Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



25.2.13

Noodhulp vir baba


Sonja: "Ek is opsoek na 'n lysie met belangrike medisyne vir 'n pasgebore baba wat ek kan aanvul net vir daai tye wat dokters nie dadelik beskikbaar is nie soos bv: panado stroop ens. Stel dit so amper 'n noodhulp kassie vir my baba."

Antwoord: Daar is oulike noodhulptassies vir baba's in die handel beskikbaar, maar nie almal het alles wat mens graag wil hê nie. Jy kan een van die tassies aanskaf en dan net aanvul of jy kan jou eie maak.
Eerstens het jy 'n tassie of 'n sak nodig, een wat baba nie kan oopvroetel nie.
Iewers op jou tassie moet jy jou dokter se nommer en ander noodnommers plak.
Die noodhulptas moet die volgende bevat :
  • 'n Koorspen
  • 'n Vloeibare pynstiller sonder aspirien. Kyk vir iets met acetaminophen of ibuprofen op die etiket.
  • Kalamynmelk vir uitwendige gebruik op insekbyte en uitslag.
  • Antibakteriese salf vir snye en skrape.
  • 'n Haartangetjie vir splinters.
  • 'n Sker.
  • 'n Naelsker.
  • 'n Sonbrandmiddel.
  • 'n Insekdoder wat veilig is vir kinders.
  • 'n Snotuitsuiger (nasal aspirator bulb)
  • Pleisters van verskillende groottes.
  • Klein steriele verbande.
  • Rolverbande
  • Buisverbande van verskillende groottes.
  • Wondreinigingsdoekies
  • Oorpluisies
  • Gesteriliseerde balletjies watte.
  • 'n Vloeibare seep wat spesiall vir baba's is.
  • Babasjampoe
  • 'n Bevogtiger.
  • 'n Maatlepel of -drupper vir medikasie.
  • Warmwaterbottel
  • Yspak
  • 'n Handleiding vir noodhulp vir baba's
  • Spesiale medikasie vir allergieë ens. - hoor by jou dokter indien jou baba spesiale behoeftes het.

2 comments :

  1. Anonymous11/6/13 08:23

    Goeie dag

    Ek wil net uit vind my vrou is vandag 37 weke swanger en op 36 weke
    het die sonar gewys die kind le nog nie reg nie is daar nog i kans dat
    sy kan draai in dien nie wat kan gebeur as my vrou in kraam gaan
    terwyl sy nog nie gedraai het nie kan dit komplikasies veroorsaak en
    wat moet ons doen, ons voet vrou se altyd sy het gedraai en le reg vir
    geboorte maar die sonar se nie so nie. Hoelank nog voor ons moet dink
    aan i keiser en as sy nog nie gedraai het nie kan sy nog draai of nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/6/13 08:26

      Sorg net dat sy onder mediese toesig bly. Die baba word normaalweg sonder komplikasies met 'n keisersnee uitgehaal.

      Delete