Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



21.9.23

Ekseem - rooi, skubberig, vogtig, etterig, allergie, asma, hooikoors

Ekseem is normaalweg rooi, skubberig en kom hier en daar op die vel voor met uitbarstings wat vogtig en etterig is. Die toestand kom veral by kinders voor, hoewel volwassenes later in hul lewe probleme daarmee ontwikkel. Ekseem kan die gevolg wees van ´n allergiese reaksie en word ook soms verbind met asma en hooikoors.

Moet NIE krap nie, dit vererger as jy dit krap. Hou klein kindertjies se naeltjies kort sodat hulle nie hul vel stukkend krap nie. Twee eetlepels koeksoda in jou badwater kan jou vel help herstel. Gebruik ongegeurde seep en probeer hou by katoenklere.

Boereraat:

Drie koppies oelong-tee per dag kan die simptome van ekseem met sowat 54% verminder.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

73 comments :

  1. Saartjie Buys28/7/09 08:31

    My kleindogter het erge probleme met ekseem. Ons het in die jaar 2003 verkeie dokters en velspesialiste besoek en na vele medikasie, insgesluit kortisoon, het net mooi niks gehelp nie. Ons het vroeg in Januarie 2005 gehoor van BeeWise, 'n produk van byewaks en olie. Man kyk dit het eenvoudig wondere verrig vir klein Lesley. Sy weet nie meer van 'n smetterige stukkende geel velletjie nie. Die natuurlike wonder van hierdie produk is onbeskryflik. Jy kry BeeWise in twee verskillende produkte - gewoon en nr. twee vir 'n sensetiewe vel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous1/5/12 22:19

      waar koop mens dit?

      Delete
    2. Anonymous16/4/14 15:22

      sl dit v my 5mnde baba seun werk

      Delete
    3. Anonymous12/5/14 09:17

      Mens kry dit by die apteek en ek dink dit sal vir baba's ook werk. Vra sommer die apteker as jy onseker is. Gebruik nr.2 vir jou baba.

      Delete
    4. My baba is n jaar oud ma sukkel al n redelike tydjie mt n jeul magie en boudjies,saans is dit erg,geen ytslag of iets,dit jeuk net onophoudenlik,dink u ek kan Beewise probeer?ek is al raad op,want niks help.

      Delete
    5. my baba het baie baie erg ekseem. ek gebruik NET dermalex op haar vel. sy drink ook soymilk, Isomil. probeer die dermalex, jy kan dit by enige apteek kry.

      Delete
  2. Ek is 24 en kry droë kolle op my bene en my arms. Die begin om erg te jeuk en as ek krap word die kol al groter. My vrou sê dis ekseem maar ek weet nie. Dit kom egter net voor in die winter en ek het dit glad nie in die somer nie.
    Wat kan ek doen?

    ReplyDelete
  3. Suster Barbara Pelser28/7/09 08:32

    Dit wil vir my klink asof jou vrou kan reg wees. Ekseem kan veroorsaak word deur 'n vel wat te droog is, allergieë en seisoensveranderinge. Daar is heelwat wat jy kan probeer, maar as dit nie werk nie, moet jy liewer die dokter gaan sien, wat dan vir jou room met steroiede sal voorskryf. Drink vlassaadolie wat jy in pil of vloeibare vorm kry. Om aan te smeer, kan jy kamille- en laventelolie probeer. Vir die jeuk kan swart rooibostee ook werk. As jy room aansit, moenie enige iets met geurmiddels aansit nie. Aquasroom bly maar die beste. Sterkte, en laat weet wat werk!

    ReplyDelete
  4. Marissa Visagie28/7/09 08:33

    Ek het lank met ekseem gesukkel en het alle moontlike oplossings probeer van homeopatie tot olie salwe ensovoorts. Toe ontmoet ek 'n vriend in Engeland wat met die dieselfde probleem sukkel en so het ons dit saam op die Internet gaan opsoek. Ons kom toe op die website af: www.talkezcema.com, waarop ek die raad gevind het wat my ekseem heeltemal weggevat het. Kos allergieë kan ook ekseem veroorsaak en op die website staan dat melk, eiers, graan en nog ander items die velkondisie kan veroorsaak. Ek het baie brood geëet en nadat ek probeer het om dit op te gee, het my ekseem ook spoorloos verdwyn. Ek toets myself gereeld en eet brood, en dan kan ek sien hoe die ekseem dan weer verskyn so 'n dag of twee na ek brood geëet het. Dit kan vir almal verskillend wees, maar ek sou mense met ekseem aanraai om te kyk na hul dieet, en dan te probeer uitskakel wat hulle die meeste van eet en te kyk wat die effek is. Ek het gesukkel om brood op te gee, maar het plaasvervangers daarvoor gevind en spog eerder met 'n gladde vel as wat ek brood hou en dan met ekseem sukkel.

    ReplyDelete
  5. Ek het 2 weke terug 'n kol op my regterwang gekry. Dit het vir die dokters gelyk soos 'n omloop, maar ek is nie seker nie. Hulle het vir my tavecort room gegee om aan te smeer. Maar dit het niks gehelp nie. Hoe meer navorsing ek gedoen het, hoe meer is ek seker dat dit ekseem is. Meeste van die seertjies en skubberigheid is al amper weg. Maar hoe raak ek ontslae van die rooi kol op my wang. Ek kan dit nie eers wegsteek met make-up nie. Ek hoe weet ek wanneer dit wel gesond is? Daar is nie enige vel specialist in my omgewing nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/2/16 19:29

      Hi...ek kry by tye ook van daardie rooi kolle....ek gebruik net n klein bietjie Medaspor salf en dan verdwyn dit vir lank

      Delete
  6. Anonymous28/7/09 08:34

    Dit is natuurlik nie moontlik om sonder 'n ondersoek te bepaal of dit wel ekseem is nie, maar dit kan wel wees.
    Het jy al 'n bevogtiger probeer? Kyk ook na die ander raad op hierdie blad.
    Die belangrikste raad wat ek jou kan gee is om te kyk na wat jy eet. Die kol kan wees as gevolg van 'n allergiese reaksie iets wat jy eet. Doen proefnemings : Sny een week graan uit en kyk hoe jou gestel reageer. 'n Volgende week sny jy weer melk uit, ens. Tot jy uitvind wat die moeilikheidmaker is.
    Indien jy enige ander vorm van medikasie gebruik kan jy ook daarna kyk as 'n moontlike oorsaak.

    ReplyDelete
  7. Hallo da! My naam is hyla en ek is 17 jaar oud. Van Junie 2006 sit ek met 'n probleem wat ek dokter na dokter en self velspesialiste gesien het.Op die oueiende na die sere verdwyn het, het ek in die hospitaal beland. Na hulle my behandel het vir klierkoors en gesaamtelik brongutes was ek beter en het dalk een keer daai jaar weer effe die seer begin sien. 2007 was als ouky tot in met Junie maand! Weer kry ek die sere en na ek verskei dinge probeer het en ook sekere kosse uitgesny het wou niks help en ek is terug na die dokter.Sy se toe dat dit wil vir haar voorkom asof ek ekseem het.Eers was ek onseker oor al die ander dokters en almal se dis iets anders, maar met dit het ek salf en badgoed asook pille gekry, maar niks help vir twee dae is als ouky dan skielik is die ekseem terug. Asb. enige raad wat kan help met die probleem sal grootliks waardeer word, want om te lyk hoe ek doed met die ekseem en die depresie van niks wil help maak my baie moedeloos.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/4/13 15:07

      My man het ekseem op sy rug.Hy kan net gliserien seep gebruik vir die hare was en sy lyf. Dan ook drink hy elke oggend op sy nugter maag 1E virgin olyfolie. Kyk ook na jou klere wat jy dra jy moet slegs 100% kantoen dra. By dischem koop jy post salf wat Xtreem is wit pot met swart deksel dit kos so R40 of minder. Dit is wonderlik vir juk. Smeer ook aan na gebad, moet ook nie stort nie dit droog jou vel uit en as jy stress en baie warm is raak dit erger. Voorspoed

      Delete
    2. Anonymous27/5/13 11:49

      kontak my by lpotgieter@bbtrans.co.za

      Delete
    3. Ek was ook al by d beste spesialiste kosse vermy duurste rome maar niks het gehelp!ek was moedeloos en is toe na dr patrick Fieuw in d paarl, hys mediese dr en homopaat! Dit klink amper onwerklik maar eks besig om gesond t raak! Hy begandel nie d vel want dis net uitlaaklep vir wat binne aangaan. Hy behandel jou uminiteit ens met homopatiese druppels(dr Reckeweg se druppels) net d groot Dis chems hou dit aan! Hoop julle kom reg!

      Delete
  8. Anonymous28/7/09 08:35

    Het jy al probeer om voedselsoorte uit te sny om agter te kom of jou toestand nie dalk iets met voedselallergieë te doen het nie? Probeer ook van die raad wat verder op hierdie blad gegee word.

    ReplyDelete
  9. Mamma Louise Meyer28/7/09 08:36

    My seuntjie is 1jaar oud en het 'n verskriklike ekseem ek was nou al 4maal by die huisdokter en ook by die pediater. maar hulle kan my nie help nie elke keer skryf hulle iets voor wat ek dan vir 2weke gebruik maar niks help nie. dit is baie klomp knoppies wat oor sy been en arm is eers was dit net aan die een kant van sy lyf nou is dit aan die ander kant ook as hy dit begin krap want dit jeuk en dit pla hom dan word dit so verskriklik rooi. Ek het hom nou al van beesmelk af gehaal kom nie meer buite nie en ons honde kom ook nie naby nie hulle is nie huis honde nie. ek gee niks wat suiwel in het nie. ek gebruik nie meer baba seep om hom mee te was nie en sy klere was ek met baba waspoeier en die selfde waspoeier wat ek nog altyd gebruik. Ek het niks verander nie. Ek wil graag weet wat kan ek nog oor weeg wat die oorsaak kan wees. en wat kan ek probeer om die ekseem beter te maak. Ons kon nog nie gaan vir bloedtoetse nie want hy hy is op medisyne. Ek kan hom nie 7dae van die medisyne af haal om die toetse te doen nie want hy sal hom dood krap, Ons slaap niks in die nag as die goed so begin pla. Hierdie mamma is raadop en sal enige iets probeer. Help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/4/13 15:09

      niks wat hy deur sy mond inneem kan dit veroorsaak nie, sien my vorige skrywe dit sal baie help hulle se gewoonlik kortisoon help maar is gif. Dit hou net vir 'n tydtjie. Probeer gerus die salf by dischem wonderlik

      Sterkte

      Delete
    2. Anonymous6/12/14 17:29

      Hi watse salf by dischem koop julle ????????

      Delete
    3. Anonymous6/12/14 17:36

      jaunvermeulen@live.com

      Delete
  10. Anonymous28/7/09 08:36

    Lees deur die raad onder, miskien is daar iets wat vir julle werk. Verder kan jy 'n normale room met 'n waterbasis elke dag op die area smeer. Die geheim is om die plekke nooit te laat uitdroog nie. Dit sal hom weerhou van krap. Die waspoeier moet ensiem-vry wees.
    Meeste kinders sukkel met atopiese ekseem. Dit hou verband met allergieë of oorgeërfde sensitiwiteit vir sekere stowwe. Algemene prikkels waarop jy kan let is:


    Stofmyt

    Stuifmeel

    Fungus

    Dierehare

    Vere en dons

    Graanstof

    Waspoeier en versagmiddel

    Geparfumeerde room, sjampoe en sonskerm

    Medikasie

    Chemikalieë

    Voedselbyvoegings

    Melk

    Eier

    Neute

    Skulpvis

    Koring en rys

    ReplyDelete
  11. Ek het 'n 4 jarige dogtertjie.Sy het 'n uitslag op haar vel ontwikkel so 2jaar terug.Dit lyk soos waterpokkies,maar dit jeuk nie.Ons het haar al by verskei dokters en velspesialiste gehad,elkeen met verskillende oppinies en medikasies,maar geen verbetering nie.Haar mangels is al uit gehaal.Dit vorm roofies en laat merke agter, kom meestal op haar maag en onder haar armpies voor, bietjie onder haar keel en op haar bene en ruggie, niks aan haar gesig nie. Soek raad of spesiale dokters wat kan help.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous19/6/13 13:18

      Hi

      Sal seker simple klink, maar ontwurm jou kind. Ek het as kind ook sulke knoppies op my maag ontwikkel en dr het vir my ma gese dit is lint wurms. sterkte

      Delete
  12. Anonymous28/7/09 08:37

    Dit klink asof julle nog net nie die regte spesialis gekry het nie. Onthou ook dat doktersbehandeling 'n proses is. Dit help nie om 'n ander dokter te soek indien die eerste behandeling nie werk nie. Dit is 'n manier vir die dokter om 'n profiel van die aandoening op te bou om uiteindelik te kan bepaal wat skort. Het jy al die raad probeer op hierdie blad? Maak seker jy probeer Saartjie Buys se raad onder aan die blad.

    ReplyDelete
  13. Mienie Houweling28/7/09 08:38

    My kleinkind is amper 4 maande en hy sukkel verskriklik met 'n droeë velletjie. Ek dink dit is baba ekseem, want die Pediater het vir hom 'n kortisoon salf voorgeskryf, maar dit help nie eintlik nie. Hy het dit op sy wangetjies, beentjies en armpies. As jy daaroor vryf voel dit net of dit skurf is, maar ek dink dit is ekseem. Kan u asseblief help. Ek (sy ouma) kry ook ekseem, maar onder my voete en op my hande. Is dit oorerflik! Sy ma het nog nooit las van ekseem gehad nie. My dogter bad hom met Epizone-E room en smeer dit ook aan sy lyfie, so sy gebruik geen seep. Sy was sy klere in Sunlight Seeppoeier en gebruik Baba Stasoft. Kan u miskien help!

    ReplyDelete
  14. Anonymous28/7/09 08:39

    Ek vermoed daar is 'n genetiese komponent ter sprake as mens so op die Ekseem-blad (laer af - red) lees. Ons baba (nou dogtertjie) het dit ook. Ek het die 'probleem' en ek sien my pa het dit ook. Ek sê 'probleem', want dit is nie rerig 'n probleem indien mens uitvind wat dit veroorsaak en hoe om dit te beheer nie. Maak die beheer deel van baba se leefstyl. Kossoorte is dikwels een van die kwaaddoeners. Eksperimenteer met kossoorte om te sien of daar iets is wat die toestand vererger. In ons geval het dit uiteindelik tot gevolg gehad dat ons ensiemvrye waspoeier gebruik, sy net suiwer gliserienseep gebruik en gereeld Aquasroom op die velletjie sit. Sit die room aan wanneer die velletjie begin om erg skurf te voel. Dit is nou al 'n paar jaar later en ons hou by die suiwer gliserienseep vir haar en sy het 'n roetine ontwikkel om self room aan haar velletjie te smeer van tyd tot tyd - net ingeval. Lees ook deur al die bydraes op die Ekseem-blad (laer af - red), dit is van groot hulp.

    ReplyDelete
  15. My Ma is 83 jaar oud en sukkel al verskeie jare met 'n vetterige ekseem op die kopvel, dit het nou al versprei in die gesig en na haar bors en rug. Sy het al verskeie produkte en shampoo probeer niks help nie, het julle miskien enige raad?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/9/15 14:20

      hi daar bestaan n plant met die naam wilde dagga, of klip dagga. sy moet die blare trek met kook water en daarmee was.

      Delete
    2. Hi Joey
      My man (75 jaar oud) het die selfde probleem na vele probeur slae het dr selsun shampoo aan beveel en die probleem is sommer gou gou op gelos nou is dit weer sy vel net bokant die voete so die onder bene dit raak droog en nie eers baba olie werk vir dit ek dink ek moet kyk as ons die bene was met selsun shampoo of dit nie beter raak

      Delete
  16. Ek is ook al raadop. My seun is 8 jaar oud.
    Hy het knoppies wat lyk soos blase, op sy 1 boud , onder die arms, agter op sy bene ,maag en bo op sy arms.Ons het hom nou al by die dokter gehad. Diselex is voor geskryf en antibiotika salf. Dit hou net so vir 'n paar dae dan is die probleem weer terug.

    ReplyDelete
  17. Liana,
    Dit wil voorkom asof julle te veel fokus op die simptome. Met ekseem sal dit meesal net vir so 'n tydjie werk - soos jy tans ervaar. Jy sal waarskynlik na die jong man se dieet en 'n paar ander dinge moet kyk om die ding te stop. Eksperimenteer met verskillende voedselsoorte om te kyk of daar iets is wat die simptome meebring. Dit gaan 'n tydjie neem en kan frustrerend wees, maar dit is nodig indien jy wil uitvind wat die oorsake is. Kry ook vir hom spesiale seep by die apteek. Saam met 'n ongegeurde room met 'n waterbasis wat jy saans aansmeer kan dit help met die herstel van sy velletjie. Koop ook net klere van suiwer katoen vir hom, dit kan net help. Soms is dit moeilik met klein kindertjies as dit byvoorbeeld veroorsaak word deur iets ekstern waarmee hulle in aanraking kom, soos stof of gras. Vir laasgenoemde kan jy vir jou dokter vra vir 'n toets om te bepaal waarvoor hy allergies is. Dit is maar moeilik, maar mens kan die ding onder beheer bring.
    Voorspoed vir jou.

    ReplyDelete
  18. Ek het as kind n vel ekseem wat hand aan hand loop met my asma gehad. Dit was nog altyd vir my erg en het in die voue van my arms, bene en nek voor gekom en dan ook soms op my hande. Die vel is droog en bars oop as jy loop of beweeg wat dan die vog(sig) laat uitloop. My ma het my kronies op kortesoon pille en salf gehou wat later veroorsaak het dat my vel baie dun was en my lewer het vergroot as gevolg van al die medikasie wat ek vir my asma en vel gebruik het. Toe ek so 17 was het my asma en my vel probleem so tese weg gegaan en het ek niks van n seer vel geweet nie. Ek is nou 22 en sit weer vir die afgelope 3 en n half jaar met n soort van swam as ek dit so kan noem op my vel. Dit is net op my voete en my bene en veroorsaak dat my bene so swel dat ek skaars op hulle kan loop. Dit vorm n droe kors op my vel en skilfer baie al loop die vog daar uit. Daar is nie n oomblik in die dag wat dit nie jeuk en brand nie en omdat ek net langbroeke dra maak dit dit net nog meer smeterig. Ek bad met Dettol seep en smeer net gewone reuklose wit room op. Ek is al raad op met dit en kan regtig nie meer nie. Ek wil graag soos ander jonge meisies met n kort broek kan loop maar het dit nog nog nooit in my volwase lewe gedoen nie as gevolg van my vel. Is daar enige raad of voorstel wat julle my mee kan help?

    Groete

    ReplyDelete
  19. Anonymous11/3/10 14:12

    Ek het al die kommentare gelees en 'n ernstige waarskuwing: BLY WEG VAN KORTISOON !! My seun se vel was met geboorte bloedrooi en die pidiater het toe al kop gekrap oor wat die oorsaak kan wees. Hy is 'n baie klein seuntjie gediagnoseer met atopiese ekseem en 'n jarelange stryd het vir hom en vir my as sy ma voorgelê. Belangrikste eerste: die REGTE diagnose, behandel dan die oorsaak en 'n ERNSTIGE waarskuwing: ble weg van kortisoon. Hy het van ong.ouderdom 10/11 reekse kortisooninspuitings gekry en later dosis op dosis kortisoonpilletjies. Dit het wel tydelike verligting gegee, maar BAIE newe-effekte. Sy vel is papierdun, hy het stadig gegroei, puberteit was laat en hy het katerakke ontwikkel wat verwyder moes word. Ek kan 'n boek skryf! Ek kan net noem dat hy oor sy hele liggaam ekseem gehad het, van sy kopvel tot soms selfs op sy voetsole. HY het ure in die bad gelê met Epizone E en rooibostee. By tye moes hy op 'n handdoek sit/slaap met etter wat uit sy vel loop en ek het met my hande in my hare gesit!! Ons was by velspesialiste, homeopate, het verskeie duur bloedtoetse laat doen, rate gevolg, later anti-deprissante ens.ens Die bloedtoetse het getoon dat sy allergietelling buitengewoon hoog is en baie streng diete het gevolg. Hy was telkemale in die hospitaal en was op 17 in 'n sporiase/ekseem kliniek in Sedgefield naby George opgeneem. Daar het hy uitstekende behandeling ontvang waarvan een sielkundig(selfbeeldprobleme, sosialisering ens. was ernstige probleme) Hy is gespeen van kortisoon en ander medikasie en met 'n nuwe uiters streng dieet huis toe gekom. Dit was moeilike tye met 'n tiener wat opstandig was oor sy toestand. 'n Jaar later het ons 'n dokter in Stellenbosch ontdek wat 'n mediese dr.en 'n natuurlike medisyne praktisyn is. Uiteindelik was daar resultate met haar behandeling en die koms van puberteit!!
    Francois is nou 25 en lei 'n redelike normale lewe. Seisoensverandering, droë hitte of koue, sekere kos en veral stres het steeds het 'n baie groot invloed op sy toestand. Hy het vir 2 jaar in die Florida, USA in 'n hotel gewerk (op die beroep besluit omdat hy nie buite kan werk nie) en baie interessant is dat hy daar feitlik gesond was en 'n totale normale lewe gelei het. Daarom is hy op die stadium besig met reëlings om permanent in Miami te gaan werk en bly.
    'n Paar rate!! Vermy veral verwerkte kos - preserveermiddels is gif! So ook MSG in chips. Onthou mens eet die kos en niks gebeur, maar ek het ondervind dat die gistowwe opbou en dan op 'n dag, saam met ander faktore soos stres, slaan die ekseem uit. Huismyte is 'n ander probleem. Slaapkamer: Gooi matte uit, gebruik blindings wat gereeld gewas kan word, gebruik oortreksels op matras en kussings, stofsuig die vloer veral plankvloere elke dag, sit matras en beddegoed gereeld in die son. Trek vir kinders handskoene aan in die nag vir die krap.
    Ek hoop my opstel kan iemand help. Sterkte!

    ReplyDelete
  20. Anonymous12/3/10 09:56

    Ek wil net bevoeg by gister se opstel oor my seun, Francois: Ekseem is in die gene.! My oupa het "roos" gehad, my ma het dit baie erg in haar hande gehad en ek het dit nou, op ouderdom 52, baie erg op my voete. Ander lede in ons familie sukkel ook en saam daarmee het ons almal of sinus en hooikoors of asma-probleme. Aan almal wat hierdie pad loop: doen alles moontlik om die lewe vir jouself makliker te maak - al moet jy ook USA toe trek!!! En laaste maar nie die minste, moenie van gebed vergeet as jy nie meer weet wat volgende nie...!

    ReplyDelete
  21. Anonymous13/3/10 11:10

    Ek is 26 jr oud en sukkel al so lank droëvel (Ekseem) ek het al baie Dokters en spesialiste gaan sien niks gehelp nie.
    Maar ek het self toetse gedoen en wat vir my werk is olyf olie in my badwater, in my shampoo gooi ek 'n bietjie maak glad nie jou hare olierig nie laat dit net blink net nie teveel ingooi nie probeer eers in jou hand bietjie shampoo en dan olyf olie was jou hare normaal weg. En jy kan jou hele lyf met olyf olie smeer as jy klaar gebad het en dan jou ongegeurde room dit werk regtig my droë ekseem vel is genees.

    ReplyDelete
  22. Anonymous16/3/10 08:32

    As 'n baba het my dogter gesukkel met ekseem wat so erg geraak het dat dit gebloei het op haar geboortemerk. Ek was van die een spesialis na die volgende en hulle het al hoe sterker en sterker kortesoon voorgeskryf. Niks het gehelp nie!

    Ek het toe een dag in die Rooi-Rose gelees dat aarbeie jogurt die grootse oorsaak is (sy was baie lief daarvoor) en dat ek alle salf wat voorgeskryf was moet verdun met Aqua room. Ek het toe die salf wat die laagste kortisoon tal gehad het gemeng 10/90 vir so week en daarna net Aqua room gebruik. Haar ekseem was binne 2 weke weg!

    Sy is nou 16 jaar en het weer 'n uitslag met ekseem gehad. Die redes was dat ek 'n ander maak waspoeier gekoop het en dat sy 'n vriendin se gegeurde showergel gebruik het. Koeksoda in die bad en Aquaroom oggend en aand het die probleem reggestel - en ek het natuurlik die waspoeier vervang.

    ReplyDelete
  23. Hi! My Babatjie is 3maande oud en het erg ekseem! Hy drink NAN HA melk en kry so elke twee dag bietjie rys pap.. Ek bad hom met Epizone E en smeer sy lyfie met Cream E45. Was sy klere met Sunlight Baby waspoeier en baby Stasoft.. Dit raak net erger elke dag.. Is daar dalk iets wat ek verkeerd doen, omdat dit al hoe erger raak. Help asb ek kry hom so jammer.

    ReplyDelete
  24. Elmare Wakeford31/3/10 09:29

    Goeie more my dogter is 4 jaar oud en het n erg ekseem.Ek was nou al dokter in en dokter uit en elke keer word daar net salf en medisyne gee ek is raad op ek het ook nou Epizone salf en die seep maar sover raak dit net erger. Indien iemand dalk nog raad vir my kan gee oor hierdie tipe ekseem kan hulle my kontak op my epos addres wakefordelmare/2gmail.com.Die ekseem maak n rooi kors met klein blase en dit jeuk erg sy bly dit krap dat dit bloei. Ek sien hier is n paar mense wat ook met hierdie tipe ekseem teespoed opgetel het ek sal ook die raad wat hulle gee probeer.

    ReplyDelete
  25. Anonymous13/4/10 13:09

    Ek het die anderdag op die internet gelees dat geel swael met vaseline gemeng kan word en op die ontsteekte areas gesmeer kan word. Ek sukkel al vir donkiejare met ekseem. My kortisoon salf help net vir 'n ruk en dan slaan dit weer uit. My pa-hulle se hond het een of ander velsiekte onderlede gehad en amper al sy hare het uitgeval. Ek het toe vir my pa van die raad vertel. Hy het twee keer swael op die hond gesit en nou is amper al sy hare terug en hy jik ook nie meer so baie nie. Mens kan niks verloor deur dit te probeer nie.

    ReplyDelete
  26. Anonymous22/5/10 16:46

    Ek het geskukkel met Ekseem. Probeer Gerus vir 3 maande lank die Vit. B pil BEESPAN!!!! dit het vir my gewerk ek het 2 elke oggend gedrink en ek sal dit nooit weer los,stres veroorsaak dit. Eet gesond. hou die oppervlak waar die Ekseem is droog - salf maak die probleem erger!! Ek het gewone baba-poeier gebruik en met Rooibosseep gebad, geen olies niks in jou badwater dalk bietjie koeksoda. Indien dit in jou gesig uitslaan vermy grimering vir 'n tyd lank en gebruik 'n natuurlike produk met geen parfume.Ek het gesien dit kom van binne. Eet Natuurlike Yogurt met 1tl borrie in 3x per dag - dit kom van binne en nie wat jy aansmeer sal werklik help nie - ontspan en Detox jou liggaam gereeld!! Wel dit het regtig vir my gehelp die paar wenke.
    Mariaan

    ReplyDelete
  27. Anonymous23/6/10 08:04

    EK HET ALLES GELEES EN TOEGEPAS......EK HET MELK EN BROOD GELOS EN MY EKSEEM IS WEG.......

    ReplyDelete
  28. Anonymous25/6/10 00:07

    Ek is 'n 15-jarige meisie. Ek het nog noot eksem gehad nie. Gister aand het my regter wang en ken erg begin jeuk. Ek het terselfde tyd 2 koorsblare ook gehad(Ek het 3 jaar terug 'n ytslag gehad op my gesig wat gelyk het soos ekseem en was toe op die ou end koorsblare.)So ek het liewers nie gekrap nie. Vanoggend staan ek op met n bloed rooi wang wat reedlik droog is. Ek het heeldag op die internet gesoek wat op aarde die goed is wat op my vel is en toe afgekom op hierdie 'site'.
    Ek leef vir die afgelope week op brood, sap. koffie en slaai. In een van die boonste 'comments' het ek iets geles van eier. Nou ek het 2 aande terug 'n eier en suurlemoensap 'facial mask' gehad. Dit werk wonders vir my vriendinne en neuk my vel op! Toe ek die 'comments' hier bo lees het ek min of meer 'n idee gehad wat ek vekeerd doen.

    punt is: Moenie te veel brood eet nie, stadig met die koffie(melk), bly weg van eiers, drink water na jou sap en verbrand enige salf wat kortisoon bevat.-Ouma se so!

    PS: As jy regtig 'n goeie gesigwasmiddel wil he wat jy in enige situasie kan gebruik: Galderma, Cetaphil- Daily facial cleanser- Met of sonder water. En Differin Gel ook van Galderma. Mens moet ongelukkig 'n voorskrif he daarvoor en dis baie duur mar dit WERK WONDERS!!

    Lyne'

    ReplyDelete
  29. Anonymous27/8/10 13:05

    Ek het skielik enseem en wil vanaand ook weet wat sê ander mense daaroor. Het hier en daar gelees en raad/rate opgepik. Wil graag iets deel as ek so lees oor mense wat allergies is.

    Eers: LYSINE (in kombinasie met Vitamiene C en Sink en as dit kan Astragalus membranaceus (droë Astragalus-wortel) werk TEEN KOORSBLARE.

    Ek is al vyf jaar vry van erge HOOIKOORS (en daarmee saam sommer van voedselallergie en nog 'n paar pyne omdat 'n mens se gestel gesuiwer/verander word) toe ek die volgende tradisionele raad toegepas het (een week wel en een week nie - vir so twee maande, maar maak genoeg waterdrink 'n gewoonte):

    1. drink 1,5 liter water op jou nugtermaag (so gou jy kan met wakkerword) en 2. wag een uur voor jy enigiets eet of drink daarna (3. die vorige aand geen alkoholgebruik).

    Ek weet nie hoe 'n mens hierdie vir kinders sal aanpas nie - maar glo waar 'n wil is, is 'n weg. WATER werk! (Lees net daaroor om seker te maak oor minerale soute. Kyk daarvoor in die boek: http://www.watercure.com/yourbodysmanycriesforwaterhardcover.aspx)

    Seker weer tyd vir 'n tyd van intensief waterdrink om ontslae te raak van die rede vir die ekseem, maar die byewas-produk klink na hulp!

    ReplyDelete
  30. Anonymous31/8/10 14:48

    Ek sukkel ook met ekseem allergie. N mens moet kyk wat jy eet en drink,dan moet dit uitgeskakel word. Wat my ekseem aanhelp is wyn,bier en uie. Alles wat uie preseveer middels in het bv soppoeiers wat ek lief is om te gebruik vir souse. Sodra ek dit uitskakel gaan dit weg.

    ReplyDelete
  31. Ek het katarakverwydering gehad en tesame daarmee lensinplantings. Ek het hiper allergies geraak vir alle preserveermiddels in oogdruppels en salf en nou 4½ maande later sit ek opgeskeep met ekseem in my gesig, nek en om alles te kroon in die buig van my arms. Ek het kortisoon inspuiting gehad en gebruik Deselex tablette en MyloCORT salf en alhoewel dit gehelp het vir my gesig, het die ekseem nou versprei na my my arms en ek is bang dit versprei na die res van my lyf. Is daar enige raad????

    ReplyDelete
  32. Waar kry ek die BeeWise?

    ReplyDelete
  33. Probeer die apteek vir BeeWise.

    ReplyDelete
  34. My seuntjie van 5 het vreeslik ekseem, so erg dat mense soms dink die kind het een of ander siekte oor sy velletjie so lyk... My ma het eendag vir my gese dat sy op die radio gehoor het 'n boereraad wat werk vir ekseem is die volgende: 1 pot (250ml) vaseline, nie die wat na iets ruik nie en 4 grandpa poeiers daarin gemeng. Smeer dit sommer oggend, middag en aand aan. Ek bad hom net met gewonde Dove seep (hy se die ander sepies brand, maar kla nie oor Dove nie), gooi koeksoda in sy badwater. Hy lyk regtig al beter. Ek het ook al allerhande duur salwe en rome probeer, maar sover werk die bogenoemde vir my nog die beste. Die jeuk is ook minder, want hy was gedurig aan die krap! Sterkte julle almal, ek weet hoe 'n nagmerrie ekseem is.

    ReplyDelete
  35. Ek het ook van kleins af gesukkel met ekseem. Ek is nou 44 en sukkel nou met my lippe - van al die kortisoon salf het my vel so dun geword. Ek kan geen sterk kosse eet nie en kos met sout of skerp geure brand my vel.Ek maak saans my gesig skoon met rooibostee - dit bring wel verligting. Ek soek iets wat die heeltemal wegvat.

    ReplyDelete
  36. Anonymous28/3/11 11:58

    My dogter is 22 jaar oud. Sukkel met ekseem vandat sy 9 maande is. Kom veral voor waar die vel buig of wrywing is - waai van arms en bene, om mond, veral die hande. Beddegoed is baie belangrik - was met middel wat huismyte doodmaak, spuit ook gordyne, matras en sit oortreksels op wat myte van liggaam weghou. Ons het redelike sukses met vlassaadolie en Omega 3 kapsules. Sy is hiper sensitief vir enige sitrus en slaan dadelik rooi om mond uit. Het toe sy in die laerskool was 'n middel gekry - Linotar - het 'n teerbasis - word in gebad en ander een in reeks word aangesmeer - maak vel mooi glad van skubbe. Krap is die groot vyand - hulle skuur en krap in die nag sonder dat hul weet - ons het handskoentjies gekoop met lagie plastiek binne-in - dit laat salf ook beter aanbly. Kan seker self gemaak word. Enige wrywing aktiveer die simptome - moet nooit vryf na bad nie, - druk droog - ook as hande gewys word - net druk-druk. Sy drink baie rooibostee en bad in rooibostee - gee verligting. Word met stress vererger.
    Elizabeth Ann se babasjampoe - pienk roomsoort werk goed om gesig te was. Geen seep ooit nie. Gaan BeeWise probeer - hoop dit help.

    ReplyDelete
  37. Anonymous27/4/11 05:35

    ek is ni seker of ek ekseem het of n alergiese reaksie. Op my ribbes waar di bra omtrent is lyk en voel dit of n muskiet my 30 gebyt het, dis rooi en jeuk. Di 1ste dag het my bors bly toe trek maar nou 3dae later ni meer ni. Help wat is dit?

    ReplyDelete
  38. Anonymous21/5/11 16:39

    Wie kan vir my sê of dit ook soort van 'n vel ekseem is wat ek dalk het.Op my hand palms vorm daar amper iets soos waterblaas maar droë soort dan dop my vel af.Ek is permanent op Allergex want het allergiese asma.Dit is nie rooi of juk ook nie.

    ReplyDelete
  39. Anonymous8/6/11 10:59

    Ek weet nie watter soort ekseem dit is nie, maar ek kan voorstel jy probeer speensalf daarvoor.

    ReplyDelete
  40. Anonymous24/9/11 20:46

    hello. ek is 19 jaar
    Ek het nog van dat ek kon onthou vel probleem op my bene. dis erg rooi merrke wat af en toe na blase lyk maar sonder die water.
    ek was al by hoeveel dokters en dan se hulle ekt ekseem en dan dit en dan dat.
    ek het nou al alles probeer wat ek kan kry en niks werk dit bly net daar en dit jik baie erg. ek is nou al reed op en weet nie meer. asseblief help met enige raad. dit word net erger en erger en niks wil help en niemand weet werklik wat dit is nie.

    ReplyDelete
  41. ek is mamma van 'n 3 maande oue seuntjie. hy het skelik 'n uitslag gekry soos die seisoen gedraai het. ons het dit eers as 'n melk alergie voorgeskryf, maar sonder verbetering. ek het begin navorsing doen en afgekom op die antwoord ekseem. ek het vir hom Epizon E + A gekoop en alle ander seep met parfuum uitgeskakel. sy vel lyk reeds baie beter vandat ek dit begin gebruik het en hy juk nie meer nie. probeer dit gerus. dit is beskikbaar by Dischem en dis nie duur nie. omega 47 help ook vir verskillende uitslae

    ReplyDelete
  42. Anonymous2/12/11 10:43

    Hallo 19 jaar,

    Dit klink soos 'n vorm van ekseem. Wat jy moet verstaan is dat jy die oorsaak moet vind om hierdie probleem op te los of te beheer. Jy sal moet probeer bepaal wat dit is deur dinge uit te sny vir 'n tyd en dan te kyk of jou vel verbeter. Dit kan een van verskeie dinge wees, selfs 'n kombinasie van dinge. Van dit wat jy eet, jou omgewing, die klere wat jy dra en selfs jou seep of parfuum.

    Voorspoed!

    ReplyDelete
  43. Anonymous30/1/12 08:25

    Hi almal
    Baie dankie vir almal se rate!! Ek gaan sommer ALS probeer, eks net so keel vol vir die verdomde EKSEEM!!!!!! Ek sukkel ook al 6 jaar met EKSEEM en DR's help nie hul wil net kortosoon en duur salfies voorkryf wat net verligting gee en dit nie weg vat nie! :(
    Sterkte vir almal!
    Rudi

    ReplyDelete
  44. Anonymous30/4/12 11:41

    Ek het ook nou vir die afgelope maand 'n uitslag gehad, wat ek gekrap het dat my bo arms en bo been eintlik pers is van al die krappery. Ek het toe dokter toe gegaan en hy het bevestig dat dit ekseem is. Ek het verlede Desember die hele maand hookors gehad en dit was baie erg. Gaan dit regtig te paart daarmee en gaan ek nou vir die res van lewe met ekseem sit? Erny

    ReplyDelete
  45. Na3 Jaar en verskeie Dr wat se dit is hatversaking en duisende rande se medisyne wat my net siek maak , het ek ook op internet begin soek. Ek se net dankie vir almal se raat en sal veral die borrie, Vit B pil Beespan en die Rooibosseep probeer.

    ReplyDelete
  46. Anonymous1/12/12 13:19

    Ek ht sere op my bene rug ht eers gedink dt is miskietbyte maar dt brand erg baie en ht n seer gemak sonder dat ek dt gekrap ht. En vdat ek dt gekry ht is nu al so 2weke raak skraap merkies wat al amper gesond was ok rooi om (die) merk.wat kan dt wees of wat kan ek gebruik om dt weg te kry. Help asb

    ReplyDelete
  47. My seun het vanaf geboorte gesukkel met ekseem en dit was van 'n verskriklike aard. Ek het by ssy kleuterskool juffrou gehoor van Zinplex en dit is weg tot vandag toe.

    ReplyDelete
  48. Ek het uit die bloute hierdie jeukerige probleem ontwikkel met die uitslag veral oor my laer maag en hier en daar op my bene. Dit jeuk erg (veral in die nag) en ek is erg skaam oor die gespuis wat oor my lyf versprei. Omdat ek 'n sportman is pla dit my erg want ek kan nie in die gym so loop nie of kaal bolyf in die publiek verskyn nie. Het die raad van Tinaderm en Mylocort room gekry. Gaan kyk of dit werk.

    ReplyDelete
  49. Ernst VD Merwe1/4/13 11:22

    Ek het al vir 10 jaar erge ekseem. Kortisoon salf en pille help, maar gereelde gebruik van enige vorm van kortisoon het natuurlik baie nadele vir jou liggaam. Die verligting van die simtome met kortisoon is ook net tydelik. In my geval was ek gelukkig dat my dokter Celestamine pille vir my voorgeskryf het. Om van die ergste gejeuk en sere ontslae te raak het ek vir die eerste drie paar dae twee pille per dag geneem. Ek bad met Dove seep en smeer op my half afgedroogte vel Epizon E room aan. Ek hoop nie hierdie Celestamine pille het die selfde nadele as kortisoon nie maar ek gebruik tans slegs een Celestamine pil elke drie dae. Behalwe vir "n ligte gejeuk af en toe weet ek nie van ekseem nie.

    Halleluja

    Ernst VD Merwe

    ReplyDelete
  50. Ek i snetso raadop vir ekseem my seuntjie het die van 4maande en is nou 8maande hy kry dit van kop tot tone dr het nou vir hom n pilletjie voorgeskryf maar die kind is dan nog so jonk en wat van sy niertjies.Ons het allank gestop met babaprodukte en stasoft maar steeds hierdie uitslag....Elke keer kry ek nuwe raad by mense maar is bang om alles op die kind te probeer.Dr se ek moet moed hou maar ek is raadop!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/8/13 12:47

      Ken dit, soms ontgroei hulle dit. Ek sou voorstel jy probeer die raad wat nie kan seermaak. Het self met ons dogter reggekom deur te stop met versagmiddels ens. en net suiwer glisserien seep te gebruik op haar en haar met room met 'n waterbasis sonder enige bymiddels in te smeer. Voorspoed.

      Delete
    2. Anonymous15/7/14 13:28

      Maak seker dat daar nie METHYLISOTHIAZOLINONE MI in enige produk is wat jy gebruik nie - enige skoonmaakmiddel, room, shampoo en veral produkte wat op groot skaal vervaardig word vir hotelle en gastehuise. Ek het `n pragtige vel gehad - die produk was egter in `n duur gesigroom en die uitslag was verskriklik! Vermy alles wat vrugtesure in het - alle Alfa hidroksies is gif!

      Delete
  51. Anonymous14/5/14 07:54

    Ek het n 2weke oue baba,syt verskriklike lelike omlope in ha gesigi en op ha kop veletjie,enige raad groot asb....

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous15/5/14 12:43

      Daar is 'n salf wat jy by apteke kry, wat jy kan probeer.

      Delete
  52. Anonymous18/9/15 12:02

    Ek wil graag raad he my skoon ma is 80 sy het roos op die vel ek wil graag weet wat veroorsaak dit en wat kan sy gebruik

    ReplyDelete
  53. Baie dankie vir almal se raad. Ek sulke geel knoppies op my gesig begin kry. My hele gesig. Smeer Epi Max wat gemeng met anti allergie salf. Het kortisoon salf gebruik maar later help dit ook nie meer.

    ReplyDelete
  54. Baie waardevol het genoeg inligting gekry. Dankie

    ReplyDelete
  55. Hey
    My baba is nou 8 maande en sy het ekseem maar as ek haar kla gebad het is sy net erger en ek bad haar met plyn seep wat kan ek doen om dit better te kry enage raad asb

    ReplyDelete