Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: K

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

K (K) <lees kalium> Chemiese simbool.

K (K) <lees Kelvin>

kaak (jaw) (kaak) Lees kakebeen.

kadawer (cadaver) <lees lyk>

kadaweragtig Soos of met die voorkoms van ’n kadawer.

kakebeen (jaw) (kaak) Die bene wat die mondholte omsluit en waarin die tande geleë is; dit kan die mandibula (onderkaak) of maksilla (bokaak) wees.

kalbassies (orchitis) (orgitis) Inflammasie van die testes as gevolg van pampoentjies.

kalemie (kalaemia) Teenwoordigheid van kalium in die bloed.

kalibreer (calibrate) Bepaling van die akkuraatheid van ’n meetinstrument soos gemeet teen ’n gegewe standaard.

kaliks (calyx) <lees ook nierbekken> (kelk, nierkelk) Tregtervormige struktuur, soos bv. die nierkelk wat rondom die nierpiramides voorkom - verskeie kalikse sluit by mekaar aan om die nierbekken te vorm.

kalium (potassium, K) (K) ’n Alkalimetaal.

kaliumbromied (potassium bromide) (kaliumbromide) ’n Wit kristallyne verbinding wat in water en alkohol oplosbaar is.

kaliumchloried (potassium chloride, KCl) (KCl) ’n Elektrolietaanvuller.

kaliumhidroksied (potassium hydroxide, KOH) (KOH) ’n Wit, oplosbare bytmiddel.

kaliumkarbonaat (potassium carbonate) ’n Niegiftige korrelrige wit poeier wat met sure koolsuurgas afgee en soute vorm.

kaliumpermanganaat (potassium permanganate) (<lees ook Condy-kristalle>) ’n Donkerpers kristalverbinding gebruik as oksideermiddel en ontsmettingsmiddel.

kalkagtig (calcareous) Verwys na ’n stof wat kalsiumkarbonaat bevat of hoofsaaklik daaruit bestaan.

kalkaneum (calcaneum, calcaneus) (hakbeen, hakskeenbeen, hielbeen, kalkaneus) Grootste tarsale been.

kalkaneus (calcaneus) <lees kalkaneum>

kalkulus (steen) (calculus, stone) ’n Kalkagtige steen of harde voorwerp wat gewoonlik kalsiumsoute bevat - word in die liggaam veral in die galblaas, speekselkliere, galbuis of urienstelsel gevorm.

kallus (callus, tyle) Hegtingsweefsel in en om beskadigde beenweefsel.

kallus (callus, callosity, tyle) (eelt) ’n Plaaslike verdikking van die epidermis a.g.v. langdurige blootstelling aan druk, wrywing of ander irritasie.

kalmeer (calm) Tot rus kom / bring.

kalmeermiddel (sedative) <lees ook bedaarmiddel> (sedatief) Middel wat ’n kalmerende effek het, funksionele aktiwiteit verlaag, prikkelbaarheid verminder en angs of spanning verlig.

kalmoes Een van verskeie plante waarvan die wortel teen maagpyn gebruik word.

kalomel (calomel) (chloorkwik) ’n Verbinding van chloor en kwik wat as purgeermiddel gebruik word.

kalorie (calorie) ’n Verouderde hitte-eenheid, gedefinieer as die hoeveelheid hitte nodig om temperatuur van lg water met een graad Celsius te verhoog.

kalorimeter (calorimeter) Apparaat waarmee hittevrystelling gemeet word.

kalsifikasie (calcification) <cf dekalsifikasie> (kalsifisering, verkalking) Die neerslag van kalsiumsoute in weefsels.

kalsifisering (calcification) <lees kalsifikasie>

kalsiet (calcite) ’n Mineraal wat uit kalsiumkarbonaatkristalle bestaan.

kalsiferol (calciferol, vitamin D) (vitamien D) Vitamien wat deur ultravioletstrale uit ergosterol gevorm word.

kalsitonien (calcitonin) Hormoon wat deur die tiroïed afgeskei word en die bloedkalsiumvlakke reguleer.

kalsium (calcium, Ca) (Ca) ’n Alkali-aardmetaal wat algemeen in die natuur voorkom en noodsaaklik is vir lewe.

kalsiumfosfaat (calcium phosphate) ’n Verbinding van kalsium en fosfaat wat in bene voorkom - ’n onoplosbare fosfaatsout.

kalsiumkarbonaat (calcium carbonate, CaCO3) <lees ook kryt> (CaCO3) ’n Kalsiumsout wat natuurlik in verskeie vorms voorkom, bv marmer, kalksteen, kryt en kalsiet.

kalsiumoksied (calcium oxide, CaO, quicklime) (CaO, ongebluste kalk) ’n Soliede, wit poeier wat gebruik word om sekere stowwe te droog aangesien dit higroskopiese eienskappe besit; 'n alkali wat gebruik word om koolstofdioksied vanuit lug te absorbeer.

kalsiurie (calciuria) Teenwoordigheid van kalsium in die urien.

kamer (chamber) Holte of ruimte.

kamfer (camphor) Lees kanfer.

kamille (chamomile) Die gedroogde blomhofies van die kamilleplant.

kamille-olie (chamomile oil) Eteriese olie uit die blare van die kamilleplant.

kamilletee (chamomile tea) Medisinale tee getrek van die blomhofies en toppe van die kamilleplant.

kanaal (canal, passage) <lees ook ductus> Buisvormige struktuur.

Kanada-balsem (Canada balsam) ’n Helder, gelerige stof wat van dennebome af kom, oplosbaar is in xileen en gebruik word as ’n kleefmiddel by die voorbereiding van mikroskoopplaatjies.

kanalikulêr (canalicular) M.b.t. ’n kanalikulus.

kanalikuli (canaliculi) <ekv. kanalikulus>

kanalikulus (canaliculus) <mv. kanalikuli> Klein kanaaltjie of gangetjie.

kanfer (camphor) Kleurlose, deurskynende, gekristalliseerde vlugtige stof met ’n bitter smaak en sterk geur. Dit word verkry uit die hout van die kanferboom of ander gewasse. Dit kan ook skeikundig vervaardig word.

kanferbos Een van verskeie veldplante wat soos kanfer ruik en as geneesmiddel gebruik word.

kanferolie (camphor oil) Olie met kanfer daarin wat as smeermiddel gebruik word.

kanferspiritus Oplossing van kanfer in spiritus. Dit word gebruik as smeermiddel vir spierpyn en vir bedlêendes om bedsere te voorkom.

kanferwater (camphor water) ’n Klein bietjie kanfer word opgelos in water om kanferwater te maak.

kanker (cancer) <lees ook karsinoom> ’n Kwaadaardige, vretende en uitbreidende gewas.

kankeragtig (cancerous) Wat soos kanker lyk.

kankerblare Naam vir plante wat as geneesmiddel gebruik word.

kankerbos Naam vir ’n peulgewas wat as tee getrek word en vir maagkwale en kanker gebruik word.

kannule (cannula) <lees kanule>

kanule (cannula) Dun buisie wat in ’n bloedvat of ander liggaamsholte geplaas word.

kaolien (kaolin) (porseleinaarde) skoon, fyn, wit klei, ontstaan uit die verwering van veldspaatsoorte.

kapillariteit (capillarity) Verskynsel waarby vloeistof agv oppervlakspanning in ’n oop, nou buis hoër opstoot as die vloeistof waarin dit staan; molekulêre suigkrag wat vloeistof in haarvate laat opstyg.

kapillêr (capillary) (bloedhaarvat, haarvat) Uitermate fyn buisie waarvan die wand uit ’n enkele epiteellaag bestaan - dit kom voor waar arteriole en venules met mekaar in verbinding is.

kapitulêr (capitular) M.b.t. die kop van ’n been.

kapsule (capsule) <lees ook kapsel> Oplosbare, gelatienagtige omhulsel vir geneesmiddels.

kapsulêr (capsular) M.b.t. ’n kapsel.

karbolgaas (carbolic acid gauze) gaas deurtrek met ’n oplossing van gesuiwerde karbolsuur wat gebruik word om wonde te besmet.

karboliseer (carbolineum) Met ’n karboloplossing behandel.

karbolsalf (carbolic ointment) Salf met karbol daarin. Dit word as ’n ontsmttingsmiddel gebruik.

karbolseep (carbolic soap) Seep met karbol daarin. Dit word as ’n ontsmttingsmiddel gebruik.

karbolsuur (carbolic acid) Kragtige ontsmettingsmiddel wat uit koolteer verkry word.

karbolwater (carbolic water) Verdunde oplossing van karbolsuur in water.

karbolwatte (carbolic cotton wool) Watte deurtrek met ’n oplossing van gesuiwerde karbolsuur.

karbonkel (pimple) ’n Groot rooi puisie; gewoonlik in die gesig of op die neus.

kardia (cardia) Die area waar die maag by die esofagus aansluit. Dit is ook ’n verouderde term wat vaagweg na die hart en die gebied rondom die hart verwys.

kardiaal (cardiac) (hart-) Met betrekking tot die hart.

kardiaal (cardiac) Met betrekking tot die gedeelte van die maag naaste aan die esofageale openingsgebied.

kardiale arres (cardiac arrest) (hartstilstand, hartverlamming) Die toestand waar die hart skielik ophou klop sodat die kardiale siklus en effektiewe sirkulasie tot stilstand kom.

kardiale omset (cardiac output) <lees ook minuutvolume> (hartomset) Die volume bloed wat per tydseenheid deur die hart uitgepomp word (gewoonlik in volume per minuut of minuutvolume gegee) en is gelyk aan die slagvolume vermenigvuldig met die aantal slae per tydseenheid.

kardiale siklus (cardiac cycle) (hartsiklus) Die reeks veranderinge wat in die hart plaasvind om ’n elektriese impuls vanaf die SA-knoop tot by die ventrikels te gelei; opeenvolging van atriale en ventrikulêre sistool en diastool.

kardiale spier (cardiac muscle) <lees ook gladdespier; onwillekeurige spier; skeletspier> (hartspier)Gespesialiseerde dwarsgestreepte spier wat slegs in die wande van die hart aangetref word - dit bestaan uit spiervesels wat met interkalêre skywe aan mekaar geheg is en ’n enkele ronde selkern kom in elke vesel voor.

kardiale versaking (cardiac failure, heart failure, cardiac decompensation) (hartversaking, kardiale dekompensasie) ’n Toestand waar die hart nie genoeg bloed kan pomp om in die metaboliese behoeftes van die liggaam te voorsien nie.

kardiograaf (cardiograph) Apparaat wat hartfunksie grafies registreer.

kardiogram (cardiogram) <lees ook elektrokardiogram> Grafiese voorstelling van hartklop deur ’n kardiograaf.

kardiovaskulêr (cardiovascular) M.b.t. die hart en die bloedvate.

kardiovaskulêre stelsel (cardiovascular system, circulatory system) <sien ook pulmonêre sirkulasie; sistemiese sirkulasie> (bloedsomloopstelsel, bloedstelsel) Stelsel wat bestaan uit die hart, slagare, are en kapillêre vate waardeur bloed deur die liggaam vloei.

keelholte (pharynx) <lees farinks>

karkatjie Sweertjie op die ooglid.

karmedik Enigeen van ’n aantal plante wie se bitter aftreksel as geneesmiddel vir maag en ingewande gebruik word.

karooboegoe ’n Karooplant wat vir geneeskundige doeleindes gebruik word.

karsiek (carsick) Naar van in ’n motor ry.

karsinoom (carcinoma) <lees ook kanker> Kankergeswel of -gewas.

kartelderm (colon) <lees kolon>

kasterolie (castor oil) Plantaardige olie verkry uit die sade van die kasterolieboom gebruik as ’n purgeermiddel.

kastrasie (castration) Verwydering van die geslagskliere.

kastreer (castrate) Om die geslagskliere te verwyder.

katalepsie (catalepsy) Vrstywing van die spiere of hele liggaam soos by hipnose of histerie.

katalepsie (catalepsy) M.b.t. of aangetas deur katalepsie.

katalisator (catalyst, catalyser) Chemiese stof wat die spoed van ’n reaksie verhoog, maar self geen verandering ondergaan nie.

katalise (catalysis) Versnelling van ’n chemiese reaksie deur ’n katalisator.

kataliseer (catalyse) Katalise veroorsaak of bewerkstellig.

katalities (catalytic) M.b.t. of veroorsaak deur katalise.

katar Ontsteking van die slymvliese.

katarak (cataract) Oogsiekte veroorsaak deur die vertroebeling van die lens.

katarraal Wat voorkom uit of in verband staan met katar.

katarsis Reiniging van die dermkanaal.

katatonie (catatonia) Vorm van geestesversteuring gekenmerk deur abnormale spierspanning.

kateter (catheter) ’n Dun, hol, buigbare buisie wat in ’n bloedvat of liggaamsholte geplaas kan word om vloeistowwe in te spuit of te onttrek.

kateteriseer (catheterise) Urine aftap met ’n kateter wat in die uretra geplaas is.

kateterisasie (catheterisation) (kateterisering, kateterplasing) Inplasing van ’n kateter.

kateterisering (catheterisation) <lees kateterisasie>

kateterplasing (catheterisation) <kyk katerterisasie>

keelaandoening (throat infection) <lees keelontsteking> (seerkeel)

keelaar Enigeen van verskeie are aan weerskante van die nek, waarmee die bloed van die kop af weggevoer word.

keelarts (throat doctor) Spesialis vir keelsiektes.

keelderm (gullet) <lees esofagus>

keelgat (throat) Opening agter in die mondholte na die slukderm.

keelholte (pharynx) <lees farinks>

keelklep (epiglottis) <lees epiglottis>

keelontsteking (throat infection) Ontsteking van die slymvlies van die keel, bv. laringitis of tonsilitis.

keelseer (throat infection) <lees keelontsteking> (seerkeel)

keisersnee (caesarean section) Verlossing van ’n fetus deur ’n sny deur die buikwand en uterus te maak.

kelderkoors Siekte wat ontstaan by iemand wat lank in ’n kelder woon.

Kelvin (Kelvin, K) (K) Die SI-eenheid van absolute temperatuur.

ken (chin) Voorste gedeelte van die gesig onder die mond.

kennebak (lower jaw) (kinnebak) Die kakebeen, veral die onderkaak.

keratien (keratin) ’n Proteïenagtige horingstof waaruit die dooie selle van die epidermis van hare, naels ens opgebou is.

keratitis (horingvliesontsteking) Ontsteking van die kornea van die oog.

keratoom (keratoma) ’n Gewas in die horinglaag van die vel as gevolg van irritasie.

ketonemie (ketonaemia, acetonaemia) (asetonemie) Teenwoordigheid van ketonliggame in die bloed.

ketose (ketosis) 'n Oormaat ketonliggame in die bloed; kenmerkend van onbehandelde diabetes en uithongering of vas.

ketose (ketose) <sien ook aldose; fruktose> 'n Monosakkaried wat 'n ketongroep bevat.

kifose (kyphosis) <sien ook lordose; skoliose> (boggelrug) Abnormale kromming van die werwelkolom soos van die kant gesien.

kinesiologie (kinesiology) (bewegingskunde) Studie van beweging van die menslike liggaam, bv spierbewegings, ritmiese oefeninge, gimnastiek ens.

kinkhoes (whooping cough) ’n Kindersiekte gekenmerk deur hardnekkige hoesbuie wat afsluit met ’n kraaiende inspiratoriese geluid.

klier (gland) 'n Orgaan of sel wat 'n stof of stowwe vorm wat afgeskei word om spesifieke funksies te verrig.

KMS (chronic fatigue syndrome) <sien ook jappiegriep of kroniese moegheid sindroom> 'n Siekte met 'n verskeidenheid simptome waarvan moegheid en uitputting soms prominent is.

kneus (bruise, contuse) (bloukol, kneusplek) Deur drukking of 'n stamp seergemaak sonder dat 'n oop wond ontstaan.

kneus (bruise) 'n Besering, gewoonlik opgedoen deur 'n stamp, sonder 'n oop wond of stukkende plek.

knie (knee) 'n Gewrig tussen die bo- en onderbeen (femur en tibia).

knokkelkoors (dengue fever) (dengue, denguekoors) ’n Aansteeklike virussiekte wat in die trope voorkom. Die simptome sluit in koors en akute pyn in die gewrigte.

kobalt (Co) (cobalt, Co) Rooigrys metaal wat in meteoorsteen en ertse gevind word.

kodon (codon, basic triplet) <cf antikodon> (basistriplet) Drie naasliggende, ongepaarde organiese basisse van nukleotiede in DNA of ooreenstemmende RNA wat die opbou van 'n bepaalde aminosuur verteenwoordig.

koglea (cochlea, acoustic labyrinth) (akoestiese labirint, slakkehuis) Spiraalvormige struktuur in die binneoor wat met die ontvangs van klankgolwe en opwek van gehoorimpulse te doen het.

kohesie (cohesion) <cf adhesie> Die aantrekkingskrag tussen dieselfde soort molekules.

koïtus (coitus, sexual intercourse, intercourse, cohabitation, copulation) (geslagsgemeenskap, geslagsomgang, kohabitasie, kopulasie, paring, seksuele omgang) Seksuele vereniging van twee individue waartydens die saadselle (sperme) in die vroulike liggaam oorgeplaas word.

koliek (colic, gripe) 'n Hewige kramppyn in die ingewande.

koljander (coriander) ’n Kruid waarvan die jong blare en takkies en gedroogde sade gebruik word.

kolon (colon) <sien ook dikderm> (kartelderm) 'n Gedeelte van die spysverteringskanaal wat strek vanaf die sekum tot by die rektum - soms verkeerdelik gebruik om die hele dikderm aan te dui.

kolonkanker (colon cancer) Kolonkanker ontstaan weens die abnormale groei van selle. In ’n klein persentasie van die gevalle gebeur dit as gevolg van genetiese afwykings.

kolonoskopie (colonoscopy) 'n Prosedure waar die binnekant van die dikderm (kolon en rektum) ondersoek word deur die gebruik van 'n kamera.

kolostrum (colostrum) (bies, biesmelk) Die eerste melk wat na geboorte gesekreteer word - bevat meer proteïen, veral antiliggame, minder vet en minder suiker as gewone melk.

komplement (complement) Hittelabiele stof aanwesig in serum, wat gesensittiseerde selle kan vernietig.

kondiel (condyle) (gewrigsknobbel, kondilus) ’n Ronde uitsteeksel aan sekere bene, bv die oksipitale been, wat artikulasie moontlik maak; ronde gewrigsknop.

kongenitaal, (congenital, innate, inborn) <cf verworwe> (aangebore, ingebore) Met betrekking tot 'n eienskap wat reeds by geboorte aanwesig is - nie noodwendig oorerflik nie.

konglutinasie (conglutination) <sien ook agglutinasie> (saampakking) Die vas- of saamklewing van liggame in noue kontak met mekaar; die aanmekaarkleef van weefsel.

konjugaatproteïen (conjugate protein, conjugated proteïen) (gekonjugeerde proteïen, saamgestelde proteïen) ’n Protein in verbinding met ’n nie-proteïenmolekule, bv. lipoproteïen met vet, hemoglobien met heemmolekule, nukleoproteïen met nukleïensuur ens.

konjunktiva (conjunctiva) (bindvlies, dekvlies, oogbindvlies) Baie dun vliesie wat die binnekant van die ooglede en die anterior gedeelte van die sklera uitvoer.

konjunktivitis (conjunctivitis) (bindvliesontsteking) Ontsteking van die vlies wat die oogbol en die agterkant van die ooglede bedek.

konstitusie (constitution) (gestel) Samestelling of geaardheid van die liggaam van ’n persoon soos bepaal deur genetiese, biochemiese, fisiologiese en omgewingsfaktore.

konveks (convex) <cf konkaaf> (bolrond) Rond, soos die buitekant van ’n sirkel of sfeer.

koolstof (carbon, C) (C) Niemetaalelement wat voorkom in alle organiese verbindings.

koolstofdioksied (carbon dioxide, CO2, carbon(IV)oxide) (CO2, koolstof(IV)oksied, koolsuurgas) Swaar, kleurlose gas wat 'n produk is van aërobiese selrespirasie.

koolstofmonoksied (carbon monoxide, CO) (CO) Kleurlose, reuklose, giftige gas verkry deur die onvolledige oksidasie van koolstof.

koolstoftetrachloried (carbon tetrachloride, CCl4) (CCl4) 'n Helder, kleurlose, vlugtige vloeistof.

koors (fever) <sien pireksie>

koorsblaar (cold sore) Swelsel, veral op die lippe, veroorsaak o.a. deur hitte, wrywing; 'n tipe herpes.

koper (Cu) (copper, Cu) Rooibruin metaal.

kopersulfaat (copper sulphate) (blouvitrioel) Blou, kristallyne vaste stof.

kopivabalsem <sien ook balsemkopiva> Balsem van die kopivaboom, word gebruik as medisyne.

kopluis (head lice) ’n Soort luis wat veral op die kop voorkom.

kornea (cornea) (horingvlies) Voorste, deursigtige, effens gebuigde, buitenste vlies om die oogbal.

koronêre stent (coronary stent) 'n Kateter met 'n ballonnetjie en gaasbuis wat in 'n verstopte aar ingedruk word. Die ballon word dan opgeblaas om die stent te laat rek en dit verhoed dat die aar vernou.

koronêre trombose (coronary thrombosis) (koronêre verstopping) ’n Toestand waar een van die slagaartjies wat die hart van bloed voorsien deur 'n bloedklont verstop raak.

kortikale motoriese afasie (cortical motor aphasia) Moeilike artikulasie met gevolglike vertraagde spraak, gewoonlik geassosieer met skryfdefekte en begripsbelemmering.

kortikale sensoriese afasie (cortical sensory aphasia) Moeilike begrip van gesproke en geskrewe woorde, gewoonlik geassosieer met parafrasie, paragrammasie en perseverasie en/of defekte van ander verstandelike prosesse.

kortikotropien (corticotropin) <sien adrenokortikotrofiese hormoon>

koue abses (cold abscess) ’n Abses wat min tekens van inflammasie toon, gewoonlik ’n tuberkuleuse abses.

kramp (cramp) ’n Pynlike spiersametrekking.

kraniale senuwee (cranial nerve) (harsingsenuwee) Enigeen van die twaalf pare senuwees wat die skedel deur die foramina verlaat.

kranium (cranium, skull) (breinkas, kopbeen, skedel) Vergroeide bene van die kop wat die brein omsluit.

kroniese moegheid sindroom (chronic fatigue syndrome) <sien ook jappiegriep of KMS> 'n Siekte met 'n verskeidenheid simptome waarvan moegheid en uitputting soms prominent is.

kubieke sentimeter (cubic centimetre, cm3) (cm3) ’n Eenheid van volume - een kubieke sentimeter is gelyk aan een milliliter.

kunsmatige inseminasie (artificial insemination) Die kunsmatige inplanting van semen in die vroulike organisme.

kuret (curette) <sien ook kurettering> ’n Lepel- of lusvormige instrument waarmee weefsel weggeskraap word.

kurettering (curettage, curage) (skraping, vlakreiniging) ’n Skraping van ’n holte en verwydering van die weefsel dmv ’n lepelvormige instrument.

kwaal - Enige siekte; gewoonlik van ’n blywende of terugkerende aard.

No comments :

Post a Comment