Simptome kan enige of al die volgende insluit: swelling, aknee, angs, rugpyn, sensitiwiteit en swelling van die borste, krampe, depressie, ´n lus na sekere kossoorte, hoofpyn, waterretensie en slaaploosheid. Persoonlikheidsveranderinge soos buierigheid, geïrriteerdheid, woede-uitbarstings, en gevoelens van gewelddadigheid en selfs selfmoord kan voorkom. Die hoofoorsaak van PMS is die verandering in die vroulike hormoonbalans gedurende die menstruele siklus.
Aandblomolie kan simptome verlig. Om effektiwiteit te verseker, moet Vitamien B6, B3 en C, sink en magnesium tesame hiermee geneem word.
Gaan spreek jou dokter dadelik indien oormatige vloei voortduur, indien enige onverwagte bloeding voorkom of as jou simptome baie hewig is.
BoereraatPMS? Eet 'n piesang. Dit bevat vitamien B6 wat die vlakke van bloedglukose reguleer en so jou bui verbeter.
Wil net graag weet, is 26 en het gemeenskap gehad 3 dae voor menstruasie, ek is nou 4 dae laat met menstruasie en voel erg naar,sooibrand ens. Kan ‘n mens swanger raak 3 dae voor menstruasie? Of wat kan dit wees?
ReplyDeleteEk is 21. My menstruasie is gereeld en het so ver geen probleme nie, behalwe 'n bietjie pyn in my eerste en tweede dag, wat normaal is ne? My vraag is, kan jy swanger raak terwyl jy menstrueer. Jy het geantwoord op dieselfde vraag wat 'n ander meisie gestuur het maar, wat ek wil weet is, hoe werk dit gedurende menstruasie? Dis mos dooie goetertjies wat da uitkom en op daardie sradium is daar mos nie nuwe sellietjies om 'n baba te maak nie? Of is ek verkeerd? Verduidelik asseblief!
ReplyDeleteEk is 37 jaar oud. Ek het Julie 2007 'n keisersnee gehad. Toe ek vir my 6weke ondersoek dokter toe gaan, het sy vasgestel dat ek "sists" op my baarmoeder het. Hulle moes opereer en ek stel toe voor dat sy my sommer dan ook steriliseer. Die operasie is November 2007 gedoen en van daar af sukkel ek tot vandag toe met my menstruasie. Elke maand menstrueer ek tussen 21 en 24 dae. Ek het gedink dit is normaal omdat ek 2 operasies in een laat doen het. Junie 2008 kon ek dit nie meer hou nie, want ek bly moeg en afgemat en het geen krag in my liggaam nie. Ek is toe weer na my dokter toe en sy het Ovral tablette voorgeskryf vir 3maande. Sy het gesê dat die bloeding na die sessie normaal sal wees. Maar nadat ek die 3maande kursus voltooi het was die bloeding weer in volle swang terug. Ek het Februarie 2009 teruggegaan dokter toe en sy het my op die 3maande inspuiting gesit en gesê die menstruasie gaan nou heel weggaan. Sy het gesê dat ek moet terugkom sodra die bloeding gestop het, sodat sy 'n papsmeer kan doen. Ek het teruggegaan en die papsmeer is gedoen. Die uitslae het gekom en die dokter het my laat weet dat niks fout is nie. Ek het 9 Februarie 2009 die inspuiting gekry en die menstruasie het weggegaan. Maar van 16 Maart 2009 is dit weer tot nou toe terug en dit is alweer 11 dae later. Ek het my dokter gebel en sy het nou vir my Premarin 25mg vir die maand voorgeskryf en gesê as dit voltooi is moet ek maar weer Ovral vir die res van my lewe gebruik. Dit klink net nie vir my reg nie. Ek is dan gesteriliseer, waarom moet ek voorbehoedpille vir die res van my lewe gebruik? Kan dit reg wees?
ReplyDeleteEks is n dame van 23 ek was 10 j lank op die pil,die dag toe ek groot meisie word het my stief ouers my eers die inspuiteing laat kry toe mesntreuer ek n heele maand aan een toe is ek op n ander pil en ek kry toe aknee maar toe gee my huis dokter vir my n ander pil wat gewerk het maar ek menstreuer die heele tyd non stop ek het vir toetse en soonars en als gegaan maar die dokter kan niks fout sien nie.ek was verkrag van n vroe ouderdom kan daar dalk iets fout wees?Ek het nog nie kinders nier maar wil graag my liggaam reg kry vir teen die einde van die jaar enige raad asb?
ReplyDeleteEk is 27jr en ek het n probleem. 3Maande nadat my seuntjie gebore in jaar 2004 het ek laas my siklus gesien. Ek wil baie graag menstrureer. Ek het al tot op clomid gebruik om te wil menstrureer maar niks het gebeur. Is daar iets soos n medikasie wat jul my kan aanbeveel om te kan gebruik sodat ek kan begin menstrureer. Ek is al so moedeloos want ek wil graag ook weer swanger word. Maar my grootste belange is eers dat jul my moet help om my siklus reg te kry,ek neem aan my hormone is heeltemal deurmekaar. Help my asseblief ek wil baie graag menstrureer.
ReplyDeleteGoeie dag,eks op die oomblik op die microval “pill” omdat ek nog borsvoed ek wil weet of daar n ander pill is wat ek kan gebruik(terwyl ek borsvoed) want ek het baie vinnig gewig opgetel na my baba en ek dink dit is a.g.v die pil,ek het vir die afgelope 7 maande nie gemenstrueer nie,maar hierdie naweek wat verby is het ek dit gekry dink U dis Normaal?
ReplyDeleteHi Shantel, ek borsvoed ook noual meer as 2 jaar en is ook op Microval en het ook gewig opgetel, ek is so bly daar is nog iemand met die probleem. Ek wil my baba/peuter nou van die bors af vat maar is so bang ek tel nog meer gewig op. Ek het al oral gevra, jy mag nie iets anders as Microval gebruik nie oor dit die mini pil is, verder sal ek ook graag wil hoor watse rade daar nog is.
ReplyDeleteHallo, wil graag weet wat is die rede dat klonte vorm tydens menstruasie?
ReplyDeletehi ek is 20 ek wil net weet hoe lank moet jou mistriasie uit mekaar wees dit is 2de keer wat ek 6 weeke laat is
ReplyDeleteHi, ek is al 'n jaar van die pil af. Wil graag gaan kamp, wil weet of daar iets is wat mens kan doen om menstruasie te stop vir maand.
ReplyDeleteEk is 2 en 'n half jaar terug na my 3de kind gesteriliseer. ek is 34 jaar oud. Ek het egter nie weer begin menstrueer nie. Was verlede jaar by my GP en sy het my op Yasmin gesit. Ek het dit vir 10 maande gebruik, maar toe ek ophou het my siklus ook opgehou. Terwyl ek op Yasmin was was my siklus nogsteeds baie ongereeld en partykeer sommer vir 10 dae aanmekaar. Enige raad? Wat kan die oorsaak wees?
ReplyDeleteDankie
Ek is 21 & ek wil net baie graag weet wat kan my pyn verminder deur my siklus. Ek wil elke maand dood gaan van die pyn so erg is dit. So asb ek soek raad.
ReplyDeleteHi da ek is n ma van 2 en is 36 jaar oud ek wil weet hoekom my siklus die maand net 2 dae was ander maande is dit tussen 4 tot 6 dae kan jul my se wat dit veroorsaak. Baie dankie
ReplyDeleteEk wil graag weet wat die risiko vir 'n vrou is indien sy nie menstrueer nie?
ReplyDeletevicky.stols@hotmail.com
Ek is 27 en het Jan.10 die pil gelos om weer swanger te raak. Ek het Febr.10 op die 31ste dag begin en Mrt en Apr op die 28ste dag. Toe ek Mei moes begin het ek nie op die 28ste dag begin nie maar op die 33ste dag en dit was nie erg nie was net so vir 3 dae. Waar ek gewoonlik die hele week is. Na die 3de dag het ek opgehou tot die volgende oggend en het toe weer begin, maar nie erg nie. Ek het toe weer dieselfde dag opgehou menstrueer maar het vanoggend weer begin(nie erg). Hoekom het ek na 2mnd wat my hormone reg was weer laat begin en so aan en af. Vir my voel dit nie reg nie, elke vrou ken haar lyf. Kan dit wees dat ek al swanger is?
ReplyDeleteEk wil graag weet of ek dalk swanger kan wees?
ReplyDeleteEk het Januarie die pil gelos en het Febr.10 op die 31ste dag begin menstrueer. Mrt en April het ek op die 28ste begin. Toe ek nou Mei moes begin het het ek eers op die 33ste begin en dit was net vir 3dae waar ek gewoonlik vir die hele week is. Maar op die 3de dag het ek opgehou die middag, maar die volgende oggend het ek weer begin tot die middag. Toe het ek nou weer vanoggend begin en dis glad nie erg dat ek iets moet gebruik nie dis net daar. Ek weet nie meer nie. My kop sê vir my iets is nie reg nie want ek ken my en dit was nog nooit so nie nie eers met die eerste een nie. Kan iemand vir my raad gee.
dvbrederode@gmail.com
Goeie dag
ReplyDeleteEk het 30Maart 2010 laas gemenstrueer en sedert dit nog nie weer nie, ek was al 2 keer bydie dokter die 19 Mei en die 24 Mei die swangeskap toets wys negatief. Ek en my man focus nie daarop om swanger te word nie maar as dit gebeur sale k net so bly wees. Ek is van die triphasil pil af sedert 24 Junie 2009 en van dan af was my siklus nog nooit weer normal nie, ek gee jou net ‘n aanduiding van die afgelope 6 maande se siklus.
27 sept 2009
11 Nov 2009
13 des 2009
11 jan 2010
10 feb 2010
30 maart 2010
Ek het ook ‘n baie dik wit afskeiding.HOEKOM MENSTUEER EK NIE?????????????????????????
RAAD ASB!
Hallo anonymous
ReplyDeleteDis vir my ook snaaks dat jy so aan en af is. Ek weet nie eintlik wat om vir jou te sê nie, want dit is bietjie moeilik. Sal ook graag wil weet hoekom die hormone so ewe skielik deurmekaar raak. Ek het ook al 2 self swangerskap toetsies gedoen wys ook negatief. Sal nou maar kyk wat gebeur volgende maand. Ek hou vir jou duimvas dat jy ook gou sal swanger raak.
Groete
Ek wil weet as mens begin menstrieer het en dan die morning after pil gedrink het en dan 2 weke daarna begin menstrieer het, maar ek bly naar en duislig kan nie eet nie want dan raak ek ok bje naar die pregnancy toets wys negatief. Enige raad asb
ReplyDeleteHi eks 23 en het so 2 maande terug die pil gelos omdat ons probeer swanger raak.En het gladnie weer gemenstrieer nie is dit normaal of moet ek dr toe??
ReplyDeleteHet ook swangerskap toets gevat en isni swanger?
Ek is 31jaar oud en het verlede week begin met my siklus 01/08/2010 nadat dit amper 2 weke laat was. Nou vloei ek aaneen vir 10dae. Ek het Flagyll 400mg gedrink toe ek op die 3de dag van my siklus was vir 3dae lank.
ReplyDeleteDit raak ligter en lyk asof dit gaan stop maar ook net om weer te begin. Enige raad?
Ek en my man is baie angstig en probeer al maande lank vir ‘n baba maar tot nou toe niks en raak nou al moedeloos met my siklus wat so is. Ek was ook op ‘n voorbehoed pil om dit te probeer reguleer maar helaas – dis verniet.
Help asb – ek is raadop!
Goeiedag.
ReplyDeleteEk het uitgevind dat my dogter van 17 n aborsie gehad het. Haar pa en stiefma het alles gereel. Dit het n maand terug gebeur. Ek weet nie om dit te verwerk nie. Sy self is maar swygsaam. Ek is nie eers seker of dit haar pla nie.
Ek weet nie hoe die goed werk nie. Kan julle dalk vir my sê hoe lank na die aborsie sal sy weer menstrueer? Sy sê sy kan nie onthou wat die dokter gesê het nie. Die aborsie was nie in ons stad gedoen nie.
Baie dankie.
Ek is 25jr. oud, ek wil hoor of iemand vir my raad kan gee of uitvind indien iemand al so geval gehad het wat my dalk 'n bietjie raad kan gee.
ReplyDeleteMy maandelikse siklusse is heeltemal uit. As ek dit nie mis het nie, het ek al vir 'n jaar as dit nie langer is nie, 'n probleem ondervind met my maandelikse siklusse. Ek mis soos 2-3maande, dan het ek weer die volgende maand my siklus, dan mis ek weer vir so 3 maande of so en toe van daaraf het ek nog elke maand nie my siklus gehad nie tot gister, 27 Oktober 2010. Ek het al swangerskap toetsies gedoen wat negatief uitgkom het. Ek wil net hoor of dit dalk te doen het met hormone of so nie.
Ek sal dit baie waardeer as iemand my kan raad gee oor so iets asb.
Ek is matriek...en tans besig met my matriek eksamen..ek was nog nooit voorheen seksueel aktief nie, maar daar het van my partner se sperm op my klere gekom...ek is nou al 5 dae laat met my volgede periods, moet ek bekomerd wees, of kan dit laat wees a.g.v eksamen stress, want ek is nogal onder groot stress?
ReplyDeleteAnoniem,
ReplyDeleteWat het julle presies gedoen om hom te laat kom? Was daar enige penetrasie voor hy gekom het? Indien daar nie penetrasie was nie, het hy bo-op jou vagina gekom? Indien jy kan "Nee" antwoord op laasgenoemde twee vrae het jy niks om oor bekommerd te wees nie.
More almal
ReplyDeleteEk het raad nodig. Ek het Januarie 2010 die pil gelos. My hormone was maar deurmekaar maar is die afgelope 4maande reg(28dae). Ek wil nou net weet, moet ek maar my dokter gaan sien omdat ek nog nie swanger is nie. Hoekom sal dit dan nie gebeur nie my siklus is dan nou reg. My eerste kind was net 6maande toe is ek swanger. Ek is so bietjie moedeloos vandag hieroor. Kan iemand dalk vir my raad gee. As ek moet begin is die 1ste twee dae net die bruin afskeiding en dan begin ek eers. Raad asseblief sal dit baie waardeer.
Groete
More almal
ReplyDeleteEk het raad nodig. Ek het Januarie 2010 die pil gelos. My hormone was maar deurmekaar maar is die afgelope 4maande reg(28dae). Ek wil nou net weet, moet ek maar my dokter gaan sien omdat ek nog nie swanger is nie. Hoekom sal dit dan nie gebeur nie my siklus is dan nou reg. My eerste kind was net 6maande toe is ek swanger. Ek is so bietjie moedeloos vandag hieroor. Kan iemand dalk vir my raad gee. As ek moet begin is die 1ste twee dae net die bruin afskeiding en dan begin ek eers. Raad asseblief sal dit baie waardeer.
Groete
ek wil graag weet ek is 24 en het glad nie al gemenstrusie gehaat vir 3jaar nie en ek het al toets gaan doen en hulle het gese my skildklier is onder aktief maar ek laat week gegaan vir my skildklier uitslae en dis nou oor aktief en ek het nog steeds nie my periots gekry nie ek wil graag swanger raak maar ai ek sukkel nou al vir 3 jaar... kan enige iemand my se wat is vout?
ReplyDeleteEk is 36 jaar, vandat ek onthou sukkel ek om te menstrureer. Ek moet eintlik die Pil gebruik om 'n siklus te kan hê, ek het altyd Melodene of Jasmine gebruik, - beide is baie lig. Ek was omtrent 15 jaar op die Pil gewees.
ReplyDeleteSodra ek op die weer op die Pil is, ondervind ek kroniese hoofpyne, -'n week voordat ek moet begin selfs migraine. Ek is nou vanaf Augustus 2010 glad nie meer op die Pil nie. Nogsteeds het ek geen siklus nie, - en ek is nie swanger nie!!
Ek wil net weet is dit baie ernstig indien ek nie menstrureer nie, dit pla my nie aangesien my hoofpyne omtrent weg is. Ons het glad nie kinders, en sal graag met 'n gesin beteken. My ginekeoloog sal weer iets voorskryf om die siklus te begin en dan sal ek weer 'iets' moet gebruik om my siklus te reguleer. Die feit dat ek geen siklus ondervind kan dit servikale kanker aanhelp.
Dankie
Anonymous,
ReplyDeleteJy moet nog bietjie langer wag en ONTSPAN. Moet ook nie die bobbejaan agter die berg gaan haal met gedagtes oor kanker nie. Ontspan, stel vir jouself 'n swangerskap doelwit vir ('n paar maande) later vanjaar. Indien jy jou teiken bereik en nog nie swanger is nie kan jy weer jou ginekoloog gaan spreek.
Hi ek is baie bekommerd. Ek menstrueer nou al
ReplyDeletevir omtrent 4 jaar baie abnormaal. Ek is op
die 3 maande inspuiting maar ek bloei nog steeds.
Dit hou tot 2 weke aaneen aan en dan sal dit
miskien vir n dag of so weggaan dan begin dit
weer. My huwelik is besig om daaronder te lui
want sodra die bloeding ophou en ons het
gemeenskap dan begin ek weer. Help my asb.
Is daar iets wat ek kan gebruik.
Hi Ek kry my menstuasie gereeld elke maand,hierdie maand het ek vreeslik pyn maar daar is nou al vir die 4 de dag niks nie.My borste ook baie sensitief.Kan dit n teken van swangerskap wees?
ReplyDeleteVir die laaste twee anonieme vrae:
ReplyDelete1) Het jy al daaraan gedink om jou voorbehoedmiddel of metode te verander?
2) Sensitiewe borste is een van die tekens van swangerskap.
Kan 'n mens swanger raak 3 dae voor menstruasie?
ReplyDeleteDie kort antwoord is JA.
ReplyDeleteek was vir amper 2 jaar op die 2 maande inspuiting. ek het hom gelos vir amper 5-6maande. het glad nie gemenstrueer terwyl ek op hom was nie. so wat 'n maand gelede het ek begin menstrueer maar dit is nog nie normaal nie. ek moes nou weer begin het volengs die dae wat ek getel het maar nog niks. My borste is ook ongelooflik gevoelig, en ek het so week gelede buik pyn gekry. het ook al toetsies gedoen en dis negatief. ek is raadop, is dit my hormone?
ReplyDeleteHi,
ReplyDeleteEk wil graag weet of julle my asb kan help. Ek weet nie of julle duie vrae op die website antwoord of direk na die email nie.
Ek is n maand laat met my menstruasie. Ek het die pil gelos so 4maande terug. My siklus het begin en als was okay. Ek was nie seksueel aktief nie maar het baie dietpille verlede gedrink. Ginko green tea en meer as wat aanbeveel is per dag. Kan dit deel wees van die rede hoekom ek laat is?
Sal enige inligting baie waardeer. Ek weet nie wie om te kontak nie.
Baie dankie
Inspuiting,
ReplyDeleteJou liggaam keer dalk nog terug na normaal. Gee kans. Jy noem ongelukkig nie jou ouderdom nie.
EK IS 23 MY BABATJIE IS NOU 4 MAANDE EN 15 DAE OUD, TOE EK GEBOORTE GEGEE HET, HET HULLE MY OP DO EINSPIUTING GESIT, MAAR EK HET NIE WEER TERUG GEGAAN NIE, EN EK HET OOK NIE WEER MY TYD GEKRY NIE,IS DIT NORMAAL OF KAN EK DALK WEE SWANGER WEES
ReplyDeletehi..help asb,ek bloei my dood al vir 3 dae.dis so seer ek kan nie eers sit nie..kan nie lilet gebruik nie want dik klonte stoot dit uit.eks moedeloos en moeg en lyk soos n spook.0842025580
ReplyDeleteHi
ReplyDeleteEk is op soek na raad asb. Ek was op nordette so maand terug. Moes dit los my hormone het mal gegaan. so op die 2de laaste ry het my verloofde my pille weggegooi. En toe begin ek met n nuwe pakkie. Ek het hom klaar gemaak. Toe los ek dit. September het ek nou al 2 keer in een maand my sieklus gehad, nou is ons in oktober en gister 18/10/2011 het ek weer begin. Nou als is normaal maar moet ek dan so baie blooi? En ek is bekommerd want wat gaan aan met my. Ek is op die oomlik van pil af. Probeer my hormone en lyf net weer normaal kry maar wil ook nie nou swanger word nie.
My email is snicky56@gmail.com.
Dit is 'n goeie idee om van die pil af te bly om jou liggaam weer in 'n vaste siklus te kry. Dit kan egter 'n tydjie vat. Indien die erge bloeding voortgaan moet jy liefs 'n dokter gaan spreek.
DeleteDie inspuiting kan veroorsaak dat jy nie menstrueer nie. Jy moet dit egter elke 3 maande kry, so dit is nie onmoontlik dat jy kan swanger wees nie, maar ek twyfel.
ReplyDeleteSpook,
ReplyDeleteGaan spreek 'n dokter of besoek 'n kliniek.
Ek het Januarie 2011 keiser en sterrillisasie gekry. Ek het vir die hele maand gemenstrueer, baie en klonterig. Toe is dit normaaal vir omtrent 6 maande,, elke 28 dae. Nou is dit vir omtrent 2 maande hewig baie en ek vloei vir 2 weke aanmekaar. Die begin is dit net bruinerige afskeiding, maar as ek afvee is dit bloed, baie lig. Na die week se bruin afskeiding dan vloei ek so baie dat ek 2 doekies moet gebruik. Ek het die normale seer, en voel regtig baie geiriteerd,moody en regte pms. wil net weet of dit normaal is na die sterrillisasie.
ReplyDeletedankie
Ek is 7 jaar terug gesteriliseer en vir die laaste 2 weke vlooi ek baie baie erg raad asb
ReplyDeleteEk wil net graag weet, ek is al so 7 jaar op minulette en menstrueer nou in die wit gedeelte, wat beteken dit?
ReplyDeleteHi ek hoop jy kan my help ek het n hele week vroeer begin bloei voor my menstruasie moes begin het,ek is onder baie stres di laaste 2 weke kan dit n deel daaran he,of moet ek eerder dokter toe.My menstruasie het op die regte tyd begin maar ek is nogal bekommerd oor die bloei van die vorige week..HELP asb J
ReplyDeleteHi, ek hoop iemand kan my help. EK is vandag al 7 dae laat met my menstruasie. Kan dit wees omdat ek deur 'n stresvolle tyd gaan? Of kan dit iets anders wees? Of moet ek maar eerder myself reg maak vir 'n swangerskap toets? Help asb
ReplyDeleteHi ek hoop iemand kan my help.Ek het 6 jaar gelede die depo inspuiting gelos en het tot op hierdie uur nog nie weer my menstruasie gekry nie.Wil graag my menstruasie kry om weer swanger te raak.Help asb.
ReplyDeleteHi.hoop iemand kan my help.hkm kan ek nie oefen tydens menstruasie nie
ReplyDeleteMore julle. Ek wonder of iemand vir my raad het of kan help. Die afgelope week is dinge nie lekker by my nie. Eintlik al van Desember maand af. Wat dit soos eendag wat ek baie bloei en dan die volgende dag is daar niks weer vir 'n rukkie. Nou van laas week af het dit weer begin, wat dit eendag baie is, die volgende dag niks. So is dit elke 2dag wat ek bloeding het. En vanoggend is dit anders / weird bloeding, dis so half streperig, en bietjie slymerig (jammer vir detail). En gister het ek 'n vreeslik pyn in my sy agter my rug gehad wat soos 'n miltsteek is. Maar wat kort kort kry ek die pyn in my sy agter., Daar waar 'n mens se niere sit. Wat dink julle kan dit wees? Enige raad sal help. En asb. geen lelike aanmerkings.
ReplyDeleteHaai! Ek menstureer baie keer soos tye uit mekaar uit, dit was eers die 27ste, toe weer die 6de en toe weer die 22ste... Ek is die maand soos 13dae al laat,maar soms gebeur dit....Ek het geen simptome van swangerskap nie...Dink j ek kan swanger wees?????? of wat anders kan dit veroorsaak? ek stres so bietjie,watter raad kan ek volg?
ReplyDelete