Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Swangerskap. Show all posts
Showing posts with label Swangerskap. Show all posts

23.1.24

Oggendnaarheid tydens swangerskap

Naarheid en braking tydens swangerskap staan bekend as oggendnaarheid. Meer as die helfte van swanger vroue ervaar dit, veral in die eerste trimester. Dit kan erger wees met ’n tweeling of drieling.

Die oorsaak is nie heeltemal duidelik nie, maar dit kan veroorsaak word deur hormoonveranderinge of lae bloedsuiker. Ander faktore wat kan bydra tot oggendnaarheid sluit in: stres, moegheid en sekere kosse.

Sommige dinge wat jy kan probeer om te help met naarheid tydens swangerskap:
• Eet vaal kosse soos piesangs, rys, appelmoes en roosterbrood
• Eet sout kos
• Eet kosse wat gemmer bevat
• Eet vrugte met ’n hoë waterinhoud, soos spanspekke, lemoene, en pomelo
• Drink klein hoeveelhede appelsap, druiwesap of limonade
• Vermy vetterige en sterk gegeurde kosse



(foto: Cottonbro Studio)

27.12.23

Kruie vir kwale: Borsmelk

Gebruik koolblare op jou borste. Dit bied verligting. (Hoe om koolblare op jou borste te gebruik)

♦♦♦

Eet pietersielie. Dit help help vir vrouens wat borsvoed se seer borste.

♦♦♦

Eet kuisboom-bessies. Dit help help vir vrouens wat borsvoed se seer borste. Die boom word ook genoem Abraham se balsem of monnikpeper.

♦♦♦

Smeer jasmynblomme aan vrouens wat borsvoed se seer borste.

♦♦♦

Salie-tee, gemaak met 1 tot 3 g gedroogde salieblare, help vir vrouens wat borsvoed se seer borste.

♦♦♦

Fenegriek help vir die vermeerdering van borsmelk. Gebruik 3 tot 8 gram, drie keer per dag.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Vrouens kan dit drink om hul melk aan te help nadat hulle gekraam het.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

27.9.23

Tiener swangerskappe

Elke jaar is daar duisende tieners wat swanger raak. Heelwat van hierdie kinders se toekomsdrome word oornag verpletter.

Ouers moet op die volgende let:

Weet jy wat jou kind na skool doen en waar hy of sy is?

Kinders raak seksueel aktief op 'n vroeë ouderdom.

Weet jy watter druk op jou kind geplaas word deur die groep waarin hy/sy haar bevind?

Die druk van maats se kant af is een van die grootste faktore wat 'n bydrae het tot tiener swangerskappe. Kinders is van nature nuuskierig en meisies sal seks hê net om te voel hoe dit is, maar heelwat meisies gee in onder die druk wat hul maats op hul plaas om seks te hê. Hulle is ook onkundig oor seks omdat hul ouers nie maklik met hulle praat hieroor nie. Verder veroorsaak drank en dwelmmiddels dat kinders heelwat makliker betrokke raak by seksuele speletjies.

In Suid-Afrika se arm gemeenskappe raak tieners soms met opset swanger sodat hulle die paar rand per maand kindertoelaag kan kry.

Praat met jou kinders oor seks. Stres die belangrikheid van kondome in seksuele verhoudings. Moet nie verwag dat die skool dit vir jou gaan doen nie.

Tieners of ouers wat meer hulp soek kan die volgende organisasies kontak:
Childline 116
Lifeline 021 461 1113
HIV/AIDS Helpdesk 0800 012 322
Crime Stop 0860 010 111
Suicide Helpline 0800 567 567

2.9.19

Stap om swanger te raak

Onlangse navorsing aan die Universiteit van Massachusetts Amherst het spesifiek gefokus om veranderlike faktore, soos fisieke aktiwiteit, wat ’n vrou se vermoë het om swanger te raak beïnvloed, beter te verstaan. Die bevinding van die studie dui daarop dat stap as oefening vroue kan help om swanger te raak.

23.1.17

Die voordeel van oefening tydens swangerskap

Navorsers aan die Thomas Jefferson Universiteit in Amerika het besluit om weer die onderwerp van oefening tydens swangerskap onder oë te neem.

Hulle bevinding was dat dit nie net veilig is nie, maar ook voordelig is vir ’n swanger vrou om oefening te doen. Nie net verminder dit die kanse dat die baba vroeg gebore word nie, maar die verlaag ook die kanse dat ’n keisersnee sal nodig wees om die baba te verlos.

Nog ’n bevinding was dat vrouens wat oefen tydens swangerskap se bloeddruk geneig is om meer normaal te wees.

Die studie is gepubliseer in die Journal of Obstetrics & Gynecology as “Exercise during pregnancy in normal-weight women and risk of preterm birth: a systematic review and meta-analysis of randomized controlled trials”.

4.11.16

Baba 2 keer ‘gebore’: Hoe werk dit?

Klein Lynlee Boemer is nie net twee keer “gebore” nie, maar haar hart het gaan staan lank voordat sy ten einde laas die lewenslig aanskou het, berig Elsabé Brits.

13.6.16

Kraam in weelde met ’n vroedvrou

Kristalkandelare en dubbelbeddens met lakens van Egiptiese katoen is nie iets wat jy gewoonlik in 'n hospitaal teëkom nie. Swanger vrouens wat verkies om natuurlik geboorte te skenk met behulp van 'n vroedvrou kan hulle egter eersdaags by 'n nuwe kraamhospitaal in Panorama laat opneem, waar dié luukshede aan die orde van die dag is.

28.3.16

Die voordeel van sjokolade tydens swangerskap

’n Interessante bevinding in ’n onlangse studie het getoon dat sjokolade die bloedsomloop in die uterus, plasenta en fetus verbeter.

Die navorsing is gedoen by die Université Laval Québec City in Kanada.

8.2.16

Vis goed vir ongebore baba se brein

Japanese navorsers het bewyse gekry vir die verband wat daar bestaan tussen die inname van vis tydens swangerskap en die toestand van die ongebore baba se brein.

Vetsure soos omega-6 en omega-3 is noodsaaklike voedingstowwe vir baie diere en mense. Die navorsers het bevind dat 'n gebalanseerde inname deur swanger vroue van lipiede wat dié vetsure bevat is nodig vir die normale vorming van die brein van die ongebore kind.

Baie van ons kry genoeg omega-6 vetsure in deur saad-olies, maar nie omega-3 wat van vis afkomstig is nie.

4.5.15

Verwagtende pa’s ervaar ook hormoonveranderinge

Navorsers wat ’n ondersoek ingestel het na hormoonveranderinge in verwagtende ma’s en pa’s het bevind dat nie net die moeder se hormone verander nie, maar ook die pa s’n.

28.4.15

’n Verband tussen swak gesondheid en swak sperm

’n Studie van meer as 9 000 mans met vrugbaarheidsprobleme het bevind daar is 'n sterk moontlikheid dat die man ander gesondheidsprobleme onder lede het.

Daar is ook bevind dat sekere mediese toestande, soos hoë bloeddruk, algemeen onder hierdie mans is.

Omtrent 15% van alle paartjies sukkel om swanger te raak. In die helfte van die gevalle is dit as gevolg van die kwaliteit van die man se sperm.

4.8.14

Verkoue tydens swangerskap kan kind vatbaar maak vir asma en allergieë

Swanger vroue moet dalk eerder die geselskap van mense met verkoues en ander virale infeksies vermy. Volgens ’n nuwe studie is daar ’n verband tussen die aantal verkoues en virale infeksies wat ’n vrou het tydens swangerskap en die kanse wat die baba het om asma te ontwikkel.

Die studie het bevind dat die ma se infeksies en bakteriële blootstelling die baarmoeder affekteer en die baba se risiko verhoog om ’n allergie of asma te ontwikkel.

Asma en allergieë kan ook oorerflik wees. Indien beide ’n kind se ouers allergieë het, is die kanse sowat 75% dat die kind ook sal hê. Indien net een ouer allergies is vir iets is die kind se kanse sowat 30% tot 40%. Indien die ouers nie allergieë het nie is die kind se kanse daarom op te doen so 10% tot 15%.

Sowat 8% van swanger vroue het asma. Dit is ’n potensieel ernstige toestand vir iemand wat swanger is. Tydens swangerskap vererger sowat 33% van asmalyers se toestand, hoewel dieselfde persentasie se asma sal verminder.

Die studie is in Duitsland uitgevoer en vroeër vanjaar gepubliseer in Annals of Allergy, Asthma and Immunology.

21.7.14

Natuurlike geboorte maak ma’s gelukkiger

Interessante navorsing in Spanje het bevind dat vrouens wat natuurlik geboorte skenk, sonder enige vorm van epidurale narkose, is uiteindelik baie gelukkiger met die geboorteproses as ander.

Ander faktore bepaal ook of dit ’n positiewe ervaring is. Die behulpsaamheid van die mediese personeel en borsvoeding wat so gou as moontlik begin hou ook die nuwe ma’s gelukkig.

19.5.14

Diabetes en swangerskap

Kenners meen al lank dat diabetes in swanger vroue nie altyd opgetel word nie. Nuwe riglyne gepubliseer in die Journal of Clinical Endocrinology and Metabolism beveel aan dat swanger vroue ’n toets vir diabetes ondergaan met hul eerste besoek aan die dokter wanneer hulle besef of vermoed hulle is swanger.

Diabetes kan nadelig wees vir beide die ma en haar fetus. Om beide gesond te hou is dit belangrik dat die toets sodra moontlik gedoen word.

Soveel as een uit elke vyf vroue ontwikkel ’n tipe diabetes wat met swangerskap verband hou. Die gevolg hiervan is normaalweg ’n abnormale groot baba.

Die nuwe riglyne beveel ook aan dat vroue wat oorgewig is probeer om gewig te verloor voor hulle swanger raak.



foto: David Roseborough

16.10.13

Alkoholgebruik tydens swangerskap nie goed vir baba se leervermoë en geheue

Die ma se alkoholgebruik tydens swangerskap het nadelige gevolge vir die ontwikkeling van die fetus se sentrale senuweestelsel . Alkoholgebruik voor en tydens swangerskap sal ook die kognitiewe funksies van die kind aansienlik beïnvloed. Moontlike gevolge hiervan is leerprobleme en probleme met geheue.

Dit was die bevinding van 'n studie aan die Xinxiang Mediese Universiteit in China. Die studie is gepubliseer in 'n 2013 uitgawe van Neural Regeneration Research. Die doel van die studie is 'n nuwe strategie vir die behandeling van die gevolge van prenatale blootstelling aan alkohol.



Neurone in die hippokampus toon aantasting deur alkohol

25.2.13

Noodhulp vir baba


Sonja: "Ek is opsoek na 'n lysie met belangrike medisyne vir 'n pasgebore baba wat ek kan aanvul net vir daai tye wat dokters nie dadelik beskikbaar is nie soos bv: panado stroop ens. Stel dit so amper 'n noodhulp kassie vir my baba."

Antwoord: Daar is oulike noodhulptassies vir baba's in die handel beskikbaar, maar nie almal het alles wat mens graag wil hê nie. Jy kan een van die tassies aanskaf en dan net aanvul of jy kan jou eie maak.
Eerstens het jy 'n tassie of 'n sak nodig, een wat baba nie kan oopvroetel nie.
Iewers op jou tassie moet jy jou dokter se nommer en ander noodnommers plak.
Die noodhulptas moet die volgende bevat :
  • 'n Koorspen
  • 'n Vloeibare pynstiller sonder aspirien. Kyk vir iets met acetaminophen of ibuprofen op die etiket.
  • Kalamynmelk vir uitwendige gebruik op insekbyte en uitslag.
  • Antibakteriese salf vir snye en skrape.
  • 'n Haartangetjie vir splinters.
  • 'n Sker.
  • 'n Naelsker.
  • 'n Sonbrandmiddel.
  • 'n Insekdoder wat veilig is vir kinders.
  • 'n Snotuitsuiger (nasal aspirator bulb)
  • Pleisters van verskillende groottes.
  • Klein steriele verbande.
  • Rolverbande
  • Buisverbande van verskillende groottes.
  • Wondreinigingsdoekies
  • Oorpluisies
  • Gesteriliseerde balletjies watte.
  • 'n Vloeibare seep wat spesiall vir baba's is.
  • Babasjampoe
  • 'n Bevogtiger.
  • 'n Maatlepel of -drupper vir medikasie.
  • Warmwaterbottel
  • Yspak
  • 'n Handleiding vir noodhulp vir baba's
  • Spesiale medikasie vir allergieë ens. - hoor by jou dokter indien jou baba spesiale behoeftes het.

26.6.12

Geboorte skenk: Benodighede vir die hospitaal


Rensia skryf:
"Waar kan ek soek vir 'n lys van benodigdhede wat moet saam hospitaal toe (vir mamma en nuwe baba)"

Antwoord:

Jou lys sal afhang van jou persoonlike behoeftes, maar heelwat van ons sal die volgende nodig kry:
  • Maak seker jy het al die dokumentasie met betrekking tot jou bespreking in die hospitaal. Mens vergeet dit maklik
  • Rekkies of iets anders om jou hare uit jou gesig te hou.
  • 'n Bevogtiger vir jou lippe.
  • Nagklere wat los en gemaklik is. Die bostuk moet verkieslik kort moue hê, sodat jou bloeddruk maklik geneem kan word.
  • Kamerjas
  • Pantoffels
  • Sokkies
  • Onderklere
  • 'n Borsvoedingsbra.
  • Tydskrifte en 'n boek
  • Jou MP3-speler met jou gunsteling musiek.
  • Jou gunsteling kussing.
  • 'n Foto van jou familie.
  • Geld vir die masjiene in die hospitaal se voorportaal.
  • Toiletware (tandeborsel, tandepasta, sjampoe en deoderant)
  • 'n Nuwe stel klere en 'n paar plat skoene vir wanneer jy huis toe gaan.
  • Jou digitale kamera.
  • Iets om aan te peusel.
  • Selfoon
  • Onthou die babastoel vir die motor!
  • 'n Stel klere en babasokkies waarmee baba kan huis toe gaan. Ja dis dalk outyds, maar dit voel goed.
  • 'n Babakombers.
  • Naelknipper vir babatjies.

30.4.12

Keisersnee


Marlene Petzer skryf:

"Ek het so 2 weke terug 'n keiser gehad, (my 2 de kind, 1ste een was 'n normale bevalling), wil net graag weet hoe lank dit omtrent neem vir die baarmoeder om terug te keer na sy normale grote. En op watter stadium mens kan begin met maagoefeninge?"

Antwoord:

Jou pad na herstel begin met stap. Kom so gou as moontlik op jou voete. Dit help ook om hardlywigheid te verminder en verhoed bloedklonte.

Rus die eerste ag weke en moet niks swaarder as jou baba optel nie. Geen seks vir ses weke nie.

Goeie postuur is belangrik en hou jou maag vas net onder die insnyding waneer jy lag, nies of gestamp word.

Indien jy so voel kan jy op ag weke begin met ligte oefening. Bou stelselmatig op na strawwer oefening.

Volkom herstel hang af van persoon tot persoon.

16.4.12

Bloeding tydens swangerskap


Pam skryf:
Dit is my eerste swangerskap en is baie gespanne oor dit.As ek spotting is dit enige rede vir my om bekommerd te raak en was by die dokter gewees maar sy het vir my gese ek moet nie worry dis normaal.

Antwoord:
Sien antwoord onder en moenie bekommerd wees nie.



Joan Etzebeth skryf:
"My skoondogter is nou 13 weke swanger en sy het nou geringe bloeding, eintlik slegs kolletjies, in haar broekie gesien. Sy is dadelik dokter toe waarna sy medikasie ontvang het. Dit het weer gebeur, hierdie keer 'n bietjie meer, omtrent so groot soos 'n R5 stuk in haar broekie. Die dokter het weer ander medikasie gegee. Kan dit lei tot 'n miskraam of is dit niks om oor bekommerd te wees nie. Dit is haar eerste swangerskap en sy is baie gesond, geen naarheid, pyn of enige iets anders nie."

Antwoord:
Daar kan verskeie oorsake wees. Soms is dit 'n aanduiding van probleme en soms nie. Heelwat vrouens bloei tydens daardie eerste 12 weke van swangerskap, MAAR dit moet altyd ernstig opgeneem word.
Die bloeding kan 'n gevolg wees van:
  • Die inplanting van die bevrugte eiersel, tot en met 14 dae na bevrugting.
  • Enige steuring van die serviks, soos byvoorbeeld na 'n ondersoek of seksuele omgang.
  • 'n Miskraam. 20% van alle vroue het 'n miskraam en dit vind gewoonlik plaas binne die eerste 12 weke.
  • Wanneer die bevrugte eiersel buite die baarmoeder ingeplant is.
  • Probleme met die plasenta.
  • Toestande wat niks met die swangerskap te doen het nie.

Hou altyd jou dokter op hoogte van jou bloeding en skakel hom dadelik wanneer jy pyn, krampe, koors, sametrekkings ervaar of onderskeibaar deeltjies in die bloeding kan sien.

23.3.12

Vrae oor vrugwater


Mianca Meyer skryf:
"Ek is 32 weke swanger en my ginekoloog sê my vrugwater is min, maar hy verstrek nie die rede daarvoor nie. Ek het nie regtig 'n afskeiding wat onaangenaam ruik of iets wat snaaks is nie."

Antwoord:
Sien antwoorde onder.



en skryf:
"My vrugwater raak om die een of ander rede minder. Minder as wat dit veronderstel is om te wees op 24 weke. Ek wil net weet hoekom die vrugwater minder word en watter gevaar dit vir my ongebore baba inhou."

Antwoord:
Sien antwoorde onder.



Anoniem skryf:
" Die meisie is amper 7 maande swanger. Volgens haar Ginekoloog is daar op die stadium min vrugwater. Is daar iets wat gedoen kan word om die vrugwater te vermeerder, is dit gevaarlik."

Antwoord:
Die vrugwater is die buffer wat die ontwikkelende embrio beskerm en dit toelaat om te beweeg. Indien die vloeistof minder as 5 cm diep is, dan is daar te min. Tydens hierdie fase van haar swangerskap kan dit ernstige komplikasies tot gevolg hê tydens die geboorteproses. Op die stadium moet sy net seker maak sy sien haar dokter gereeld, sy moet gesond eet en baie vloeistowwe inneem, veral water. Daar is 'n plaasvervangervloeistof wat die dokter tydens geboorte kan gebruik.



Pamela skryf:
"My dogter is tans swanger. Die verwagte datum wat die dokter gegee het, is 2 Julie. Haar laaste mentruasie was einde Augustus. Haar vrugwater het Saterdag-aand gebreek, maar sy het geen pyne gehad nie. Sy was vanaf Sondag-oggend in die hospitaal opgeneem en is gister ontslaan. Volgens die dokter se bevinding was daar ´n skeur in die baarmoeder. Is dit gevaarlik? Haar borste het ook van gisteraand af melk geskiet. Is die verwagte datum korrek of wat is dit alles wat hier plaasvind."

Suster:
Die verwagte datum wat die dokter gegee het, klink reg. Dit kan gebeur dat die vrugwater kan dreineer sonder dat die mamma in kraam gaan. Dit gebeur soms as die baba met sy boudjies na onder lê of met sy ruggie na agter teen die mamma s´n. Ek dink julle het die dokter verkeerd verstaan. Daar is ´n skeurtjie in die VRUGSAK, nie die baarmoeder nie. Die vrugsak hou die vrugwater binne. Soms kan dit gebeur dat daar ´n bietjie vrugwater in so ´n geval dreineer. Die skeurtjie seël soms soos die baarmoeder groei. Sy moet maar uitkyk vir dreinering: die hoeveelheid, reuk en kleur. Dit moet helder soos water wees en het ´n tipiese reuk. Verkieslik moet daar geen dreinering wees nie. Indien daar ´n stortvloed water is, ´n offensiewe reuk of die kleur word groenerig, moet sy dadelik haar dokter gaan sien of na die naaste hospitaal gaan. Dit is normaal om op hierdie staduim melk te dreineer, alhoewel dit nie noodwendig by alle mammas voorkom nie. Ek hoop ek het julle genoeg inligting gegee. Laat weet gerus hoe dit gaan.