Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



25.2.09

Pre-eklampsie

´n Toestand wat voorkom in swangerskap wat gepaard gaan met ´n verhoogde bloedruk, edeem en/of proteiene in die uriene. Ook genoem Swangerskapsgeinduseerde hipertensie (Pregnancy induced hypertension). Dit verbeter en verdwyn na die bevalling.

Navorsing het bewys swak voeding is een van die bydraende faktore tot pre- eklampsie, en nie oorgewig nie. Foliensuur is baie belangrik gedurende swangerskap. Nou blyk dit uit nuwe navorsing dat dit ook behulpsaam kan wees om pre-eklampsie te voorkom. In ´n onlangse studie is gevind dat moeders wat multivitamienes, insluitende foliensuur, regdeur hul swangerskap gebruik, se kans om hipertensie te ontwikkel, verminder met 50%.

2 comments :

  1. Anonymous9/4/10 16:58

    Ek het meer as 13jaar gelede pre- eklampsia gehad met my eerste baba, het baie opgelees daaroor ook, jy kry dit weens jou liggaam die baba "verwerp" omdat dit 'n vreemde proteien is, kom meestal by eerste swangerskappe voor en in tienerswangerskappe. Vandag word ook gese dat dit permanente skade aanrig aan jou kardiovaskulere selsel, 50% mense kan ook PCOS opdoen nadat hulle pre- eclampsia gehad het. Eish hierdie is nie iets lekker om te gehad het nie en dit het rerig 'n rippel effek ...

    ReplyDelete
  2. Anonymous12/8/10 14:07

    Ek is tans 28weke swanger met n 2ling. 3de suksesvolle swangerskap, ek is baie bang, ek het nou pre-eklampsie, en my dr is ok baie bekommerd. Ek is 28jr oud, my kinders is 9 en 6, ek drink preg-omega, en foliensuur elke dag, reeds v 2weke swangerskap af, hoekom het ek di aaklige toestand. Ek's bang v my 2ling, en bang v myself, my lewer, en niere kan groet, en ek kan fits kry, wens dit was ni so ni, wens ek was ok

    ReplyDelete