Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Menstruasie. Show all posts
Showing posts with label Menstruasie. Show all posts

19.12.23

Kruie vir kwale: Menstruasie

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die Nama mense gebruik al lank tee van geelblomsalie vir die behandeling van menstruasie pyne.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg. Die tee kan gedrink word vir pyne wat gepaard gaan met menstruasie.

♦♦♦

Sny ’n stuk kaneelbol-wortel van 1 cm skoon en laat dit trek in ’n koppie kookwater saam met ’n paar takkies bergtee. Laat dit trek vir 5 minute, gooi deur ’n sif en drink dit vir menstruasie-pyne.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir pyne wat gepaard gaan met menstruasie.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met menstruasie.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Dreineer en drink die tee vir menstruale probleme.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir pynlike en hewige menstruasie.

♦♦♦

Aandblomolie kan simptome van menstruasie verlig. Om effektiwiteit te verseker, moet Vitamien B6, B3 en C, sink en magnesium hiermee saam geneem word.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

28.3.23

Menstruasie - swelling, aknee, angs, rugpyn, sensitiwiteit, krampe, depressie, hoofpyn, waterretensie, slaaploosheid, buierigheid, geïrriteerdheid, woede ens.

Simptome kan enige of al die volgende insluit: swelling, aknee, angs, rugpyn, sensitiwiteit en swelling van die borste, krampe, depressie, ´n lus na sekere kossoorte, hoofpyn, waterretensie en slaaploosheid. Persoonlikheidsveranderinge soos buierigheid, geïrriteerdheid, woede-uitbarstings, en gevoelens van gewelddadigheid en selfs selfmoord kan voorkom. Die hoofoorsaak van PMS is die verandering in die vroulike hormoonbalans gedurende die menstruele siklus.

Aandblomolie kan simptome verlig. Om effektiwiteit te verseker, moet Vitamien B6, B3 en C, sink en magnesium tesame hiermee geneem word.

Gaan spreek jou dokter dadelik indien oormatige vloei voortduur, indien enige onverwagte bloeding voorkom of as jou simptome baie hewig is.

Boereraat:

PMS? Eet 'n piesang. Dit bevat vitamien B6 wat die vlakke van bloedglukose reguleer en so jou bui verbeter.

Vir menstruele krampe probeer: 'n Gesonde, gebalanseerde dieet
Gereelde oefening
500 mg visolie per dag
100 mg vitamien B1 per dag
300 mg magnesium per dag - verkieslik via dieet



(Foto: Sora Shimazaki)

9.3.16

Die behandeling van vaginale bloeding

1. Kry ’n sanitêre doekie of ten minste ’n skoon handdoek wat die vrou op die opening van die vagina kan plaas.

2. Laat sy lê met die kop en skouers effens gelig en die knieë gelig met ondersteuning – dit laat die maagspiere ontspan.

3. Indien die pyn ernstig is en aan menstruasie toegeskryf kan word kan sy een of twee pynstillers neem.

4. Indien die bloeding voortduur en ernstig is, behandel vir skok en kry haar sodra moontlik by ’n hospitaal.

2.3.16

Vaginale bloeding

Vaginale bloeding kan veroorsaak word deur ernstige menstruasie of die gevolg van ’n miskraam of inwendige besering.

Swaar menstruasie en ’n miskraam kan beide met ernstige krampe gepaard gaan. Die krampe kom gewoonlik aan die begin van menstruasie voor.

Simptome en tekens
• Matie of ernstige bloeding uit vagina.
• Simptome en tekens van skok kan aanwesig wees.
• Krampagtige pyne in die buik of bekken.

14.10.15

Vaginale bloeding

Swaar of matige bloeding wat geleidelik plaasvind en gepaard gaan met maagkrampe is gewoonlik ’n aanduiding van ernstige menstruasiebloeding. Praat met jou dokter oor die moontlike komplikasies hiervan. Jy kan dalk baat vind by sekere aanvullings of medikasie.

Skielike bloeding tydens swangerskap kan ongelukkig dui op ’n miskraam. Kry sodra moontlik mediese hulp. ’n Aborsie kan ook skielike vloei tot gevolg hê.

14.1.10

Dismenoree

Ons ontvang heelwat vrae in verband met pynlike maandstonde. Hier volg 'n kort opsomming. Raadpleeg jou dokter vir 'n diagnose.

Meeste vroue ervaar een of ander pyn of krampe as gevolg van hul maandstonde in hul leeftyd. Erge pyn gaan soms gepaard met diaree, hardlywigheid of naarheid.

Ligte krampe is gewoonlik as gevolg van 'n chemiese wanbalans. Erge pyn kan egter die gevolg wees van endometriose, siste, bekkeninfeksie of fibroïedtumore.

Pynpille is gewoonlik die oplossing vir ligte pyn en krampe. Daar is medikasie spesifiek vir menstruele pyn. 'n Warm bad of oefening help ook. Gaan onmiddelik dokter toe indien die pyn baie erg is.