Elle skryf:
"Ek het onder my linkervoet 'n eelt ontwikkel, net onder my tone in die middel van my voet. Na 'n dag se loop is dit nogal pynlik. Wat kan ek doen om die eelt te verwyder?"
Antwoord:
'n Eelt is 'n dik, harde plek aan die vel wat ontwikkel om beskerming te bied teen besering. Die ontwikkel normaalweg weens aanhoudende druk of wrywing op 'n plek. Meeste eelte kom op die voete voor.
Vra by die apteek vir spesiale pleisters vir eelte of jy kan dit laat wegsny deur 'n chiropodis. Jy moet egter sorg dat jy ook die oorsaak van die eelt aanspreek.
(foto Andrew Bossi)
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


Ek wil tog weet kan ek vir my eelte gebruik onder my voete op die Sui van die voete en vratte ook a.s.b
ReplyDeleteDie sagte binnekant van plakkie blare word gebruik om eelte sag te maak. Smeer dit gereeld aan.
DeleteEk eelt onder my voet en di dokter se hy kan dt ni uit sny ni want ek ht bloed klonte in al 2 bene van my en di eelt is baie pynlik wat kan ek gebruik asseblief
ReplyDeleteJy kan die sagte binnekant van plakkie blare word gebruik om eelte sag te maak, maar jy sal die oorsaak moet aanspreek.
Delete