Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Meng ’n halwe koppie van hierdie tee met ’n halwe koppie gewone roosmaryn tee. Meng dit dan met ’n liter kookwater en laat staan vir 20 minute. Gooi dit by jou badwater. Dit is nie net goed vir jou vel nie, maar ook vir jou hare.
♦♦♦
Die Khoisan het 'n aftreksel gemaak deur die nooienshaar se stingels in water te kook. Hulle het geglo dit help met haargroei. Ander groepe het dieselfde aftreksel later begin gebruik om kopluise te behandel.
Wetenskaplike ontledings het bevind dat die spesie ryk is aan alkaloïede en tanniene wat moontlike voordele inhou vir menslike gebruik. Die tradisionele bewerings oor haargroei is waarskynlik simboliese assosiasies gegrond op hoe die plant groei.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 155 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment