiasis) Siekte veroorsaak deur amebes.

amebies (amoebic) Soos 'n amebe; veroorsaak deur amebes.

amebiese abses (amoebic abscess) ’n Abses wat gewoonlik in die lewer geleë is. Dit word veroorsaak deur Entamoeba histolytica.

ameboïed (amoeboid) Soos 'n amebe, veral m.b.t. beweging m.b.v. pseudopodia.

ameboïede beweging (amoeboid motion) Beweging d.m.v. skynpote soos bv. die beweging van leukosiete.

amenoree (amenorrhoea) Afwesigheid of onderdrukking van menstruasie.

amfetamien (amphetamine) <sien ook amfetamine> 'n Sintetiese stof; onder andere gebruik as 'n stimulans.

amfetamine (amphetamine) <sien ook amfetamien> 'n Sintetiese stof; onder andere gebruik as 'n stimulans.

amfiartrose (amphiarthrosis) 'n Tipe artikulasie waar min beweging moontlik is, bv tussen die werwels.

amfibies (amphibious) In staat om op land en in die water te lewe.

amied (amide) Algemene naam vir organiese verbindings met die funksionele -CONH2, of amiedgroep.

amied (amide) Derivaat van karboksielsure waar die hidroksielgroep, -OH, verplaas is met 'n aminogroep, -NH2.

amien (amine) <sien ook aminogroep> Algemene naam vir organiese verbindings met die funksionele groep -NH2.

amien (amine) 'n Stikstofbevattende organiese verbinding waar een of meer waterstofatome van ammoniak, NH3, verplaas is deur organiese radikale.

amien (amine) Organiese basis, bv. purien en pirimidien.

amilase (amylase) Ensiem in die spysverteringskanaal wat stysel opbreek - hidroliseer - in maltose.

amilopektien (amylopectin) <sien ook amilose> Wateronoplosbare bestanddeel van stysel.

amilopsien (amylopsin) <sien pankreasamilase>

amilose (amylose) <sien ook amilopektien> Wateroplosbare bestanddeel van stysel.

aminase (aminase) Die ensiem wat aminosure opbreek.

aminogroep (amino group) <sien ook amien 1ste inskrywing> Die groep -NH2 wat in peptiede, proteïene en verskeie ander organiese verbindings voorkom.

aminosuur (amino acid) <sien ook essensiële aminosuur> Die boustene van proteïene; organiese verbinding wat 'n aminogroep,-NH2, en 'n karboksielgroep, -COOH, bevat - ongeveer 20 aminosure kom in die natuur voor.

amitose (amitosis) <sien ook meiose/cf mitose> Direkte seldeling sonder die vorming van chromosome.

ammoniak (ammonia, NH3) (NH3) 'n Kleurlose sterkruikende gas wat gevorm word deur die ontbinding van proteïene, stikstofbevattende basisse en ureum.

ammonium (ammonium, -NH4) (-NH4) Alkaliese radikaal wat slegs in verbindings bestaan.

amnesie (amnesia) Gehele of gedeeltelike verlies van die geheue.

amnesiese afasie (amnesic aphasia) Die onvermoë om woorde of name te onthou.

amniogenese (amniogenesis) Die ontwikkeling van die amnion.

amnion (amnion, amniotic sac) <sien ook fetale membraan> (vrugwatersak) Die heel binneste van die fetale membrane; omsluit die naelstring en vorm 'n sak wat die fetus en amnionvloeistof bevat.

amnionvloeistof (amnion fluid, amniotic fluid) (amniotiese vloeistof, vrugwater) Vloeistof wat deur die fetale membraan en fetus geproduseer word en die fetus in die uterus bedek en beskerm.

amnioties (amniotic) (m.b.t. die amnion)

amniotiese vloeistof (amniotic fluid) <sien amnionvloeistof>

amoeba (amoeba) <sien amebe>

amorf (amorph) Onaktiewe of byna onaktiewe geen sonder enige bepaalbare effek <genetika>

amorf (amorphic, amorphous) (amorfies, vormloos) Sonder bepaalde of reëlmatige vorm.

amorfie (amorphia) (vormloosheid) Gemis aan 'n bepaalde vorm.

amorfies (amorphous) <sien amorf adj.>

AMP (AMP) <sien adenosienmonofosfaat>

ampère (ampere, A) (A) SI-eenheid wat die intensiteit van 'n elektriese stroom aandui.

amplitude (amplitude) <sien ook golf; golflengte> Die afstand vanaf die verste punt van 'n ossillasie na die as of middelpunt (ruspunt).

ampulla (ampulla) Die verwyde end van 'n kanaal of buis.

amputasie (amputation) Die chirurgiese verwydering van 'n ledemaat of ander liggaamsdeel.

anaal (anal) Wat by of naby die anus geleë is.

anaal (anal) M.b.t. die anus.

anabolies (anabolic) <cf katabolies> M.b.t. anabolisme.

anabolisme (anabolism) <sien ook metabolisme / cf katabolisme> Die proses in lewende organismes waartydens eenvoudige anorganiese voedingstowwe opgebou word tot organiese stowwe.

anaërobies (anaerobic) <cf aërobies> 'n Nie-suurstofvereisende reaksie; lewe of funksioneer in die afwesigheid van suurstof.

anaërobiese respirasie (anaerobic respiration) <cf aërobiese respirasie> Respirasie vind plaas in die afwesigheid van vry suurstof; gas of opgelos in water.

anaëroob (anaerobe) 'n Mikro-organisme wat in staat is om sonder suurstof te lewe.

anafase (anaphase) <sien ook interfase; metafase; profase en telofase> Die derde stadium in die prosesse van mitose en meiose waartydens dogterchromosome na verskillende pole beweeg.

anafilakties (anaphylactic) <sien ook allergies> M.b.t. anafilakse.

anafilakse (anaphylaxis) <sien ook allergie; atopie; hipersensitiwiteit> 'n Ongewone of oordrewe allergiese reaksie teen 'n vreemde proteïen of ander stof.

anafilakse (anaphylaxis) <sien ook allergie; atopie; hipersensitiwiteit> Enige hipersensitiewe reaksie 'n verdere blootstelling aan dieselfde antigeen.

anafilaktiese skok (anaphylactic shock) <sien ook skok> (allergiese skok) Skok teweeggebring wanneer 'n persoon hipersensitief of allergies vir 'n sekere stof is.

anale kanaal (anal canal) Die kanaal tussen die rektum en die anus.

anale klep (anal valve) Een van die halfmaanvormige slymvliesvoue by die aansluiting van die rektum en die anale kanaal.

analgesie (analgesia) Verlies van pyngevoel.

analgeties (analgetic, pain relieving) (pynstillend) Wat pyn verdoof.

analgetikum (analgesic, pain reliever) (pynstiller) Geneesmiddel wat pyn verdoof.

analgie (analgia) Afwesigheid van pyn.

analise (analysis) (ontleding) Kritiese ondersoek van iets.

analiseer (analyse) (ontleed) Om die samestellende dele van 'n liggaam te bepaal.

analiseerder (analyser) Instrument wat stowwe ontleed.

analiseerder (analyser) 'n Reseptor, tesame met sy sentrale senuweeverbindings, waarmee gevoeligheid vir prikkels onderskei word.

analities (analytic) (mbt analise)

analitiese balans (analytical balance) 'n Balans wat in die laboratorium gebruik word en sensitief is vir variasies van 0,05 tot 0,1 mg.

analoog (analogous) <sien ook homoloog 1ste inskrywing> Ooreenkomstig of eenders in sekere aspekte, soos in struktuur (voorkoms) en funksie, maar nie in oorsprong of ontwikkeling nie.

analoog (analogous) <sien ook homoloog 2de inskrywing> Liggaamsdele of organe wat dieselfde funksie vervul, maar nie dieselfde oorsprong of bou het nie, bv. kieue en longe.

analoog (analogous) <sien ook homoloog 3de inskrywing> Twee of meer chemiese verbindings met dieselfde struktuur, maar met verskillende atome - wat die metaboliese funksie kan verander.

anastomose (anastomosis) Verbinding tussen twee bloedvate of hol organe.

anatomie (anatomy) <sien ook fisiologie> Studie van die vorm en struktuur van liggaamsdele.

anatomies (anatomical, anatomic) (m.b.t. anatomie)

anatomiese dooieruimte (anatomical dead space) 'n Ruimte in die lugweë waar daar nie gaswisseling plaasvind nie.

anatomiese posisie (anatomical position) Posisie van die liggaam wanneer 'n persoon regop staan met die hande langs die sye en die palms na vore gerig.

anatoom (anatomist) Deskundige op die gebied van anatomie.

androgeen (androgen) <cf estrogeen 1ste inskrywing> 'n Manlike geslagshormoon, bv testosteroon.

androgeen (androgen) <cf estrogeen 2de inskrywing> Enige substans wat manlike geslagskenmerke voortbring en in stand hou.

androgien hermafrodiet; tweeslagtig

anemie (anaemia) (bloedarmoede) 'n Tekort aan hemoglobien en/of rooibloedselle in die bloed.

anemies (anaemic) (bloedarmoedig) M.b.t. anemie.

anestesie (anaesthesia, narcosis) (narkose, verdowing) Toestand van algehele of gedeeltelike verlies van sensasie of ongevoeligheid vir prikkels, met of sonder verlies van bewussyn.

anestetikum (anaesthetic, narcotic) (narkosemiddel, verdowingsmiddel) 'n Middel wat gebruik word om pyn of gevoeligheid te onderdruk; stof wat anestesie teweegbring.

anestetikus narkotiseur

aneurisme (aneurysm) Die abnormale verwyding van 'n bloedvat as gevolg van plaaslike verswakking van die wand of 'n aangebore defek.

angina (angina) Strawwe, versmorende, krampagtige pyn wat gewoonlik met hartsiektes geassosieer word.

angina pectoris hartkramp

angiografie (angiography) Die maak van angiogramme.

angiogram (angiogram) X-straalfoto van bloedvate in die liggaam.

angioskoop (angioscope) Instrument wat gebruik word vir die ondersoek van bloedvate.

angiotensien (angiotensin) Vaatvernouende stof wat gevorm word deur die ensimatiese werking van renien op angiotensinogeen; 'n stof wat die arteriële spiertonus verhoog om sodoende vasokonstriksie en verhoging van bloeddruk te veroorsaak.

angiotensinase (angiotensinase) Ensiem vir die afbreek van angiotensien.

angiotensinogeen (angiotensinogen) Plasmaglobulien wat deur renien in angiotensien verander word.

angiotripsie (angiotripsy) <sien ook bloedstelping; hemostase> Bloedstelping d.m.v. 'n instrument - angiotriptor.

angiotriptor (angiotribe) Instrument soos 'n forceps (tang) wat gebruik word om bloed te stelp.

angs (anxiety) Gevoel van vrees, benoudheid, onsekerheid, onveiligheid.

anhidrase (anhydrase) Ensiem wat die verwydering van water uit 'n verbinding kataliseer.

anhidrasie (anhydration) <sien dehidrasie>

anhidreer (anhydrate) <sien dehidreer>

anhidried (anhydride) 'n Chemiese verbinding wat uit 'n stof verkry word deur die verlies van 'n molekule water, bv kreatinien uit kreatien.

anhidries (anhydrous) Sonder water.

anioon (anion, negative ion) <cf katioon> (negatiewe ioon) 'n Negatief gelaaide ioon of radikaal; elektronegatiewe ioon.

anisogameet (anisogamete) <sien ook heterogameet; isogameet> Gameet wat slegs in grootte van ander gamete verskil.

anisogamie (anisogamy) <sien ook heterogamie; isogamie> Die samesmelting van twee gamete van ongelyke vorm of grootte.

anisositose (anisocytosis) Teenwoordigheid van rooibloedliggaampies van ongelyke grootte in die bloed.

anisotonies (anisotonic) <cf isotonies 2e inskrywing> Wat ongelyke osmotiese druk uitoefen.

ankilose (ankylosis) Verstywing of onbeweeglikheid van 'n gewrig a.g.v. siekte, besering of chirurgie.

annulus (annulus, ring) (ring) 'n Ringvormige struktuur of gebied; ronde opening.

annulus tracheae (annulus tracheae) Enigeen van die C-vormige kraakbeenringe van die tragea.

anode (anode) <cf katode> Positiewe elektrode waarna elektrone aangetrek word.

anoksemie (anoxaemia, hypoxaemia) <sien ook anoksie> (hipoksemie) Suurstoftekort in die bloed.

anoksie (anoxia, hypoxia) <sien ook anoksemie; apnee; asfiksie 1e inskrywing> (hipoksie) Suurstoftekort in die weefsels; suurstofhonger.

anoreksie (anorexia) Gebrek aan aptyt.

anorektale abses (anorectal abscess) ’n Abses in die bindweefsel rondom die anale kanale.

anorexia nervosa Die toestand wat ontstaan wanneer mense hulle eetlus verloor as gevolg van 'n verslankingsdieet waartydens hulle dan baie min eet.

anorganies (inorganic) <cf organies 1ste inskrywing> 'n Chemiese verbinding wat nie koolstof- of waterstofione bevat nie; stowwe wat nie van organiese oorsprong is nie, bv. koolstofdioksied, minerale soute, suurstof, water ens.

anorganies (inorganic) Word geassosieer met nie-lewende dinge.

antagonis (antagonist) <sien ook agonis / cf sinergis> 'n Orgaan, bv 'n spier, senuwee of endokriene klier, wat 'n ander (agonis) se werking opponeer; 'n spier wat in die teenoorgestelde rigting as die primêre beweger werk.

antagonisme (antagonism) <cf sinergisme> Wat die teenoorgestelde werking het.

antagonisties (antagonistic) <sien ook antagonis> Teenoorgesteld.

antebrachium (antebrachium, forearm) <sien ook arm; brachium> (voorarm) 'n Gedeelte van die arm tussen die elmboog en die polsgewrig <word gevorm deur die radius en die ulna>.

antefleksie (anteflexion) Vooroorbuiging.

anterieur (anterior) <sien anterior>

anterior (anterior, front) <cf posterior 1ste inskrywing> (anterieur, voor, voorste) Geleë voor, of aan die voorkant van 'n liggaam - nader aan die kop.

anterior (anterior, front) <cf posterior 2de inskrywing> (anterieur, voor, voorste) M.b.t. tot die vertrale kant - maagkant.

anterior hipofise (anterior hypophysis) Voorlob van die hipofise.

anteroposterior (anteroposterior) Van voor na agter.

anti-agglutinien (anti-agglutinin) Teenliggaam wat die ooreenstemmende agglutinien neutraliseer.

antibakterieel (antibacterial) Wat bakterieë teenwerk.

antibioties (antibiotic) Wat neig om lewe te vernietig.

antibiotika (antibiotics) <ekv antibiotikum>

antibiotikum (antibiotic) <mv antibiotika> Stof verkry uit lewende mikro-organismes, soos sekere swamme en bakterieë, wat ander mikro-organismes se groei inhibeer of hul vernietig, bv penisillien.

antidepressant (antidepressant) Middel wat gebruik word om depressie teen te werk.

antidiurese (antidiuresis) Onderdrukking van uriensekresie.

antidiuretiese hormoon (antidiuretic hormone, ADH, vasopressin) (ADH, vasopressien) Hormoon wat deur die hipotalamus geproduseer en deur die neurohipofise vrygestel word en wat op die distale nierbuisies inwerk om H2O-absorpsie te bevorder.

antidoot (antidote, antitoxin, counter-poison, toxolycin) (antitoksien, teëgif, teengif, toksolisien) Stof of antiliggaam wat 'n toksien neutraliseer of bind.

antidoot (antidote) (teëmiddel, teenmiddel) Middel wat die werking van 'n ander bestry.

antigeen (antigen) <sien ook antiliggaam> Enige liggaamsvreemde stof (bakterie, virus of ander proteïen) wat die produksie van 'n bepaalde antiliggaam stimuleer.

antigeenbepaler (antigenic determinant) <sien epitoop>

antigeendeterminant (antigen determinant) <sien epitoop>

antihistamien (antihistamine) <cf histamien> 'n Stof wat die effek van histamien teenwerk - word veral gebruik in die behandeling van allergieë.

antikoagulant (anticoagulant) <cf koagulant> (antistolmiddel) 'n Stof wat bloedstolling verhoed of vertraag.

antikodon (anticodon) <cf kodon> Drie naasliggende nukleotiede in oordrag-RNA wat komplementêr ot die kodon in boodskapper-RNA is en wat tydens proteïensintese help om 'n bepaalde aminosuur uit die aminosuurpoel in die sitoplasma te kies.

antiliggaam (antibody) <sien ook antigeen> (teenliggaam) 'n Proteïen, gewoonlik 'n globulien, wat teen 'n spesifieke stof (antigeen) ontwikkel of die antigeen liggaamsvreemd is of nie.

antimoon (antimony, Sb) (Sb) Soort blouwit metaal.

antimoonwyn (antimony wine) Antimoonwyn is tradisioneel gemaak deur wyn te laat staan in ’n houer gemaak van antimoon. Normaalweg word dit vir ten minste een dag gelos. As die suurinhoud van die wyn te hoog is en dit word te lank in die metaalhouer gelos kan dit giftig raak.

antisepties (antiseptic) <sien ook asepties; septies> (ontsmettend) Wat die groei of aktiwiteite van bakterieë keer of beperk.

antiseptikum (antiseptic, disinfectant) (ontsmettingsmiddel) 'n Middel wat die groei van bakterieë keer of beperk; stof wat gebruik word om patogene organismes te vernietig.

antiserum (antiserum) (immuniteitserum, immuunserum) Serum wat spesifieke antiliggame bevat; entstof verkry uit die bloedserum van geïnfekteerde mense of diere.

antistolmiddel (anticoagulant) <sien antikoagulant>

antitoksien (antitoxin) <sien antidoot 1ste inskrywing>

antitoksies (antitoxic) <sien ook atoksies> Wat teen 'n toksien of gif werk.

antitrombien (antithrombin) <sien ook protrombien> Stof wat trombien neutraliseer en sodoende sy aandeel in die stollingsproses verhoed; stof wat die vorming van trombien uit sy voorlopers inhibeer.

antiviviseksie (antivivisection) <cf viviseksie> Teenkanting teen eksperimente met lewende diere.

antraal (antral) Van of m.b.t. 'n antrum.

antraks (carbuncle) < karbonkel >

antrodinie (antrodynia) Pyn in 'n antrum.

antropologie (anthropology) <sien ook antropometrie> Wetenskap van die mens; sy oorsprong, historiese en kulturele ontwikkeling.

antropometrie (anthropometry) <kyk ook antropologie> Afdeling van antropologie wat te doen het met die meting van die grootte, gewig en afmetings van die menslike liggaam.

antrum (antrum) In anatomie gebruik om 'n byna afgeslote holte of kamer aan te dui, bv. die antrum van die maag - prepiloriese gedeelte.

anukleêr (anuclear) (kernloos) Sonder kern.

anurie (anuria) <sien ook oligurie; poliurie> Onvermoë om urine te produseer.

anus (anus) Die opening van die spysverteringskanaal na buite; distale opening van die rektum.

anys (aniseed) ’n Plant waarvan die saad as medikasie gebruik word.

aorta (aorta) Hoofarterie wat uit die linkerventrikel ontspruit; grootste bloedvat van die liggaam.

aorta abdominalis (a., abdominal) Voortsetting van die torakale aorta onderkant die diafragma.

aortaboog (aortic arch) Die boog wat die torakale gedeelte van die aorta vorm.

aortaklep (aorta valve) Een van die halfmaanvormige kleppe in die opening tussen die hart en die aorta.

aortalgie (aortalgia) 'n Pyn in die aorta.

aortektase (aortectasis) <cf aortostenose> Verwyding van die aorta.

aortostenose (aortostenosis, aortic stenosis) <cf aortektase> Vernouing van die aorta.

apeks (apex) Die spits of verste punt van 'n keëlvormige liggaam.

apikaal (apical) M.b.t. die bopunt.

apikale abses (apical abscess) ’n Abses by die apeks van ’n tandwortel.

aplasie (aplasia) Gebrekkige ontwikkeling van 'n orgaan of weefsel.

aplasties (aplastic) <cf plasties 1stee inskrywing> Onvermoë om nuwe weefsel te vorm; anatomies onontwikkeld.

aplasties (aplastic) <cf plasties 2de inskrywing> Wat nie plasties of vormbaar is nie.

aplastiese anemie (aplastic anaemia) Tekort aan al die elemente van bloed, m.a.w. rooibloedselle, witbloedselle en plaatjies, a.g.v. defektiewe beenmurgfunksie.

apnee (apnea, apnoea) <sien ook anoksie; asfiksie 1ste inskrywing> Tydelike stopsetting van asemhaling.

apneustiese sentrum (apneustic centre) Senuweesentrum in die breinstam wat normale respirasie beheer.

apo-ensiem (apoenzyme) <sien ook holo-ensiem / cf koënsiem> Proteïengedeelte van 'n ensiem wat ook 'n prostetiese groep besit - moet aan 'n koënsiem bind om 'n holo-ensiem te wees.

apofise (apophysis) Benige uitsteeksel wat nooit gedurende sy ontwikkeling van die been waaraan dit vas is, skei nie.

apokrien (apocrine) <sien ook holokrien; merokrien> Die tipe kliersekresie waar die vry of apikale gedeelte van die sekreterende sel saam met die sekresieprodukte vrygestel word, bv sekere sweetkliere.

aponeurose (aponeurosis) 'n Sterk, veselagtige bindweefselplaat wat dien as 'n tendon om spiere aan been vas te heg, of as fassia om spiere aanmekaar te heg.

apopleksie 'n Aanval van beroerte.

apparaat (apparatus) 'n Toestel of toerusting vir die uitvoering van natuur- en skeikundige proewe en bewerkings.

apparaat (apparatus) In anatomie is dit 'n groep organe wat saamwerk vir die uitvoering van 'n bepaalde funksie, bv die gehoorapparaat.

appelkoossiekte <sien diarree>

appendektomie (appendectomy) <sien appendisektomie>

appendiks (appendix) <sien appendix vermiformis>

appendisektomie (appendectomy) Verwydering van die appendisitis.

appendisitis (appendicitis) (blindedermontsteking) Inflammasie van die appendix vermiformis.

appendix vermiformis (appendix vermiformis, appendix) (appendiks, blindederm) Klein, vingeragtige uitgroeisel van die sekum.

apteek (pharmacy) Winkel waar medisyne aangemaak word en te koop aangebied word saam met ander medikasie.

apteker (chemist, pharmacist) (farmaseut) Iemand wat opgelei is om geneesmiddels voor te berei en te verkoop.

aptekersparaffien Gesuiwerde paraffien vir inwendige gebruik.

Aq (Aq) <sien aqua>

aqua (aqua, Aq, H2O, water) (Aq, H2O, water) Kleurlose, reuklose vloeistof waarin byna alle stowwe oplos.

aqueductus Sylvii (aqueductus Sylvii) <sien ook Sylvius-spleet> Kanaal of gleuf in die midbrein wat die derde en vierde breinventrikels met mekaar verbind.

Ar (Ar) <sien argon> : 'n Chemiese simbool.

aragnoïed (arachnoid, arachnoid membrane) <sien ook dura mater; meninges; pia mater> (spinnerakvlies) Delikate, webagtige, middelste van die drie membraanomhulsels van die brein.

arbeid (work) Die oordrag van energie; wanneer 'n krag 'n weerstand oorkom en beweging plaasvind.

arbor vitae (arbor vitae) (lewensboom) 'n Boomvormige struktuur van die witstof in die serebellum.

area (area, region) (gebied, streek) 'n Gedeelte van die liggaam met min of meer afgebakende grense, bv. die gastriese streek.

areola (areola) Bruinerige ring - soos om die tepel.

areola (areola) Die deel van die iris wat die pupil omsluit - binnerand van die iris.

areola (areola) 'n Klein ruimtetjie in weefsel.

areolêr (areolar) M.b.t. 'n klein ruimtetjie.

areolêr (areolar) Met openinge of spasies.

areolêre bindweefsel (areolar connective tissue) <sien ook elastiese bindweefsel; veselagtige bindweefsel> (gaatweefsel, losmasige bindweefsel) Weefsel wat verskillende lae lossies bind, bv. die vel aan die onderliggende spiere.

arginien (arginine) 'n Essensiële aminosuur.

argon (argon, Ar) <sien ook atmosfeer 1ste inskrywing> (Ar) 'n Kleurlose, reuklose gas wat ongeveer 0,94% van die atmosfeer uitmaak.

aritmie (arhythmia, arrhythmia) <sien ook alloritmie; disritmie> Abnormale werking van die hart wat uitgeken word aan 'n gebrek aan, of versteurde ritme. Die alternatiewe spelling, arritmie, is ook aanvaarbaar.

arm (arm) <sien ook antebrachium; brachium> Boonste ledemaat vanaf die skouer tot by die pols.

armholte (armpit) <sien aksilla>.

armpyp Hol been in 'n arm.

armslagaar (brachial artery) <sien bragiale arterie>.

Arnica (Arnica) ’n Geslag kruidgewasse van die familie Compositae. Dit verwys ook na ’n water – of alkoholaftreksel van valkruid, Arnica montana, wat vroeër baie as uitwendige middel aangewend is vir kneusplekke en verstuitings. Dit is ook in klein dosisse ingeneem as ’n hartversterkende middel.

arnika (arnica) Enige plant van die geslag Arnica (familie Compositae).Dit verwys ook na ’n water – of alkoholaftreksel van valkruid, Arnica montana, wat vroeër baie as uitwendige middel aangewend is vir kneusplekke en verstuitings. Dit is ook in klein dosisse ingeneem as ’n hartversterkende middel.

aromaties (aromatic) Gebruik vir koolwaterstofverbindings wat een of meer koolstofringe bevat.

aromaties (aromatic) T.o.v. 'n verbinding met 'n benseenring.

aromaterapie (aromatherapy) Massering van die liggaam waarby van 'n verskeidenheid aromatiese plantolies gebruik gemaak word.

arrector pili (arrector pili) Gladdespiervesels wat veroorsaak dat die hare regop, weg van die vel getrek word en sodoende "hoendervleis" vorm.

arritmie (arhythmia, arrhythmia) <sien ook alloritmie; disritmie> Abnormale werking van die hart wat uitgeken word aan 'n gebrek aan, of versteurde ritme. Die alternatiewe spelling, aritmie, is ook aanvaarbaar.

arseen (As) (arsenic, As) 'n Bros, deursigtige en gryskleurige medisinale en giftige element met metaal- en niemetaalagtige kenmerke.

artefak (artefact, artifact) Enige kunsmatige produk of verskynsel in teenstelling met die natuurlike.

arteria (arteria, A, a, artery) <mv arteriae/cf vena> (A, a, arterie, slagaar) 'n Spesifieke slagaar of bloedvat wat bloed vanaf die hart na die res van die liggaam vervoer.

arteria axillaris (arteria axillaris) (aksillêre arterie) Voortsetting van die subklaviese arterie by die buiterand van die eerste rib. Word voortgesit as die bragiale arterie.

arteria coeliaca (arteria coeliaca, coeliac artery) (ingewandslagaar, seliakarterie) Eerste slagaar wat 'n die diafragma uit die dorsale aorta loop en die oorsprong is van arterieë wat na die maag (arteria gastrica), milt (arteria lienialis) en lewer (arteria hepatica) loop.

arteria obturatoria abnormalis (arteria obturatoria abnormalis) ’n Abnormale obturatorarterie.

arteria renalis accessoria (arteria renalis accessoria) (aksessoriese renale arterie) Ontspring in die aorta naby die renale arterie en voorsien die boonste deel van die nier.

arteriae (arteriae) <ekv arteria>.

arteria gastrica (arteria gastrica) Arterie wat na die maag gaan.

arteria hepatica (arteria hepatica) (lewerslagaar) Tak van die ingewandslagaar (arteria coeliaca) wat in die dorsale aorta ontstaan en die lewer van suurstofryke bloed voorsien).

arteria lienialis (arteria lienialis) Arterie wat na die milt gaan.

arterie (artery) <sien arteria>.

arterieel (arterial) M.b.t. 'n arterie.

arteriële bloed (arterial blood) <cf veneuse bloed> Suurstofryke bloed wat O2 na die weefsels vervoer - meestal bloed op pad weg van die hart.

arteriool (arteriole) <cf venule> (slagaartjie) 'n Klein arterie waarvan die distale punt uiteindelik die kapillêre netwerk vorm.

arteriosklerose (arteriosclerosis) 'n Algemene term wat verwys na verskeie toestande waar daar 'n verdikking, verharding en verlies van elastisiteit van die bloedvate voorkom.

arterioveneus (arteriovenous) M.b.t. beide arterieë en venas.

arteritis (arteritis) Inflammasie van 'n arterie.

Arthropoda (Arthropoda) Filum van die diereryk wat gelede aanhangsels besit; grootste groep diere in die diereryk wat spinnekoppe, insekte, bosluise en duisendpote insluit.

artikulasie (articulation, arthrosis, joint) (artrose, gewrig) Die plek waar twee of meer bene in die liggaam bymekaarkom en deur ligamente of kraakbeen met mekaar verbind word.

artikulasieoppervlak (articular surface) (gewrigsoppervlak) Oppervlak waar twee bene wat die gewrig uitmaak teen mekaar raak.

artikuleer (articulate) Plasing van twee bene teen mekaar in 'n gewrig.

artikulêr (articular) <sien ook interartikulêr> M.b.t. 'n gewrig.

artritis Gewrigsontsteking waardeur verskillende vormings op die kraakbeen ontstaan wat die gewrigte laat verskuif en tot misvorming lei.

artropode (arthropods) <sien geleedpotiges>.

artrose (arthrosis) <sien artikulasie>

artrose (arthrosis) Enige degeneratiewe siekte van die gewrig.

artroskopies (arthroscopically) Wat met behulp van 'n liggie op 'n gewrig uitgevoer word.

arts (doctor) Dokter, geneesheer.

artseny (medicine) Geneesmiddel.

artsenykunde <sien ook farmasie> Die kuns om geneesmiddels te berei.

As (As) <sien arseen> Chemiese simbool.

as (axis) Denkbeeldige reguit lyn - van kop tot tone - waarom 'n liggaam kan roteer.

aseksueel (asexual) (ongeslagtelik) 'n Organisme sonder voortplantingsorgane, bv die erdwurm.

aseksuele voortplanting (asexual reproduction) <sien ongeslagtelike voortplanting>.

asem (breath) Die lug wat in- en uitgeasem word.

asemhaling (breathing) <sien eksterne respirasie>.

asemhalingsentrum (respiratory centre) <sien respiratoriese sentrum>.

asemhalingsmeter <sien spirometer>

asemnood (respiratory distress) <sien dispnee>.

asemteug (breath) ’n Enkele intrek van lug in die longe.

asemtog (breath) Een inaseming.

asentries (acentric) <cf sentries> Nie sentraal nie; in die periferie.

asepsie Afwesigheid van siektekieme.

asepsis Afwesigheid van siektekieme.

asepties (aseptic, sterile) <sien ook antisepties/cf septies> (steriel) Vry van lewende patogene mikro-organismes.

asetabulum (acetabulum) (heuppotjie) Gewrigskom van die bekken waarin die kop van die femur pas.

asetiel (acetyl) Die monovalente radikaal CH3CO.

asetielasynsuur (acetoacetic acid) (asetoasynsuur) 'n Kleurlose, olierige verbinding wat in die liggaam gevorm word as tussenproduk in die metabolisme van lipiede en piruvate.

asetielcholien (acetylcholine, ACh) (ACh) Organiese stof wat by die aksoneindpunt van cholinergiese neurone afgeskei word om sodoende impulse oor die sinaps te vervoer.

asetielkoënsiem-A (acetyl coenzyme A) 'n Molekule wat tydens verskeie metaboliese prosesse gevorm word; kritiese tussenproduk in ana=EBrobiese glikolise en die Krebs-siklus.

asetileen (acetylene) <sien etyn>.

asetoasynsuur (acetoacetic acid) <sien asetielasynsuur>.

asetonemie (acetonaemia) <sien ketonemie>.

asetoon (acetone) Kleurlose, vlugtige vloeistof wat in klein hoeveelhede in normale urien en in groter hoeveelhede in die urien van diabetikers voorkom; hoogs vlambare verbinding wat as oplosmiddel vir o.a. vette en harse gebruik word.

asfiksiasie (asphyxiation) <sien asfiksie>

asfiksie (asphyxia, asphyxiation) (asfiksiasie) Verstikking of versmoring.

asfiksie (asphyxia, asphyxiation) <sien ook anoksie; apnee> (asfiksiasie) Bewussynsverlies weens gebrekkige suurstoftoevoer na die brein.

asiditeit (acidity) <cf alkaliniteit> (suurgehalte, suurheid) Konsentrasie van waterstofione in oplossing.

asidofiel (acidophil) 'n Organisme wat in 'n suur medium aard.

asidofiel (acidophil, oxyphil) <sien ook eosinofiel> (oksifiel) Gebruik t.o.v. weefsels met 'n besondere affiniteit vir suurkleurstowwe; kan maklik met suurkleurstowwe gekleur word.

asidose (acidosis) <cf alkalose> 'n Toestand waar die pH van liggaamsvloeistowwe laer as normaal is - agv 'n ophoping van suur of verlies van basis in die liggaam.

asiklies (acyclic) <sien ook alifaties 2de inskrywing/cf siklies> Sonder 'n siklus of ring.

asimmetries (asymmetrical) <sien ook bilateraal simmetries/cf simmetries> Oneweredige verdeling sodat die verskillende dele nie dieselfde lyk nie.

asimmetries (asymmetrical) <sien ook bilateraal simmetries/cf simmetries> Strukture of organe wat nie in twee eenderse helftes verdeel kan word deur dit in enige vlak te sny nie.

asimptomaties (asymptomatic) Sonder simptome.

asinus (acinus) Een van die klein terminale sakkies in 'n long of veelsellige klier.

askorbiensuur (ascorbic acid, vitamin C) (vitamien C) Een van die wateroplosbare vitamiene aanwesig in vars groente en vrugte <'n tekort veroorsaak skeurbuik>.

askorbinesuur (ascorbic acid, vitamin C) (vitamien C) Een van die wateroplosbare vitamiene aanwesig in vars groente en vrugte <'n tekort veroorsaak skeurbuik>.

asma (asthma) 'n Toestand waar die longpypies (brongioli) saamtrek sodat asemhaling bemoeilik word en 'n benoude gevoel ontstaan; gebrekkige uitsetting en inkrimping (ventilasie) van die longe weens kontraksie van die gladdespier van die terminale brongioli.

asmaties (asthmatic) Kenmerkend tot asma.

asotemie (azotaemia) 'n Oormaat stikstofbevattende afvalprodukte, bv ureum in die bloed.

asoturia (azoturia) 'n Toename in stikstofinhoud, veral ureum, in die urien.

asoturie (azoturia) ’n Siekte waarby ’n oormaat van stikstofverbindinge in die urien afgeskei word.

asperine (asperine) Geneesmiddel teen hoofpyn, verkoue en ander siektes.

aspirasie (aspiration) (opsuiging) Onttrekking van vloeistof of gas uit 'n holte deur suiging.

aspirasie (aspiration) <sien inspirasie>.

aspirator (aspirator) <sien ook inspirator> (suigapparaat) Apparaat vir die onttrekking van vloeistof of gas uit 'n holte deur suiging.

aspireer (aspirate) (opsuig) Handeling van op- of insuig.

asplenie (asplenia) Aangebore afwesigheid van die milt.

assimilasie (assimilation) (assimilering) Ombouing van grondstowwe tot verbindings wat deel uitmaak van, of 'n funksie vervul in lewende organismes.

assimilasie (assimilation) (assimilering) Die aksie om 'n geabsorbeerde voedingstof te verander in 'n vorm wat chemies verskil van die oorspronklike wat ingekom het.

assimilering (assimilation) <sien assimilasie>

asskelet (axial skeleton) <sien aksiale skelet>

assosiasie (association) Aaneensluiting; verbinding

assosiasie (association) Die koördinering of kombinasie van funksies, gedagtes of dinge.

assosiasiesentra (association centres) Areas in die serebrale korteks waar verskillende gewaarwordinge geïntegreer word.

assosiasievesels (association fibres) Vesels of bane wat bepaalde areas in dieselfde serebrale hemisfeer met mekaar verbind.

asstandig (axial) <sien aksiaal>.

astigmatisme (astigmatism) 'n Toestand waar 'n versteurde beeld gevorm word a.g.v. 'n onreëlmatige kromming van die kornea en lens.

astringerend (astringent) Met die eienskappe van ’n adstringens.

astroblast (astroblast) Primitiewe gliasel wat tot 'n astrosiet ontwikkel.

astrosiet (astrocyte, macroglia) <sien ook neuroglia> (makroglia) 'n Tipe gliasel wat die funksie het om neurone aan bloedvate te verbind; 'n stervormige gliasel gekenmerk deur 'n klein selliggaam met baie lang, dun uitsteeksels.

ataksie (ataxy) Verlies van spierkoördinasie.

atelenkefalie (atelencephalia) (atelensefalie) Aangebore gebrekkige ontwikkeling van die brein.

atelensefalie (atelencephalia) <sien atelenkefalie>.

aterosklerose (atherosclerosis) - Die toestand van are wat verhard het as gevolg van die opbou van plaak.

ATHV (sien <Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring>)

atipies (atypical) <sien aberrant>.

atlas (atlas) (draerwerwel) Eerste servikale werwel, nekwerwel, waarop die kop rus en waarmee knikbewegings moontlik gemaak word.

atleetvoet (athlete's foot) - Vel wat skurf en seer raak, blasies vorm en afdop - 'n soort fungusinfeksie.

atmosfeer (atmosphere, air) (lug) Die gas rondom ons - samestelling by seevlak is 78,1% stikstof, 20,9% suurstof, 0,94% argon en 0,03% koolstofdioksied; daar is ook klein hoeveelhede ander gasse soos helium, neon, kripton, xenon en radon, sowel as wisselende hoeveelhede waterdamp.

atmosfeer (atmosphere) Die druk van die dampkring, as eenheid gebruik om die druk van gasse, soos stoom, te meet - vroeër uitgedruk in mm Hg, tans in pascal.

atmosferiese druk (atmospheric pressure) (lugdruk) Druk wat deur die gewig van lug uitgeoefen word - word gemeet in pascal of mm Hg.

atoksies (atoxic) <sien ook antitoksies/cf toksies> Nie giftig nie.

atonie (atony) Verslapping van die liggaam.

atonisiteit (atonicity) <sien ook tonus/cf tonisiteit> Gebrek aan tonus.

atoom (atom) Kleinste deeltjie van 'n element wat nog die eienskappe van daardie element vertoon; besit 'n klein digte kern van hoë massa bestaande uit positief gelaaide protone en neutrale neutrone - saam nukleone genoem - wat omring is deur 'n ruimte waarbinne negatief gelaaide elektrone gevind word.

atoomgetal (atomic number, Z) <sien ook atoommassa; isotoop> (Z) Dui die aantal protone in die kern van die atoom, of die aantal elektrone wat rondom die kern beweeg, aan - alle isotope van 'n element het dieselfde atoomgetal, maar verskillende massagetalle.

atoommassa (atomic weight, mass number) <sien ook atoomgetal; isotoop> (massagetal) Word aangedui deur 'n getal wat naastenby gelyk is aan die aantal protone plus die aantal neutrone in die kern; massa van 'n atoom gebaseer op 'n skaal waarvolgens 'n atoom van die isotoop koolstof-12 'n massa van 12 het.

atopie (atopy) <sien ook allergie; anafilakse> Natuurlike of oorgeërfde oorgevoeligheid vir sekere stowwe.

ATP (ATP) <sien adenosientrifosfaat>

ATPase (ATPase) <sien adenosientrifosfatase>

atresie (atresia) Aangebore geslotenheid van 'n opening of kanaal.

atria (atria) <ekv atrium>

atriaal (atrial) M.b.t. 'n atrium.

atriale fibrillasie (fibrillation) Paroksismale of algehele ongereelde hartritme waarvan die oorsprong in die atrium is.

atrioventrikulêr (atrioventricular, AV) (AV) M.b.t. die atria (voorhartkamers) en ventrikels (hartkamers).

atrioventrikulêre bondel (atrioventricular bundle) <sien His-bondel>.

atrioventrikulêre klep (atrioventricular valve) <sien ook bikuspidale klep; trikuspidale klep> Klep tussen die atrium en ventrikel van die hart wat verhoed dat bloed terugvloei na die atrium.

atrioventrikulêre knoop (atrioventricular node, AV node) <sien ook sinoatriale knoop> (AV-knoop) Gespesialiseerde hartspiervesels wat in die regteratrium aan die bopunt van die atrioventrikulêre bondel geleë is en impulse vanaf die SA-knoop ontvang en na die atrioventrikulêre bondel stuur.

atrioventrikulêre ritme (atrioventricular rhythm, nodal rhythm) (nodale ritme) Hartritme wat sy oorsprong het in die atrioventrikulêre knoop.

atrium (atrium) <mv atria / sien ook ventrikel> (voorhartkamer) Een van die twee voorhartkamers wat bloed vanaf are ontvang.

atrofie (atrophy) Verkleining en verskrompeling of wegkwyning van selle en weefsels of organe agv versteuring van hul voeding of ontwikkeling.

atrofieer (atrophy) Wegkwyn deur onvoldoende voeding.

atrofies (atrophic) M.b.t. of aangetas deur atrofie.

Au (Au) <sien goud> (chemiese simbool)

Auerbach-pleksus (Auerbach's plexus) 'n Senuvlegsel geleë tussen die longitudinale spierlae en kringspierlae van die maag en derms.

AV (AV) <sien atrioventrikulêr>

avitaminose (avitaminosis) Siekte agv 'n gebrek aan sekere vitamiene.

AV-bondel (AV bundle) <sien His-bondel>

AV-knoop (AV node) <sien atrioventrikulêre knoop>

Avogadro-wet (Avogadro's law) <sien wet van Avogrado>

axis (axis) <sien aksis>

2 comments :

  1. Anonymous31/3/14 14:19

    ambeie , wie het rad asb , wat kan ek gebruik , die goed hel my op , ek het al als geprobeer en geen ding werk ,ek meen Boerseraad , asb erens ons Ouermense behoort raad te he eks 56 asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/5/14 13:55

      In erge gevalle moet aambeie eerder verwyder word deur 'n klein operasie.

      Delete