Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



10.2.23

Kruie vir kwale: Krampe

Gebruik 10 g vars tiemie om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir krampe.

♦♦♦

Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir slegte krampe.

♦♦♦

Plaas skaafsels bas van ’n kiepersol (-boom) op die blare van ’n bloulelie en bind vas op spiere wat kramp.

♦♦♦

Trek naeltjies in kookwater en drink so elke drie of vier uur ’n bietjie sal dit verligting bring.

♦♦♦

Trek gemmer in kookwater wanneer jy maagkrampe het en drink elke vier uur ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Trek ’n bietjie kaneel in kookwater en drink kort-kort daarvan.

♦♦♦

Laat trek 1 teelepel kruienaeltjies in 1 koppie melk en drink.

♦♦♦

Meng 2 liter water met 2 eetlepels heuning, 1 eetlepel fyngekapte gemmer en 1 eetlepel gemaalde kaneel. Hou in die yskas en drink gereeld ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Gebruik pietersielie by jou kos as jy gereeld maagkrampe kry.

♦♦♦

Vir krampe in die bene, sit op ’n koue vloer. Sit so dat die been aan die koue vloer raak.

♦♦♦

Smeer kanferolie aan die plek waar die krampe voorkom.

♦♦♦

Indien jy krampe in jou bene het: Neem 2 eetlepels brandspiritus, 2 eetlepels terpentyn, 1 eetlepel paraffien, 1 koppie asyn, die geel van 1 eier en 1 koekie kanfer wat baie fyngemaak is en gooi in ’n glasbak. Meng goed en laat die mengsel dan staan vir 10 minute.
Smeer aan bene.

♦♦♦

Meng ‘n halwe bottel asyn met twee teelepels fyngemaakte duiwelsdrek, skud goed en smeer aan.

Duiwelsdrek is die gomhars van skermblomme.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

No comments :

Post a Comment