Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Miskraam. Show all posts
Showing posts with label Miskraam. Show all posts

14.10.15

Vaginale bloeding

Swaar of matige bloeding wat geleidelik plaasvind en gepaard gaan met maagkrampe is gewoonlik ’n aanduiding van ernstige menstruasiebloeding. Praat met jou dokter oor die moontlike komplikasies hiervan. Jy kan dalk baat vind by sekere aanvullings of medikasie.

Skielike bloeding tydens swangerskap kan ongelukkig dui op ’n miskraam. Kry sodra moontlik mediese hulp. ’n Aborsie kan ook skielike vloei tot gevolg hê.

26.12.11

Bly koel vir baba

Navorsing aan die Queensland University of Technology in Australië het bevind dat daar 'n verband is tussen 'n toename in 'n ma se temperatuur en miskrame en vroeë geboortes. Hulle stel voor voornemende ma's hou hulle liggame so koel as moontlik.

2.8.11

Goeie kans op swangerskap na miskrame

Vrouens wat meer as een miskraam gehad het, het ’n goeie kans om swanger te raak. Dit was ’n toevallige resultaat wat opgelewer is in ’n studie in Nederland. Die oorspronklike studie was om vas te stel of die kanse op suksesvolle swangerskap vir hierdie vroue verbeter kan word. Die navorsers probeer nog bepaal wat die oorsaak is.

8.7.09