Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Krampe. Show all posts
Showing posts with label Krampe. Show all posts

26.12.23

Maagkrampe by baba’s

Krampe is algemeen by babas, veral gedurende hul eerste jaar. Tekens dat jou baba ongemaklik voel hiervan sluit in:

  • Baba is ongelukkig met alles.
  • Baba is lusteloos.
  • Veranderinge in die frekwensie van die baba se stoelgang.
  • Veranderinge in baba se slaappatroon.
  • Veranderinge in baba se eetgewoonte.

Daar is verskeie dinge wat dit kan veroorsaak. Oorsake kan insluit koliek, hardlywigheid, gastro-enteritis, winderigheid, refluks of 'n laktose-intoleransie.

Wat jy kan doen om dit te verlig:

  • Baba masseer.
  • Fietsry-bewegings met baba se bene.
  • As die baba bottel drink, maak seker die formule is reg.
  • Vermy oorvoeding.
  • Vermy afleidings tydens voeding.
  • Vryf baba se winde uit in verskillende posisies.

Buscopan maak 'n stroop vir baba's so jonk soos 1 maand.

(foto: William Fortunata)

20.6.23

Krampe

Jy kry ´n kramp as jou spiere skielik saamtrek en die pyn kan ´n paar minute duur. Sport, swem in koue water, swak na die spiere en ´n gebrek aan sout of ander minerale veroorsaak krampe. Krampe kom gewoonlik in die bene, voete en hande voor. Swem in baie koue water, swak bloedsirkulasie na die spier, sout- en ander mineraaltekorte en wanbalanse is ook algemene oorsake. Suurstoftekort, rookgewoontes, passiwiteit, artritis, dehidrasie, hitte-aanvalle en verkalkte are kan ook faktore wees. Kinders ondervind dikwels spier- en beenpyne wat as groeipyne bekend staan. Chroniese spierkrampe dui dikwels op ´n tekort aan magnesium.

Trek die betrokke ledemaat reguit deur dit op- of afwaarts te buig. Masseer die aangetaste dele asook die hele omliggende deel. Vir tekorte probeer aanvullings van kalsium, magnesium, kalium, yster, Vitamiene B, C en D en seewiertablette. Vitamien E is goed vir krampe wat na oefening of in die aand voorkom en is baie doeltreffend vir die verbetering van die bloedsomloop, veral in die geval van verkalkte are..

Spreek jou dokter indien jy bedags krampe kry terwyl jy aktief is.

Boereraat:

Vir stywe spiere smeer jy soggens en saans klapperolie aan en doen dan baie ligte oefening met daardie spiere.

♦♦♦

Vir stywe spiere: gooi ’n halwe koppie appelasyn in badwater.

♦♦♦

’n Magnesium aanvulling kan help om krampe te verhoed.

♦♦♦

Vir krampe of spierpyne, week koolblare in warm water en sit 2 keer per dag op aangetaste deel.

♦♦♦

Week ’n lap in koue water en sit op jou maag. Dit sal verligting bring.

♦♦♦

Drink ’n eetlepel soetolie saam met ’n sterk koppie koffie.

♦♦♦

Meng 1 eetlepel asyn en 1 eetlepel soetolie en drink.

♦♦♦

Drink ’n bietjie sterk suikerwater.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.2.23

Kruie vir kwale: Krampe

Gebruik 10 g vars tiemie om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir krampe.

♦♦♦

Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir slegte krampe.

♦♦♦

Plaas skaafsels bas van ’n kiepersol (-boom) op die blare van ’n bloulelie en bind vas op spiere wat kramp.

♦♦♦

Trek naeltjies in kookwater en drink so elke drie of vier uur ’n bietjie sal dit verligting bring.

♦♦♦

Trek gemmer in kookwater wanneer jy maagkrampe het en drink elke vier uur ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Trek ’n bietjie kaneel in kookwater en drink kort-kort daarvan.

♦♦♦

Laat trek 1 teelepel kruienaeltjies in 1 koppie melk en drink.

♦♦♦

Meng 2 liter water met 2 eetlepels heuning, 1 eetlepel fyngekapte gemmer en 1 eetlepel gemaalde kaneel. Hou in die yskas en drink gereeld ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Gebruik pietersielie by jou kos as jy gereeld maagkrampe kry.

♦♦♦

Vir krampe in die bene, sit op ’n koue vloer. Sit so dat die been aan die koue vloer raak.

♦♦♦

Smeer kanferolie aan die plek waar die krampe voorkom.

♦♦♦

Indien jy krampe in jou bene het: Neem 2 eetlepels brandspiritus, 2 eetlepels terpentyn, 1 eetlepel paraffien, 1 koppie asyn, die geel van 1 eier en 1 koekie kanfer wat baie fyngemaak is en gooi in ’n glasbak. Meng goed en laat die mengsel dan staan vir 10 minute.
Smeer aan bene.

♦♦♦

Meng ‘n halwe bottel asyn met twee teelepels fyngemaakte duiwelsdrek, skud goed en smeer aan.

Duiwelsdrek is die gomhars van skermblomme.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

23.4.18

Kramp

’n Kramp is ’n skielike, onwillekeurige en pynlike sametrekking van een of meer spiere.

Die oorsaak is gewoonlik swak spierkoördinasie (tydens oefening); met afkoeling tydens of na oefening; indien die liggaam te veel sout en vloeistowwe verloor weens sweet, diarree of aanhoudende vomering; of tydens slaap.

Krampe word gewoonlik verlig deur die spiere te rek. Maak eers die betrokke deel van die liggaam reguit en masseer dit dan liggies.

Simptome en tekens
• Pyn in die aangetaste deel
• Styfheid of ’n spasma in die spier
• Die saamgetrekte spiere kan nie ontspan nie

Vir ’n kramp in ’n dyspier
Maak die knie reguit en lig die been met die een hand onder die hak; druk met die ander hand die knie af. Masseer die aangetaste spiere liggies.

Vir ’n kramp in ’n kuitspier
Maak die knie reguit en trek die persoon se voet liggies opwaarts in die rigting van die skeen. Masseer die aangetaste spier saggies.

Vir ’n kramp in ’n voetspier
Maak die tone reguit en help die persoon om op die bal van die voet te staan. Masseer die voet liggies.