Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

7.7.26

Kruie vir kwale: Lewersiektes

Neem 2 tot 4 blare van die kankerbossie en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee drink vir lewersiektes.

♦♦♦

Knolle van die duiwelsklou word tradisioneel gebruik vir die behandeling van siektes van die lewer.
Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. 'n Klein bietjie van die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink. Duiwelsklou kan ‘n allergiese reaksie veroorsaak vir sommige mense. Diegene met diabetes, maagsere en dermprobleme moet dit nie gebruik nie. Indien jy bloeddruk- of hartmedikasie gebruik kan jy nie baie hoë dosisse hiervan neem nie. As jy dit te sterk aanmaak kan kanker, nierskade of artritis veroorsaak. Swanger vroue moet dit onder geen omstandighede gebruik nie.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

No comments :

Post a Comment