Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label ATHV. Show all posts
Showing posts with label ATHV. Show all posts

26.5.14

Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes

Daar is hoop vir ADHD-lyers!

Helena Bester, Suid-Afrika se voorste kenner van ADHD, vertel met groot meelewing die suksesverhale van sommige van die duisende ADHD-lyers wat reeds haar pad gekruis het. Haar leesbare en omvattende gids bevat die jongste inligting oor ADHD by kinders én volwassenes.

In ’n geselstrant, toegelig met onderhoudende gevallestudies, vertel sy van die jongste behandelingsmetodes, van fisieke terapieë tot ontspanningstegnieke, dieetaanpassings en nuwe medikasie. Een van talle nuwe behandelings wat sy in diepte bespreek, is neuroterugvoer-terapie. Dit word vir alle vorms van ADHD ingespan, en word ook met welslae gebruik vir angs, slaaploosheid, depressie, epilepsie, breinbeserings, outisme en verslawing.

Die skrywer verskaf ook leiding oor hoe om ADHD-leerders in die klaskamer te hanteer en hoe om die onderwysdepartement te hanteer.

Helena Bester is sowel ingelig as gerusstellend. Haar omvattende, gesaghebbende gids gee lesers moed en kennis sodat aandagafleibaarheid tuis en in die klaskamer met vertroue aangepak kan word. Die toon is warm en menslik, maar tog bevat die boek die jongste navorsing en beskryf dit verskeie behandelingsopsies.

Ook verkrygbaar in Engels as New hope for ADHD in Children and Adults.

Koop / Buy Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes >>

Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes [teks] / deur Helena Bester -- Tafelberg, 15 Julie 2014 -- 320 p. ; sagteband. -- ISBN 9780624063865

2.12.13

Rook tydens swangerskap dalk bevorderlik vir bipolêre versteuring in baba

Nuwe navorsing toon dat daar 'n moontlike verband is tussen rook tydens swangerskap en 'n verhoogde risiko vir die ontwikkeling van 'n bipolêre versteuring in kinders.

Rook tydens swangerskap is bekend daarvoor dat dit bydra tot aansienlike probleme, beide in utero en na geboorte. Hierdie is die eerste studie wat dui op 'n verband tussen prenatale blootstelling aan tabak en bipolêre versteuring. 'n Bipolêre versteuring is 'n ernstige psigiatriese siekte gekenmerk deur beduidende verskuiwings in bui wat wissel van depressie en manie. Die tipe versteuring deel 'n aantal kliniese kenmerke met ander afwykings, soos aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring en dwelmmisbruik. Dit sluit in onoplettendheid, irritasie, verlies van selfbeheersing, en neiging tot dwelm- / alkoholgebruik . Simptome word gewoonlik sigbaar in die laat tienerjare of vroeë volwassenheid.

Die navorsing is gedoen deur 'n span by die New York State Psychiatric Institute en die Department of Epidemiology by Columbia University, in samewerking met wetenskaplikes by die Kaiser Permanente Division of Research in Oakland, Kalifornië. Dit is gepubliseer in die American Journal of Psychiatry.

25.4.11

Jy veroorsaak jou kind se aandagafleibaarheid

’n Onlangse studie het onomwonde bevind dat dieet ’n rol speel by aandagafleibaarheid.
Dr. Lidy Pelsser wat betrokke was by die studie se reguit dat dieet die hoofoorsaak van ATHV (ADHD) is. Volgens Liddy is daar nie meer ’n rede waarom aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring met medikasie beheer moet word nie.

Effects of a restricted elimination diet on the behaviour of children with attention-deficit hyperactivity disorder (INCA study): a randomised controlled trial

10.6.09

Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring / ATHV

Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) kom normaalweg by kinder voor vanaf die ouderdom van ag jaar tot middel-adolessensie. Dit kom tot nege keer meer voor by seuns as meisies.

Simptome van ATHV, wat ten minste ses maande moet duur, sluit in:

vroetel met hande of voete wanneer hy / sy moet stilsit
aandag word maklik afgetrek
vind dit moeilik om 'n opdrag uit te voer
vind dit moeilik om beurt af te wag in groepsaktiwiteite
wil 'n vraag beantwoord voor dit voltooi is
behou moeilik aandag tydens groepsaktiwiteite
beweeg gou van een onvoltooide taak na 'n ander
speel moeilik stil
praat oormatig
onderbreek ander se aktiwiteite
kom voor asof die kind nie luister na volwassenes nie
verloor maklik dinge wat nodig is om take mee uit te voer
doen soms gevaarlike dinge

Gedragsterapie en remediële onderwys word as die beste behandeling beskou.

Boereraat:

Vanielje / Vanilla het 'n kalmerende effek. Drup 3 - 5 druppels in jou kind se melk, vrugtesap of water 2 of 3 keer per dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids