Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.3.24

Diarree / Buikloop

Diarree word gekenmerk deur die voorkoms van gereelde en los of totaal ongevormde, waterige stoelgange. Dit kom algemeen onder kinders voor en is ’n aansteeklike siekte. Ander simptome wat mag voorkom, sluit in braking, krampe, buikpyn en soms koors. Dit word veroorsaak deur virusinfeksies of voedselgebonde bakterieë.

Ligte diarree kan toegelaat word om vanself te genees, aangesien dit die liggaam se manier is om van gifstowwe, bakterieë en ander vreemde stowwe ontslae te raak. Moet vir minstens 2 dae nie medikasie teen diarree gebruik nie. Drink voldoende hoeveelhede water en ander vloeistowwe.

Indien dit vir langer as 2 dae voortduur, indien bloed voorkom, indien stoelgang lyk soos swart teer of indien koors voorkom moet jy dadelik die dokter gaan spreek.

Boereraat:

Rasper ’n appel. Laat dit effens bruin word en eet dit dan.

♦♦♦

Rasper 3 geelwortels en kook dit in 1 liter water saam met 2 mℓ sout vir 5 minute. Behou die vloeistof en drink gereeld ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Meng twee teelepels vlapoeier met ’n kwart koppie water en sluk weg. Herhaal elke 2 ure.

♦♦♦

Drink Lemonade waarvan die gas ontsnap het (flat).

38 comments :

  1. Ek wil u graag 'n dringende vraag vra. My tannie se baba van amper 2 jaar oud se magie werk nou al vir 'n hele week tussen 6 en 10 keer per dag. Hy het in die begin baie koors gekry maar nou nie meer nie. Die kleur van die doeke is soms groen en soms donker bruin. Sy is baie bekomerd want hy word maar en hy is 'n mollige klein knapie. Sy het al alles plobeer maar die oplosing was nog nie daar nie. Die apteker het vir haar goed gegee maar dit werk nie. Sy is al moedeloos want wat kan dit tog wees?

    ReplyDelete
  2. Anonymous25/1/10 14:52

    Ek beveel aan julle neem kleinding dadelik dokter toe. Onthou ook om hom baie water te gee, want diarree kan dehidrasie veroorsaak.

    ReplyDelete
  3. Jenine de Jesus25/1/10 14:53

    My baba van 5 maande het 3 dae lank diaree wat nou teen die vierde dag besig is om op te klaar, maar ek is bekommerd omdat ek bietjie bloederigheid met slym in haar stoelgang gesien het, is dit iets ernstig of net gevolg van beskadiging van die anus of rektum deur die suur inhoud van die stoelgang, haar boudjies is ook gebrand, behoort ek bekommerd te wees?

    ReplyDelete
  4. Anonymous25/1/10 14:53

    Wanneer daar bloed in 'n baba se stoelgang is moet jy die kleinding so gou as moontlik by 'n dokter kry.

    ReplyDelete
  5. Jessica Botha25/1/10 14:54

    My seun is amper twee en het 'n lopende maag vir langer as 'n maand al. Ons was al reeds by die dokter en hy het sy antibiotika voltooi maar niks het verbeter nie. Hy gebruik Pectrolyte maar dit wil nie help nie. Ek het die apteek geskakel maar hulle wil nie vir my se wat kan hy moontlik nog probeer nie, hulle voel dat hy moet aanhou met die Pectrolyte, wat kan ek nog probeer.

    ReplyDelete
  6. Anonymous25/1/10 14:54

    Volgens Pectrolyte se vervaardigers word dit nie aanbeveel vir kinders onder 3 jaar nie. Dit behoort ook nie oor 'n lang tydperk gebruik te word nie. Ek stel voor jy gaan sien so gou as moontlik 'n ander dokter.

    ReplyDelete
  7. Wel van dat ek my laaste kind 21 terug gehad het ek 'n loop maag. Soos in water en winde. Ek het nou al alles geprobeer. Dit is nogal 'n skaam ding om toilet toe te gaan in die oggend. Die hele woonstel kan amper hoor ek is daar. Dit raak meer sodra ek begin stress, of begin bekommerd raak. Ek het ook al sonder suiwer produkte verleef vir 'n maand en dit werk nie. Help!! Daar moet tog iets wees wat kan werk. Ek kan ook nie winde soos ander los nie sonder dat dit nat is nie.

    ReplyDelete
  8. Anonymous25/1/10 14:56

    Soos reeds genoem moet jy onmiddelik 'n dokter gaan spreek indien jy 'n loopmaag het vir langer as twee dae.

    ReplyDelete
  9. Anonymous15/4/18 13:18

    Wanneer mens diarree het wat se tiepe kos beveel jy aan en watter kos soorte moet mens vermy?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/7/18 17:10

      Voedsel wat aanbeveel word sluit in piesang, witbrood, pasta, wit rys, fynaartappels, jogurt, gestoomde, gebakte of gekookte hoender.

      Delete
  10. My main is 78rj en gaan gereeld toilet toe om dat die maag will gaan
    Dit spuit nie maar gaan seker meer as 10 keer op n dag/nag toilet toe. Die kleur is normaal. Help asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/7/18 17:11

      Hy moet mediese sorg kry.

      Delete
  11. hI EK HET N MAAG WAT WERK DUS WATER WAT UITKOM DIE KLEUR IS GEEL WAT MOET EK GEBRUIK

    ReplyDelete
  12. My kleinkins is 2 maar gooi nou van gisteraand af op. Sy het geen koors nie maar is bietjie huilerig.

    ReplyDelete
  13. My kleinkind is 2 en gooi al op van gisteraand. Sy is bietjie huilerig maar het geen koors nie

    ReplyDelete
  14. My suster se seun. 4jaaroud.hy braak en het groen diarrhea... Wat Kan dit wees en wT Kan sy tuis gebruik

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous5/6/20 11:54

      Kyk na die rate hier bo. Maak seker hy ontwater nie.

      Delete
  15. Goeie dag my ek het n mantelvlies breuk weens die conv 19 is al die operasies gestop ek het gister n vreeslik pyn ervaar en deur die nag in my niere en onder toe agter uit my blaas ook dit voel beter vemore my maag spiel geel asb is daar raad ek drink pyn pulle elke dag en in die aand soflax gister oggend toe my maag gan was dit geel sluimerige en binne het dit soos n tiepe van n infeksie gevoel

    ReplyDelete
  16. Ek het ñ rectocele my maar werk een keer ñ dag wat kan ek doen asb

    ReplyDelete
  17. Ek het ñ probleemmaag. Soms is maag normaal en ewe skielik het ek ñ vreeslike maagpyn. Dan moet ek tot 10 x toilet gaan. Ek het dan geen beheer oor my stoelgang. Dit loop soos water. Dis nou 2 nagte wat ek sukkel en dit klink soos ñ donderstorm in my maag. Wat kan ek doen, ek is 65 jr oud

    ReplyDelete
  18. My baba is 3 maande oud sy maagi werk al vir 3dae donker groen slymagtig en is waterrig maar hy drink goed en heti koors of enigesins tekens van siek wees

    ReplyDelete
  19. My maag werk oom geel en soos water

    ReplyDelete
  20. Het julle mammies al
    1l kokende water wat afgekoel is met 8 teelepels suiker en 1 teelepel gelykvolle sout wat jy moet meng met die afgekoelde water en dan kan jy dit vir kinders gee om die los stoelgaan te stop maar in klein hoeveel borsies te drink(klinieke beveel dit aan vir baba's en kinders)

    ReplyDelete
  21. Goeiedag x ht nu AL vi 2dae maag werk, spuit soos water en aanhoudend winde, maag krampe en pyne, kni eet ni, wat Kan ek gebruik asb

    ReplyDelete
  22. Se vir my hoekim dreun n mens se maag ek wat kan jy dien dit weg te vat

    ReplyDelete
  23. My kind sit met n maag problem loop maag Al's is swart slym mt bloed stukkies in ht Al's prober dis nou al 3 dae wat dt so gan wat kan x hom gee want hy is nou koors rig ook

    ReplyDelete
    Replies
    1. As daar bloed in sy stoelgang is moet jy hom asseblief by 'n dokter kry.

      Delete
  24. Ek is 48 jaar oud het laasjaar my galblaas laat verwyder
    Sederdien kan ek so te nerens heen gaan nie maag is heeltyd aan die gang as ek op die pad is kan ek niks eet of drink nie

    ReplyDelete
  25. My maag is altyd los spoel soos water geen krampe niks nie ek moet altyd sorg dat ek naby n toilet is gee raad asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek soek raat asb. Dis al vir 5jr so.

      Delete
  26. Hi my maag spuit en dit kramp dis baie seer vir 2dae al help a s.b

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/2/22 12:35

      Onthou: Indien dit vir langer as 2 dae voortduur, indien bloed voorkom, indien stoelgang lyk soos swart teer of indien koors voorkom moet jy dadelik die dokter gaan spreek.
      Intussen kan jy die volgende probeer: Meng en drink mielieblom (Mezina) met water met of gerasperde appel (bruin word) of oorryp piesang en vars suurlemoensap.

      Delete
  27. Ek't ibs wat bje ongemaklik is. My maag is dan hardlywig en die vgde oomblik los. Ek't ook swart kleurige stoelgang. My maag werk nou swart en die vlgde oomblik geel. Wat moet ek doen asb?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Jy moet dalk eers net 'n mediese diagnose kry om te bepaal wat die kleurverandering veroorsaak.

      Delete
  28. Anonymous27/3/23 11:45

    Hi ek het die raad van kook pietersielie vir 10 minute in n liter water En drink dit vir jou niere. Maar vandat ek De Witts pille en pietersielie wster drink spofl my maag al van saterda af. Enige raad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous29/3/23 10:23

      As jy dit steeds drink, hou op. Jou maag behoort te herstel, tensy die oorsaak iets heel anders is.

      Delete
  29. Anonymous25/5/23 15:04

    My suster se seun het maag spoel al van sondag af en daar is bloed ook wat kan sy doen

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous29/5/23 09:38

      Sorg dat hy genoeg vloeistowwe inneem en kry hom by 'n dokter of kliniek.

      Delete