Gebruik 10 g vars tiemie om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir krampe.
♦♦♦
Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir slegte krampe.
♦♦♦
Plaas skaafsels bas van ’n kiepersol (-boom) op die blare van ’n bloulelie en bind vas op spiere wat kramp.
♦♦♦
Trek naeltjies in kookwater en drink so elke drie of vier uur ’n bietjie sal dit verligting bring.
♦♦♦
Trek gemmer in kookwater wanneer jy maagkrampe het en drink elke vier uur ’n bietjie daarvan.
♦♦♦
Trek ’n bietjie kaneel in kookwater en drink kort-kort daarvan.
♦♦♦
Laat trek 1 teelepel kruienaeltjies in 1 koppie melk en drink.
♦♦♦
Meng 2 liter water met 2 eetlepels heuning, 1 eetlepel fyngekapte gemmer en 1 eetlepel gemaalde kaneel. Hou in die yskas en drink gereeld ’n bietjie daarvan.
♦♦♦
Gebruik pietersielie by jou kos as jy gereeld maagkrampe kry.
♦♦♦
Vir krampe in die bene, sit op ’n koue vloer. Sit so dat die been aan die koue vloer raak.
♦♦♦
Smeer kanferolie aan die plek waar die krampe voorkom.
♦♦♦
Indien jy krampe in jou bene het: Neem 2 eetlepels brandspiritus, 2 eetlepels terpentyn, 1 eetlepel paraffien, 1 koppie asyn, die geel van 1 eier en 1 koekie kanfer wat baie fyngemaak is en gooi in ’n glasbak. Meng goed en laat die mengsel dan staan vir 10 minute.
Smeer aan bene.
♦♦♦
Meng ‘n halwe bottel asyn met twee teelepels fyngemaakte duiwelsdrek, skud goed en smeer aan.
Duiwelsdrek is die gomhars van skermblomme.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 150 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment