Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir verkoue
♦♦♦
Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir verkoue.
♦♦♦
Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir verkoue.
♦♦♦
Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir verkoue.
♦♦♦
’n Eetlepel boegoebrandewyn twee maal per dag.
♦♦♦
Kook ´n stuk saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.
♦♦♦
Maak ’n tee van ’n hand vol bloekomblare en drink dit.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
No comments :
Post a Comment