Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.3.24

Naarheid

Naarheid verwys na enige sensasie wat jou laat voel of jy wil opgooi. Naarheid gaan dikwels gepaard met bleekheid, sweet en ´n afname in jou hartklop. Dit kan simptomaties van baie siektes wees.

Drink baie vloeistof om ontwatering te voorkom, maar bly 24 tot 48 uur sonder kos. Sodra die naarheid onder beheer is kan jy geleidelik helder groentesop, bruinrys of gestoomde groente begin eet.

Spreek jou dokter oor die oorsaak indien dit hewig of hardnekkig is.

bydrae: Barbara Pelser

Boereraat:

Meng 1 eetlepel appelasyn met een koppie water. Neem kort-kort 2 of 3 slukkies.

♦♦♦

Drink ’n mondvol “flat” kola sodra jy begin naar voel.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

43 comments :

  1. Aubrey Herman29/6/10 08:31

    My vrou is swanger, en ek is baie bly daaroor. Sy is nou 6 weke swanger en begin nou baie moeite te kry met naarheid. Ek weet dat dit normaal is, maar dit bly maar moeilik. Kan u asb. raad gee vir naarheid by swanger vroue? Kan mens iets doen om dit te minimaliseer? Waarom kom naarheid by swanger vroue so dikwels voor? Baie dankie by voorbaat.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous23/6/22 21:07

      My kind is naar what doen ek

      Delete
    2. Anonymous11/8/22 12:41

      Hoe oud is die kind?

      Delete
  2. Suster Barbara Pelser29/6/10 08:31

    Baie geluk met julle swangerskap. Die oorsaak van die oggend naarheid is heel moontlik a.g.v. die verandering in hormoonvlakke, en spesifiek esterogeen.

    Laat sy in die oggend eerste ding ´n glas melk met ´n sny roosterbrood eet. As die melk haar naar maak is swart tee met suiker ook goed. Sy moet ook meer gereeld kleiner maaltye eet, i.p.v. groot maaltye, veral met slapenstyd. Sy moet verseker dat haar bloedsuiker nie te laag daal nie. Sy kan ook iets kleins eet voor sy gaan slaap. Indien sy heeltyd braak, nie net bietjie soggens nie en/of dit hou langer aan as 3 maande, moet sy dadelik haar dokter gaan sien. Sterkte en laat weet gerus hoe dit gaan.

    ReplyDelete
  3. Anonymous29/6/10 08:32

    Naarheid is die liggaam se manier om van gifstowwe ontslae te raak. Dit is die teken van 'n probleem wat jy deur jou dokter moet laat diagnoseer. Daar is verskeie moontlikhede. Ek moet natuurlik noem dat naarheid en gevoelige borste 'n teken van swangerskap kan wees!

    ReplyDelete
  4. Ek is nou al vir die afgelope tydtjie konstant naar van die oggend tot die aand. Ek het so rukkie gelede gastro gehad maar ever since is ek naar. Ek kan ook nie op my borste (Maag) lê nie hulle is baie gevoelig. Is daar enige verduideliking?

    ReplyDelete
  5. Anonymous3/9/10 14:01

    Ek is 7 weke swanger en soek graag raad om die naarheid gevoel weg te kry ek is nie fisies naar nie maar die naargevoel is daar en naarheid pille help nie ?

    ReplyDelete
  6. Anonymous9/5/11 09:44

    Probeer gemmerkoekies of vars gemmer in tee. Sout en asyn chips of salty cracks kan ook help. Eet dit net stadig en bietjie vir bietjie.

    ReplyDelete
  7. Anonymous22/6/11 10:42

    My baba is 2 weke oud en ek gee borsmelk met bottel.
    Dit gebeur soms dat sy melk deur haar neus opbring - is dit normaal.? Vir veiligheid laat ek haar op haar magie le ek is bang vir verstikking. Ek is op die oomblik verkouerig - is sy beskerm teen enige kieme terwyl sy borsvoed - wat kan ek gebruik vir griep sonder om haar te benadeel.
    Baie dankie

    ReplyDelete
  8. Anonymous28/6/11 11:47

    Babas bring soms op deur hulle neus. Jou baba kry baie goeie beskermming indien jy borsmelk gebruik. Vra sommer jou apteker vir medikasie wat veilig is.

    ReplyDelete
  9. Anonymous7/3/12 12:15

    ek het n naar gevul op my maag die dokter se asgvolg van te veel suur en gas by tye klop my hart baie snaaks en die naarheid laat me swak voel.ek is op die pil(femodene)kan dit dalk dit wees?

    ReplyDelete
  10. Anonymous6/6/13 08:56

    Ek is nou al vir die 2 dag net in die oggend naar en het vreeslike maag pyn en my maag gaan soos water uit wat kan dit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/6/13 09:55

      Klink soos diaree. Gaan spreek 'n dokter of besoek 'n kliniek om seker te maak.

      Delete
  11. Anonymous11/7/13 07:24

    As jy naar is, eet droe ryskoekies of stukkie droe witbrood. en dit help ok om op jou linker kant te gaan le!

    ReplyDelete
  12. Anonymous13/8/13 23:47

    My vrou is nou al 3maande swanger en sy bly naar,sy eet op n skaal van 5/2 en als wat sy eet bring sy op,die naarheid het nie verbetter na die pill wat voorgeskruif was nie,ek is net bekommerd oor haar en die baba se gesondheid,kan dit gevaarlik wees vir hulle 2????? Soek raad van kaapstad.wr.007

    ReplyDelete
  13. Anonymous24/9/14 14:31

    Ek bly naar elke dag het Pyne op my sy op my rug my hartklop is abnormal my borste kry steel Pyne en as ek wakker word in die oggend en wil hoes kry ek n baie seer strek pyn in my linker kant se sy wat is dit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous25/9/14 12:35

      Jy behoort vir n ondersoek te gaan by 'n kliniek of dokter.

      Delete
  14. natasha griffin1/11/16 12:01

    hi ek is 5 weke swanger ,, ek kry so naar gevoel elke keer maar as ek braak wil daar partykeer niks uit kom nie, meer slym, is dit normaal ? dit het al vir die hele dag aangegaan dat ek die heeltyd naar is ,, enige raad is welkom asb

    ReplyDelete
  15. hi ek wil weet my vriend het n loopmaag gehat en dit het gepyt soos kraan... Ons het pille bt die apteek gekry om die loopmaag te stop en di is nou gestop. Maar nou is hy heeltyd Naar en Braak aan mekaar wat kan ek doen? hoop daar is iemand wat kn help

    ReplyDelete
  16. Ek is asseblief dringend opsoek na raad. My kleinkind is 2jaar en 9maande. Vandat sy n baba was het sy gedurig haar melk opgebring. Die dokters het haar op verskillende melje gesit maar niks het regtig gehelp nie, tot hulle na hoeveel pogings gese het sy is maar net een van "daai" babas wat so n probleem het en sy sal dit ontgroei. Dis nou amper 3jaar later en sy het nogsteeds dieselfde probleem. Sy was al by Pediaters en niemand het nog enige toetse probeer om vas te stel wat die oorsaak kan wees nie.

    Ek vra groot asseblief vir raad wat my volgende stap kan wees!
    Dis gewoonlik van die aand tot oggebd ure wat sy aanhoudend opgooi. Ek ruil haar beddegoed 4 keer deur die nag.

    Alhoewel sy altyd baie vloeistowwe inneem, raak mens tog moedeloos as sy so sukkel met naarheid.

    Asseblief ek sal dit regtig opreg waardeer as ek dringend raad kan kry....

    ReplyDelete
  17. Ek is asseblief dringend opsoek na raad. My kleinkind is 2jaar en 9maande. Vandat sy n baba was het sy gedurig haar melk opgebring. Die dokters het haar op verskillende melje gesit maar niks het regtig gehelp nie, tot hulle na hoeveel pogings gese het sy is maar net een van "daai" babas wat so n probleem het en sy sal dit ontgroei. Dis nou amper 3jaar later en sy het nogsteeds dieselfde probleem. Sy was al by Pediaters en niemand het nog enige toetse probeer om vas te stel wat die oorsaak kan wees nie.

    Ek vra groot asseblief vir raad wat my volgende stap kan wees!
    Dis gewoonlik van die aand tot oggebd ure wat sy aanhoudend opgooi. Ek ruil haar beddegoed 4 keer deur die nag.

    Alhoewel sy altyd baie vloeistowwe inneem, raak mens tog moedeloos as sy so sukkel met naarheid.

    Asseblief ek sal dit regtig opreg waardeer as ek dringend raad kan kry....

    ReplyDelete
  18. Wat kan ek op n bloedblaar onder voet sit dit is baie seer kry dit ok ni oop gemaak ni.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Moet dit nie oopmaak nie. Probeer die boereraat: Klits die wit van 'n eier en smeer dit op die blaas.

      Delete
  19. Wat help vir slym ek is nou 3 maande swanger en hhet verskiklik slym.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die slym behoort normaalweg na so 14 weke minder te raak. Laat weet as dit nie verbeter nie.

      Delete
  20. Eks nu 17 weeke en 2 dae swanger en gooi elke 2 de dag op kan ook Dan niks in hou vir die hele dag ni wat kan eke doen ASB en danki

    ReplyDelete
  21. My aanstaande is nou 9 weke swanger en sy ondervind naarheid en been medikasie
    By haar nie

    ReplyDelete
  22. Goeie dag ek is nou al die af gelope week en n half naar Wat gepaart gaan met lae rugpyn en steke in my buik. My buik is geswel en ek word veral naar as ek eet of koffie drink. Ek is baie lief vir koffie maar kry dit deesdae nie in nie en sekere kos maak my naar en self's gedurende my maandelikse periods was dit verskiklik veral die pyn in my buik en die pyn en naarheid duur nog steeds voor na my periods help asb

    ReplyDelete
  23. Wat gebruik ek vi naarheid ek pas uit gvind dat ek swanger is ek is van d oggend af naar tot d aand en brak elke dag 2 keer pdag my derms en bors is al seer van teveel brak...iets sit by my keel en Dt lat ek baie brak

    ReplyDelete
  24. Naarheid deur die dag Al is ek vol of bji hnger voel sleg op my maagkrop will some opgoi niks kom uit naar die gevoel afgelope 2weke ht Dan nou 2 dar maanstonde kan dit swangerskap wees of wat help my asb ek ht alreeds 5kinderz en 40jr oud nu vr 2weke naar gevoel gepaard Mt effense duiseligheid

    ReplyDelete
  25. Anonymous19/9/20 20:40

    Baba is nou 10mnd oud en het 2 keer naar geword terwyl sy slaap, het nie koors nie en is nie moeilik nie. Wat sal die oorsaak wees en wat ek ek gee?

    ReplyDelete
  26. Ek bly naar elke dag veral as ek eet raak ek naar rk is nie swanger het al toetse gedoen maag bly ook geswel enige raad

    ReplyDelete
  27. Hi my aanstaande het skierlik naar begin word en begin opbring en maag is hard ons het before for swangerskap een positive en een negative help asb

    ReplyDelete
  28. Goeie dag ek Wil raad vra ek is wel nie swanger nie. Maar as ek enige vleis ruik raak ek Al klaar naar Dan Wil ek vleis amper. Ooit weer sien nie. Wat kan die oorsaak wees

    ReplyDelete
  29. Anonymous24/4/22 15:28

    Kan ek my partner se swangerskap sintome kry as sy geen sins sintome soos naarheid het nie. Raad a.s.b

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/5/22 13:07

      Dis beslis moontlik.

      Delete
  30. Anonymous23/7/23 17:59

    Ek bly konstant naar nadat ek my tande laat doen het...wat moet ek doen

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/7/23 10:33

      Dit is normaal vir verskeie tandheelkundige prosedures. Dit behoort beter te raak, maar as dit nie na 'n week beter voel nie moet jy asseblief die tandarts kontak.

      Delete
  31. Anonymous18/8/23 07:58

    Hi ek is nu al vir drie dae naar kan u my dalk se wat dit is asb dt gaan so di Jule dag

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous21/8/23 09:21

      Hi, dit is 'n simptoom van verskeie kwale, en ander dinge, soos swangerskap. Het jy enige ander simptome.

      Delete
  32. Hi....x ht onlangs ytgevind eks swanger maar ek bly naar Niks kom yt nie maar dit bly daar wat kan ek drink asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/1/24 12:47

      Dit gebeur met meeste vrouens tydens swangerskap. Jy kan dit probeer bekamp deur vrank kosse te eet en kosse met 'n hoë waterinhoud.

      Delete